Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Radio Sonder Grense - Vir Norbert en die ander Nederlanders

Do., 10 April 2003 17:35

Hello

Ek het toe vir julle uitgevind van RSG. Blykbaar is hulle van plan om die
hele op die Internet te stop. So ongelukkig sal dit nie meer vir julle
moontlik wees om RSG oor die Internet te luister nie. Daar is 'n kans dat
dit weer in die toekoms sal opkom, maar vir nou is dit eers tickets.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Ons rugbybase ith Haathbek

Do., 10 April 2003 14:14

Sedert Henry Honiball uitgetree het sukkel ons keurders om op die regte
losskakel te besluit. Kennedy Tsimba was beskikbaar toe daar herwaarts en
derwaarts gesoek is na 'n kandidaat, en die huidige oormaat losskakels nog
grootgemaak moes word.
Die verskoning was dat hy nie vir SA kan speel nie, omdat hy al
internasionale wedstryde vir Zambië gespeel het ( slaat my met 'n pap snoek,
maar ek moet hard dink om enige internasionale Zambiese wedstryd te kan
onthou)
Nou sit die Blues met 'n gevaarlike vleuel van Fidji - en NZ wil hom hê vir
die wêreldbeker - hy kwalifiseer konsuis ook nie agv bg redes genoem, maar
NZ gaan na die grootkoppe om daardie reël te verander.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Telkom

Do., 10 April 2003 14:09

Hi almal.
Het iemand miskien vir my Telkom se Internet nommer waar ek kan
aansluit.
Miskien beter konneksies as Absa.

Groete
Frikkie

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Telkom

Do., 10 April 2003 14:08

Hi almal.
Het iemand miskien vir my Telkom se Internet nommer waar ek kan
aansluit.
Miskien beter konneksies as Absa.

Groete
Frikkie

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Bradley-voertuig

Do., 10 April 2003 14:02

Een ding moet ek hier sê: Die Bradley-gevegsvoetuig van die VSA lyk na 'n
wonderwerk van goeie ontwerp. Dit is 'n kombinasie van liggewig artillerie
en dan dra dit sy seksie troepe saam met hom....in veiligheid as daar swaar
geskut is, of die manne kan die bokant oopmaak om daaruit te skiet as dit
ligter raak. Die rugsakke en webbing van die manne maak op die buitekant
vas as hulle binne-in ry en bied so ekstra beskerming igv 'n swaarder skoot
hulle tref. Hulle het een gewys waarop 'n RPG net 'n vaal kol op gemaak
het. In ons dae het ons bepaal dat daar in daardie jare niks prakties is
wat die RPG kan stop nie. Ons het laaag, op laag kettings op mekaar
vasgesweis om te kyk wat sal dit stop....maar sulke dik pantser is nie
prakties nie. Waarvan daai Bradley gemaak is weet ek nie, maar dis nie
normale pantserstaal nie. Die Abrahams-tenk is voorwaar 'n tegnologiese
wonder met sy 'reactve' pantser, maar die Bradley lyk na uitstekende ontwerp
en ingenieurswese!

Koeitjies & kalfies | 79 kommentare

Proteas se nuwe spanliedjie

Do., 10 April 2003 13:22

Ah-Ah, Oh-No!! Don't let the rain come down.:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Slim Mel

Do., 10 April 2003 12:57

Dis nou Mel Gibson - die ons kruisposser nie:))

Hy het die volgende te verklaar:
" I think I've scratched the surface after 20 years of marriage.
Women want chocolate and conversation."

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Krieket onder nuwe leiding

Do., 10 April 2003 12:10

Ek kan nie opgewonde raak oor die Proteas se huidige toer nie.
Die arme nuwe kaptein - ek hoop regtig hy kom die mas op. Maar, ek kan ook
nie baie simpatie met hom of sy ANC/SAKP/COSATU-aangestelde bestuurders
opwerk nie. Dat dit baie gerieflik is om 'n jong onervare witman aan te stel
in die pos is baie duidelik. Dit sal dit dan soveel makliker maak om Ntini
eersdaags in 'n leierskap-posisie aan te stel - mislukte
geweldsmisdaadklagtes of te nie....

