Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir Suidwester

Wo., 12 Februarie 2003 15:10

Daar was 'n stadium wat ek geglo het dat hierdie groep soos ander
"normale" Usenet groepe funksioneer, en dat mens privaat geskille
privaat moes probeer oplos. Ek besef nou dit was 'n reuse fout van my
kant af. Suidwester, toe ek jou eerste privaat boodskap aan my sien,
het ek nogal gedink jy het dalk iets tussen jou ore, en 'n mate van
respek vir jou medemens en mede deelnemers op hierdie groep.
Ongelukkig was ek verkeerd.
Ek het jou gevra om my nie meer privaat te kontak nie, en om dit wat
jy aan my wil sê, hier in die openbaar te sê. Tog hou jy aan om
inbreuk te maak op my privaatheid.

In antwoord op jou laaste boodskap, waarin jy die volgende stelling
maak: "Foei tog ou dier, ek het jou nie eerste na jou privaat E-pos
gepos nie. JY het MY gekontak.....of dalk vergeet? Pateties!!!"

Jy yl.
Ek verwys jou graag na jou PRIVAAT epos aan my. En herhinner jou
daaraan dat dit inderdaad JY was wat MY gekontak het. Dit was jou
antwoord op my uitdaging dat jy jou valse bewerings hier in die
openbaar moet staaf. Ek haal jou e-pos boodskap aan ter stawing:

----- Original Message -----
From: Suidwester
To: Katryn
Sent: Tuesday, February 11, 2003 12:51 AM
Subject: Re: Arme patete

Jog, dis verstommend dat jy nie kan dink dat jou manier van skryf jou
weggee nie? Of is dit nou daai kinderagtigheid van nooit lekker
grootgeword het nie? Ek stel eintlik nie belang om met jou oor jou
identiteite te stry nie, maar duidelik dink jy jy's vreeslik oulik om
verskillende rolle te speel en jy kan maar 'n draai by jou plaaslike
sielkundige gaan maak en hy sal presies vir jou vertel wat jou
probleem is. Kyk ek so af na my een
hond, dan sien ek 'n karakter wat veel beter en meer intelligent is as
die Dom Doos en sy aliases wat hier pos!

---------------------------------

En nou ou pusillanimous dolt, jy maak 'n bewering dat ek jou eerste
privaat gekontak het? BEWYS dit asseblief!!

Koeitjies & kalfies | 69 kommentare

Wat gaan aan in Zimbabwe?

Wo., 12 Februarie 2003 13:33

Vriende se plaas is nou, in die laaste week, met die mielie-oes op die land
"gevat".
Al die boere in die omgewing het oornag bymekaar gekom om die oes te stroop
vir hulle vriende.

Ons aanvaar gelate dat sake daar genormaliseer het. Maar, die plaasvattery
duur dus voort.

Zimbawe is erger as die "ou" Suid-Afrika. Toe daar "beslag" gelê is op
iemand se eiendom is hy daarvoor vergoed - maar nie in Zim nie.
Desnieteenstaande praat die RSA-regering die situasie daar goed.

Wat gaan nou aan in Zim - is daar 'n ng-lid wat daar bly?

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Mbeki?

Wo., 12 Februarie 2003 13:28

Is Mbeki die swakste leier wat hierdie land ooit gehad het - dit was 'n
onderwerp van bespreking tussen vrinne vanoggend.
Die gesprek het nie na sy party se beleid verwys nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Krietket #4

Wo., 12 Februarie 2003 05:13

Gister het Kanada vir Bangladesh gewen, en Australië vir Pakistan.
Die wedstryd tussen Engeland en Zimbabwe is gekanselleer.

Indië speel vandag in Paarl - en dit gaan glo vreeslik warm vandag daar
wees.

Ons speel vandag teen Kania in Pottch - so hou asseblief duim vas vir ons.
Annette

Sport & ontspanning | 12 kommentare

Goeie Site

Wo., 12 Februarie 2003 01:16

As julle 'n tydjie kry, gaan loer in by http://www.genesimmons.com - dis nou
die ou met die tong. Julle weet die een van KISS. Lees bietjie die briewe
van sy fans af (kliek op "letters"), hy antwoord van die briewe, en glo dit
of nie hy lees elke liewe een. KISS se gewildheid loop nog dik in Amerika,
Europa en blykbaar Australia.
Daar's so om en by 190 bladsye briewe, julle sal dit geniet, hy's nogal
skerp en hoogs intelligent.

