Een van my rekenaars verskuif ek kantoor toe.
Dit is die rekenaar waarvandaan DD deelneem.
DD gaan vir 'n rukkie nie as DD hier wees nie
maar is nie regtig weg nie.
Ek sal dus steeds deelneem as Paul, Pieter, Juan en Plato.
Once in a while sal Chrisjolette ook seker maak
om nie vergeet te word nie.
Onse Prez se opdrag dat ons op 15 Februarie moet opmars na die VSA
konsullaat om ons misnoeë met hulle oorlogspraatjies te betuig?
Ek hoop nie daar is daardie dag 'n Krieketwedstryd op Nuweland aan die gang
nie - ek sien al hoe die polisie almal daar opruim en dwing om saam te
loop:))
Gelukkig is daar nie 'n VSA krieketspan wat deelneem nie;))
Wouter, kan jy asseblief vir ons die berig plaas vir die wat nog van geen
sout of water weet nie?
Gloebgloebgloebgloeb - so is ons besig om weg te sink in die bollie wat aan
ons opgedis word.
Nounet oor die radio - Bg het drie jaar lank weggekruip en gevlug voor die
polisie nadat hy swartes op 'n bus trompop doodgeskiet het.
Nou moet hy glo vir 30 dae groendakkies toe omdat.
1) Hy bevoeg gevind word om tereg te staan, maar sy koppie haak uit as dit
by godsdiens en swartes kom.
As dit die geval is behoort die hele Boeremag in die gestig, en nie slegs
enkeles in die tronk nie.
2) Hy nie besef het hy het verkeerd gedoen deur die mense te skiet nie.
Skuus my!!
a) As hy dit nie besef het nie, vir wat het hy 3 jaar lank gevlug en
weggekruip?
b) As hy dit nie besef het nie, dan is hy 'n psigopaat, en derhalwe onbevoeg
om die verskil te weet tussen reg en verkeerd.
Maar dit is in elk geval nonsens - sien 3 hieronder.
3) Hy die daad gepleeg het omdat hy wou hê die polisie moet hom doodskiet,
sodat sy vrou iets van die versekering kon kry.
***o**!!
Vir wat het hy dan so mooi gevlug en deeglik weggekruip?
Ek dink nie sy koppie is slegs uitgehaak oor godsdiens en swartes nie
Dit is nou een ding - as iemand dit vir my sê kan ek hom/haar nie glo nie.
Net nou die dag weer die moeder van een van die kroegslagoffers wat nou
kwansuis die persoon wat die moorde beveel het vergewe het - maar sy kon hom
nie vergeet nie - want hulle moes vir die koerante en tydskrifte mekaar
omhels.
Hoeveel het ons nie al gehoor iemand verklaar dat hy/sy 'n persoon vir iets
vergewe het nie, en dit is alles verby - maar laat daar nou net weer iets
verkeerd loop, dan kom mens agter dat dit nooit vergeet is nie, en die
vergewe nog minder, want die oortreding word maar altyd telkens teen die kop
gegooi van die oortreder deur die vergewer - maak nie saak hoe lank na die
tyd nie
Nou kom ons by liewe oon Nelson - ek laat my nie vertel hy het alles vergewe
en vergeet wat met hom gebeur het nie, anders sou hy nie so van tyd tot tyd
vir FW so in die harnas gejaag het nie.
So, ek sien die toespraak vir die dames as deel van daardie vergewe en
vergeet-ding - en dit lyk of ons mense hier meer ontsteld daaroor is as
enigiemand anders.
Hoekom?
Ek sien ons span het 'n goeie kans om te wen - hulle het oefenwedstryd teen
WP horribaal verloor.
Sien gisteraand op Supersport dat mens lekker kan wen deur net die wenner
van die wêreldbeker te voorspel - en mens moet kies uit 3 - Australië, SA en
Wes Indies.
Gisteraand op Kyknet na 'n program oor die konsertina gekyk. Die baie
interessante program het afgesluit met 'n gedig van CM vd Heever - en ek
dink die naam is "Konsertina in die nag".
Is daar iemand in Kanada wat hulle hande daarop kan lê?
(Waar kan ek die Grootverseboek-CD in die hande kry ?)
Ek kan nie onthou of dit hier of elders was waar ek gemeld het dat ek dink
die NZ krieketspan behoort beswaar te maak omdat hulle nie maksimumpunte kan
kry nie, net omdat hulle gedwing word om in Kenia te speel, en hulle nie
veilig voel om dit te doen nie.
Nou hoor ek hulle ( NZ) gaan die krieketraad hof toe vat.