Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS

Ma., 30 Junie 2003 16:05

Uit: e-Handhaaf Elektroniese nuusbrief van die FAK e-pos:
f...@mweb.co.za

24 Junie 2003 Nommer 23/2003

MICROSOFT gaan sy programmatuur in Afrikaans en ander Afrika-tale beskikbaar
stel. Hierdie besluit volg na twee jaar se onderhandelings tussen die
Vriende van Afrikaans en Microsoft.

In 'n brief (in keurige Afrikaans) skryf mnr. Mike Cathie,
bemarkingsdirekteur van Microsoft in Suid-Afrika, aan mnr. Gideon Joubert,
nasionale koördineerder van die Vriende, dat programme in Afrikaans,
isi-Zulu, Sepedi, Setswane en isiXhosa vertaal sal word.

Microsoft gaan 'n Afrika-vertaalsentrum op die been bring wat sal omsien na
vertalings "vir Suid-Afrikaanse en Afrika-markte". Die sentrum sal help met
"die ontwikkeling van taal-spesifieke funksionaliteit en ons sagteware, soos
spel- en grammatika-korreksies, asook aanpassing in spesifieke dialekte."

Volgens mnr. Cathie is die Microsoft-Korporasie ook besig om programmatuur
te ontwikkel wat maatskappye in staat sal stel om hul eie vertalings te
behartig. "Ons gesels reeds met die Suid-Afrikaanse Regering om hierdie
sagteware te toets."

Mnr. Cathie verwelkom voorstelle en opmerkings van mense en instansies wat
met die projek kan help.

Die Vriende van Afrikaans het verskeie besoeke aan Microsoft se hoofkantoor
in Johannesburg gebring nadat ondersoeke aan die lig gebring het dat
Afrikaanse leerlinge veral op die platteland sukkel om rekenaars te gebruik
omdat hulle die Engelse programme nie verstaan nie.

Toe dit gelyk het of die onderhandelings met Microsoft vasval, is regstreeks
aan mnr. Bill Gates in die VSA geskryf. Dit was twyfelagtig of 'n brief aan
hom by hom sou uitkom. Die kans het gekom toe 'n internasionale konferensie
van die Rotariërs op Somerset-Wes gehou is. 'n Buurman van mnr. Gates se
vader het die konferensie bygewoon en by 'n lid van die Vriende van
Afrikaans tuisgegaan. Hy het aangebied om die brief aan mnr Gates sr. te gee
met die versoek dat hy dit aan sy seun moet oorhandig.

Kort hierna het Microsoft laat weet dat sy rekenaarprogramme in Afrikaans en
ander Afrika-tale vertaal sou word. Die Vriende het deurgaans daarop
aangedring dat programme ook in Suid-Afrika se swart tale beskikbaar moet
wees.

Die Vriende van Afrikaans se tweetalige kuber-woordeboek verskyn eersdaags.
'n Span kenners onder leiding van prof. Christo Viljoen van Stellenbosch het
die afgelope twee jaar hieraan gewerk. Dit sal erken word as die amptelike
Afrikaanse rekenaarterme.

Nog 'n lansie vir Afrikaans!

Rekenaars & selfone | 24 kommentare

Carte Blanche se Plaasmoordstorie

Ma., 30 Junie 2003 06:21

Miskien moet ek 'n videoband van die program kry en vir Gloudina pos.
Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
deur kookwater in sy keel af te gooi?
Net ter inligting - die moordenaars is gevang, en hulle was albei swartes.
Op gisteraand se program is daar definitief gemeld deur 'n senior polisielid
dat geen swart boer vermoor is nie. Hulle word net besteel.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Afrikaner Volkslied

So., 29 Junie 2003 12:53

Wie van de Afrikanervrienden in deze nieuwsgroep kan mij laten weten waar
ik de opnamen van "Di Afrikaanse Volkslied van Joh. de Veer en gezongen
door
Mimie Coertse kan kopen, ruilen of wat dan ook.

Elke bruikbare reactie is welkom.

Groeten

Piet

Musiek & liriek | 2 kommentare

Lorinda

So., 29 Junie 2003 09:15

Kom huistoe, Lorinda.
Daar is iets wat ek vir jou wil sê:-)

DD

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Roudiens vir rugby - om nie van die krieket te praat nie ...

