Die "Star" (18 Feb 2003) rapporteer oor Mugabe se 2 kinders wat uit 'n
privaatskool verwyder is vanweë onnodige aandag wat die kinders daar van
ander skoliere gekry het. Die artikel bevat die volgende brokkie inligting:
(Ongelukkig word die "Star" in engels gepubliseer.)
***************
"Both Robert Jnr and Bona were born out of an adulterous affair and between
the president and his then secretary, Grace Marufu. Mugabe subsequently
married Marufu in then 1997 after the death of his first wife, Ghanaian-born
Sally.
But this was after FinancialGazette journalists who had reported on the
affair, which started when Sally was confined to hospital under suffering
from kidney problems, were jailed for "telling lies".
Bona, who was attending the Dominican Convent, are now receiving lessons at
State House, the privately owned Standard newspaper said. The schools from
which the children have been withdrawn are the most plush and expensive in
Harare. Mugabe's spokesperson, George Charamba, has described the report as
a crass intrusion into the privacy of minors and warned the journalists
responsible of dire legal consequences."
Nou wonder mens of die siektetoestand van Sally, of haar dood, ooit
ondersoek is.
Dankie Patrick, ek het nie besef Norbert se meisie het te vinnig gepraat en
dat dit tot 'n rusie gelei het nie;)))
Annette
"p&l" skryf in boodskap news:ant181436b49M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Ek dink Annette Norbert en sy meissie praat slegs oor
> die onbereikbaarheid van die liefde op afstand -
> Indien hulle saam kom kry hulle rusie (se hy!)
> Ek lag 'n bietjie oor sy Belgiese onnoselheid.
> Reisigers wat by hom kom kuier en alles vertel oor
> Suid Afrika gee homself nie die aandrang om sy
> eie verstand te gebruik nie, en sy eie opinie
> te vorm. Dus hy's eenvoudig beinvloeibaar deur
> andere mense se opinies vir die waarheid aan te sien.
> Ag tog - hy's sonder twyfel 'n liewe man maar
> ongetroud ja! - ek rus my saak.
> Patrick
>
Ek hoor die mense van Indië is so vies vir hul span se swak vertonings by
die toernooi, dat die polisie by hul huise moet wagstaan om te keer dat hul
gesinne bestook word, of dat hul eiendom vernietig word.
Ek lees vanoggend in Beeld van die gesin wat by Centurion se stadion
uitgegooi is omdat hulle Coke gedrink het op die stadion en Pepsi is die
borg. mens sou nou dink dat dit redelik is om te aanvaar dat Pepsi kan
aanspraak maak daarop dat alle koeldrank wat in die stadion verkoop mag
word, Pepsi moet wees, maar om 'n mens te dwing om net hulle produkte te mag
gebruik? Dit terwyl die gesin R525 vir kaartjies betaal het! Belaglik
het ek nou al baie gehoor, maar hier ruk hulle darem die hol lelik uit die
hoender uit!
Al daardie manne en meisies wat nou protesteer teen 'n oorlog in Irak kan
hulle tyd baie beter mors.
Ons het Pollock en sy familie-stories nou reeds vir +/- 2 jaar verduur - ek
dink die minste wat Pollock nou kan doen is om bloot uit te tree as kaptein.
Hy het sy beurt gehad. Yy oom en pa het het in hulle deel vir hom gedoen.
Maar nou verdien ons 'n breek. Kan iemand nie 'n nasiewye protesveldtog reël
nie?
Terselfdertyd kan krieket nou van al die politieke en kleuraanstellings
ontslae raak.
Weens 'n kragonderbreking van 'n halfuur, sodat die skerm nie geskuif kon
word nie, en 'n reenbui - sodat nog tyd verlore gegaan het, moes ons toe
sorg dat NZ in 39 boulbeurte uitgeboul word, of net oor die 208 lopies
aanteken. Ons was nie suksesvol nie.
Pollock was alweer nie 'n goeie kaptein vandag nie.
Jonas - die fortuinvertelster was nou gedeeltelik al reg - sy het gesê ons
gaan nie die beker wen nie.
Bly ingeteken vir die July-wenner:)))
Gloudina het vir my gesê dat Afrikaans 'n sustertaal is van die
Nederlands.
Ek gaan daar nie mee akkoord nie! Vir ons, Vlaminge, is Engels 'n
sustertaal en ons kan ditselfde sê oor die Duits. Die ooreenkomste is
duidelik en die verskille tussen sustertale ook, maar sonder studie
kan 'n mens nooit 'n sustertaal (goed) verstaan nie.
Dit is nie die saak vir die Afrikaans nie. Ons, Vlaminge en
Nederlanders kan byna onmiddellik daardie taal verstaan. Daar is meer
ooreenkomste as verskille. Ek het self soms moeite om in daardie
verskille te glo. Daarom sê ek vir Gloudina: "Gloudina, jy is
verkeerd! Afrikaans is nie 'n sustertaal van die Nederlands nie.
Afrikaans is 'n kind van die Nederlands en susters het 'n andere
relasie met mekaar as dat kinders het met hulle moeder." Ek moet
toegee: dis wel nie onnatuurlik nie as tenslotte moeder en kinders van
mekaar gaan verskil maar uiteindelik kan die relasie nooit dieselfde
wees as tussen susters of broers onderling nie.
Gloudina, as jy hierop 'n antwoord het mag jy eers praat. Maar gee
asseblief nou ook eens die andere mense die geleentheid om ook iets te
sê!
Asseblief..
Wat my as Vlaming tog so baie opval in Afrikaners is hulle sin vir
onafhanklikheid. Dis asof hulle dit met die moedermelk het opgedrink.
Soms maak dit selfs 'n normale dialoog met hulle onmoontlik. Ek het so
'n gevoel daardie sentiment is al baie oud en is miskien al so oud as
die Afrikaanse volk self is. Histories het dit waarskynlik sy redes.
My vraag daarom is: soos die Afrikaners in die neentiende eeu geveg
het vir onafhanklikheid sou hulle dit nog steeds op dieselfde manier
doen in die toekoms? Of gaan hulle definitief 'n bestendige modus
vivendi aangaan met die volkere wat hulle omring?
Soms vra ek my af of daardie houding eintlik nie die enigste
bestaansrede is vir die Afrikaners nie. En ek dink dat dit nog mees
van al deur die andere volkere van Suid-Afrika sou kan verstaan word
as dit laaste vir daardie andere volkere gewoon duidelik sou wees.