Wel dit kon een van etlike gewees het - die een wat uitgeval het was net
ongelukkig. Of hulle het uitgeval omdat hulle te veel gsmaail het terwyl
hulle 'n ernstiger liedjie gesing het.
Die paartjie wat te min gesmaail het met hul balade volgens die beoordelaars
is deur.
Maar hel! - lees iemand hier skelm of wat? Gisteraand toe praat koekie
heeltyd - en alles wat sy sê beaam die brilman - en elke beoordelaar het ten
minste twee sinne te sê na elke optrede - maar die beste is toe, na verlede
week se absolute perfekte optredes deur die deelnemers volgens die
beoordelaars, het hulle almal hierdie week dieselfde fout glo - sing nie
saam met die ritme nie en is van noot af. - Dit nou volgens doedie en die
brilman.
Ek het nie een van hulle met die musiek voor hulle sien sit nie. Al die
liedjies is aangepas met verwerkings.
Die begeleiding het nie juis die basiese liedjie gespeel nie, en die nuwe
verwerkte ritmes deur die orkes was verwarrend - maar hulle het nou al vier
keer opgetree met so 'n opset - so hoekom nou skielik is almal ritmeloos en
noothonger?
Ek stem saam dat die ritmes nie altyd gepas was nie, en dat daar soms van
noot af gesing was - maar hulle het dit verlede week ook gedoen, en toe was
dit wonderlik reg.
Nee wat - gee ons ordentlike, eerlike en bevoegde beoordelaars wat elke
deelnemer op meriete behandel en die toepaslike opbouende kritiek lewer, en
wat nie so ooglopend volgens 'n voorafbepaalde opdrag werk nie.
Ek wonder wat volgende week se algemene fout gaan wees?
Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en
Jannie geniet ons baie. Ek het eintlik vir Pa baie slegte nuus. Ou
Anna wat in die huis sou ingeslaap het terwyl Pa hulle oorsee is, se
Tannie is dood en ek het toe maar vir haar gesê sy kan die hele tyd
wat pa hulle oorsee is by haar familie in Soweto kuier. Dalk het Pa
haar Tannie geken en is ek nou die een wat die slegte nuus moet
oordra.
Pa en Ma moet nou nie oor ons worry nie want ons is OK.
Ek het Pa se kruisboog uitgehaal so ons kan onsself verdedig. Jis
maar die ding skiet hê? Ons het cowboys en kroeks gespeel toe skiet
ek na daai ou bank van Ma wat oumagrootjie nog vir haar gegee het. Die
pyl gaan deur hom.
Die Dokter wat vir Jannie steke in sy boud ingesit het, het gesê ons
moet dit liewers nie meer doen nie. Ek het toe maar die bank vir die
mense gegee wat die vuilgoed wegry want ons moes hom stukkend sny om
die pyl uit te kry. Gelukkig was dit die oue wat Ma altyd sê kom van
Napoleon se tyd af.
Pa, ek het toe daardie stellasie wat aan die dak van die garage hang
wat Pa altyd bang was val op die kar, vir Pa afgehaal. Ek weet Pa dink
nou dit het bo op die Ferrari geval, maar dit het nie want ek het
gedink dit sou 'n helse skade wees en toe trek ek en Jannie hom eers
uit. Ongelukkig het die rak toe geval maar net op die vloer en van die
blikke verf het toe uitgespat en geloop. Van dit het teen Ma se nuwe
BMW geval maar ons het dit dadelik met paintremover afgehaal. Ek weet
nie hoekom nie maar dit het meer verf afgehaal as wat gespat het. Ek
het Pa se kar toe weer ingetrek, maar die vloer was toe baie glad van
die verf en toe wil hy nie gou genoeg stop nie en nou staan 'n
gedeelte van sy bonnet in die kombuis waar die stoof gestaan het. Die
stoof is nou naby die yskaste waaroor Ma dalk bly gaan wees want sy sê
mos altyd sy loop haar dood tussen die stoof en yskas. Die kar se boot
lyk nog mooi.
Ons het gister vir ons lekker vleis in die kaggel gebraai want dit
het gereen buite en die hout was ook alles nat. Jis, het Pa geweet
petrol ontplof as jy 'n blik vol oor die hout gooi. Pa s'n het nog
nooit ontplof nie maar Jannie sê hy dink Pa gooi diesel oor. Shame,
die hond en Ma se Persiese kat het groot geskrik en die hele TV
kabinet omgehardloop. Daai noodhulp lesse het nogal goed te pas gekom
want ek het hulle dadelik in die jaccuzi gegooi om die vlamme dood te
maak. Ek dink hulle hou meer daarvan in die hitte noudat hulle nie
meer hare het nie. Pa moenie worry oordat ons nie kan TV kyk nie,
ons slaap nou sommer in julle kamer en kyk daar. Die kaggel lyk nou
kaal oor die Persiese mat wat nie meer daar is nie.
Pa en Ma moet julle nou oor niks bekommer nie. Ek het die versekering
gebel en hulle het al kom kyk na dit wat gebeur het. Hulle sal dit
seker binnekort kom regmaak omdat Pa dit gereeld betaal het want die
ou wat hier was het gepraat van repireer oor nodige voorsorg wat Pa
getref het. Ek dink nie die ou wat hier was van die versekering kan
spel nie want in die brief staan repudieer weens nodige voorsorg.
