Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie??
Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76536] Di, 22 April 2003 22:08 na volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hallo almal
ek was lanklaas hier gewees, was bitjie besig met ander goed

My vraag:

My moeder gaan nou uiteindelik 'n internet konneksie kry sodat ons
bitjie meer gereeld kan kommunikeer aangesien ek bietjie vêr van haar af
byl deesdae. Hoe id dit in SA? Het mens analoge lyne of digitales? En is
dit baie duur, want sy swem nou regtig nie in die geld nie. Kan julle my
so 'n bietjie inlig oor hoe die sake staan?

Ek sal dit baie waardeer
Dankie
A.
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76552 is 'n antwoord op boodskap #76536] Wo, 23 April 2003 04:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Tufka" skryf in boodskap news:b84en4$f0n$04$1@news.t-online.com...
> Hallo almal
> ek was lanklaas hier gewees, was bitjie besig met ander goed
>
> My vraag:
>
> My moeder gaan nou uiteindelik 'n internet konneksie kry sodat ons
> bitjie meer gereeld kan komminukeer aangesien ek bietjie vêr van haar af
> byl deesdae. Hoe id dit in SA? Het mens analoge lyne of digitales? En is
> dit baie duur, want sy swem nou regtig nie in die geld nie. Kan julle my
> so 'n bietjie inlig oor hoe die sake staan?
>
> Ek sal dit baie waardeer
> Dankie
> A.

Hi
Ek gebruik Telkom vir n ISP, die R80pm word sommer in die foon rekening
ingesluit. Die diens is OK, maar ek kannie wag dat my plaaslike sentrale
ADSL-diens kan gee nie (dink nie dit is wat jou ma soek nie). As sy meestal
net email gaan gebruik, sal daar ander ISP's wees wat minder per maand kos.
Joeboy
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76553 is 'n antwoord op boodskap #76536] Wo, 23 April 2003 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kyk gerus na www.artslink.co.za vir meer inligting: www.artslink.co.za/isp

Vinnig, maklik, maand-vir-maand ... teken in en betaal "online".

:-)

TJ
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76559 is 'n antwoord op boodskap #76553] Wo, 23 April 2003 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
TJ - help my. Is die Artslink goedkoper as MWEB of WorldOnline - vir
dieselfde dienste. Ek glo nie so nie. Ook, hoe vergelyk hulle met @lantic?

"TJ" skryf in boodskap news:3ea621fc$0$231@hades.is.co.za...
> Kyk gerus na www.artslink.co.za vir meer inligting: www.artslink.co.za/isp
>
> Vinnig, maklik, maand-vir-maand ... teken in en betaal "online".
>
> :-)
>
> TJ
> Artslink.co.za ISP
> 082 230 CALL
>
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76561 is 'n antwoord op boodskap #76552] Wo, 23 April 2003 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hi Joeboy,
hoe werk dit presies? Is die 80 'n flatrate of betaal jy dan vir elke
konneksie ook?
En wanneer kom die asdl? Sekerlik is dit beter om die vinnige lyne te
hê, want sy sal nie net email nie, maar surf ook, en dis aaklig as mens
so lank moet wag vir die goed om te laai!
Thanks+
A.
>
> Hi
> Ek gebruik Telkom vir n ISP, die R80pm word sommer in die foon rekening
> ingesluit. Die diens is OK, maar ek kannie wag dat my plaaslike sentrale
> ADSL-diens kan gee nie (dink nie dit si wat jou ma soek nie). As sy meestal
> net email gaan gebruik, sal daar ander ISP's wees wat minder per maand kos.
> Joeboy
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76562 is 'n antwoord op boodskap #76561] Wo, 23 April 2003 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar bly jou ma? Moet nou nie sê Suid Afrika nie - waar in SA bly sy? ADSL
is reeds beskikbaar in sekere dele van die land. Gaan kyk by
www.telkom.co.za en click op die ADSL (graphics) button aan die regterkant.
Click dan op die requirements link. Die heel eerste vraag "How do I
establish whether or not my exchange is ADSL enabled?" het 'n link. Click
op die link en 'n pop-up sal opkom. Tik jou ma se tel. nr. in en click op
check om te sien of ADSL in haar area beskikbaar is.

