Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek's trug.

Sun, 04 May 2003 00:22

Haai, daai partykie waarvan ek djulle vertel het.
Ekjs trig, redelik nigtir ook hoor!

DD

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

So doen ons dit.

Sat, 03 May 2003 13:58

Die UWK ( Universiteit Wes Kaap) is seker die enigste universiteit in die
land waar daar nie 'n enkele rot op die kampus is nie.
Dit is te danke aan die ongeveer 120 wilde katte wat die kampus hulle tuiste
gemaak het.
Die kampus grens ook aan die Kaapse Vlakte Natuur-reservaat, wat 82 spesies
voëls huisves, asook vledmuise en die Kaapse haas.
Om te sorg dat die reservaat sy werk doen om die diere te beskerm, en nie as
vry bron van jag en voedsel vir die katte nie,
word daar nie net wild op die katte jag gemaak nie.
1) 'n Kattekosmaatskappy voorsien die helfte van die katkos gratis wat nodig
is om die katte te voer, sodat hulle saam met die eet van die rotte versadig
genoeg is om nie in die reservaat te gaan jag nie.
2) Saam met die SPCA word die katte gevang, teen 'n verminderde bedrag
geteriliseer, en weer op die kampus losgelaat.
3) Die katkosmaatskappy sal 'n student se klas en verblyf-fooie betaal in
ruil vir kattediens - om te sord dat die katte versorg en gesterilseer word,
en om nuwe katte wat by die kolonie wil kom aansluit te verjaag.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Duitsers

Sat, 03 May 2003 12:29

Ek kyk na 'n geselsprogram op CNN. 'n Dame uit die VSA verwerp Duitsland se
reaksie op die VSA se inval in Irak. Volgens haar is die Duitsers die laaste
klomp wat die Amerikaanse optrede kan veroordeel.
Dis mos heel eenvoudig. Die Duitsers het 'n Nazi-verlede - en daarom is
hulle nie geregtig om nou waarde-uitsprake te lewer nie. Dit 50-jaar na die
val van Hitler.

My vraag is eenvoudig. Die straf vir moord is gewoonweg lewenslank (25
jaar). Vyftig jaar het reeds verloop sedert die 2de WO - Duitsers wat nog
nie eens gebore was tydens die 2de WO word steeds verantwoordelik gehou.

Noem vir 'n enkel land wat hom nie aan vergrype skuldig gemaak het nie.
(Behalwe die Kanadese - hulle gedy bloot in die skadu van die Grootboom ...)

Koeitjies & kalfies | 35 kommentare

Nationale ramp???

Sat, 03 May 2003 11:28

Ek het pas van iemand gehoor dat die bus"tragedie" as 'n nationale ramp
verklaar gaan word.

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Is ek verkeerd?

Sat, 03 May 2003 08:39

Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
hom kom haal het nie.
Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
vooraf aan haar te rep?

Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
"geluister" het.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Clocolan/Ficksburg pad

Sat, 03 May 2003 07:51

Het iemand al gehoor van die R26 snelweg tussen Clocolan en Ficksburg?? Die
een wat besig is om herstel te word vir die afeglope 4 jaar? Ek meen,
hoelank kan dit vat om 'n pad van 32km oor te teer???

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Jeugtaal

Sat, 03 May 2003 06:34

Die bermarkingsafdelings van die meeste besighede begin hulle al hoe meer op
die jeug toe te spits, en word dus gedwing om die nuutste jeugtaal in
aanmerking te neem.
Dit sal dus heelwaarskynlik ook deursyfer na die algemene spreektaal.
Die jeug maak ook al hoe meer van advertensie-invloede gebruik in hul nuwe
spreektaal.

Dus, om julle op hoogte te bring:
Scamto - is die taal waarop Yfm hul toespits - 'n vermenging van Zoeloe,
Sotho, Engels, Afrikaans, Tsonga en ander Mzansi tale.

Mzansi - is Suid Afrika ( dus is SA nou Saudi-Arabië en SA nou Mz:))) )

Eveready - vol energie, wat lank hou, altyd gewillig ( in 'n seksuele sin) -
Hey, uMandla uyi-Eveready.

Brasso - Goed versorg, goed opgevoed.
Ufezeka uyiBrasso, aka-nxibi fong kong.
Fezeka is Brasso, sy dra goeie gehalte klere ( nie klere van Hong Kong nie.)

Aquafresh - Nuut. ongebruik, naief.
Moenie aan Nomsa vat nie, sy weet van niks nie, sy is Aquafresh.

LG - onbereikbaar, harde werk , verkieslik maar baie duur.
Yho, Lucy is hade werk, sy is LG.

Siemens - seksueel swak, in teenstelling met 3310 wat seksueel sterk
beteken.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Busongeluk help

Sat, 03 May 2003 05:09

Daar is nou nog nie 'n finale syfer hoeveel mense dood is in die ongeluk
nie. Tien mense het dit oorleef.
Die "voordeel" van die ongeluk is dat die regering nou uiteindelik, na vele
vrugtelose vertoë voorheen, besluit het om meer padtekens aan te bring om
sulke ongelukke te probeer verhoed.

Dit was nou net aangekondig. Hoe lank dit sal neem voordat dit daadwerklik
ingestel sal word is natuurlik 'n ander vraag.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hallo almal

Fri, 02 May 2003 20:05

Ek sal graag by julle wil inskakel.

Ek bly in die ORANJE-VRYSTAAT. Ek is 'n 23 jarige blanke man en deel meeste
van julle sienings oor ons land...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sirkus dae

Fri, 02 May 2003 13:23

Boswell Wilkie Sirkus oppie plaas:

Saterdag 3 en Sondag 4 Mei 2003

www.circus.co.za vir kaartjies.

Sien van julle daar!

:-)

TJ
Artslink.co.za
082 230 CALL
082 230 2255

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608  609  610  611  612    »]
Tyd nou: Sun Jan 19 06:18:34 UTC 2025