Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Waar is die Antie Gloudina?

Wo., 29 Januarie 2003 12:39

Verdomp - dit raak lekker saai as almal so ordentlik en gaaf is met mekaar -
soos dit nou gaan.

Waar is jy Antie? (Ferdietjiekie is natuurlik die armman se Antie ... )

Ons het lanklaas vasgesit. Wat kan ek sê om dinge weer aan die gang te sit?

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

grappie

Wo., 29 Januarie 2003 09:13

Two women were chatting and one asked the other,

"Mable, do you talk to your husband while you're having passionate
intercourse?"

Mable answered, "Heavens No! Why would you want to make a phone call
at a time like that?"

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 12 kommentare

Fliek: Promised Land

Wo., 29 Januarie 2003 07:33

Dis nou die nuutste SA vervaardigde fliek wat wys - vir 'n wonder geen
buitelandse groot naam wat ingevoeg word sodat die fliek kamtig oral
aanvaarbaar moet wees nie.
Ek moet dit nog gaan kyk, maar die kritici skeur dit uitmekaar om snaakse
redes - die een is teen die monochroom wat die hede aandui teenoor die kleur
wat gebruik word vir die terugflitse na die verlede. Die ander het dit teen
die vaal klere van die akteurs, en die derde teen die heldin wat met 'n
kaalgeskeerde kop rondloop.
Almal praat van die goeie storie ( Karel Schoeman se verhaal) wat met die
aangepaste draaiboek en die snaakse kameratruuks heeltemal opgefoes word.
Ek wonder net hoekom SA flieks deur SA kritici so absoluut oorkrities
hanteer word?
Ek het selde of ooit 'n krit van 'n oorsese fliek gelees waaroor gal gebraak
word oor klere en hare, en ek het al vreeslike weird klere en hare in
oorsese flieks gesien.
Ek kan nie onthou dat enige van die SA vervaardigde flieks al meer as drie
sterre ( gematig) gekry het nie.
Aan die ander kant het Leon Schuster blykbaar 'n wenformule beet, want al
kry sy flieks gewoonlik net 2 sterre, maak dit geld soos bossies. Mense wil
lag. Wonder hoekom die ander film makers nie ook op die wa klim nie?
Ek het my juis voorverlede Vrydagaand sopnat gelag vir 'n Schuster fliek -
weet nie die naam nie, en het eers 'n uur na die begin begin kyk - maar daar
was toe 'n rugbywedstryd vertoon, wat my absoluut pienk getiekel het.

Annette

TV, flieks & vermaak | 11 kommentare

Re: RSA citizen marry USA citizen in South Africa, what documents needed by US citizen?

Wo., 29 Januarie 2003 06:29

Louis, vertel ons eers - gaan jy nou met die Amerikaanse doedie trou, en
gaan sy by jou hier kom bly of jy by haar daar?
Waarvoor vra jy die inligting?

Annette

"LudekSA" skryf in boodskap news:3e377212$0$229@hades.is.co.za...
> Hi,
>
> Can anybody else help me with this?
>
> Except for the possible obvious, what documents are needed by the US
> citizen?
> With the obvious, I include things like: Passport, US social security card,
> birth certificate,
> divorce papers, even US drivers licence if needed in any way.
>
> Thank you
>
> Louis
>
> ludek at webmail d0t co d0t za
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Huisgenoot

Wo., 29 Januarie 2003 06:15

Soms wonder ek...

Was Huisgenoot net so kommen toe ek klein was? Dalk was ek toe net te
onskuldig om dit agter te kom.

K

NS: Dit laat my dink aan die onnie wat vertel het dat, toe die dominee kom
kuier het, daar 'n Huisgenoot rondgelê het, en dat hy toe maar 'n Scope moes
gebruik om dit in te versteek.

Boeke, tydskrifte & koerante | 11 kommentare

Netgou inloer

Wo., 29 Januarie 2003 04:46

Hallo daar aan almal!

Ek het baie lank terug hier aan die nuusgroep deelgeneem en vies geword vir
Gloudina en haar skoorsoekery.

Die naweek sê iemand vir my hy het my website gesoek en kom toe op my naam
af op hierdie nuusgroep, en sommer nog in verlede jaar. Ek gaan kyk toe
maar self in die argiewe en het sommer lekker hardop gelag vir al die spook
gedaantes van my wat hier deur Gloudina opgejaag is. Maar lyk my sy hou
maar meesal by die gediggies deesdae - haar fut is seker uit....

Nou ja, dankie aan DD en al die ander vir 'n heerlike halfuur se vermaak!
En vir die van julle wat my nie ken nie (meeste name wat ek nou hier sien is
vreemd) - 90% wat hier van my gesê word, is groeisels van ander ouens se
verbeelding....!

--
JOhan POtgieter, Uit Minnesota
--------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Annette

Di., 28 Januarie 2003 19:53

het jy 'n resep om ystee te maak, Annette?
Dit is iets wat heelwat in ons huis gebruik word
en dan is dit die gekoopte gebottelde produk.
Gebottel wil ek dit steeds hê natuurlik, maar
self vervaardig met 'n lekker perske geur en
self gebottel. Jy is tog ons resepteboek:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Hallo Almal

Di., 28 Januarie 2003 19:04

Hallo almal

Na 'n jaar in Nigeria is ek weer terug in SA. Kan julle nie vertel hoe
lekker dit is om weer terug te wees nie

Groete

Riaan

** Indien ek die boodskap per ongeluk herhaal is ek jammer, ek is nog besig
om my ou goed hier by die huis weer op te stel **

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bush Sadam en olie

Di., 28 Januarie 2003 14:43

Glo enigiemand nog dat Bush maar net demokrasie in Irak wil gaan
vestig? Hy is mos maar net agter al die olie aan. Om dit te gaan
steel.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Kortbroek se volgende stap?

Di., 28 Januarie 2003 14:01

Het nounet gehoor dat David Malatsi nou maar gaan bedank uit sy
adjunk-kabinetspos.
Sal kortbroek sy plek inneem?

Lyk my as jy aan die NNP behoort leer jy nie iets nuuts nie - het hulle nou
nog nie by die ANC geleer as jy 'n minister of adjunk is, is dit nie PK om
te bedank nie;))

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    639  640  641  642  643  644  645  646  647  648  649  650  651  652  653  654    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 07:54:26 UTC 2026