Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nie 'n grappie nie:))

Wo., 04 Junie 2003 11:43

Percy stap die biblioteek binne en bestel in 'n luidkeels;
EEN HAMBURGER, DABBEL TJIPS EN 'N COKE!
Fluister die bib-doedie: Sjuut - dis 'n biblioteek die!
Fluister Percy terug: sorrieee - een hamburger, dabbel tjips en 'n coke ...

Humor & grappe | 0 kommentare

Interessante stukkie, Engels (meestal!)

Wo., 04 Junie 2003 09:36

Speel met jou woorde of hou jou bek!
Sieraaj Ahmed

Miskien is Nataniël reg: Daar is boerewors en politiek, maar waar is
die kuns?
Day Seven and I finally manage to see a show just for the fun of it.
Ek stap deur Oudtshoorn om Tip! te gaan kyk.
For an hour I laugh at this hilarious look at lunch-hour loneliness
and behind-the-scenes bitching in a not-so-busy coffee shop.
Watching the show, I am struck anew by something that most people
(selfs die Ingelse) have to acknowledge: Geen taal vloek soos
Afrikaans vloek nie. Somehow "Oh, Sh*t!" just
doesn't compare to a lekker "Ag-nee K*K man!"
Woorde is kuns en ek is mal oor woorde. One of the most surprising
things about Stellenbosch (en die fees) has been my reaction to the
delicious new words I am encountering on a daily basis.
On my first weekend back home, my brother thought I'd gone mad when I
walked around saying the word "bronne" at random moments.
Lovely word! (Ja, ek weet, een van my klasmaats het ook gedink ek is
mal toe ek dit vir haar sê.)
The next week it was "woordvoerder" - someone who transports words?
Aaah . . . a spokesperson! "Woordvoerder . . ." What a magic word!
So, at Stellenbosch and at the fees I have on most days felt like a
kid in a candy store of heerlike nuwe woorde.
Which brings me to my mission right now. There is one thing I am not
leaving Oudtshoorn without. Vanaand gaan ek shop.
I can't wait to see my classmates and lecturers' faces when I arrive
at classes on Monday morning in my brand-new "Praat Afrikaans of hou
jou Bek!" T-shirt.
The idea is just too delicious to resist.

(Erkenning aan Sieraaj Ahmed en KRIT)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zuma Gaan Vertel

Wo., 04 Junie 2003 09:30

Onder Prez Zuma het gister, na 'n besoek aan die bendegeteisterde dele in
die Kaap, uitgevaar teen die konstitusie wat die misdadigers beskerm, i.p.v.
die gehoorsames.
Hy het ook gesê hy gaan Onse Prez inlig oor die haglike toestande waar
bendebedrywighede hoogty vier.
Sal dit beteken Onse Prez lees nooit ons koerante nie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Te Erg

Wo., 04 Junie 2003 09:09

Majuba: Stellenbosch
Ek het dit nie teen die feit dat die mense gestraf is nie , maar Die Burger
het 'n kleurfoto van elke HK-Lid op die voorblad, sowel as 'n fotostaat van
'n stukkie van die kinderagtige gedragskode wat blykbaar al in 1967 opgestel
is.
Ek laat my nie vertel dat sulke gedrag nie in ander koshuise geskied nie -
en ek voel seker dat 'n berig oor die straf en uiteinde van die saak
heeltemal voldoende sou gewees het.

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Skoonheid

Wo., 04 Junie 2003 06:50

Skoonheid vergaan, maar deug bly staan.
So hoekom is daar skoonheidswedstryde, en nie deugwedstryde nie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Suide is Mooi

Wo., 04 Junie 2003 05:36

Ons deelnemer, Cindy Nel, het derde gekom in die me Heelal kompetisie. Die
wenner en eerste prinses is van Suid Amerika.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Stoute Persie

Wo., 04 Junie 2003 04:21

Percy Montgommery is toe net vir twee jaar geskors van rugbyspeel, waarvan
18 maande opgeskort is. Hy het glo 'n lynregter gestamp.
In gister se koerant verklaar hy dat hy nie weet wat hy sal doen as hy
lewenslank geskors sal word nie, want hy kan niks anders doen as rugby speel
nie.

Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Abraham Fischer

Wo., 04 Junie 2003 02:42

Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
45,
sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.

Koot

Sy pa was iets belangrik in die politiek van die ou Vrystaatse
Republiek. Die oudste manskoshuis op die kampus van die Vrystaatse
Universiteit heet Huis Abraham Fischer, of sommer net Vishuis.

Drom

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Wouter Basson Vry

Di., 03 Junie 2003 10:11

Die appèlsaak wat die staat teen hom gemaak het, is verwerp.
Nou is hy vry vry:))
Die appèlregter (s) het beslis die staat se saak was swak voorberei en
onvolledig.
Daar gaan nog 'n miljoen of twee onnodig.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

health services in sa is kak

Di., 03 Junie 2003 09:52

ons was die naweek graskop toe vir `n bike rally. oppad terug het een
van die ouens in die groep geval en sy been seer gemaak. aanvanklik
het almal gedink dat dit nie te ernstig was nie en hy is in die bakkie
gelaai. in pretoria is hy na hf toe gevat waar hulle geweier het om na
hom te kyk want hy het nie hier geval nie. hierdie plek hou net nie op
om my te verstom nie.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    584  585  586  587  588  589  590  591  592  593  594  595  596  597  598  599    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 06:46:07 UTC 2026