Bly liewer by die naam waaronder ons jou
al die jare ken, Gloudina. Spitfire kan wel
dalk heel beskrywend wees maar skep 'n
vals vriendelike indruk van jou.
Doer in die apartheidsjare toe die vryheidsbewegings finansiële en
wapenbystand gesoek het in die buiteland, het veral Rusland en China
mildelik gegee en die skeptici het altyd die mening gehuldig dat dié twee
lande nie sonder rede help nie. Gelukkig het Rusland se kommunisme
polities sy gat gesien, maar die Chinese is besig om oral in Afrika hul pond
vleis op te eis......en die Afrikaleiers kan absoluut niks daaraan doen nie.
In Namibië het hulle boufirmas kom vestig met die regering se seën en
hulle maak van hul eie arbeid gebruik om staatsgeboue te bou teen baie lae
tenderpryse omdat ons regering nie aan hulle kan voorskryf wat om hul eie
mense te betaal nie. Die regeringamptenare betaal soos reeds gesê aan die
een kant hulle skuld aan China af, maar aan die anderkant kry hulle
goedkoper geboue......of so dink hulle want hulle verstaan vyfduidelik nie
lekker dat deur nie die plaaslike ekonomie te ondersteun nie, veroorsaak
hulle grootskaalse werkloosheid en minder mense wat belasting kan betaal.
So lyk die besparing nou nie eintlik meer na 'n 'bargain' nie!
Maar steeds is die Chinese nie tevrede nie. Hulle het in Windhoek die
Ramatex tekstielfabriek opgerig met die regering en Windhoek se
munisipaliteit wat agteroor buig om hulle elke probleempie te akkommodeer.
Die fabriek word voorgehou as die model van hoe Namibiërs van werk voorsien
gaan word in die toekoms. Hulle hêt duisende Namibiërs in diens en
vervaardig sportklere vir hoofsaaklik die buitelandse mark [Nike?]. Daar
is egter een drol in hierdie paradys: Die mense staak nou want die bestuur
betaal die mense maar so ongeveer R300 per maand! Daar was reeds
regeringsamptenare [die Chinese was slim genoeg om aan Swapo-lede aandele te
gee] wat gereken het die werkers moet dankbaar wees vir werk en ophou kla.
Aan die anderkant skryf hulle 'n minimumloon vir plaaswerkers van R480 plus
kos van R280 per maand voor! Dit op 'n plaas waar akkommodasie en vervoer
gratis is.
Interessant is dat in Swaziland is dieselfde Chinese storie aan die gang
en buit hulle ook die plaaslike werkers uit. Hulle dreig ook die land se
regering af dat as hulle nie hulle vrylik toelaat om hul besigheid te doen
nie, gaan hulle hul fabriek na 'n ander gewillige land toe vat.
So sien, antie Gloudina, daai ou spreekwoordjie van 'meng jou met die
semels dan vreet die varke jou' is nommerpas hier. Dis die einste Chinese
wat ook 'n mark verskaf vir jou Kanada se robpenisse!
Hallo almal
ek was lanklaas hier gewees, was bitjie besig met ander goed
My vraag:
My moeder gaan nou uiteindelik 'n internet konneksie kry sodat ons
bitjie meer gereeld kan kommunikeer aangesien ek bietjie vêr van haar af
byl deesdae. Hoe id dit in SA? Het mens analoge lyne of digitales? En is
dit baie duur, want sy swem nou regtig nie in die geld nie. Kan julle my
so 'n bietjie inlig oor hoe die sake staan?
Luister nou net op die draadloos na die liedjie - en omdat die sanger nie
mooi duidelik die woorde sing nie, hoor ek - En die Dwergieman, wat die reën
gaan haal, en teen my venster kots.
