'n Berig in "The Natal Witness" van vanoggend begin met die sin, "The
butcher will be there but no baker or candlestick maker in the 78th
running of the Comrades Marathon between Pietrmaritzburg and Durban on
Monday", en dan gee hulle die aantal hardlopers ingedeel volgens
sommige van die beroepe wat hulle bekleë:
Onderwysers en dosente - 644
Klerke - 516
Ingenieurs - 498
Werkloses (!) - 249
Arbeiders - 233
Huisvrouens - 208
Verpleegsters - 88
"Clergymen" (wat is dit in Afrikaans? Kerklui?) - 75
Akteurs - 35
Slagters - 18
Politici - 5
Radio omroepers - 1
Hierdie lot is maar net 2570 van die ongeveer 10 000 hardlopers wat
verwag word, maar dis nogtans vir my interessant.
Die mees-algemeenste vanne is
Naidoo - 106
Govender - 91
Botha - 86
Smith - 79 en
Pillay - 76
hoe is die storie van die taxi bastard wat twee mense dood gery en `n
vrou se lewe verwoes het alles vir die grand total van r5000. nou dis
`n bargain. een van die gemors het my ook `n paar jaar gelede omgery
maar `n paar weke in icu en `n jaar van die werk af lewe ek nog. dit
het hom darem die totaal van r500 uit die sak gejaag en hy kon dit
afbetaal. dit met `n spiedkop as getuie dat hy nalatig was. laat ek
nou `n handgranaatjie onder die klomp vieslike rubbish inrol dan sien
ek nie weer die lig nie. o so by the way, met die ondersoek na die tyd
het hulle bevind dat net sy eenkant se voorste briek het gewerk. wel
dalk het hy nie gespeed nie, dis mos net speed en die ou met `n vaste
adres wat kill.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Jammer dat dit my ontglip het dat die meeste van julle getroud of in
verhoudings is. Het nou nie daaraan gedink nie, maar soos ek genoem het
"enige enkel dames ". Ek het 'n bietjie min vertoue in dating sites een of
ander manier moet jy betaal vir liefde ek soek dit liewer op die ou manier
met 'n tikkie cyber-space. Message in a email.
Dink net, nie een van ons hier het eers 'n gedagte gehad om lekker geld te
maak by die onwettige uitreiking van vals tydelike rybewyse nie.
Hulle het glo vandag 'n spietkop vasgetrek wat tot selfs onwettige lisensies
uitgereik het vir R800 stuk. Desperates is glo na hom verwys deur ander
verkeerskonstabels - seker vir 'n lekker fooi.
Die hele ou sous hoort in die tronk.
Annette
Het dit Saterdag gesien - nogal snaaks.
Blykbaar is daar opgekropte woede wat nie goed en gesond is nie, en
regverdige woede wat glo reg en aanvaarbaar is.
Seker maar 'n Amerikaanse ding om onderskeid te tref;))
Nietemin - raai bietjie wat dra daardie oosterse priesters met kaalgeskeerde
koppe en helder oranje jurke onder die jurke?:))
Dis nou CTICC - ons nuwe Internasionale konferensiesentrum.
Die amptelike opening is eers die einde van die maand, maar verlede week is
die skryfbehoefteuitstalling daar gehou, en hierdie week gaan die Decorex
uitstalling daar gehou word.
Dit van my kliënt wat een van die uitstallers daar was verlede week:
1) Parkering is onder die gebou - teen R15, ongeag hoe lank jy daar parkeer.
2) Die gebou is hiper modern, maar mens voel asof dit 'n koue gebou is, die
'n vriendelike gebou nie.
3) Die toilette word aangedui in Engels en Arabies.
4) In die dames toilet lyk dit of mens per ongeluk in die manstoilet is.
5) Koffie ( in 'n styrofoam beker) kos R9, en tee ( ook in 'n styrofoam
beker) kos R11.
6) Daar is 4 uitstalsale wat almal saam as een vertonlokaal kan dien, of
daar kan vier afsonderlike uitstallings terselfdertyd plaasvind.
7) Moenie in die restaurant daar gaan eet nie - bitter klein porsies teen
hoogs inflasionistiese pryse ( pre SA Stats en Irak-inval)