Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bolliewood is hier.

Wo., 19 Maart 2003 06:57

Vliegtuie vol Indiese selibrate soos akteurs, sangers en politici oorval glo
ons hier ter ondersteuning van hulle span se hopelike oorwinning in die
wêreldbeker.
Hulle moet egter eers Kenia wen om in die eindronde teen Australië te kan
speel.
Ons is al verlede jaar in Oktober vertel dat AL die kaartjies uitverkoop
is - nou is daar skielik 500 kaartjies wat soek vir 'n koper vir hierdie
halfeindstryd. As hulle sou aankondig dat elkeen maar hulle eie bier en coke
kan in neem, dan word daardie kaartjies gou verkoop.
Terloops - ek hoor vanoggend dat 'n ander Kirsten-broer ( nie Gary of Peter
nie) by die afrigting van die Keniane betrokke was.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

gloudina

Di., 18 Maart 2003 17:35

Aai Gloudina

maar jy haat darem die wittes in Suid-Afrika tesame met die regering wat ons
geglo het beskerm ons (miskien het hulle dit ook beter gedoen as die huidige
regering). Tans word mense in hulle eie huise wreedaardige vermoor deur
spanne van rowers van gewoonlik vyf of ses jong manne wat weerlose
ogewapende mense in hulle eie huise aanval en hulle dogters verkrag en met
Aids (Vigs) besmet. Hierdie selfde lot tref besoekers van die buiteland wat
na mooi natuurskoon gaan kyk. Maar in veilge koue Kanada haal ons lot seker
nie eens die koerante nie.

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Papelelle herbesoek

Di., 18 Maart 2003 11:27

Ek kry g'n die "piperelle" waaroor julle praat in my woordeboek nie. Daar's
net papelelle, wat iets soos ipekonders is.

Ek het 'n lekker swaargewig op die spoor van die tergende "klawer" en
papelelle-raaisel gesit. Sal dalk eersdaags kan verslag gee.

Koot

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nuus 18/3.

Di., 18 Maart 2003 09:44

1) Shaun Pollock - ons krieketkaptein, is gevra om te bedank. Hy het botweg
geweier, toe word hy summier afgedank.
Graham Smith - 22 jarige WP kolwer- speler met dun lippies is die nuwe
kaptein.

2) Manuel Escorsio - bekende Afrikaanse sanger - was in 'n ernstige
motorongeluk naby Bloemfontein. 'n Dier wat skielik in die pad verskyn het
was die oorsaak. Hy sterk blykbaar goed aan.

3) Die Argus fietsrytoer gaan van volgende jaar weer die ou roete oor
Chapmanspeak en Suikerbossie volg. Hierdie jaar se wenners het rekordtye
aangetoon - en die eerste 3 dames het Afrikaanse name en vanne gehad.
Die manswenner - Malcolm Lange het nie aan die Giro deelgeneem nie - dus was
hy uitherus genoeg om met die louere weg te stap.
Slegs 1 persoon, 'n 42-jarige man, is dood tydens die ren - hartaanval.

4) Daar is nou soveel Capies is nie Cats se span, dat die WP nou maar vir
hulle kan skree - hulle is elke geval die enigste SA rugbyspan wat die
afgelope 2 weke gewen het.

5) Kenia se krieketspan speel teen Indië in die halfeindstryd.
Met Sri Lanka ook in 'n halfeindstryd, is Nconde Balfour seker sielsgelukkig
om so min bleekvelle op die veld te sien.

6) Winnie Mandela swaai glo lelik lood - sy woon nie juis parlementsittings
by nie, ongeag die feit dat sy blykbaar die grootste en lekkerste kantoor by
die parlement het .
Sy het dit glo nodig vir haar sokker/sekuriteitspan.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Lotto

Di., 18 Maart 2003 09:31

Wat dink julle van die skelmspul van 33 "ongelukkige" wenners, en die
besonder hoë uitbetaling van net 3 nommers reg?

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Film God is African

Ma., 17 Maart 2003 16:50

Het dit toe vanmiddag gaan kyk met die nodige voorbehoud, en dit toe
verbasend goed gevind.
Die storie was stewig, dit was goed om te hoor dat dit maak nie saak wat ons
velkleur is nie, ons sentimente bly dieselfde, en die klankbaan was baie
goed en baie gepas.
Die verwagte lang starende stiltes was daar nie - dit het inteendeel teen 'n
flinke pas beweeg.
Ek moet egter sê as mens deesdae nog met baard en safaripak rondloop, of met
'n voortrekkerkappie, sal die oorwegend swart rolverdeling hul teen die bors
stuit, en hulle blind maak vir die fyner nuanses van die verhaal.

