Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die waarde van kunsfeeste

Do., 03 April 2003 06:23

Ek is ten gunste van die kunstefeeste, maar mens wonder of daar nie ook 'n
bedekte euwel in skuil nie.
Die KKNK het ontstaan as Afrikaanse teenvoeter vir die Grahamstad
kunstefees. Die uitvloeisel daarvan is dat daar nog steeds net een bekende
Engelse ( of enige ander taal ) kunstefees is, maar 'n legio aantal
suksesvolle Afrikaanse kunstefeeste is gevorm - en dit is waar die probleem
ontstaan.
Alhoewel 'n aantal kunstenaars hulle beslag op sulke feeste kry as 'n
grondslag van hul verdere optredes, is daar etlike kunstenaars wat die
gerieflike roete neem om slegs by kunstefeeste op te tree, en niks meer
insit ter bevordering van hul loopbaan nie.
Sulke kunstenaars maak dus heel gerieflik hulself beskikbaar op 'n
kunsfeeskol, en kry dan 'n gehoor dmv van feesgangers wat hulle per
ongeluk/geluk hoor.
Gee aan almal wat bereid is om deel te neem 'n kans, vir seker - maar as 'n
kunstenaar by al wat fees is optree, en hy/sy kan na twee jaar nog geen
noemenswaardige bewys lewer dat hy/sy gehore trek nie, dan moet ander
deelnemers 'n kans gegee word.
Die ander probleem is dat menige feesganger slegs een maal per jaar by die
fees hulle oorkuns, en die res van die jaar glad nie die plaaslike
opvoerings ondersteun nie.
Hier in Kaapstad is dit nie 'n probleem nie - en dit is miskien waarom daar
nog geen Afrikaanse kunstefees hier beslag gekry het nie, ondanks etlike
mislukte pogings. - maar is dit nie juis een van die redes hoekom daar
soveel meer kunstefeeste in Gauteng/Mpumalanga/Limpopo is nie, en hoekom die
teaters daar in vergelyking met hier so sukkel nie.
Die North Sea Jazz Festival word hier met groot sukses in die Goeie Hoop
Sentrum aangebied - juis om die diversiteit van die verskillende deelnemers.

Miskien praat ek te vroeg - die Weskaapse regering het hoeka 'n vinger in
die paai van die KKNK, en sal heelwaarskynlik in die nabye toekoms aandring
dat die kunstenaars op die KKNK die bevolking en die etniese tale van die
die land moet verteenwoordig.

Annette

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Nie meer CNN

Wo., 02 April 2003 15:49

Vanaf laas nag sien ons nie meer CNN op SABC 3 nie - nou kan ons nie meer
sien hoe hulle jok en proppageer nie.
Daar is nou sulke sawwe musiek en prentjies van earthTV, met verslae van BBC
nou en dan.

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Norbert, jy móét hier gaan kyk!

Wo., 02 April 2003 15:00

http://www.rsg.co.za/hoor/StreamX.asp?v=7

RSG is 'n radiostasie in Afrikaans... Hulle is weer terug op die
internet. Gaan hoor bietjie hoe klink hierdie taal, wat jy nou al so
goed kan skryf en lees... Volgens my sal jy dit baie gou verstaan...
Hulle speel ook baie afrikaanse musiek.

Ek moet byvoeg, ek was drie jaar laas in sA, en het geskrik toe ek
hoor hoe plat ons mense praat!!!

"Liewe lysterôrs, ons sôi weer môndôg verder yt"

Maar dit laat mens lekker verlang na SA!!!!!!!!!!!!!

Ek sien dit gaan my miljoene kos om terug te gaan... Nou ja, ek het my
eintlik nog nooit welkom gevoel in SA nie, so daar verander nie soveel
nie...

Lees gerus die artikel "Net superrykes welkom" op:

http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,4127,3-67_1341595,00 .html

Max

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Kongo - luukse onderhandelinge

Wo., 02 April 2003 10:05

Die vredesonderhandelinge vir die DRK vind nou al vir baie lank by Sun City
plaas.

Dit verbaas dus geensins dat daar nie tot 'n vergelyk gekom kan word nie -
dis seker die lekkerste onderhandelinge ooit... O ja, waarvoor die
Suid-Afrikaanse belastingbetaler moet opdok.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nogmaals byvoeglike naamwoorde...

Wo., 02 April 2003 06:25

On 1 Apr 2003 20:05:15 -0800, noemn...@yahoo.com (Marilize) wrote:

> Ek dink dit hang af of die byvoeglike naamwoord predikatief (na die
> onderwerp wat beskryf word) of attributief (voor die onderwerp)
> gebruik word. Byvoeglike naamwoorde kan dus die e kry as dit
> attributief gebruik word en die byvoeglike naamwoord in sy gewone trap
> is bv warm en nie warmer of warmste nie. Die e versterk maar net
> gevoel, so mens sit hom aan soos wanneer jy 'n intensiewe vorm sou
> gebruik? Of ek dink so, ek is 'n Afrikaanse onderwyseres wat deesdae
> net Engels gee in Australie!