Groete
Elaine

"Tufka" skryf in boodskap news:b85tni$3pd$01$1@news.t-online.com...
> Hi Joeboy,
> hoe werk dit presies? Is die 80 'n flatrate of betaal jy dan vir elke
> konneksie ook?
> En wanneer kom die asdl? Sekerlik is dit beter om die vinnige lyne te
> hê, want sy sal nie net email nie, maar surf ook, en dis aaklig as mens
> so lank moet wag vir die goed om te laai!
> Thanks+
> A.
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76565 is 'n antwoord op boodskap #76559] Wo, 23 April 2003 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja, Artslink.co.za ISP is veel goedkoper (R115) as die ander twee (M-Web
R139 en WOL R145) en die netwerk is Internet Solution (die beste in SA).

Kyk gerus en lees meer by www.artslink.co.za ISP: www.artslink.co.za/isp

Ook, betaal per maand - "It is not necessary for us to impose long-term
contracts on our customers, we prefer to develop long-term relationships by
providing the best possible service."

:-)

TJ
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76568 is 'n antwoord op boodskap #76565] Wo, 23 April 2003 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
TJ - dki - die "enigste" probleem is epos-adresse - wat doen ek wanneer ek
van dv verander?

"TJ" skryf in boodskap news:3ea69a22$0$227@hades.is.co.za...
> Ja, Artslink.co.za ISP is veel goedkoper (R115) as die ander twee (M-Web
> R139 en WOL R145) en die netwerk is Internet Solution (die beste in SA).
>
> Kyk gerus en lees meer by www.artslink.co.za ISP: www.artslink.co.za/isp
>
> Ook, betaal per maand - "It is not necessary for us to impose long-term
> contracts on our customers, we prefer to develop long-term relationships by
> providing the best possible service."
>
> :-)
>
> TJ
> Artslink.co.za ISP
> 082 230 CALL
> 082 230 2255

Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76569 is 'n antwoord op boodskap #76536] Wo, 23 April 2003 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gewoonlik is I/net-konneksies "dial up" wat beteken jy betaal twee
keer. Een keer vir die ISP wat jou konnekteer (dit is gewoonlik in die
omgewing van R100 per maand) en 'n tweede keer aan Telkom vir die tyd
wat jy aan die telefoon-stelsel gekonnekteer is.
Dus: Al maak jy geen konneksie vir die hele maand nie, steeds die
sowat R100 aan die ISP.
Maak jy dan R150 se oproepe pm aan die net te konnekteer, is dit
bykomend aan Telkom.
Telkom is goedkoper in die aand en oor die naweek. So net onder 'n
Rand om te konnekteer en so R7 per uur.

Die ISP's wissel van So R50 per maand (check www.ananzi.co.za
byvoorbeeld of ww...@lantic.co.za tot omtrent R140 per maand
(www.mweb.co.za) .

As jou ma by Standard Bank bank, kan sy WorldOnline vir R90 per maand
kry. Gwoonlik is dit so R120.
Ek gebruik dit en kan getuig dat dit 'n stabiele konneksie is met 'n
"plaaslike" nommer (086 nommer) vir enige plek in die land. Dit
konnekteer omtrent elke keer met die eerste probeerslag en bly
stabiel.

Installering is ook baie maklik. Jy bel die hulplyn en hulle vat jou
deur so twee of drie stappe op Windows en as jou moden reg ingeplug
is, konnekteer jy.

Ek het Telkom se konneksie ook gebruik (omtrent dieselfde prys - so
R90) maar het 'n paar ongelukkige ervarings gehad, veral met die
hulp-toonbank wat arrogant en onbevoeg was.

