Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verstrooidheid in alle heftigheid

So., 17 Augustus 2003 20:11

Verlede Vrydag het ek, nà ek 30 kilos gery het
om my huis se sleutel te kry waar ek dit miskien gelaat het,
weer by die huis aangekom, en skielik besluit om in die kattebak
te kyk. Die verligting dat die sleutels daarin was, het die feit
versag dat ek dit daarin gesit het. Maar wat daarna gebeur het
laat my wonder of net ek so verstrooid is:-)

Oudergewoonte het ek in trurat die motorhuis ingetrek en dus nie nodig
gehad om die ligte van die motorhuis aan te skakel nie, want my kar se
truligte is lekker helder.
Daarna het ek in die donker uitgeklim, en omdat dit stikdomker was in
die motorhuis, het ek voel voel oor die muur gesoek na die skakelaar,
om die ligte van die motorhuis af te skakel. Eers toe ek dit vind, en
voel dat dit in die af posisie is, het ek besef waarmee ek besig is.

Ek vergelyk dit met die dag wat ek my motor genader het met die
sleutels in my regterhand, met my linkerhand in my linkersak gesoek
het na die sleutel, en toe ek dit nie daar kry nie, die sleutel
oorgesit het in my linkerhand, en met my regterhand in my regtersak
verder gesoek. Omgedraai om te gaan soek waar ek was, en dit toe in
my hand gekry.

Of die dag wat ek, wat 'n bril gebruik om te lees, na die poskantoor
gestap het. My bril, 'n Multi-Focal, wat altyd in my hempsak is, kleur
lekker donker in die son. Toe ek oor die straat stap, haal ek dit uit
my hempsak, en sit dit oor my oë, want die son was skerp.

In die poskantoor het ek my bril begin soek, en toe terug gestap
na my kantoor, waar die bril seker op my lessenaar lê. Toe ek oor
dieselfde straat waar ek dit opgesit het stap, kry ek dit. Op my oë.

En dan troos ek myself, dat dit nie net ek is wat die botter in die
messelaai probeer kry nie. Is julle ook so?

DD

Om sommige snaakse aanmerkings in die kiem te smoor:
'n Graad twee sertifikaat het die onderwyseres se nota daarin
dat ek verstrooid is:-)))

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

die stelling van die aand

So., 17 Augustus 2003 18:26

Fyn gelees, word daar dikwels iets gesê
wat dié titel verdien. Menige van die
juwele word oor geglimlag en word
dan vergeet. Dingetjies wat skerp
genoeg gesê word om 'n onthou
te verdien.

Vanaand kom die eer sonder twyfel Glücklich toe, want:

Glücklich sê toe met 'n spottende grynslag vir bouwer:

Kom laat ek bietjie hoor van hoe Amin se masse moord op sy eie mense
Engeland se skuld was!!! of miskien kan jy iets inwerk om "apartheid'
die skuld te gee.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Amin is dood ...

So., 17 Augustus 2003 04:31

Lank lewe Mugabe ...

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Seniele Mandela

So., 17 Augustus 2003 00:57

Een al wat ouder bericht, maar nog niet zo achterhaald als de racist
Mandela himself:

http://slate.msn.com/id/2078003/
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
Race and Rescue
Nelson Mandela's odious views on Iraq.
By Christopher Hitchens
Posted Saturday, February 1, 2003, at 12:28 PM PT

It's a strong field in which to compete, but the contest for the most
stupid remarks about the impending confrontation with Saddam Hussein has
apparently been won by Nelson Mandela. Not content with describing this
confrontation as a "holocaust" and attributing every administration motive
to the greed for oil, the first president of liberated South Africa said
that contempt had been shown for the United Nations because Kofi Annan was
black, and that such things never used to happen when U.N. general
secretaries were white. (This is the second time in six months that Mandela
has said this and the second time that Kofi Annan has had no comment on the
suggestion.)

