Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuus 11/4

Vr., 11 April 2003 07:04

Die nuwe Reënkoningin word gekroon. Dis nou die jonge nuwe Modjadji. Haar ma
is kort na haar ouma dood, so die nuwe koningin het nie die ondervinding en
opleiding wat sy sou gehad het nie, en sal dus deur beraders en ander
hulpverleners bygestaan word.
Die geskiedenis wys dat sulke opsette nie so lekker werk nie - so ons sal
maar moet sien.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Noot vir noot

Do., 10 April 2003 21:12

Hello mense

Johan demmit/swemmit/slammit/stemmet is binnekort weer terug op TV. Kyk uit
vir die dik mannetjie met die bril en die snor. Ek sal meer vertel later :)

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.467 / Virus Database: 266 - Release Date: 03/04/01

TV, flieks & vermaak | 2 kommentare

Toets

Do., 10 April 2003 18:31

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gratis E-Posadres

Do., 10 April 2003 18:23

Ek is opsoek na gratis e-pos diesverskaffers wat d.m.v.pop algelaai
kan word deur outlook. Waar kan ek gaan kyk. Asseblief net nie Yahoo
of Hotmail nie. Onbeperkte spasie sal baie help.

Groete
Frikkie

Rekenaars & selfone | 7 kommentare

Radio Sonder Grense - Vir Norbert en die ander Nederlanders

Do., 10 April 2003 17:35

Hello

Ek het toe vir julle uitgevind van RSG. Blykbaar is hulle van plan om die
hele op die Internet te stop. So ongelukkig sal dit nie meer vir julle
moontlik wees om RSG oor die Internet te luister nie. Daar is 'n kans dat
dit weer in die toekoms sal opkom, maar vir nou is dit eers tickets.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Ons rugbybase ith Haathbek

Do., 10 April 2003 14:14

Sedert Henry Honiball uitgetree het sukkel ons keurders om op die regte
losskakel te besluit. Kennedy Tsimba was beskikbaar toe daar herwaarts en
derwaarts gesoek is na 'n kandidaat, en die huidige oormaat losskakels nog
grootgemaak moes word.
Die verskoning was dat hy nie vir SA kan speel nie, omdat hy al
internasionale wedstryde vir Zambië gespeel het ( slaat my met 'n pap snoek,
maar ek moet hard dink om enige internasionale Zambiese wedstryd te kan
onthou)
Nou sit die Blues met 'n gevaarlike vleuel van Fidji - en NZ wil hom hê vir
die wêreldbeker - hy kwalifiseer konsuis ook nie agv bg redes genoem, maar
NZ gaan na die grootkoppe om daardie reël te verander.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Telkom

Do., 10 April 2003 14:09

Hi almal.
Het iemand miskien vir my Telkom se Internet nommer waar ek kan
aansluit.
Miskien beter konneksies as Absa.

Groete
Frikkie

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Telkom

Do., 10 April 2003 14:08

Hi almal.
Het iemand miskien vir my Telkom se Internet nommer waar ek kan
aansluit.
Miskien beter konneksies as Absa.

Groete
Frikkie

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Bradley-voertuig

Do., 10 April 2003 14:02

Een ding moet ek hier sê: Die Bradley-gevegsvoetuig van die VSA lyk na 'n
wonderwerk van goeie ontwerp. Dit is 'n kombinasie van liggewig artillerie
en dan dra dit sy seksie troepe saam met hom....in veiligheid as daar swaar
geskut is, of die manne kan die bokant oopmaak om daaruit te skiet as dit
ligter raak. Die rugsakke en webbing van die manne maak op die buitekant
vas as hulle binne-in ry en bied so ekstra beskerming igv 'n swaarder skoot
hulle tref. Hulle het een gewys waarop 'n RPG net 'n vaal kol op gemaak
het. In ons dae het ons bepaal dat daar in daardie jare niks prakties is
wat die RPG kan stop nie. Ons het laaag, op laag kettings op mekaar
vasgesweis om te kyk wat sal dit stop....maar sulke dik pantser is nie
prakties nie. Waarvan daai Bradley gemaak is weet ek nie, maar dis nie
normale pantserstaal nie. Die Abrahams-tenk is voorwaar 'n tegnologiese
wonder met sy 'reactve' pantser, maar die Bradley lyk na uitstekende ontwerp
en ingenieurswese!

Koeitjies & kalfies | 79 kommentare

Proteas se nuwe spanliedjie

Do., 10 April 2003 13:22

Ah-Ah, Oh-No!! Don't let the rain come down.:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    609  610  611  612  613  614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 00:45:38 UTC 2026