Daar is ook duurder dienste. Daar is ISDN wat vinniger konneksies is,
maar duurder. Dit kos so in die omgewing van R500 per maand.

ADSL is beskikbaar is stedelike gebiede. Jy kry dit van Telkom en
betaal hulle EN jou ISP daarvoor. Die goedkoopste is om Telkom dan ook
as 'n ISP te gebruik.

Dit is dan so R900 per maans flat fee vir omtrent ombeperkte toegang
(as ek dit reg het - as daar 'n beperking is, sal dit 'n paar
gigabytes per maand wees).

Ek ken een iemand wat dit het en hy se dis nie noemenswaardig vinniger
as dial up nie (ten spyte van die advertensies), maar dis lekker om
"always on" te he.
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76570 is 'n antwoord op boodskap #76568] Wo, 23 April 2003 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nie seker of ek die vraag reg verstaan nie, maar as jy van IDV
verander dan verander jou e-pos adres behalwe as jy jou eie "domain"-naam
het soos jonas.co.za.

Artslink.co.za ISP bied jou ook aliases soos earthlink.co.za (vir die groen
bouers) en greenlink.co.za (vir die tuiniers).

:-)

TJ
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76580 is 'n antwoord op boodskap #76562] Wo, 23 April 2003 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wat as sy net 'n cell foon het???

Elaine wrote:
> Waar bly jou ma? Moet nou nie sê Suid Afrika nie - waar in SA bly sy? ADSL
> is reeds beskikbaar in sekere dele van die land. Gaan kyk by
> www.telkom.co.za en click op die ADSL (graphics) button aan die regterkant.
> Click dan op die requirements link. Die heel eerste vraag "How do I
> establish whether or not my exchange is ADSL enabled?" het 'n link. Click
> op die link en 'n pop-up sal opkom. Tik jou ma se tel. nr. in en click op
> check om te sien of ADSL in haar area beskikbaar is.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Tufka" wrote in message
> news:b85tni$3pd$01$1@news.t-online.com...
>
>> Hi Joeboy,
>> hoe werk dit presies? Is die 80 'n flatrate of betaal jy dan vir elke
>> konneksie ook?
>> En wanneer kom die asdl? Sekerlik is dit beter om die vinnige lyne te
>> hê, want sy sal nie net email nie, maar surf ook, en dis aaklig as mens
>> so lank moet wag vir die goed om te laai!
>> Thanks+
>> A.
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76594 is 'n antwoord op boodskap #76580] Do, 24 April 2003 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
As die Internet konneksie via selfoon slegs vir e-pos (sonder spam) gebruik
word is dit bekostigbaar - maar stadig.

Dit benodig 'n tipe selfoon wat 'n konneksie (infra-rooi of kabel) kan gee
na die rekenaar.

Menige "travelling salesman" maak ook daagliks gebruik van die tegnologie in
SA. Daar is van die duurder selfone wat selfs werk soos 'n mini-rekenaar met
e-pos en meer ingebou.

TJ
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76613 is 'n antwoord op boodskap #76580] Do, 24 April 2003 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm, wel al wil sy nie dan 'n landlyn hê nie, sal hulle vir haar nog steeds
net 'n ADSL lyn kom insit as sy wil. Ek sal egter nie Internet via Selfone
aanbeveel nie. Dis net te duur, en te stadig. Vra jou ma vir die buurvrou
se foon nommer en dan check jy met daai nommer of ADSL beskikbaar is in jou
ma se area, of bel/email Telkom en vind so uit.

Groete
E

"Tufka" skryf in boodskap news:b86pgc$boq$03$1@news.t-online.com...
> Wat as sy net 'n cell foon het???
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76621 is 'n antwoord op boodskap #76613] Do, 24 April 2003 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Ek sal egter nie Internet via Selfone
> aanbeveel nie. Dis net te duur, en te stadig.