Die tong, oeeeeeeee daai tong.
Elaine

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Snorre

Di., 11 Februarie 2003 17:30

Wat dink die dames hier van snorre? En wat dit sê van
die mans daaragter?

Vat byvoorbeeld 'n Saddam Hussein snor. Of 'n Pik
Botha snor.

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Weer iets oor krieket

Di., 11 Februarie 2003 10:08

Lees nounet op News24 dat Shane Warne huistoe is. Hy is glo 'n ruk
gelede positief getoets vir 'n 'diuretic'. Weet nie hoe so iets jou
krieket kan beïnvloed nie.

Dis jammer. Hy is dêm goed.
Drom

Sport & ontspanning | 13 kommentare

Steeds die plase....

Di., 11 Februarie 2003 08:45

Hier by ons in Namibië is 'n groot storm mos aan't broeie oor die
grondkwessie. Die regering het die boere [dis nou kommersiële boere] tyd
gegee tot vroeg hierdie jaar om met 'n voorstel te kom hoe die herverdeling
van grond sinvol kan geskied en die manne baklei dat die snot spat oral by
vergaderings wat nou gehou word om 'n soort van 'n verteenwoordigende groep
saam te stel wat die klas van besluite namens die boere kan doen.
Aan die ander kant is natuurlik die drukkende swart politici wat
verkondig dat hierdie onderhandelinge 'n pot stront is.......hulle het die
vryheidstryd mos gewen, hoekom vat hulle eenvoudig nie die grond nie? Die
regering keer darem nog [sal definitief ter sprake kom die dag as daar 'n
opposisie kom wat van Nujoma probeer ontslae raak!] en hopelik sal 'n
sinvolle voorstel geformuleer kan word.
Tog, vanoggend, kom daar gedurende 'n 'chat show' 'n Damarastem wat vra
of die manne wat so druk om plase van die kommersiële boere te herverdeel in
grond waarop meer swart boere kan kom vestig, al ooit gedink het daaraan dat
op een so 'n groot kommersiële plaas daar maklik 40 mense bly....dis nou die
werkers, hul vrouens, kinders, grootouers, ens. As die plaas nou verkoop
word en onderverdeel word, dan bring die nuwe klein eienaars hul eie familie
saam en neem hulle nie werkers in diens nie. Die 40 stuks mense wat reeds
op die grond gebly het, raak nou 'grondloos' en sal hulle maar moet gaan
plak op die een of ander plek. Volgens sy berekeninge kom daar minder
mense nou op die herverdeling op die grond bly en dis mos agteruitboer?
Sy redenasie maak sin!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Een minibussie minder

Di., 11 Februarie 2003 06:51

Jissie antie, maar so trok bestuurder vattie k*k nie:

"Road rage trucker flattens minibus taxi 2003-02-10 14:03:24
A "fuming" truck driver who was cut off by a minibus taxi driver was so
angry that he used his 30-ton horse-and-trailer to squash a taxi against a
petrol tanker and then drive over it, reducing it to an unrecognisable pile
of twisted metal. But revenge wasn't sweet, as other taxi drivers then beat
up the man. Full Story...."
http://www.iol.co.za/index.php?click_id=522&art_id=vn200 30210131039647C35191
7&set_id=1

Is dit 'n Kaapse manier van ding doen? Ek het die kode 14 liksens - soek net
ook 'n gewillige trok na ek 'n uur geneem het om my dogter by die skool af
te laai - gewoonlik neem dit net 5 minute. Miskien is dit die kroukie spel
hier by Wanderers vandag - nie 'n polies te sien nie.

TJ

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Krieket - dag 3

Di., 11 Februarie 2003 06:28

Vanoggend oor die nuus 'n onbevestigde berig dat Shane Warne op pad terug is
huis toe. Daar is glo 'n perskonferensie 'n uur voordat die wedstryd teen
Pakistan moet begin.
Iets oor ontoelaatbare middels in die bloed.

Gister het Zim vir Namibië gewen, en NZ het ook verloor.

Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    632  633  634  635  636  637  638  639  640  641  642  643  644  645  646  647    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 05:59:46 UTC 2026