Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Aandele

Di., 25 Maart 2003 03:15

Hallo, Afrikaners,

Ek het vannag gesien op die Engelse televisie (ek kan dit hier in
Vlaandere sien op die kabelnet) dat die Engelse nogal optimisties is
oor die oorlog in Irak...
Goeie saak! Dit wil sê dat die aandele duurder gaan word.. Bygevolg
kan julle vandag gerus varse aandele aankoop!..
Sodoende word myne wat ek al het ook weer beter!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuus 24/3

Ma., 24 Maart 2003 15:20

Met die heen en weer geskarrel van die oorlopers in die parlement wat
Vrydagnag om 12 begin het en vir die 15 dae grasietydperk kan voorduur, is
daar die volgende ontwikkelings. alreeds.
1) Met die oorloop van vier NNP lede na die ANC, het die ANC besluit hulle
het nie meer die NNP nodig om mee saam te werk op provinsiale vlak nie, maar
Marthinus kan aanbly as premier tot die verkiesing volgende jaar.
2) Daar het ook 4 lede van die NNP oorgeloop na die DA, omdat hulle voel dat
Mathinus net vir sy eie bas sorg.
3) Pietertjie Marais stig sy eie party.
4) Cassie Aucamp, enigste parlementêre verteenwoordiger van sy party, wil
oorloop na die nuwe party wat hy gestig het. - maar hy word gedreig met
hofsake deur sy ou party.

Annette

Nuus | 3 kommentare

Wêreldbeker Rugby

Ma., 24 Maart 2003 14:08

Righto - noudat die krieket oor is, kan ons begin uitsien na die rugbybeker
wat in Australië in September/Oktober gespeel gaan word.

Annette

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Die Storm

Ma., 24 Maart 2003 09:02

Dit het toe die Kaap heeltmal gemis. maar blykbaar het Montague, Barrydale
en Knysna sleg deurgeloop gisteraand.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

simple afrikaans

Ma., 24 Maart 2003 07:32

terwyl ek die naweek vir iemand sit en wag blaai ek deur die
huisgenoot wat op die tafel le. voor waar die briewe is lees ek toe
van die draadverlengstuk wat by sy oor ingeprop is.

ag please daddy wil iemand tog nie die boertjies wat afrikaans so in
die naam van suiwerheid verkrag wakker skud nie. saam met die
kleinhuis vol snaakse 'afrikaanse' woorde wat mense soms gebruik is
dit `n wonder iemand verstaan dit nog. en dan is hulle altyd besig om
nog uit te dink..............

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Fankryk? FRANKRYK?! Is dit?

Ma., 24 Maart 2003 06:18

Baie interessant gaan wees natuurlik die dag as die VSA Irak onder beheer
het en hulle Saddam se geheime wapenstelsels onder oog het. Dalk, net
dalk gaan hulle vasstel wie het aan Irak hierdie stelsels verkoop?
Frankryk gaan een van hulle wees, daarvan is ek seker. Frankryk het SA
gehelp in die apartheidsjare en hulle het toe al vir Irak gehelp met die
'superkanon' waarmee hulle Israel wou looi. Is dit nie hoekom die spul
haakneuse so hard keer dat die VSa nie moet sien wat aangaan nie? Dit sal
nogal 'n verleentheid wees as hierdie stelsels na Frankryk terug verwys kan
word. LW nie na private maatskappye nie....die Franse regering! Pret!
Ok die Duitsers en die Russe het benoude boude op hierdie stadium.....

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Krieket - Australië wen

So., 23 Maart 2003 20:18

Na 'n weereens eensydige wedstryd het Australië vir Indië in die eindstryd
geklop.
Hierdie TV gehoor se aandag was verdeel tussen die krieket, Grand Prix,
oorlog en TV fliek.

Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Oorlog teen wie?

So., 23 Maart 2003 18:01

Daar is nou meer Britte dood in die oorlogsone agv Amerikaanse foute as van
skermutselings.
Die nuutste is die RAF vliegtuig wat deur 'n Amerikaanse vuurpyl afgeskiet
is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Skilde keer terug ...

So., 23 Maart 2003 13:08

Die oomblik wanneer Suid-Afrikaners internasional kompeteer verloor hulle
kop.
Eers was dit onse sportmanne.
Nou is dit onse "skilde" wat nie die mas opkom nie. Ek aanvaar die skilde se
afrigter se posisie is nou in gedrang - of sal hulle die kaptein die trekpas
gee.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die stomp moratorium

Sa., 22 Maart 2003 08:07

Ek het nie Die Burger van 20 Maart gesien nie - maar wel gister ( 21 Maart)
se briewekolom.
Daaruit word ek toe wys dat daar blykbaar op bladsy 4 die vorige dag 'n
artikel verkyn het oor Stellenbosch se nuwe Diversiteitsplan .

Volgens Julius Jeppe van Stellenbosch se brief:
Die plan is klaarblyklik daarop gerig om die US so vinnig moontlik as 'n
trotse instelling vir baie Afrikaner-studente en -dosente met verdienste as
maatstaf, te "diversifiseer" op rasse-grondslag. 'n Meritokrasie moet
spoedig vervang word deur 'n ideokrasie.
" 'n Moratorium op die aanstel van enige wit man in enige senior pos".

Volgens SA Frank van Caledon:
Dr. Christa Louw, koördineerder van diversiteit aan die US en sameroeper
van die diversiteitstaakspan wil begin net die uitwissing van " die
wanpraktyke van die afgelope 350 jaar."
Ek wonder ook of die moratorium op die aanstelling van "enige wit man in 'n
senior pos" die aanvaarding van skenkings aan die universiteit deur "enige
wit man in 'n senior pos" ( in die werklike lewe) sal beïnvloed.

Volgens Dr Christa Louw, Koördineerder: Diversiteit. Universiteit van
Stellenbosch:
Ek verwys na die berig " Konsepplan bekend gemaak vir groter diversiteit aan
US" ( DB 20/3) wat lui dat die US se konsep-diversiteitsplan voorsiening
maak vir 'n "moratorium op die aanstelling van wit mans."
Hoewel die eerste weergawes van die konsepplan wel die opsie van 'n
moratorium oorweeg het, is daar - as deel van die konsultasieproses
waartydens advies van die US-raad ook ingewin is - deur die
diversiteitstaakspan besluit om eerder te fokus op 'n voorkeur vir persone
uit die aangewese groepe as op 'n stomp instrument soos 'n "moratorium".

In dié verband lui die konsepplan wat tans vir bespreking beskikbaar is,
derhalwe soos volg: " Tot tyd en wyl senior poste aan die universiteit
gevul is met mense wat, na die oordeel van die raad en op aanbeveling van
die diversiteitskomitee, aansienlik meer in lyn is met die universiteit se
diversiteitsdoelwitte, wit mans slegs by absolute uitsondering in sodanige
poste aangestel word."
Hierdie benadering beklemtoon die universiteit se oortuiging dat die
bevordering van diversiteit 'n positiewe proses is wat uiteindelik net tot
voordeel van die hele universiteitsgemeenskap sal meewerk.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    615  616  617  618  619  620  621  622  623  624  625  626  627  628  629  630    »]
Tyd nou: Do. Apr. 09 03:12:46 UTC 2026