Ja wat, 'n grap is 'n grap maar om iemand in die gesig te vat en daaroor te
lag vir 'n prestasie wat jy jouself nie kan vermag is 'n "Low-Blow".
Dieselde geld vir jou Jonas, alles is nie gekoppel aan ras of kleur nie maar
is jy sulke dubbel k senter a grappies maak dan koppel jouself aan ras en
kleur.
Die presidensie het besluit om die senior lede se vlote op te gradeer. Self
senior polisiemanne gaan nou die duurste BMW's op die mark kry.
Die ouens wat op stoele sit en gesels kry die vinnige motors, en die manne
wat die skelms in hul vinnige motors moet jaag en vang, moet voortsukkel met
voertuie wat soms nie eers padwaardig is nie, en met 'n
maksimumenjinkapasteit van 1.4l.
Daar is nie geld vir vinniger voertuie en die behoorlike herstel van die
huidige vloot van die polisie nie.
Kaizer Mantanzima is na 'n lang siekbed oorlede.
Premier Stofile van die OosKaap wou 'n staatsbegrafnis hê vir die eertydse
Transkeise leier.
Dit is nie toegestaan nie.
Sy begrafnis is more. en Onse Prez, Oom Nelson en verskeie ander
hoogwaardigheidsbekleërs sal die geleentheid bywoon.
Enkele weke gelede is SA soldate onder die VN - verdrag in die Kongo
ontplooi.
Volgens VN riglyne moet alle soldate vooraf getoets word vir MIV/Vigs en
ander ernstige siektes, en diegene wat positief getoets word, mag nie in 'n
VN-operasie ontplooi word nie.
Die eerste twee soldate wat terug huistoe gestuur is weens onvoldoende
mediese sorg is 'n soldaat in 'n gevorderde stadium van vigs en tuberkulose,
en 'n ander een met 'n lang geskiedenis van sielkundige probleme, wat beweer
hy is onder dwang Kongo toe gestuur.
Haakplekke in die VN logistiese toevoerlyne word gegee as rede hoekom daar
probleme met mediese versorging en middels is.
Dit is die amptelike rede.
Die regte rede is ons eie weermag se onbeholpenheid wat gelei het tot die
haastige
onoordeelkundige lewering en swak beplanning van die mediese voorraad.
Hier onder volg 'n paar van die blapse wat mens jou kop kan laat skud of
laat skud van die lag:
1) Daar is bykans geen voetpoeier of insekweermiddels beskikbaar nie - twee
uiters noodsaaklike artikels wat die soldate in daardie klimaat en
omstandighede nodig het op 'n daaglikse basis.
2) Daar is meer as genoeg medikasie vir vroue wat hormoonprobleme het en
post-menopouse toegedien moet word.
3) Dosyne pediatriese nekstutte is beskikbaar vir kinders. Geen vir
volwassenis nie.
4) Daar is 10 000 bedpanbedekkers beskikbaar, maar nie 'n enkele bedpan nie.
5) Geen noodsakke vir die dokters is beskikbaar om beseerdes in die veld te
kan behandel nie.
6) Alhoewel die Mfezi-ambulans aanvaar word as die beste in sy soort, is dit
te groot om vervoer te word in vliegtuie wat op 'n kort aanloopbaan moet
land. Dus geen pantserambulanse nie.
Niemand wil erken dat ons nie meer in staat is om behoorlike mediese
ondersteuning te bied aan ons troepe nie.
Ek weet nie eintlik wat die probleem is nie, want as ons 'n mag het wat
bestaan uit vigslyers, sielsiekes,post-menopouse vrouens en kinders wat 'n
swak het om hul nekke te beseer, mense wat 'n bedpanbedekking plaas oor 'n
plassie op die grond en dokters wat werk sonder sakke, dan gaan die VN
aanstons ons hele mag terug huistoe stuur, sonder dat die ambulanse se verf
geskraap hoef te word:))
Sover is geeneen van die ouers wat getoets is sy ouers nie.
Vier egpare het beweer hy is hul kind, en sover is die uitslag van twee
negatief.
Ek neem aan die toetse word op die staat se onkoste gedoen.
Ek wonder net hoeveel ouers daar is wie se kinders weggeraak het - dat hulle
so desperaat is om 'n kind wat ooglopend nie hul kind kan wees nie, nog
steeds aandring dat dit hy is.
Colin Bouwer Jr. het skuld beken op die moord van sy vrou.
Hy sal later die week of vroeg volgende week gevonnis word.
Sy ma het 2 jaar tronkstraf gekry weens regsverydeling toe sy sy daad
probeer toesmeer het.
Sy pa sit in NZ in die tronk vir moord van sy tweede vrou.
Hulle almal word as hoogs intelligente mense beskryf en onthou.
Die nuwe Pendoring advertensies oor die radio geniet ek vreeslik - veral
wanneer hulle die Afrikaanse volksliedjie in Engels met 'n Franse aksent
sing.