Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rudolph, Dippenaar en Van Jaarsveld

Vr., 25 April 2003 17:53

Kolwers vir die toekoms.
Wat het van Gerhardus Liebenberg geword.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog 'n Eerbare ANC lid

Vr., 25 April 2003 14:04

Winnie gaan glo uit die parlement bedank. ( omdat dit glo nou die eerbare
ding is om te doen - a la Tony Yengeni)
Dit is nou omdat haar saak met koste van die hand gewys is wat sy teen Frene
Ginwala aanhangig gemaak het sodat sy nie in die parlement tereg gewys kan
word nie.
Of miskien is dit omdat sy 'n 5 jaar vonnis gekry het, waarvan een jaar vir
5 jaar opgeskort is, en sy effektief net 8 maande tronkstraf gaan uitdien -
die res van die straf is gemeenskapsdiens.

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Kanada se verhewe SARS

Vr., 25 April 2003 02:32

Uiteindelik het Kanada daarin geslaag om hoofnuus te wees. Maar, daar is
bepaald 'n gebrek aan BMT.
Toronto se burgemeester maak beswaar dat die WGO reisigers waarsku om
daarheen te reis.
Kanada se SARS is seker van 'n suiwerder vorm as die van Beijing en Hong
Kong?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Troue

Do., 24 April 2003 19:03

Ag, ek het al weer raad nodig. My suster trou vlge jaar Maart, maar sy wil
nie 'n kerk troue hê nie. Sy wil die hele trourok storie doen, maar sy wil
glad nie deur 'n predikant getrou word nie. Die voorstel om Woensdag in die
magistraat te trou en dan Sat. 'n paartie met trourok en al te doen, wil sy
ook nie. Alles moet op een dag gebeur. Hoe gaan ons die storietjie gereël
kry en wie gaat hulle trou? Doen die landdros "buite" troues of moet dit in
die hof wees? Enige idees sal welkom wees. In Sasolburg moet jy nog op 'n
vaste fondasie trou om dit wettig te doen, maw daar moet 'n dak en minstens
'n slab sement wees. Idees is welkom.

En nog 'n ding. Mag 'n mens kosmos sommer so langs die pad pluk (sy wil
kosmos hê) of sal ons toegesluit word as ons gevang word? Ek dink ons sal
maar die aand voor die troue, hier by middernag, afsit vaaldam se kant toe,
daar staan die kosmos altyd welig!

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Links autorijden

Do., 24 April 2003 18:16

Even een vraagje van een onwetende Nederlander die binnenkort naar
Zuid-Afrika hoopt te komen.
Links rijden met het stuur aan de rechterkant betekent dat ook dat het rem
en gaspedaal anders om zitten?
Bij ons is het gaspedaal rechts en rem links.
Bedankt.

--
Erik van Hulst

Wiele | 1 kommentaar

Re: 8 uses for George W Bush

Do., 24 April 2003 16:46

On Thu, 24 Apr 2003 06:45:49 +0200, The Return of Mel
typed furiously:

>
> and in the background, IBM's database technology was being used to process
> Nazi concentration camp inmates.

The word "database" had not even been invented at that point in time.

--
David
Remove "farook" to reply
At the bottom of the application where it says
"sign here". I put "Sagittarius"

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Nog nuus 24/4

Do., 24 April 2003 14:23

Antie Winnie is skuldig bevind op 44 aanklagte van bedrog en 'n aantal
klagte van diefstal.
More sal die verdediging kans gegee word om te pleit vir versagting, en ons
weet nie of die vonnis al more opgelê sal word nie.
Die ANC se woordvoerder is bitter verontwaardig dat die regter dit durf waag
het om haar skuldig te bevind.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Rugbynuus

Do., 24 April 2003 12:08

Die Stormers storm nou volspoed agteruit.
Selbourne Boome en Werner Greeff is nou ook uit vir die res van die super12
seisoen, en SlapTjips is nou die nuwe kaptein.
Nou gaan hy nie meer sonder rede vassteek as hy die bal kry nie :))))
Hoeveel Stormers en Cats spelers nou weer is al klaar sekere keuses vir die
Springbokspan?

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 24/4

Do., 24 April 2003 08:01

'n Ongelukkige man wat 6 maande gelede van sy vrou geskei is, het haar by
die Panorama hospitaal gaan doodskiet.
Blykbaar op die parkeerterrein.

In gister se koerant was daar toe 'n artikel oor die verslae van die
fiksheidskundige en die kopdokter wat vir die Krieketspan aangestel is -
waarop die bestuur en die spelers geen ag op geslaan het nie.
Tog snaaks dat Herschelle, wat deur beide kundiges uitgewys is as ongeskik -
die beste gemiddelde van alle kolwers op die toernooi aangeteken het. Dan is
daar natuurlik ook ander spelers wat volgens beide kenners stroopsoet en
doodreg was, maar hulle kon nog steeds geen hond haaraf maak in die toernooi
nie.

Joost en sy nuwe vrou gaan skei - sy was onder die indruk 'n bul het twee
horings.:))))))))

Annette

Nuus | 4 kommentare

Vragie vir Gloudina

Wo., 23 April 2003 19:53

Iemand op 'n ander kol vra of ons ouer mense weet van 'n grys poeier wat aan
die brand gesteek is en inge-asem moes word as iemand se bors toetrek van 'n
allergie.
Ek is natuurlik nog te jonk om van dit te weet - maar miskien weet jy?

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    602  603  604  605  606  607  608  609  610  611  612  613  614  615  616  617    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 21:57:35 UTC 2025