Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Flugzeug-Tragödie über dem Kongo - 160 Passagiere stürzten in den Tod

Vr., 09 Mei 2003 17:39

"Peter Stuyvesant" wrote in news:3ebbe3c9$0$49101
$e4fe...@news.xs4all.nl:

>
> schreef in bericht
>
>> Staatsgreep op Hoog Niveau ?
>
> Hoorde om 18.30 Benno (Baksteen) op
> de radio. 'In Afrika lopen de dingen soms
> anders' : zei hij. :)

Hij zal wel moeten, met zo'n naam.

Voorwaar ook een mooi moment om een stukje Afrikaanse aerotechnische
cultuur, vermengd met onnavolgbaar Afrikaander proza, te herposten:

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Subject: Mbeki se Afrika Renaisance!
From: "joe"
Date: Sun, 1 Dec 2002 18:51:44 +0200
Newsgroups: soc.culture.south-africa

Die onderstaande berig het onlangs in 'n Keniase dagblad, The Standard,
verskyn. Kommentaar is seker oorbodig!

"Waaroor is al die bohaai?" het Weseka Sambu op 'n nuuskonferensie by die
Jomo Kenyatta Lughawe aan die pers gevra. "'n Tegniese probleempie soos
hierdie kon enige plek ter wêreld gebeur het. Julle mense is nie patriotte
nie. Julle wil net moeilikheid maak!"

Sambu, 'n woordvoerder van Kenia Lugredery, het die nuuskonferensie
toegespreek na die kansellasie van 'n deurvlug van Kisumu via Jomo
Kenyatta-lughawe na Berlyn.

Die vliegtuig met 42 passasiers aanboord was gereed om op te styg toe die
vlieënier agterkom een van die buitebande is pap. Kenia Lugredery het nie
'n oor 'n noodwiel beskik nie, en ongelukkig was die nitrogen-houer
(waarmee bande gepomp word) ook leeg.

Sambu het onder meer aan die nuuskonferensie gesê "...'n Passasier het toe
voorgestel dat ons die band na 'n vulstasie moes neem om gepomp te word,
maar ongelukkig was die domkrag weg en kon ons nie die wiel afhaal nie. Ons
ingenieurs het moedig probeer om die band met 'n fietspomp op te pomp, maar
kon nie daarin slaag nie; die vlieënier het daarna selfs in die klep
probeer
blaas, maar later flou geword.

"Toe ek hierna aankondig dat die vlug afgestel is, het een van die
passasiers, mnr. Mutu, my met 'n reddingsbaadjie deur die gesig geslaan en
geskree dat ons 'n nasionale skande is; ek het gesê hy moenie gek wees nie,
want daar sal oor twee weke weer 'n vlug wees, en intussen kon hy die
pragtige natuurskoon rondom Kisumu op sy eie koste geniet..."

Die ander passasiers het sonder 'n woord hulle bagasie geneem en die
laghawegebou verlaat. Moontlik omdat hulle al goed bekend was met die Kenia
Lugredery se unieke Afrika-diens wat op Afrika-tyd gelewer word.

Ons staan voorwaar in die gloed en heerlikheid van Mbeki se Afrika
Renaisance!

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Namib Snoektert

Vr., 09 Mei 2003 07:46

250ml gevlokte gerookte snoek
250ml gerasperde kas
25ml gesmelte botter
4 eiers
2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180

Room:
125ml room
1ml suurlemoenpeper
1ml sout
30ml gekapte pietersielie
Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.

Kos & resepte | 18 kommentare

Wat kan Steve doen?

Do., 08 Mei 2003 13:59

Vanoggend op RSG, moes mense inbel om 'n CD te kan wen.
Die vraag wat hulle moes antwoord was: behalwe om te kan sing, watter twee
ander goed kan Steve Hofmeyer doen?

Oor die Bybel praat en handgemeen raak?:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Web Site (my ontwerp)

Wo., 07 Mei 2003 21:59

Ek's so trots op hierdie ontwerp dat ek gevoel het ek wil dit graag met
julle deel :o)) Gaan kyk gerus en laat my maar weet wat julle dink - die
kliënt is baie hêppie gewees met die site.
http://www.faaircraftinteriors.co.za maar wees tog net nice met negatiewe
kritiek, en het 'n sensitiewe ego. Die site kan dalk 'n rukkie vat om te
laai.

Hierdie is nie 'n advertensie nie hoor!! Ek wou maar net my design met
julle deel :-))

Groete
Elaine

Rekenaars & selfone | 30 kommentare

Hoe oud is jy?

Wo., 07 Mei 2003 16:38

So oud soos my hande
maar ouer as my tande.
So oud soos my ore
maar ouer as my spore.
--

Prosa & poësie | 0 kommentare

Elana Meyer geskors

Wo., 07 Mei 2003 11:58

Daar is glo verbode middels in 'n monster gevind.
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Help nodig !

Wo., 07 Mei 2003 09:14

Ek was altyd by netactive (mweb) - nou is ek by 'n onafhanklike
server - hoe gemaak om toegang tot die nuusgroepe te bly
kry ?

Susan
fo...@foilcut.co.za

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Onthou

Wo., 07 Mei 2003 02:33

'DINGUS is 'n wonderliKKe ding!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Molle!

Di., 06 Mei 2003 18:17

Hallo, Afrikaners,

Hier in Vlaandere is dit nou lente en ek is besig om my tuin klaar te
maak vir groentekweek. Dit gaan goed en ek het al baie plantjies
wat groot word. Maar ik het 'n probleem. Daar is 'n mol besig my ganse
skorsenierbed om te vroetel. Weet dalk iemand van julle wat ek
daarteen kan doen? Ek het vroeër al rook en petrol gebesig om daardie
diere weg te kry maar dit wil nie help nie. Hulle herbegin dan elders
in die tuin. Het die mense in SA ook las van molle? En wat doen julle
dan?

Norbert (uit Vlaandere)

Troeteldiere | 23 kommentare

plaaswerkers in opstand

Di., 06 Mei 2003 17:49

My pa se arbeiders is in opstand oor die nuwe loe stelsel. 3 van hulle het
geloop. Dit is moeilik om hulle te oortuig dat hy basies niks daaraan kan
doen nie. Al wat die regering doen is om werkloosheid te bevorder....

Landbou & veeteelt | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    595  596  597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608  609  610    »]
Tyd nou: Di. Des. 23 10:09:53 UTC 2025