Na aandagtige luister, en die radio harder stel, hoor ek toe op die einde
dit is teen my venster mors:))))
Die sangers moet regtig leer om te artikuleer:)))
Van die os op die jas - hierdie nuwe sangeres wat hulle so hewig adverteer
op RSG se van kan ek om die dood nie hoor nie. Dis Priscilla - en dan word
die van gemompel asof dit 'n skande is.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Blykbaar was daar die afgelope naweek in Pretoria 30 000 !!!!! mense
aangekeer vir spoedoortredings, en die meeste van hulle was blykbaar onder
die invloed ook
Hel baie vir 'n plek wat basies moet leeg wees omdat almal in Durbs sit.
Nou, help my reg - was daar nie in die laaste haathbek dreigement wat deur
die verkeersowerhede uitgereik is beweer dat enigeen wat onder die invloed
bestuur sal tronk toe gaan, sonder 'n keuse van 'n boete nie? ( en let wel -
geen punte wat verloor word onder die nuwe voorgestelde puntestelsel nie)
Ek wonder waar die 30 000 kon inpas in die tronke.
Raait - behalwe vir Keef E waar ek nie by kon kom nie - en waar ek in die
ander groepe gevra het vir sy adres sodat ek vir hom kan e-pos, het ek nou
vir die kruispossers op elke liewe kruispos van hulle 'n e-pos gestuur om te
vra om op te hou kruispos.
Ek sal met die aksie voortgaan totdat hulle ophou met hulle nonsens.
Miskien moet julle ook vir hulle op elke liewe kruisposplasing 'n e-pos
stuur en versoek dat hulle hul ongevraagde "wyshede" beperk tot hulle hulle
eie groep.
Miskien sal die boodskap dan een of ander tyd deur hulle dikvelligheid en
hardkoppigheid dring.
My volgende aksie, as hulle nog aan die einde van die week steeds aangaan,
is om nie net 'n kort reel te stuur om hulle mooi te vra om nie te kruispos
nie - maar 'n ellelange relaas hoe om te weet wanneer hule kruispos en hoe
om dit nie te doen nie.
Daar is niks soos opvoeding om mense beskaafd te laat optree nie;)))
Het hierdie naweek twee interessante videos gesien.
Wat ek geleer het:
Begrafnisse in Soweto
1) Dit word slegs op Saterdae ( verkieslik oggende) gehou.
2) Tot gemiddeld 300 begrafnisse word elke Saterdag gehou.
3) Daar is geen kerkdiens nie - 'n diens, as daar is, word by die graf
gehou.
4) Die lyk in die kis word Vrydag na die oorledene se huis geneem, waar
vriende en familie afskeid kan neem. Saterdag word die kis by die huis
gehaal en na die begraafplaas geneem.
Moslemtroue in Kaapstad.
1) Die bruidegom se familie gee die paartjie hul nuwe huis.
2) Die bruid en geen dame is by die troue in die moskee nie, maar sy sit
uitgevat in
'n vreeslike grend rok en hooftooisel en wag vir die bruidegom om haar die
eerste keer ooit te soen.
3) Dan word die naaste familie en die troupaar in die nuwe huis se
slaapkamer gesêen en daar volg 'n paartie in die huis.
Dan gaan hulle na 'n saal waar al die familie wag, en terwyl die troupaar en
hul gevolg uitgevat en droëbek op die verhoog sit, hou die gaste lekker
paartie.
Dan trek die bruid en bruidegom 'n nuwe , ander, troupak en trourok met
hooftooisel aan, en sit af na 'n groter saal waar familie, vriende en gaste
is, waar hulle weer op die verhoof sit en die gaste hulle dik eet.
Ander troues wat gewys is was 'n tradisionele Pedi troue en 'n Pedi troue in
Soweto waar die troupaar Sewende Dagse Adventiste is - twee heeltemal
uiteenlopende troues.
Zojuist heb ik het boek 'Die swye van Mario Salviati' van
Etienne van Heerden uitgelezen. Zeer indrukwekkend. Ik had al
eerder 'Die stoetmeester' van hem gelezen.
Ik zou graag suggesties krijgen, namen van schrijvers van het
niveau van Etienne van Heerden. Schrijvers die publiceren in het
Afrikaans, uiteraard.