So., 29 Junie 2003 02:35

Die passie om rugby te speel het blykbaar gesterf.
Dit het seker iets met die volkie se psige te doen - geen trots en geen
toekoms nie?

Kan iemand aan my verduidelik hoe Pieter Rossouw in die span gekom het. M.i.
is hy voorwaar die arm man se John Cleese.

Dit was duidelik dat diep in die eerste halfte meer as 50% van die onfikse
voorspelers so moeg was dat hulle nie die pas kon volhou nie.

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Nuwe afrikaanse boeke

Sa., 28 Junie 2003 10:59

Ek is besig om vir my 'n woordeboek van kalahari.net te bestel (uiteindelik)
so terwyl ek dit nou doen, wil iemand dalk nuwe afrikaanse boeke voorstel
wat die moeite werd it? Dan kan kan ek dit saam bestel.

Lorinda

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Strawwe

Sa., 28 Junie 2003 07:57

C. Bouwer Jnr het, nadat hy skuldig gepleit het op mansslag, altesaam 8 jaar
effektiewe tronkstraf gekry - 3 daarvan was vir regsvereideling waarvan 2
jaar saam met die mansslagvonnis uitgedien sal word.
'n Verkragter van 'n minderjarige het dieselfde dag 20 jaar tronkstraf
gekry.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans vir

Sa., 28 Junie 2003 05:03

Wat is die Afrikaans vir SmartCard?

KnapKaart.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Basies Korrup?

Sa., 28 Junie 2003 05:01

Joe Verster, eertydse leier van die BSB wat verantwoordelik was vir verskeie
moorde op swart aktiviste tydens die vorige bedeling, is deur die Skerpioene
in hegtenis geneem vir bedrog en dat hy betrokke was by 'n onwettige
gougeldmaakskema.

Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Uit mijn archief

Vr., 27 Junie 2003 20:51

Uit mijn archief:

Hierdie poslys is nou van Die Afrikaner se verspreidingslys
verwyder. Dit spaar julle die moeite van 'n referendum. Dit
spaar my ook die moeite om in nuttelose is-isnie-is-isnie
debatte betrokke te raak met lede wat duidelik nie in staat is
om intelligent oor die politiek te redeneer nie. Ek het in elk
geval nie tyd daarvoor nie en ek wil ook nie ander lede se
pret bederf wat graag die poslys wil gebruik om oor koeitjies
en kalfies te gesels nie.

Indien daar wel lede is wat meer wil weet oor die Volksrust-
geval waar die blanke skooldogter deur die swart seun verkrag
is, kan hulle gerug ons tuisblad besoek by:

http://www.hnp.org.za/afrikaner

Diegene wat daarvoor kans sien nie, moet maar tevrede wees met
die emosionele en filosofiese snert van die intellektuele
reuse op hierdie poslys wat blykbaar ongeneeslik besmet is met
die propaganda van die massamedia. Hulle kan dalk baat vind by
die woorde van die filosoof Friedrich von Schiller toe hy gese
het: Goed vir hom wat die mening van die wereld kan verag...

Dit kan iemand soos Frank of Tan dalk ook baat om die boek
van mnr. Jaap Marais oor die Era van Verwoerd in die hande te
kry. Dan mag hulle dalk besef dat apartheid niks te doen het
met dit wat gebeur het in die tyd van Vorster tot De Klerk
nie, maar dat Verwoerd in sy eie tyd deur kenners vanoor die
hele wereld gereken is as 'n intellektuele reus wat
verantwoordelik was vir 'n wonderwerk op 'n vergete kontinent.

Kophou kerels, julle mag julleself dalk nog beseer met al die
slim semantiese gimnastiek wat julle op hierdie poslys
beoefen.

Groete

Koos Venter

Die Afrikaner is die Mondstuk van die Herstigte Nasionale Party
van Suid-Afrika.

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

Intekening: Suid-Afrika R100 per jaar
(Gedruk) Stuur besonderhede aan die afri...@hnp.org.za
Vir 'n gratis kopie.
============================================================ ==============

Tan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    574  575  576  577  578  579  580  581  582  583  584  585  586  587  588  589    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 19:01:43 UTC 2026