Where to begin? And what to say when Nelson Mandela plays the race card? I
can remember when the secretary-general was Boutros-Ghali, an Egyptian
Coptic Christian married to an Egyptian Jew, and I can remember when he
said that the West cared about Bosnia only because Bosnians were white. I
didn't know how to begin on that occasion, either, because the fact was
that the West at that stage didn't give a damn for the Bosnians. But if it
had followed Boutros-Ghali's advice and let Bosnia slide, we would
certainly now be hearing that nobody cared for the Bosnians because they
were Muslim.

In the same period an urgent fax was received at the United Nations HQ from
the French-Canadian commander in Rwanda, Gen. Romeo Dallaire. It warned
that plans for genocide were about to be made real and begged for a small
increase in the U.N. military presence in Kigali. The fax landed on Kofi
Annan's desk (he was then a deputy to Boutros-Ghali) and stayed there.
Madeleine Albright later vetoed any further action to forestall the mass
slaughter of Tutsi by Hutu. I can think of many reasons to condemn Annan's
culpable inaction, but I would hesitate to assert that he lifted no finger
to save fellow Africans because he was by birth a Ghanaian but married to a
Swede (who, incidentally, is a direct descendant of Raoul Wallenberg).

During the last round with Saddam Hussein, the secretary-general of the
U.N. was a listless Peruvian named Javier Perez de Cuellar. He also
conceived it as his job to ask for "more time" (without ever specifying
more time for what) and incurred much American criticism for doing so. Are
Peruvians white or black? Or neither? Does the epidermis count in such
matters?

The Burmese U Thant was a ditherer par excellence as secretary-general, but
he enjoyed wide respect for his philosophical bearing and manner. Kurt
Waldheim basked in support from all factions during his period of pointless
jet-setting but was then discovered to have been a raging Nazi and is now,
because of the brown-ness of his former shirt at least, forbidden even to
set foot in the United States. That's racism for you. The only secretary-
general to have been really hated by the leading Western powers was the
pale Scandinavian Dag Hammarskjold, and there are to this day those who
believe that his plane crash in Africa was no accident. He had devoted
himself to the saving of the post-independence Belgian Congo and to the
prevention of Katangese secession: an important cause that Nelson Mandela
as a young man would have followed closely.

In other words, there isn't even any metaphorical truth in what one of the
world's moral heroes has just said. And a pool of embarrassment has formed
around his remarks: Not even Cynthia McKinney is likely to want to push it
this far. I doubt that Jacques Chirac, whose fondness for Africans and for
abrupt interventions in Africa is sans pareil, will want to take advantage
of this rhetorical opportunity, either.

A further question arises. Does Mandela suppose that weapons of mass
destruction are no matter? South Africa is the country most often cited as
exemplary in its decision to destroy the nuclear devices that it built
under the foul old regime and to demonstrate (indeed, to volunteer) clear
and precise compliance with the Non-Proliferation Treaty. In the very week
that Iraq declines contemptuously to do the same, Mandela speaks as if the
U.N. were being insulted only by those who sponsored the disarmament
resolution. And to this he adds the accusation that those who disagree with
him are guilty of racism! There were those who said that South Africa
disarmed itself only so that nukes would not fall into the hands of blacks.
Does Mandela now think that they were right?

The grand old man has made crass remarks before. In a speech in Kenya a few
years ago he said that critics of then-President Moi were motivated by
colonialist nostalgia. The Kenyan voters recently and overwhelmingly
dismissed the candidate of the discredited Moi regime. Mandela also praised
Col. Qaddafi and Maximum Leader Fidel Castro for their help in assisting
the revolution in South Africa (which is true enough in the case of Cuba).
But he said this while defending his policy of uncritical friendship with
both leaders. A man of ordinary moral courage might have gone as far as
saying that he wished they had been elected, as he himself was (by a
probable majority if not plurality of "white" votes as well as black,
Indian, and "mixed" ones). What could he have been afraid of? But political
courage and moral and physical courage are not axiomatically linked, and
Mandela has a surplus only of the last two.