Annette

Geloof & kerksake | 0 kommentare

GPS

Ma., 17 Maart 2003 06:50

Net so vir die interessantgeid.......ons is gister met die 4x4 teen die see
af om 'n vis of twee te vang. Omdat daar in die woestyn nie veel landmerke
is nie en ons rowwe kus gedurig verander, merk ons lekker vangplekke met die
GPS. Opvallend gister was dat in plaas van die gemiddelde 8 satteliete wat
jy op 'n slag 'vang', gister 'n vol kompiment van 12 gewys het vir 90% van
die tyd en amper op volsterkte. Dit laat mens dink.....die VSA is dalk nie
op pad om oorlog te maak nie? Paop net, as dit begin, kodeer hulle van die
satelliete en jy kan dalk minder akkuraat gedurende die oorlog wees.......

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

O Koning..

So., 16 Maart 2003 13:43

Die is nou wel in Engels, maar tog wel relevant, want dit is hoofsaaklik die
Afrikaans sprekendes wat vir fiasko betaal! (Vanuit die Sunday Times van 16
Maart).
-------------------
Zulu king wants to live like a king

By Mawande Jubasi

Officials in charge of the Zulu royal household have requested a 30%
increase in their budget so that they can keep the king in the style to
which he has become accustomed.

Ziphathe Cibane, chief financial officer of the royal household, told the
KwaZulu-Natal premier's portfolio committee this week that his department
was struggling to help the royal family make ends meet.

Bethuel Ngcobo, spokesman for King Goodwill Zwelithini, said another
R7.1-million was needed on top of the household's R21.5-million 2002/2003
budget.

The additional amount of R7-million would be allocated in the following way,
said Ngcobo: "[We need] R3.4-million for personnel, domestic workers and
support staff; and R2.5-million for equipment including the repair and
replacement of vehicles, office furniture and leases; while R1.2-million
will be used for professional services to cover the costs of fencing at the
king's palaces, and day-to-day repairs and maintenance."

Ngcobo said the department was now gearing itself for the commercialisation
of the king's farms. A farm manager was appointed in September to drive this
process.

"He has assessed the farming requirements and compiled a business plan that
will be tabled before the portfolio committee," Ngcobo said. "His major
obstacle in this process is the lack of initial capital outlay."

Ngcobo added that it was unclear whether the king's farms were running at a
loss or making a profit.

According to the royal household's financial statements, R10.6-million was
spent last year on personnel, R2.5-million on administration, R494 000 on
stores and livestock, R829 000 on equipment and R6.4-million on
"professional and special services". Miscellaneous expenses were R733 000.

Premier Lionel Mtshali said that as the political head of the department of
the royal household, it was his responsibility to ensure all of the king's
needs were met . "We will do everything in our power to see to it that we
provide all the necessary support and relief to the king's officials," he
said.

ANC representative on the portfolio committee, Lucky Gabela, said the king's
needs should be taken to the provincial Treasury to impress upon its
officials the financial constraints facing the royal household.

Chairman of the KwaZulu-Natal finance committee Cyril Xaba said his
department would look at the portfolio committee's budget presentation to
try to find out why the king's farms were not generating income.

http://www.sundaytimes.co.za/2003/03/16/news/news03.asp

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Bees wonder...

So., 16 Maart 2003 13:23

Na sowat twee jaar se wegbly, het ek gewonder of Gloudina (@igs), Propacem,
oom Hans Walvis, dies meer nog hier "uithang". Dan was daar Leendert - hy en
G was heeldag (en nag) in mekaar se hare.

Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.

Bees

Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Sadam o Sadam

So., 16 Maart 2003 13:05

Hoe langer die saak talm hoe meer besef ek dat Sadam die paks;lae verdien
wat kom.

Elke week ontdek hy "nog" wapens, of "bewyse" van die vernietiging van sy
chemiese wapens. Hy flous selfs die "vernuftige" en "bekwame"
Suid-Afrikaanse span....

Dis duidelik - jy sal sy arsenaal slegs kan blootlê wanneer jy beheer oor
die land het.

Ek dink aan die VSA/Britse manne.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Bladsye (1834): [ «    618  619  620  621  622  623  624  625  626  627  628  629  630  631  632  633    »]
Tyd nou: Do. Apr. 09 07:55:14 UTC 2026