Reaksie van Norbert:

Dankie vir jou reaksie, Marilize. Dit sal wel so wees soos jy my dit
hier vertel. Maar tog verstaan ek nie sulke sakes as byvoorbeeld
hierdie wat volg nie:
Ek lees in my woordeboek:
"helium" = 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en smaaklose gas...
In my eie taal (Vlaams = Nederlands) is dit so:
"helium" = een schaars, zeer licht, kleur-, reuk- en smaakloos gas...
Hier sien jy dat geen enkel van daardie byvoeglike naamwoorde 'n 'e'
gekry het.. Dit kom omdat die woord "helium" by ons 'n onsydige woord
is (ons sê: 'het' gas, i.p.v. 'die' gas) en omdat daar die onbepaalde
lidwoord 'een' geskryf is mag daar geen 'e' an die eind van die
byvoeglike naamwoorde kom nie. Dit moet egter wel so wees as daar gesê
word: "het schaarse, zeer lichte, kleur-, reuk- en smaakloze gas..",
eenvoudig omdat ons hier die bepaalde onsydige lidwoord "het" gebruik
het en daardeur verander ook die vorm van die byvoeglike naamwoorde.
Dis net so 'n bietjie soos in Duits waar die verbuiging van die
byvoeglyke naamwoorde ook verander afhanklik van die lidwoord.
Maar by julle sien ek staan: {'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
smaaklose gas...} Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle
"skaars" in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike
naamwoorde skryf julle mèt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde
"skaars", "lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En
hulle is ook aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
Sal 'n antwoordjie seer waardeer! Ook vanweë die andere Afrikaners!

Norbert (uit Vlaandere)

Norbert (uit Vlaandere)

Afrikaans, ons taal | 8 kommentare

Suidwesgoed

Di., 01 April 2003 16:48

Ek hoor daar is 'n probleem met die beleggings wat Namibië se Social
Security Commission gemaak het. Wat het gebeur en wat is die storie
agter die storie

Weet iemand?
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nuus 1 April

Di., 01 April 2003 06:27

Op 'n vergadering gisteraand deur die SA Rugby Unie, is besluit dat
toeskouers by rugbywedstryde toegelaat volgens die bevolkingsamestelling
moet wees.
Ons verwag soortgelyke verklarings binnekort van die krieket, sokker,
atletiek en swemunies.

Annette

Nuus | 3 kommentare

Zing-wenners ?

Sa., 29 Maart 2003 10:15

Ek het glad nie die duo-kompetisie gevolg nie, maar gisteraand het ek
vlugtig, terwyl ek deur die kanale "gesweef" het, op die finale program
afgekom waar die wenners beknd gemaak is.

Was dit 'n regstellende besluit?

(Wat ek wel voorheen waargeneem het rakende die program was die onnodige
gebruik van Engels deur die 2 aanbieders - veral die manlike ene. Dit klink
soos skollietaal - wat bepaald nie Afrikaans is nie. Die frekwensie Engelse
woorde wat gebruik is het die vraag laat onstaan waarom die program nie
eerder in Enegsl aangebied is nie.)

Musiek & liriek | 10 kommentare

Hou verby, Gloudina, dís weer 'n engelse eentjie...

Vr., 28 Maart 2003 14:50

President Bush and Colin Powell are sitting in a bar. A guy walks in
and asks the barman, "Isn't that Bush and Powell sitting over there?"

The barman says, "Yep, that's them."

So the guy walks over and says, "Wow, this is a real honor. What are
you guys doing in here?"

Bush says, "We're planning WW III ".

And the guy says, "Really? What's going to happen?"

Bush says, "Well, we're going to kill 140 million Iraqis this time and
one blonde with big tits.

The guy exclaimed, "A blonde with big tits? Why kill a blonde with big
tits?

Bush turns to Powell, punches him on the shoulder and says, "See,
smart
ass, I told you no one would worry about the 140 million Iraqis!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hello almal

Vr., 28 Maart 2003 12:01

Op skool het hulle my Tak Haar genoem. Dis nou toe ek nog hare gehad
het. Vandag sal ek sekerlik as 'Ou Bles' bekend staan. Ja, die pens is
groot, die rug is seer en die hart is swak. Tipies Afrikaner. Die jare
jaag verby maar die groot huis en mooi karre maak op vir die verlies
van seksdrang.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    612  613  614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624  625  626  627    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 18:23:37 UTC 2025