Gelukkig sien ek nou dat Minister van Sport - alrondbeminde Balfour dreig om
wetgewing in te stel om kwotas in sport af te dwing.

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Frankryk/Duitsland/Rusland...is dit nie snaaks nie?

Wo., 09 April 2003 10:48

Die drie groot protesteerders teen die Irakese oorlog, hou nou beraad in
Rusland saam met Kofi Anan sodat hulle kan werk daaraan dat die ontwikkeling
van die nuwe Irak totaal onder die beheer van die VVO moet wees. Die groot
motivering hiervoor is om toe te sien dat die aliansie nie wegstap met al
die groot kontrakte nie. Hierin lê vir my presies hoekom hierdie drie
lande so groot protes aangeteken het teen die oorlog. Hulle doen al drie
groot besigheid met Saddam en nou's dit so effe ghoebaai. As die VSA en
die Engelse 'n mate van 'n beheer gaan hou oor die ontwikkeling van die nuwe
Irak, dan gaan die drie nie veel kans hê om te kan skep uit die besigheid
nie.
Meeste mense glo mos dat al rede vir die oorlog is Irak se olie ten
spyte van die feit dat nie die VSA of Engeland by Irak olie gekoop het nie.
Nou kom 'n ander prentjie na vore. Sonder Saddam gaan die Westerse wêreld
nie 'n probleem met Irak hê nie en kan die land se olieinkomste wyer
versprei word onder sy mense. Daar sal infrastruktuur gebou moet word, die
olie sal ontgin en bemark moet word. Dis hier waar die VSA, Engeland en
Australië gaan instap. Nie om Irak se olie te steel nie. Nee, hul
maatskappye gaan kontrakte beding en werk skep vir die Irakese. Die
irakese gaan oor die algemeen beter leef en vir die drie lande gaan daar
groot besigheid wees. Logies, almal wen......natuurlik behalwe natuurlik
Chiraq en sy nalopers wat hulleself nou so effe van self in die gat geskiet
het! Nou tjank hulle soos 'n bronstige jakkals ver en alleen in die
Namib........

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Re: Peter Arnett Sacked for revealing on iraqi TV that us war effort is failing

Di., 08 April 2003 17:48

On Tue, 08 Apr 2003 15:33:52 +0200, The Return of Mel
wrote:

> On Mon, 07 Apr 2003 18:51:49 -0800, "Vanilla Gorilla (Monkey Boy)"
> wrote in message
> :
>> On Sat, 05 Apr 2003 17:32:44 +0200, The Return of Mel
>> wrote in alt.tasteless.jokes:
>>>> Err... IGNORE ALL THAT!!! IT'S A MISERABLE SHIT-HOLE!!! STAY FAR, FAR
>>>> AWAY, AT ALL COSTS!!
>>>> Yeah, that's what I meant to say.
>>> you left out the Canadian chicks. i've heard that the French Canadian chicks
>>> are the easiest.
>> Nah. Like most chix, they feel the need to jabber incessantly, which
>> is made even worse by them jabbering in Frog, and compounded further
>> by them pretending to not understand when you tell them to shut the
>> hell up.
>> "Why do most French-Canadian chix have two black eyes?"
>
> they have a South African boyfriend?
>
> unfortunately a lot of South African men mistreat their women. it's quite
> sad actually.
>
> women should be cuddled, not beaten.
>
> btw the majority of South African men mistreating women are Black men and
> Muslim men (who think they have a right to beat their wives by virtue of
> their religious beliefs).

Vir mense wat dit interesseer: Peter Arnett het na sy ontslag direk 'n
kontrak gekry by die Vlaamse Televisiemaatskappy (VTM). Wil enigiemand
hom nog dagliks beluister loer dan na die nuus van VTM op:
http://www.vtm.be/nieuws/index_bekijkonline.htm

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    609  610  611  612  613  614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624    »]
Tyd nou: So. Des. 21 13:09:50 UTC 2025