I have never in my life kept a photograph of myself with any politician or
celebrity except the one I have of my meeting with Mandela. I can remember
sitting and drinking several times with his successor Thabo Mbeki, in the
latter's student leftist days. Nothing can take anything away from the
imperishable movement that they and others led. But this latest garbage is
a very timely caution against our common tendency to make supermen and
stars and heroes out of fellow humans. Iraq is not Saddam any more than
Zimbabwe is Mugabe, and being on the right side of history once is no
guarantee that the subsequent fall will not be from a very great height.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

" Kwartet vir die einde van die tyd" deur HENNING PIETERSE

Sa., 16 Augustus 2003 20:13

H.J. Pieterse
Kwartet vir die einde van die tyd

I
Oorloë en gerugte van oorlog;
onsekerheid, middelmatigheid, vrees.
Om soos Popiel deur muise en miere
gevreet te word wag ook op mý vlees.
Jy verdwyn in mure en drome,
ek trek deure om my dig
en hoor net sirkels van slukkende gragte
hier buite. Geroeste skarniere
van tyd raak daagliks al meer wankelrig.

Dat aristokratiese koppe rol
in sulke tye, weet ons wel.
Tweede drome is die afsterf van herinnerings
aan my, aan jou, aan ons.
Te veel hande gryp, my valbrug is oor my keel.
Ek trek my terug in my kasteel.

II

In noordelike lande het ek kastele gesien
van marmer, graniet en klip.
Hier is alles termietkastele,
na die boonste deel van die kontinent gerig.

Aasvoëls, valke, giere, rawe
word deur my afgrond ingesluk.
Ek hoor hul krete oor my skanse hang,
donker teen die stropende wind van die aand.

Laatmiddae trek hadidas nog kakelend
verlate na neste in afgeleë heuwels.
Hier het ek jou vel en jou skedel gesoen.
(Geen nagtegaal hier wat begeleiding kon doen.)

Ek kyk af in 'n grag met swane
en dink hoeveel dieper weerkaatsings
as water is. 'n Visswiep
of draaktand verbreek die illusie.

Breek oop die kasteel na lewe ondergronds.
Daar is veraf trompette van buite my mure.
Eggo's moet ver en verder gehou word
saam met miere, mos en vretende ure.

Terug na opgegaarde skatte in my kamers:
skilderye, boeke, vrouens, musiek.
Soveel afleidings om my 'n lewe te verbeel;
ek trek my terug in my burg van fluweel.

III

Ek het deur talle nagte
waarin lig waterig terugkaats van agter
onbekende sterre, gekyk na 'n melkweg,
ruggraat van die nag, en geweet:
deur soveel lewens sal ek jou volg,
ek wat jou laaste liggaam geken het.

Hoe lank het dit jou geneem
om gewoond te raak aan my kasteel,
legendes oor vorige vrouens, asem
in mure wat uitruik en verwasem.
Jy is steeds hier, my vrou,
met warm, naderende donker in jou.

Hoe maklik breek die dinge, word alles breekbaar.
Deur kosmosblomme van die nag is al wat antwoord
gebuigde lig tussen planete en beperkte oë.
Jy het voluit geleef as jy die vermoë
het om altyd te kan onthou:
dít is die dag waarop jy gesterf het.

Die aarde breek uit sy baan, 'n vlieër
geswiep deur 'n dwarrelwind of komeet,
onbeheer deur water wat skepe verloor
bo en onder die grond.
Fondamente kraak en verdwyn, dakke
van ys skuif weer in oor ou vlakke.

Jy was reg: daar bly min oor vir ons hier.
Ek irek my terug in my burg van papier.

IV Liturgie van kristal
Elegie vir Marlene

As jy lank genoeg na mure kyk,
sien jy dalk 'n vonk, kristal of glas,
'n venster op dit wat is 'n dit wat was.

Voordat jy tussen sterre kan gaan lê,
is daar eers die mere van die slaap,
of dié van vrese, soos jy dit wil hê.

In jou langboot kyk jy nou na die noorde;
jou kop het altyd ooste toe gestaan.
Ek vou jou hande, sê die laaste woorde.

