Deur droomgange soek julle elke nag
na sleutels van my gegrendelde kamers.
My kasteel se mure sug sonder ophou
die lae bloedtoon van 'n eerste lied
mîn gheselle chumet niet
Dan verskyn julle een na die ander,
statig in gelid, sonder om hande vas te hou,
al in die rondte om my hemelbed,
gesigte weggekeer, in julle eie ritme.
Die jare se dans het min verander.
Ek sien jou altyd eerste, vrou
van die oggend, wat vrolik dink
jy ken die sterrekodes van my fort
reeds vanaf die eerste dag. Jy vergeet
hoe stadig herinnerings hier wegsink.
My vrou van die middag, jou gloeiende hare
waai koper, staal en brons in die wind
deur my gange; ek onthou jou sweet
en swaelgeur in my bed. Ook jy
verdwyn met uitgeputte gebare.
Wanneer jy aan die slaap raak
soos die see, my vrou van die aand,
laat jy jou hare swart oor my val, trek dan terug
asof iets jou laat skrik in die stiltes van my ryk.
Jy stap verder, sonder om in jou slaap terug te kyk.
My allesoorheersende vrou van die nag,
jy gly heel laaste deur my klam vertrekke.
In my woordkasteel soek jy sleutels van bloed
deur donkertes van oggend, middag, aand.
Skaduwees stoot op tot oor jou tong
maar jy sing: manda liet.
Jy rimpel my slaap, vertrek dan onseker en bang.
Van jou alleen behou ek 'n nagloed,
die hitte van 'n onsigbare muur
wat die dromende nagson snags vasvang.
Deur droomgange soek julle elke nag
na sleutels van my gegrendelde kamers.
My kasteel se mure sug sonder ophou
die lae bloedtoon van 'n eerste lied
mîn gheselle chumet niet
Laas het Annette en ek net so aan die ding geraak en toe besluit om dit
onder 'n aparte onderwerp uit te redeneer. Wat ek wil weet is hoe ver het
die vrou oor die algemeen die reg om die man uit te lok met haar kleredrag
en grimering en wanneer gaan sy 'te ver', of is daar nie so 'n punt nie.
Ek praat geensins van verkragting nie, want geen man het die reg om 'n vrou
te verkrag nie, maar wat van die normale 'dating game'? Vroeër jare het 'n
meisie wat gewaagd aangetrek was en gevry het tot op 'n gevorderde punt en
dan stop, 'n 'cock teaser' genoem. Met die jong meisies van vandag wat so
met die kaal pensies en lae halse rondloop, sekerlik gaan haar 'date' dink
sy is gereed vir 'onderhandeling'? Het sy enige verantwoordelikheid as
haar 'date' se kop en ander dinge uithaak en hy probeer te entoesiasties om
haar by te kom? Volgens deesdae se hofstandaarde as 'n man net verkeerd
skeef kyk na 'n vrou, dan het hy haar moontlik tenagekom. Is dit regverdig
teenoor ons arme mans dat vroumense met hulle 'wapens' in die openbaar mag
rondloop en swaai en ons mag maar net kwyl en kyk tot ons nader geroep word?
Waar's die dae toe ons nog baas was?
Die afgelope naweek is 'n seun bevry wat ontvoer is.
Sy ouers is Hollanders wat die afgelope twee jaar hier woon.
Die ontvoerders is twee Dutsers wat met 'n sekere misdaad as doel die land
ingekom het.
Die kroeks is gevang, geen losprys is betaal nie, die kind is terug by sy
ouers, en al die slagoffers kry berading.
Ek keer terug deur 'n hek van ivoor
na 'n burg. Daar is sewe deure.
Agter, êrens agter rol die see
klippe om in haar mond. Ek luister,
ruik klammigheid, ek bloei.
Die eerste kamer is een van pyn.
In die tweede sal sy wapens wees.
Die derde is 'n grot van bloedrobyn.
In die vierde rank 'n kruietuin.
Ek moet wakker word, het in my slaap gehuil;
ek droom wat agter die vyfde deur skuil.