Nou ja, ek is moeg geskryf en ons wil nog gaan kyk of ons nie die
molle wat besig is in die tuin kan gaan uitrook nie.
Geniet die vyf weke wat julle nog oorsee is en ek skryf volgende
week weer.
Blykbaar het die bebaarde ver-regses verlede jaar beplan om 'n bom te plant
op 'n pad waarop Oom Nelson sou ry. Toe ry hy met 'n vliegtuig.
Vir 'n organisasie wat wemel van ongelukkige oud-weermaglede is hul
intelligensie maar beroerd.
Ek kan net sien hoe sit hulle daar langs die pad reg - met hulle brandewyn
en cokes en wag om die knoppie te druk as die ry swart motors verbykom.
Hoop nie dit was in die winter nie - so 'n vinger wat 'n knoppie moet druk
kan yskoud word - brandedwyn of te not:))
Annette
Vliegtuie vol Indiese selibrate soos akteurs, sangers en politici oorval glo
ons hier ter ondersteuning van hulle span se hopelike oorwinning in die
wêreldbeker.
Hulle moet egter eers Kenia wen om in die eindronde teen Australië te kan
speel.
Ons is al verlede jaar in Oktober vertel dat AL die kaartjies uitverkoop
is - nou is daar skielik 500 kaartjies wat soek vir 'n koper vir hierdie
halfeindstryd. As hulle sou aankondig dat elkeen maar hulle eie bier en coke
kan in neem, dan word daardie kaartjies gou verkoop.
Terloops - ek hoor vanoggend dat 'n ander Kirsten-broer ( nie Gary of Peter
nie) by die afrigting van die Keniane betrokke was.
maar jy haat darem die wittes in Suid-Afrika tesame met die regering wat ons
geglo het beskerm ons (miskien het hulle dit ook beter gedoen as die huidige
regering). Tans word mense in hulle eie huise wreedaardige vermoor deur
spanne van rowers van gewoonlik vyf of ses jong manne wat weerlose
ogewapende mense in hulle eie huise aanval en hulle dogters verkrag en met
Aids (Vigs) besmet. Hierdie selfde lot tref besoekers van die buiteland wat
na mooi natuurskoon gaan kyk. Maar in veilge koue Kanada haal ons lot seker
nie eens die koerante nie.
1) Shaun Pollock - ons krieketkaptein, is gevra om te bedank. Hy het botweg
geweier, toe word hy summier afgedank.
Graham Smith - 22 jarige WP kolwer- speler met dun lippies is die nuwe
kaptein.
2) Manuel Escorsio - bekende Afrikaanse sanger - was in 'n ernstige
motorongeluk naby Bloemfontein. 'n Dier wat skielik in die pad verskyn het
was die oorsaak. Hy sterk blykbaar goed aan.
3) Die Argus fietsrytoer gaan van volgende jaar weer die ou roete oor
Chapmanspeak en Suikerbossie volg. Hierdie jaar se wenners het rekordtye
aangetoon - en die eerste 3 dames het Afrikaanse name en vanne gehad.
Die manswenner - Malcolm Lange het nie aan die Giro deelgeneem nie - dus was
hy uitherus genoeg om met die louere weg te stap.
Slegs 1 persoon, 'n 42-jarige man, is dood tydens die ren - hartaanval.
4) Daar is nou soveel Capies is nie Cats se span, dat die WP nou maar vir
hulle kan skree - hulle is elke geval die enigste SA rugbyspan wat die
afgelope 2 weke gewen het.
5) Kenia se krieketspan speel teen Indië in die halfeindstryd.
Met Sri Lanka ook in 'n halfeindstryd, is Nconde Balfour seker sielsgelukkig
om so min bleekvelle op die veld te sien.
6) Winnie Mandela swaai glo lelik lood - sy woon nie juis parlementsittings
by nie, ongeag die feit dat sy blykbaar die grootste en lekkerste kantoor by
die parlement het .
Sy het dit glo nodig vir haar sokker/sekuriteitspan.
Het dit toe vanmiddag gaan kyk met die nodige voorbehoud, en dit toe
verbasend goed gevind.
Die storie was stewig, dit was goed om te hoor dat dit maak nie saak wat ons
velkleur is nie, ons sentimente bly dieselfde, en die klankbaan was baie
goed en baie gepas.
Die verwagte lang starende stiltes was daar nie - dit het inteendeel teen 'n
flinke pas beweeg.
Ek moet egter sê as mens deesdae nog met baard en safaripak rondloop, of met
'n voortrekkerkappie, sal die oorwegend swart rolverdeling hul teen die bors
stuit, en hulle blind maak vir die fyner nuanses van die verhaal.
Net so vir die interessantgeid.......ons is gister met die 4x4 teen die see
af om 'n vis of twee te vang. Omdat daar in die woestyn nie veel landmerke
is nie en ons rowwe kus gedurig verander, merk ons lekker vangplekke met die
GPS. Opvallend gister was dat in plaas van die gemiddelde 8 satteliete wat
jy op 'n slag 'vang', gister 'n vol kompiment van 12 gewys het vir 90% van
die tyd en amper op volsterkte. Dit laat mens dink.....die VSA is dalk nie
op pad om oorlog te maak nie? Paop net, as dit begin, kodeer hulle van die
satelliete en jy kan dalk minder akkuraat gedurende die oorlog wees.......