Maar ag, dis so lekker as jou kind op
die pad is, en jy is bekommer oor hulle,
want hulle het eers die pad aangevat nadat
hulle die hele dag gewerk het. En hulle
het klein kindertjies in die kar. En dan
rapporteer hulle via selfoon vir jou waar
hulle nou is, en as hulle arriveer. Net
twee woordjies, maar dit laat 'n ma se
hart rustig voel.

Gloudina
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76624 is 'n antwoord op boodskap #76621] Do, 24 April 2003 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is so, maar daarvoor kan 'n mens SMS gebruik :-)). Goedkoop ook, 66c per
SMS gedurend piek tye, en 26c in "af" tye.

E

wrote:
>
>
> Maar ag, dis so lekker as jou kind op
> die pad is, en jy is bekommer oor hulle,
> want hulle het eers die pad aangevat nadat
> hulle die hele dag gewerk het. En hulle
> het klein kindertjies in die kar. En dan
> rapporteer hulle via selfoon vir jou waar
> hulle nou is, en as hulle arriveer. Net
> twee woordjies, maar dit laat 'n ma se
> hart rustig voel.
>
> Gloudina
>
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76650 is 'n antwoord op boodskap #76621] Vr, 25 April 2003 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Apr 2003 18:54:28 GMT, "@rogers.com" wrote:

Elaine wrote:
>
> Ek sal egter nie Internet via Selfone
>> aanbeveel nie. Dis net te duur, en te stadig.
>
>
> Maar ag, dis so lekker as jou kind op
> die pad is, en jy is bekommer oor hulle,
> want hulle het eers die pad aangevat nadat
> hulle die hele dag gewerk het. En hulle
> het klein kindertjies in die kar. En dan
> rapporteer hulle via selfoon vir jou waar
> hulle nou is, en as hulle arriveer. Net
> twee woordjies, maar dit laat 'n ma se
> hart rustig voel.
>
> Gloudina

Yep. Ek laat ek jou vertel dat SA mal oor selfone is. Omtrent almal
het een of wil een he.
Die duur-opmerking was oor INternet via selfone gewees en is
waarskynlik reg.

Dit vereis duur toerusting om die net via 'n selfoon te surf en dit
kos baie duuurder en is baie stadiger as 'n landlyn.

Maar wat yackity yack betref is selfone koning in SA.
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #76655 is 'n antwoord op boodskap #76650] Vr, 25 April 2003 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, jy's reg. Ek lees nou die dag dat Suid-Afrika, per capita, die meeste
selfoon gebruikers het. Ons spandeer ook, per capita, die meeste op motors.

E

"Ferdi Greyling" wrote:

> Yep. Ek laat ek jou vertel dat SA mal oor selfone is. Omtrent almal
> het een of wil een he.
> Die duur-opmerking was oor INternet via selfone gewees en is
> waarskynlik reg.
>
> Dit vereis duur toerusting om die net via 'n selfoon te surf en dit
> kos baie duuurder en is baie stadiger as 'n landlyn.
>
> Maar wat yackity yack betref is selfone koning in SA.
Re: Wat is die beste opsie vir 'n Intenet konneksie?? [boodskap #120335 is 'n antwoord op boodskap #76565] Sa, 08 April 2017 13:10 Na vorige boodskap
nadinej...  is tans af-lyn  nadinej...
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2017
Karma: 0
Junior Lid
Goeie middag TJ

Ek sien hierdie gesprek is baie lank terug gehou, maar ek het net een vraag oor Artslink wat ek nie 'n antwoord op kan kry nie.

Werk dit op 'n landlyn of kan ek 'n router koop sonder om 'm landlyn te instaleer?

Groete Nadine xx
Vorige onderwerp: EK HAAT TELKOM!!!!!
Volgende onderwerp: Hello?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:24:03 MGT 2024