Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Slim Mel

Do., 10 April 2003 12:57

Dis nou Mel Gibson - die ons kruisposser nie:))

Hy het die volgende te verklaar:
" I think I've scratched the surface after 20 years of marriage.
Women want chocolate and conversation."

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Krieket onder nuwe leiding

Do., 10 April 2003 12:10

Ek kan nie opgewonde raak oor die Proteas se huidige toer nie.
Die arme nuwe kaptein - ek hoop regtig hy kom die mas op. Maar, ek kan ook
nie baie simpatie met hom of sy ANC/SAKP/COSATU-aangestelde bestuurders
opwerk nie. Dat dit baie gerieflik is om 'n jong onervare witman aan te stel
in die pos is baie duidelik. Dit sal dit dan soveel makliker maak om Ntini
eersdaags in 'n leierskap-posisie aan te stel - mislukte
geweldsmisdaadklagtes of te nie....

Gelukkig sien ek nou dat Minister van Sport - alrondbeminde Balfour dreig om
wetgewing in te stel om kwotas in sport af te dwing.

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Frankryk/Duitsland/Rusland...is dit nie snaaks nie?

Wo., 09 April 2003 10:48

Die drie groot protesteerders teen die Irakese oorlog, hou nou beraad in
Rusland saam met Kofi Anan sodat hulle kan werk daaraan dat die ontwikkeling
van die nuwe Irak totaal onder die beheer van die VVO moet wees. Die groot
motivering hiervoor is om toe te sien dat die aliansie nie wegstap met al
die groot kontrakte nie. Hierin lê vir my presies hoekom hierdie drie
lande so groot protes aangeteken het teen die oorlog. Hulle doen al drie
groot besigheid met Saddam en nou's dit so effe ghoebaai. As die VSA en
die Engelse 'n mate van 'n beheer gaan hou oor die ontwikkeling van die nuwe
Irak, dan gaan die drie nie veel kans hê om te kan skep uit die besigheid
nie.
Meeste mense glo mos dat al rede vir die oorlog is Irak se olie ten
spyte van die feit dat nie die VSA of Engeland by Irak olie gekoop het nie.
Nou kom 'n ander prentjie na vore. Sonder Saddam gaan die Westerse wêreld
nie 'n probleem met Irak hê nie en kan die land se olieinkomste wyer
versprei word onder sy mense. Daar sal infrastruktuur gebou moet word, die
olie sal ontgin en bemark moet word. Dis hier waar die VSA, Engeland en
Australië gaan instap. Nie om Irak se olie te steel nie. Nee, hul
maatskappye gaan kontrakte beding en werk skep vir die Irakese. Die
irakese gaan oor die algemeen beter leef en vir die drie lande gaan daar
groot besigheid wees. Logies, almal wen......natuurlik behalwe natuurlik
Chiraq en sy nalopers wat hulleself nou so effe van self in die gat geskiet
het! Nou tjank hulle soos 'n bronstige jakkals ver en alleen in die
Namib........

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Re: Peter Arnett Sacked for revealing on iraqi TV that us war effort is failing

Di., 08 April 2003 17:48

On Tue, 08 Apr 2003 15:33:52 +0200, The Return of Mel
wrote:

> On Mon, 07 Apr 2003 18:51:49 -0800, "Vanilla Gorilla (Monkey Boy)"
> wrote in message
> :
>> On Sat, 05 Apr 2003 17:32:44 +0200, The Return of Mel
>> wrote in alt.tasteless.jokes:
>>>> Err... IGNORE ALL THAT!!! IT'S A MISERABLE SHIT-HOLE!!! STAY FAR, FAR
>>>> AWAY, AT ALL COSTS!!
>>>> Yeah, that's what I meant to say.
>>> you left out the Canadian chicks. i've heard that the French Canadian chicks
>>> are the easiest.
>> Nah. Like most chix, they feel the need to jabber incessantly, which
>> is made even worse by them jabbering in Frog, and compounded further
>> by them pretending to not understand when you tell them to shut the
>> hell up.
>> "Why do most French-Canadian chix have two black eyes?"
>
> they have a South African boyfriend?
>
> unfortunately a lot of South African men mistreat their women. it's quite
> sad actually.
>
> women should be cuddled, not beaten.
>
> btw the majority of South African men mistreating women are Black men and
> Muslim men (who think they have a right to beat their wives by virtue of
> their religious beliefs).

Vir mense wat dit interesseer: Peter Arnett het na sy ontslag direk 'n
kontrak gekry by die Vlaamse Televisiemaatskappy (VTM). Wil enigiemand
hom nog dagliks beluister loer dan na die nuus van VTM op:
http://www.vtm.be/nieuws/index_bekijkonline.htm

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waar is "Radio sonder Grense"?

Di., 08 April 2003 11:53

Ek het gister hier in Vlaandere "Radio sonder Grense" nie meer kan
beluister via die Internet nie. Dis hier:
http://www.rsg.co.za/hoor/StreamX.asp?v=7
Ek kan wel die tuisblad sien maar die mediaplayer maak geen skakel
nie. Ek kan dit nogtans wel doen op andere buitelandse stasies.
Weet iemand hoekom?

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Ek soek moeiliheid:))

Di., 08 April 2003 08:27

Ek het nou aan elke vreemde kruisposter mooi vertel hoe om dit nie te doen
nie;)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat voel julle

Di., 08 April 2003 08:26

Oor Kader Asmal se nuwe baba - nl die verbod van godsdiensoefening op skool?

Annette

Geloof & kerksake | 3 kommentare

Vreemde drome

Di., 08 April 2003 00:00

Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek moet
camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.

Dankie
Elaine

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Gulsige Idoolmakers.

Ma., 07 April 2003 08:14

Blykbaar gaan Engeland hulle tweede Idols eers aanbied in 2004 - sodat die
10 finaliste van die eerste reeks kans kan kry om loopbane te vestig.
Hier is dit egter 'n ander storie - die tweede Idols soek-opwinding is al
aan die gang - skaars 'n jaar later as die vorige een - en al die vorige
Idole, behalwe twee - kla dat hulle soos warmpatatte gelos is die oomblik
toe hulle uitgestem is. Selfs wenner Winkler kla omdat slegs 10 000 van die
verwagte 25 000 CD's gekoop is. - miskien moes hy liewer 'n musiekvideo
gemaak het as 'n CD, want hy is mos op sy looks gekies, en nie suiwer op sy
vermoë om te kan sing nie - dan kan die verdwaasdes wat so vir hom gestem
het hom heelnag aanskou op SABC1.

Miskien, hopelik, word die formaat verander.

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1834): [ «    610  611  612  613  614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624  625    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 00:45:50 UTC 2026