Louis, vertel ons eers - gaan jy nou met die Amerikaanse doedie trou, en
gaan sy by jou hier kom bly of jy by haar daar?
Waarvoor vra jy die inligting?
Annette
"LudekSA" skryf in boodskap news:3e377212$0$229@hades.is.co.za...
> Hi,
>
> Can anybody else help me with this?
>
> Except for the possible obvious, what documents are needed by the US
> citizen?
> With the obvious, I include things like: Passport, US social security card,
> birth certificate,
> divorce papers, even US drivers licence if needed in any way.
>
> Thank you
>
> Louis
>
> ludek at webmail d0t co d0t za
>
Was Huisgenoot net so kommen toe ek klein was? Dalk was ek toe net te
onskuldig om dit agter te kom.
K
NS: Dit laat my dink aan die onnie wat vertel het dat, toe die dominee kom
kuier het, daar 'n Huisgenoot rondgelê het, en dat hy toe maar 'n Scope moes
gebruik om dit in te versteek.
Ek het baie lank terug hier aan die nuusgroep deelgeneem en vies geword vir
Gloudina en haar skoorsoekery.
Die naweek sê iemand vir my hy het my website gesoek en kom toe op my naam
af op hierdie nuusgroep, en sommer nog in verlede jaar. Ek gaan kyk toe
maar self in die argiewe en het sommer lekker hardop gelag vir al die spook
gedaantes van my wat hier deur Gloudina opgejaag is. Maar lyk my sy hou
maar meesal by die gediggies deesdae - haar fut is seker uit....
Nou ja, dankie aan DD en al die ander vir 'n heerlike halfuur se vermaak!
En vir die van julle wat my nie ken nie (meeste name wat ek nou hier sien is
vreemd) - 90% wat hier van my gesê word, is groeisels van ander ouens se
verbeelding....!
--
JOhan POtgieter, Uit Minnesota
--------------------------------------------
het jy 'n resep om ystee te maak, Annette?
Dit is iets wat heelwat in ons huis gebruik word
en dan is dit die gekoopte gebottelde produk.
Gebottel wil ek dit steeds hê natuurlik, maar
self vervaardig met 'n lekker perske geur en
self gebottel. Jy is tog ons resepteboek:-)))
Het nounet gehoor dat David Malatsi nou maar gaan bedank uit sy
adjunk-kabinetspos.
Sal kortbroek sy plek inneem?
Lyk my as jy aan die NNP behoort leer jy nie iets nuuts nie - het hulle nou
nog nie by die ANC geleer as jy 'n minister of adjunk is, is dit nie PK om
te bedank nie;))
Ek leer nog Afrikaans op 'n cursus. Excuus vir die foute.
Stel jy belang? Kyk op www.globalconnection.intranets.com.
Neem deel daaraan. Stuur my 'n epos. Jy ontvang dan maandliks 'n
Ezine.
Vir baie owerhede (governments) is succes afhanklik van die beheer van
'n succesvolle organisatie- cultuur. Mens kan nog veel leer in baie
Afrikaanse en Arabische landen. Hoe is dit in Suid Afrika?
Die nuwe Harry Potter boek (Harry Potter and the order of the Phoenix) sal
21 Junie uitkom. Die boek word op 20 Junie aan boekwinkels gegee, maar
niemand mag begin verkoop voor presies 1 minuut oor middernag op 21 Junie
nie. Die boek is 789 bladsye lank en kom in 'n "kinder" en "volwasse"
weergawe uit. Die kinders se boek het is sagteband en die grootmense se boek
is hardeband, met 'n ander skets op die voorblad. Verwag om so om en by
R250 vir die boek te betaal. Maar as jy gou maak kan jy die boek gaan
"pre-order" by Kalahari.net vir R199.95.
Annette, jy sal seker nog so 'n jaar moet wag vir die Afrikaanse weergawe
van die boek.
Die ANC is tans besig om raad aan Irak, die VSA en Brittanje te bied.
Is dit nie eienaardig dat die Zimbabwe-probleem wat op die ANC se voorstoep
lê geignoreer word, maar word daar op die groter vraagstukke gefokus. Waarom
word die "stille diplomasie"-beleid nie ook na Irak uitgebrei nie?
Kos Thabo se jet werklik R500M - of is die bedrag te hoog?