Is hier iemand wat iemand ken wat 'n lys van 26 000 woorde alfabeties kan
sorteer volgens die LAASTE paar letters? So 'n soort omgekeerde bubble sort?
Sal Visual Basic werk of moet mens die C-familie gebruik?
Sonder borskloppery en fanfare is Tunisië en Gambië beter presteerders as
ons as lande in Afrika met die beste regerings.
Botswana is eerste, en ons vierde.
Nou is ons korante vreeslik bly oor die vierde plek, ipv teleurgesteld dat
ons nie ten minste tweede is nie.
Net soos die vreeslike gebreghery oor die Blou Bulle se 6de plek in Super
12 - en toe beteken al daardie Super 12 wonders maar min teen die Skotte.
Kan jy asseblief vir my laat weet hoe om jou te kontak? Ek wil graag met jou
praat, want ons koor wil nou volgende jaar gaan KKNK, en ek is baie skepties
daaroor.
Ek soek idees vir 'n geskenk vir my pappie. Hy't self vir hom 'n nuwe
selfoon gaan koop, nou't ek 'n hengse probleem. Ek dink 'n cd is 'n goeie
idee, maar my kop haak vas op daai Wynand outjie en ek weet Pappie gaan nie
baie van hom hou nie. Wie's die nuwe outjie wat nes Bles klink?
Enige ander idees?
Gister of eergister het omtrent al die koerante berig dat Minister
Kader Asmal erg onhuts is oor die standaard van die land se Graad 3
leerders. In 'n landwye toetsing was die gemiddelde punt in Wiskunde
so iets soos 33% en in Taalkunde weinig hoër, en toe lees ek nou
vanoggend die volgende stukkie in die Beeld:
Een plus een is drie
Lood stap nou die dag by 'n McDonalds in vir 'n stukkie kitskos. Op
die spyskaart staan daar dat jy 'n bestelling kan kry van 6, 9 of 12
Chicken McNuggets. Lood vra toe maar vir 'n halfdosyn.
"Ons verkoop nie 'n halfdosyn nie," kom die antwoord uit die
tienermond agter die toonbank. "Hoe nou?" wil Lood weet. "Jy kan net
6, 9 of 12 kry," kom die antwoord.
"Dus," vra Lood, "ek kan ses kry, maar nie 'n halfdosyn nie?".
"Presies." Toe bestel Lood maar die ses en stap uit met 'n halfdosyn.
Dan wonder ons oor die skokkende leer-probleme onder die land se gr.
3-leerlinge wat minister Kader Asmal dié week uitgelig het.
Dit is, soos die Engelse sê, scary
'n Berig in "The Natal Witness" van vanoggend begin met die sin, "The
butcher will be there but no baker or candlestick maker in the 78th
running of the Comrades Marathon between Pietrmaritzburg and Durban on
Monday", en dan gee hulle die aantal hardlopers ingedeel volgens
sommige van die beroepe wat hulle bekleë:
Onderwysers en dosente - 644
Klerke - 516
Ingenieurs - 498
Werkloses (!) - 249
Arbeiders - 233
Huisvrouens - 208
Verpleegsters - 88
"Clergymen" (wat is dit in Afrikaans? Kerklui?) - 75
Akteurs - 35
Slagters - 18
Politici - 5
Radio omroepers - 1
Hierdie lot is maar net 2570 van die ongeveer 10 000 hardlopers wat
verwag word, maar dis nogtans vir my interessant.
Die mees-algemeenste vanne is
Naidoo - 106
Govender - 91
Botha - 86
Smith - 79 en
Pillay - 76
hoe is die storie van die taxi bastard wat twee mense dood gery en `n
vrou se lewe verwoes het alles vir die grand total van r5000. nou dis
`n bargain. een van die gemors het my ook `n paar jaar gelede omgery
maar `n paar weke in icu en `n jaar van die werk af lewe ek nog. dit
het hom darem die totaal van r500 uit die sak gejaag en hy kon dit
afbetaal. dit met `n spiedkop as getuie dat hy nalatig was. laat ek
nou `n handgranaatjie onder die klomp vieslike rubbish inrol dan sien
ek nie weer die lig nie. o so by the way, met die ondersoek na die tyd
het hulle bevind dat net sy eenkant se voorste briek het gewerk. wel
dalk het hy nie gespeed nie, dis mos net speed en die ou met `n vaste
adres wat kill.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za