Sy boeke en landgoed strek daaragter uit.
My sleutels is êrens; ek voel ingesluit.
My naam het ek jare lank reeds vergeet.
Is dit Judith, Ariane, Marlene, Mariane?
Ek probeer al hoe lank sy kamers verstaan.
In die sesde saal wieg 'n meer sonder bron.
Die sewende is agter sy oë; ek is bang
vir ou herinnerings wat daarin sal hang.
Ek wil terugkeer na my oseaan;
soveel stemme roep my daarvandaan.
Fonteine blom uit die donkerte van sy tuine.
Ek moet uit. Met weerlig in my hare
na die lig, my broers, 'n bekende skare
en hom wat net skaduwees ken,
met mý sleutels en donkertes los.
'n Deur gaan oop op die drumpel van die nag.
Ek moet wakker word; 'n oseaan
het sout teen my mure en vensters geslaan.
Ek sit stadig regop, maak my hare los,
laat hang my kop. Ek sal wag.
Sover ek weet was die gebruik van 'n lewendige dier belet tydens hulle
speelvak in The Barbican - maar hier is daarr glo aangedring op die rituele
slagting op die verhoog omdat dit "'n tradisionele ritueel is wat deur die
sangoma uitgevoer "moet" word om verdere sukses te verseker".
Sover dit my aangaan was dit suiwer 'n pulisiteitsfoefie wat wreed
teruggeskop het.
Annette
"Artslink.co.za" skryf in boodskap news:3f3a2352$0$228@hades.is.co.za...
> Baxter Response
>
> The Baxter Theatre Centre regrets any discomfort caused by the killing of a
> chicken during a live performance of Brett Bailey's iMumbo Jumbo on Saturday
> 9 August 2003. Baxter Director, Mannie Manim said: "This did not happen at
> any other performance of the play at the Baxter and I was not informed by
> the lessee, Brett Bailey, that the ritual sacrifice was going to take place
> at the final performance. We are taking steps to ensure that a unilateral
> action of this nature is not repeated in the future."
>
> Issued by the Baxter Theatre Marketing Department on behalf of the Baxter
> Theatre Centre. Phone 021 680 3971
>
>
> www.artslink.co.za
>
So 'n paar dae gelede het ons net so geraak aan die verskille tussen
bevolkings en dat nou, 14 jaar na onafhanklikheid en demokrasie, probleme
begin ontstaan omdat die demokrasie nie voorsiening maak vir verskille
tussen mense nie. Almal is mos gelyk, dan nie? Laas naweek het die
gemors ernstig in Namibië begin toe die Herero's op 'n vergadering geëis het
dat hulle hul eie regte wil hê. Hulle sien nie meer kans vir die
oorheersing deur die Owambo's nie. Wat die regerende party, Swapo, doen,
is om regeringsamptenare in elke dorp en gehuggie aan te stel wat partylede
en Owambo's is. Polities is daar sekerlik niks mee fout nie, behalwe dat
die gemiddelde mens in die dorpe nie Swapo ondersteuners is nie [Swapo kry
die massa van sy ondersteuning in die noorde van die land] en die lewenswyse
en modus operandi van die plaaslike bevolking baie verskil van dit wat die
Owamboregeringsleiers op aandring. Terwyl byvoorbeeld 'n Owambo, 'n
Herero, 'n Damara, 'n Boesman, 'n Baster, 'n Afrikaner, ens. basies saamstem
dat alle mense vry en geregtig moet leef en behandel, is daar net geen
manier wat hulle met mekaar se kulture aanslag kan vind nie.
Dis seker die maklike uitweg om te sê dat almal mos gelyk onder die wet
is, maar daar is praktiese probleme wat na die 'groot vryheid' nou kop
uitsteek en as jy teruggaan in die geskiedenis, dan is die eintlike probleem
van Afrika nog nooit opgelos nie!

Beste zuid-africaanse vriende ons stik hier van die warme weer in Europa
terwyl het by jullie nu winter is en baie lekker weer
Hierdie temperatuur is nou buite en binne 35�C;ons zweet soos een paard :):)