1) 'n Taxi met sitplek vir 21 is by Laingburg van die pad afgetrek en
gekonfiskeer. Die remme was foutief, en daar was ook fout met die
stuurmeganisme. Die bestuurder/eienaar was onder die invloed van drank en is
summier opgesluit. Daar was ook 46 mense in die bus - 27 volwassenes, 19
kinders en hul bagasie.
2) Marcel Adams, geliefde die afgelope 10 jaar van Dr Piet ( Promises)
Koornhof, wil nou glo " trou" met 'n 53-jarige vreeslike ryk Duitser wat nog
nie van sy vrou (wat aan 'n rolstoel gekluister is) geskei is nie. Dr Piet
is nog nie van sy vrou Lulu geskei nie.
Die hele liegstorie ( volgens die Dr. in Burger is hulle nog net so vreeslik
gelukkig en dit is net 'n vriendskap van Marcel ) is glo aan Huisgenoot
verkoop.
Wat 'n pot snot ,as jy die stront die wereld instuur ... kry dan wat jou
toekom. Ek kon net sowel Mamelodi toegegaan het. Nee die dag as die klomp
besef dat die wereld hou van AFRIKA en nie sy mense en hul kulture nie dan
sal dit hopelik beter gaan. Gaan nou maar 'n loopdop gooi en oe en ORE
toemaak,na die kak kan mens nie kyk nie
Vir die wat dit nou nog nie weet nie, vanaand ( 8/2) is die openingseremonie
van die krieket wêreldbeker hier in Nuweland.
Die weer het gister begin draai na omtrent drie maande van mooiweer en warm
( elders) weer. Gister was dit bewolk, reënerig, en laas nag ietwat van 'n
stormpie hier in die Kaap.
Hou asseblief duim vas dat die hele verwagte skouspel nie ontaard in
vrywilligers wat vervaard probeer regopstaan in die wind in kostuums wat hul
kleur en vorm in die reën verloor nie.
Woensdagaand was die finale kleedrepetisie in perfekte weer, en dinge het
toe nie so glad verloop soos verwag nie - so kyk maar uit vanaand vir 'n
blapsie of twee, wat die vertoning soveel meer menslik sal maak.
Ek dink na hierdie wêreldbeker gaan daar miskien meer teenstanders as
voorstanders wees van enige toekomstige aanbieding - inspuiting in die
ekonomie of te not. ( daar is al klaar 'n gemor oor al die ongerief wat al
die advertensie- en rolprentproduksiespanne hierdie seisoen veroorsaak).
8 strate ( sommige baie besige strate) rondom die speelveld is toe vir
verkeer sedert gisteraand 6nm tot Maandag 6vm - en dit sal glo so met elke
wedstryd wees - hierdie strate sal ontoeganklik wees met elke wedstryd vanaf
die dag vantevore om 6nm tot 6vm van die volgende oggend.
Dan is die organiseerders ook baie trots om aan te kondig dat dit "slegs"
gemiddeld 5 minute per motor sal neem om deur die sekuriteitstoets te
beweeg, en hulle hoop " slegs" gemiddeld 1 minuut per persoon om deur die
hekke te beweeg en deursoek te word vir artikels wat nie toegelaat word nie.
As ek 'n kaartjie vir 'n wedstryd sou gehad het, sou ek nou nog steeds
liewer by die huis gesit en kyk het.;))
Koot, laat dit voor die tyd bekend word dat julle koor 'n paar brekers in
het wat graag baklei met enigeen wat iets oor hul skoene iets te sê sal hê -
dan is julle verseker van vol sale;)))
Het die pos iewers gesien, en kan dit nie nou kry nie.
Gister in dieremaniere is dieselfde probleem behandel - as 'n hond 'n
springer is, moet jy maar alles doen om die gewoonte uit hom te kry.
Ek sou dink hulle sal gereeld by dieselfde plek oorgaan - so hoekom nie
daardie kol vet smeer nie - dan leer hond gou af om daar te probeer oorgaan.
Die honde sal seker 'n ruk lank met 'n blou neus rondloop:)
Felicia Mabuza-Suttle is al tien jaar besig met haar program om mense te
frustreer. Dit wil nogal gedoen wees.
Nie eers die nimlike Haas Das of vermaaklike Knersus kon 10 jaar op TV
oorleef nie.
Besprekings vir KKNK 2003 open Maandag .
Die fees is hierdie jaar 29 Maart tot 5 April in Oudtshoorn.
Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za
Kyk na wat hier onder staan en as jy tyd het gaan kyk na die website.
Stuur dit dan na al jou vriende en sê hulle moet aansluit. Ek het
klaar aangesluit. Die mense wat die konsep uitgedink het was nogal
skerp as jy my vra. En as dit werk kan ons ook geld kry!! Dit kos my
niks!!
Have you been looking for a good additional income?
Here's a valid business opportunity that can get you there. All it
takes is to visit the link below, read through the website carefully
and sign up! As easy as that!
Do this now, DO NOT procrastinate.
IT'S LEGAL
IT'S DIFFERENT
IT'S FREE
IT'S NEW
IT"S GOING TO BE HUGE
IT'S 100% SOUTH AFRICAN
And if it works - IT'S GOING TO PAY BIG
Take few minutes. Read about them first on their website read under
"tell me more" and "Q&A" and YOU DECIDE!
That's right, I've just joined and I'm number 4408 in the country.
Lets get a slice of this action and make it happen!!!!
Regards
Riaan Steenkamp
Wel, as ek net junkmail uit my hotmail account uit moet delete en dan
kry ek geld daarvoor, dan is ek IN want ek vee al klaar so baie spam
uit dat 5 ekstra my nie gaan pla nie!