Sien op BBC dat Al-Qaeda hulle meelopers aanspoor om van nuuts af die VSA en
Brittanje onder andere aan te val. Haai Antie, het Antie geweet hierdie is
nie onse mense nie Antie!!? Hulle vat sowaar kerse dynamite, bind dit om
hulle se lyfies en blaas dan almal om hulle op. Antie-hulle gaan nou sowaar
'n nuwe fase betree, 'n fase wat ons in die nuwe SA by verby is. Om Antie te
kwoteer: "O die pyngedagte, my kind is dood!"
Loof nou die Kerkstraat bommers, loof nou vir Robert McBride, loof nou ook
vir Al-Qaeda. Kom-kom, moenie nou sjarrap nie, gaan huil liewers saam met
ons op ons geliefdes se grafte - liefde vir mekaar is daar nie meer nie,
nevermind respek en vrees vir die Allerhoogste.
G'n wonder ons vreet mekaar op nie, en veral ek is 'n mooi een om te praat
na hierdie epos ! Krenkende woorde, dis mos lekker om ander op hulle plek te
sit. Sorry Antie, ek laaik jou alhoewel ek jou nie persoonlik ken nie, stuur
groete vir oom Izak.
Dit sal nogal horing wees om die enigste mens op aarde te wees - wie gaan my
help met my tandpyn? Met wie gaan ek BAKLEI?
Herman Charles Bosman het die situasie lank reeds in 'n mindere storie
met die naam Birth Certificate vasgevang.
Die storie eindig so:
'Because he had been adopted by a coloured family. Flippus Biljon had
always
regarded himself as a coloured man. And then one day, quite by
accident,
Flippus Biljon saw his birth certificate. And from that birth
certificate it
was clear that Flippus Biljon was as white as you or I. You can now
imagine
how Flippus Biljon must have felt about it. Especially after he had
gone to
see the magistrate at Bekkersdal, and the magistrate after studying
the
birth certificate , confirmed the fact that Flippus Biljon was a white
man.
'Thank you baas,' Flippus Biljon said. 'Thank you very much my basie.'
Snaaks hoe goed soms so toevallig saamval.
In die nuwe uitgawe van Dit:
1) In die briewekolom is daar 'n skryfster wat skryf dat haar man haar
uitvreet as sy mense in die oë kyk as sy met hulle praat of hulle groet - sy
jaloerse stiksienigheid sien dit as 'n flankeerdery van haar kant af. Om die
vrede te bewaar, besluit sy toe om af te kyk, of oor mense se skouer te kyk
as sy met hulle praat. Toe betig haar man haar omdat sy vriende by hom kla
dat sy stug en nors is en nie na hulle kyk nie as sy met hulle praat.
Die eerste reaksie is dat die dame haar geliefde in sy heppie kanon moes
gestuur het by daardie eerste onredelike jaloesie, ipv om hom tevrede te
stel.
2) Twee bladsye verder word 'n boek bespreek - Mystery of Love deur Don
Miguel Ruiz - waarin hy die volgende te sê het - As jy jou maat manipuleer
om haar/hom na jou smaak te verander, verkeer die verhouding in gevaar,
omdat die stryd om beheer dui op 'n gebrek aan respek vir 'n ander. Moenie
van 'n ander verwag om sy/haar houding of gedrag te verander nie, verander
jouself om aan te pas.
3) En op die ander bladsy is daar 'n artikel oor labarinte - dit word
deesdae vir meditasie gebruik. 'n Wandeling op so 'n sirkelpad help mens glo
om jou gewone denkwyse te laat vaar en anders oor dinge te begin dink.
Dink aan 'n netelige vraag as jy die doolhof binnegaan, bly 'n rukkie
rustig in die middel en wag dat die oplossing na jou toe kom. Jy sal
ontspanne en verfris voel as jy die labarint verlaat.
Hier is die goeie nuus - mens kan nou klein hout-labarinte koop waarop mens
jou vingers kan laat wandel.
Die artikel praat ook van die indrukwekkende ( lewensgroot) labarint op
Barrydale ( Max se plek).
Ek lees tans 'n skreeusnaakse boek met die naam French Revolutions. Dit gaan
oor die Tour de France.
Nietemin - daar is nie 'n groot verskil tussen ons en die Franse nie - hulle
spandeer glo 2 miljoen frank per jaar op padtekens om mense te waarsku oor
die gate in die paaie ( potholes).
Mens sien ook mos soms 'n padteken hier met 'n bok op, menende mens moet
bietjie versigtig wees vir wilde diere wat die pad kruis. Op die Weskuspad
is daar nie so 'n padteken van 'n dag oud nie - en daar is gereeld diere op
die pad wat doodgery word, of waarvoor mens moet uitswaai.
Daar is gereeld skilpaaie in die pad - dan waarsku ek die aankomende verkeer
met 'n flikkerlig - en hoop maar hulle sien die skilpad raak, en soek nie
tevergeefs vir 'n verkeerskonstabel wat tussen die bossies wegkruip nie.
Ek waarsku natuurlik nooit aankomende verkeer oor verkeerslokvalle nie - die
skuldiges moet boet..
Laasweek, Wonsdag dink ek, het altwee die Engelse koerante van die
Oos-Kaap berig dat Pres Mandela se naam op die "Boxing World Hall of
Fame" se ererol gaan verskyn, want hy het die "grootste uitklophou"
nog ooit geslaan :-)
Die SA Everest bergklimspan moes vanoggend vir 'n tweede keer omdraai,
voordat hulle die kruin kon bereik.
Hulle gaan volgende week weer probeer.
In die span is twee manne wat, as hulle Everest kan bereik, van die min
mense sal wees wat al die hoogste pieke van die 7 vaste lande bereik het.
In die span is ook 'n onsuksesvolle lid van die vorige SA Everest
ekspedisie. - sy is die enigste vroulike lid van hierdie span.