Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

spietkop

Vr., 21 Februarie 2003 14:44

> Die ou ry te vinnig en 'n spietkop trek hom af. Toe hy sy venster oopdraai,
> haak die spietkop af en gee hom 'n TAAI KLAP.
> BESTUURDER (Verboureerd) : Waarvoor was dit?
> SPIETKOP : As ek jou stop en jy maak jou venster oop, moet jou
> bestuurslisensie reeds in jou hand wees! Moenie my tyd mors nie!
> Die spietkop loop om die motor en klop by die passasier se venster. Die
> bestuurder se pel draai sy venster af en WHAP, klap die Spietkop hom ook.
> PASSASIER (Verskrik) : Hei, ek bestuur nie, waarvoor is dit?
> SPIETKOP : Ek het gou jou wens vervul ......
> PASSASIER : Watter wens is dit nogal?
> SPIETKOP : Sodra jy en jou tjom oor die eerste bult was, sou jy vir hom
> gesê het .... "Ek wens hy het dit met MY getraai"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bob se verjaardag

Vr., 21 Februarie 2003 05:52

Is dit verjaardag of verjaarsdag? (Verjaer miskien?)

Wonder wat (dis)Grace vir hom se verjaardag in Frankryk gekoop het. Wat is
die ideale geskenk vir 'n man wat (omtrent) alles het?

Dis vinniger om inkopies te doen via die Internet en te laat aflewer by 'n
Franse (5-ster) hotel as om dit aan te stuur van SA na Zim waar die trokke
teen 3m (meter nie kilometer!) 'n dag beweeg om Beit Brug oor te steek (stil
Annette!) met noodsaaklike voorraad.

I-Kopies ("E-Commerce"?) werk, maar lewer (nog) nie mielies af nie.

TJ

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Lisensiesperdatum

Do., 20 Februarie 2003 13:04

Die sperdatum op 28/2 vir die kaarttipe bestuurslisensies
begin nou lelike afmetings aanneem.
Soos die sperdatum naderkom, so raak meer en meer bestuurders wakker, en
derhalwe angstig.
Blykbaar is daar deesdae 'n helse verkeerskonfyt by Ottery se
verkeersdepartement, en motors wat op onwettige plekke geparkeer is sodat
aansoekers "net gou" kan gaan registreer, kry boetes van tot R750.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Krieket - al weer

Do., 20 Februarie 2003 09:15

Ek het 'n voorstel. As die keurders nie vir Donald uit die span wil haal
nie moet hy (Donald) die eerbare ding doen en self voorstel om terug te
staan vir die jonger (beter) spelers. Donald was 'n bedonnerde bouler op sy
tyd, maar die feit van die saak is dat hy nou net eenvoudig te sleg word om
te speel. Veral op Internasionale vlak. Maar ou Donald staan vas en hy hou
aan om verskonings vir homself te maak. Hy weier om "one for the team" te
vat. Hoe gaan ons hom onthou? Nie as die goeie bouler (en een van die
bestes in die wêreld) wat hy was nie - maar as die man wat ons 2
wêreldbekers gekos het. Ek kan nie glo dat hy dit as legacy wil hê nie

Sport & ontspanning | 9 kommentare

Romeo & Juliet

Do., 20 Februarie 2003 06:24

In internetspraak ( engels)

Romeo: :(
Juliet: :(
Romeo: :)
Juliet :)
Romeo: :pppppppp
Juliet: :00000000
Romeo & Juliet: 0=o 0=o 0=o 0=o
Romeo: :)))))))))))))
Juliet: :)))))))))))
Romeo: :|
Juliet: :|
Juliet: :0

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Name

Wo., 19 Februarie 2003 18:25

Vanoggend op 94.7

Jerremy analiseer die krieket spelers se name en kon toe tot die volgende
gevolgtrekking

Mkaya Ntini bly glo in 'n huis van tin.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Krieket - Kanada herskryf die rekordboeke

Wo., 19 Februarie 2003 14:12

Vandag het Kanada die krietket rekordboeke herskryf.
Hulle het teen Sri Lanka gespeel.
Die rekords wat deur hulle opgestel is was:
1) Die laagste totaal ooit wat vir 'n beurt opgestel is - 36
2) Die kortste volle wedstryd wat nog ooit gespeel is - 2 uur.

Annette

Sport & ontspanning | 10 kommentare

Nuus 19/2

Wo., 19 Februarie 2003 14:06

Pietertjie Marais. Eks Burgemeester van Kaapstad, Eks- Premiers van die
WesKaap, en Eks- Nuwe Nasionalepartylid, is vanmiddag deur die skerpioene in
hegtenis geneem.
Dit het iets te doen met omkoopgeld wat ontvang is terwyl hy Premier was.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Vir Drom

Wo., 19 Februarie 2003 08:35

Sterkte met al die opwinding daar op julle kampus. Mog gesonde verstand
seëvier.

Koot

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Vir die Bulle

Wo., 19 Februarie 2003 08:35

Liewe Vader

Mag die Bulle asb hierdie jaar beter doen in die Super 12. En as dit nie te
veel gevra is nie sommer al Vrydag die Cats se stert knoop

Amen

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    628  629  630  631  632  633  634  635  636  637  638  639  640  641  642  643    »]
Tyd nou: Do. Apr. 09 22:20:24 UTC 2026