In Chinees kan 'n mens op honderd en dertig
maniere sê: jy het gesterf.
Jy verander in 'n kraanvoël en swerf

eenvoudig tussen planete,
wyer uitgedein as die vorige nag.
Jy vergeet van siektes en skete,

bedrieglik strelende vingers van water,
chemiese drome, sagte glip van 'n lem,
vertroostende staal teen jou lippe, later.

Jy vaar op die rug van 'n walvis
na 'n ander, geheime, suidelike land,
of staan in 'n wit boot, sterrekaart in jou hand.

('n Ligte boot van asem dryf
te vinnig na 'n eiland in die lug,
gestuur deur die loodsman van jou lyf.)

Teen hierdie tyd is al wat ons weet:
liefhê is te kort, dit duur soveel langer
om besonderhede te kan vergeet.

Ek het 'n hadida rustig sien klim
na verskuilde sterre agter die blou
van wolke in 'n westelike glim.

Voor die son wegraak, sak dit skielik vinnig.
Voorlopig dan, dié laaste reëls vir jou,
sagte een, met ons stigmata van liefhê, my vrou.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die manne kom by

Sa., 16 Augustus 2003 06:48

Vir jare was daar kompetisies vir dames wat as mej. Snoek of as mej
Melktert bekend wou wees.
Nou het Potch 'n kompetisie vir 'n mnr. Wors.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die Kragonderbreking

Sa., 16 Augustus 2003 06:34

Daar is 'n paar goed wat ek nie mooi verstaan nie.
1) Ons het tog gereeld lokale kragonderbrekings, maar daar word nooit
gepraat van grootskaalse rowery en plundery tydens die kragonderbrekings
hier nie.
2) Daar word tog meer krag in die winter as in die somer gebruik - en dis
nou somer daar onder in die VSA/Kanada - so hoekom was daar nie 'n
grootskaalse kragonderbreking in die winter nie? Ek weet wel van 'n groot
kragonderbreking in Kanada 'n winter so twee jaar gelede, maar toe was die
VSA nie betrek nie.
3) Daar is tog nou minder mense in die VSA as in die winter - 'n hele paar
is mos nou in Irak. - of mors die mense daar onder met krag net soos wat
hulle brandstof mors?

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Is this afrikaans?

Vr., 15 Augustus 2003 19:11

"Liefie ek is stasie toe wag da vi jou"

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: Baxter Response (KILL THE CHICKEN)

Vr., 15 Augustus 2003 16:20

Nogal 'n eienaardige argument om aan te voer mens is hipokrities as mens nie
die slagting van 'n dier op die verhoog van 'n teater goedkeur wat nie deel
van die opvoering is nie.

Geen dier is geslag tydens die speelvak nie, behalwe op die laaste aand nie.
Geen dier is geslag tydens die speelvak in London nie.
Die slagting van die dier was nie deel van die verhoogstuk nie.
Die bestuur het dit goedgedink om die aanskoue van die ritueel op die gehoor
af te dwing sonder enige vooraf aankondiging.
'n Ritueel is tog iets wat gereeld en onder alle omstandighede uitgevoer
word.

Nee, dit was 'n goedkoop publisiteitsfoefie, en ek dink nie die
niksvermoedende teaterganger is die hipokritiese diere hier nie, al eet
hulle hoendervleis.

Realiteits teater? Inderdaad. Maar enige teaterganger het tog die reg om te
besluit - voor hulle betaal - watse realiteite hul bereid is om te aanskou.
Jy drink tog medisyne - is jy bereid om na die lewendige slagting van 'n
kind te kyk op die verhoog om muti te maak?

Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Djulle da in Jo'burg

Vr., 15 Augustus 2003 15:26

Weet julle dat die satelietpolisiestasies van Noordgesicht, Dube en Lenasia
elke dag om 4nm sluit?
Maak tog seker dat alle misdade tussen 8vm en 3.50nm gepleeg word.:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    548  549  550  551  552  553  554  555  556  557  558  559  560  561  562  563    »]
Tyd nou: So. Des. 14 16:05:19 UTC 2025