RSG is 'n radiostasie in Afrikaans... Hulle is weer terug op die
internet. Gaan hoor bietjie hoe klink hierdie taal, wat jy nou al so
goed kan skryf en lees... Volgens my sal jy dit baie gou verstaan...
Hulle speel ook baie afrikaanse musiek.
Ek moet byvoeg, ek was drie jaar laas in sA, en het geskrik toe ek
hoor hoe plat ons mense praat!!!
"Liewe lysterôrs, ons sôi weer môndôg verder yt"
Maar dit laat mens lekker verlang na SA!!!!!!!!!!!!!
Ek sien dit gaan my miljoene kos om terug te gaan... Nou ja, ek het my
eintlik nog nooit welkom gevoel in SA nie, so daar verander nie soveel
nie...
Lees gerus die artikel "Net superrykes welkom" op:
Die vredesonderhandelinge vir die DRK vind nou al vir baie lank by Sun City
plaas.
Dit verbaas dus geensins dat daar nie tot 'n vergelyk gekom kan word nie -
dis seker die lekkerste onderhandelinge ooit... O ja, waarvoor die
Suid-Afrikaanse belastingbetaler moet opdok.
On 1 Apr 2003 20:05:15 -0800, noemn...@yahoo.com (Marilize) wrote:
> Ek dink dit hang af of die byvoeglike naamwoord predikatief (na die
> onderwerp wat beskryf word) of attributief (voor die onderwerp)
> gebruik word. Byvoeglike naamwoorde kan dus die e kry as dit
> attributief gebruik word en die byvoeglike naamwoord in sy gewone trap
> is bv warm en nie warmer of warmste nie. Die e versterk maar net
> gevoel, so mens sit hom aan soos wanneer jy 'n intensiewe vorm sou
> gebruik? Of ek dink so, ek is 'n Afrikaanse onderwyseres wat deesdae
> net Engels gee in Australie!
Reaksie van Norbert:
Dankie vir jou reaksie, Marilize. Dit sal wel so wees soos jy my dit
hier vertel. Maar tog verstaan ek nie sulke sakes as byvoorbeeld
hierdie wat volg nie:
Ek lees in my woordeboek:
"helium" = 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en smaaklose gas...
In my eie taal (Vlaams = Nederlands) is dit so:
"helium" = een schaars, zeer licht, kleur-, reuk- en smaakloos gas...
Hier sien jy dat geen enkel van daardie byvoeglike naamwoorde 'n 'e'
gekry het.. Dit kom omdat die woord "helium" by ons 'n onsydige woord
is (ons sê: 'het' gas, i.p.v. 'die' gas) en omdat daar die onbepaalde
lidwoord 'een' geskryf is mag daar geen 'e' an die eind van die
byvoeglike naamwoorde kom nie. Dit moet egter wel so wees as daar gesê
word: "het schaarse, zeer lichte, kleur-, reuk- en smaakloze gas..",
eenvoudig omdat ons hier die bepaalde onsydige lidwoord "het" gebruik
het en daardeur verander ook die vorm van die byvoeglike naamwoorde.
Dis net so 'n bietjie soos in Duits waar die verbuiging van die
byvoeglyke naamwoorde ook verander afhanklik van die lidwoord.
Maar by julle sien ek staan: {'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
smaaklose gas...} Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle
"skaars" in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike
naamwoorde skryf julle mèt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde
"skaars", "lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En
hulle is ook aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
Sal 'n antwoordjie seer waardeer! Ook vanweë die andere Afrikaners!
Ek hoor daar is 'n probleem met die beleggings wat Namibië se Social
Security Commission gemaak het. Wat het gebeur en wat is die storie
agter die storie
Op 'n vergadering gisteraand deur die SA Rugby Unie, is besluit dat
toeskouers by rugbywedstryde toegelaat volgens die bevolkingsamestelling
moet wees.
Ons verwag soortgelyke verklarings binnekort van die krieket, sokker,
atletiek en swemunies.
Ek het glad nie die duo-kompetisie gevolg nie, maar gisteraand het ek
vlugtig, terwyl ek deur die kanale "gesweef" het, op die finale program
afgekom waar die wenners beknd gemaak is.
Was dit 'n regstellende besluit?
(Wat ek wel voorheen waargeneem het rakende die program was die onnodige
gebruik van Engels deur die 2 aanbieders - veral die manlike ene. Dit klink
soos skollietaal - wat bepaald nie Afrikaans is nie. Die frekwensie Engelse
woorde wat gebruik is het die vraag laat onstaan waarom die program nie
eerder in Enegsl aangebied is nie.)
Op skool het hulle my Tak Haar genoem. Dis nou toe ek nog hare gehad
het. Vandag sal ek sekerlik as 'Ou Bles' bekend staan. Ja, die pens is
groot, die rug is seer en die hart is swak. Tipies Afrikaner. Die jare
jaag verby maar die groot huis en mooi karre maak op vir die verlies
van seksdrang.
'n Mnr P Schuter, wat al 7 Comrades medaljes het - is 'n spierdistrofie
lyer, en pak more alleen die Comrades aan - met die hulp van sy rolstoelm
vriende, en die ondersteuning van die Comrades organiseerders.
Annette
Ek hoop dat haar nuwe Party die ANC al die hel op aarde sal gee.Sy is per
slot van sake die enigste Parlementslid wat haar werk doen.Was dit nie vir
haar nie,het Tony Yengeni nie sy gat gesien nie.
You go girl!
Sy verdien veel beter as wat sy tot op hede van die PAC
gekry het en dit lyk of sy die enigste politikus is wat haar werk doen tot
voordeel van die kiessers(al die kiessers)in
ons land.Ek hoop van harte dat die kiessers haar sal beloon vir dit wat sy
sedert 1994 vermag het en probeer vermag.Hoop sy gooi net die "Struggle" uit
en dan sal sy ook heelwat Blanke stemme trek.Sy is nou nie 'n bang-gat
nie.Miskien gaan ek ook my gewig by haar ingooi op Nasionale vlak en my
KP-stem op Provinsiale vlak!
Ek het ook in 1994 asook in 1999 my stem op die twee
vlakke verdeel,aangesien ek glo dat dit op sekere vlakke tot voordeel strek
waar dit nodig is.