Geagte Offisier, Onderoffisier, Vriend en Vriendin,
Eerstens wil ek asseblief omverskoning vra indien hierdie e-pos `n
tweede keer by U uitkom aangesien ek probleme met my hardeskyf
ondervind het en van my inligting verloor het, so ook die dokument
waarin die adresse was van pesrsone wat ek alreeds uitgenooi of
gekontak het.
Ek het vir die afgelope paar jaar `n Gesêlsgroep op die internet wat
genoem word die SA Magte gesêlsgroep. Hier kom oud/huidige Suid
Afrikaanse Weermag lede sowel as Polisiemanne bymekaar waar ons sommer
lekker saam gesêls oor wat ons gedoen het, waar ons was en sommer
alles wat lekker was. Geen Politiek en kort boodskappe word toegelaat
nie so ons probeer pos minimaal hou. Daar is heelwat bekende Offisiere
op die Groep sowel as lede uit die Spesmagte en Koevoet. Lede wat die
HC vir dapperheid ontvang het is ook met ons.
Daar is selfs persone op die groep wat nie eens in die Magte was nie
en hulle gesêls as vriende net so lekker saam met ons as gesin.
Indien U sou belangstel om deel te word van die SA Magte Groep, stuur
slegs `n leë boodskap na
Weermag-...@topica.com
Daar sal dan `n boodskap na U terugkom waarop dit seker maak dat U wil
aansluit en U "reply" net so op daardie boodskap sonder om enigiets te
verander en stuur hom terug en dan is U met ons.
Baie dankie en ek glo dat U sal verstaan indien hierdie boodskap `n
tweede keer by U uitkom.
Magte Groete
Frikkie
Ps: Indien U weet van persone wat in die Weermag / Polisie was of is,
stuur asseblief hierdie boodskap ook aan hulle sodat hulle kennis dra
van die Groep.
Ek het nou sopas nog `n Nuwe groep bygebring en ons noem hom sommer
Politiek.
Hier kan ons met mekaar oor alles gesels wat nie Weermag / SAP /
Geloof aangeleenthede is nie.
Ek wil graag dat ons ons by die Groepname hou aangesien baie mense kla
oor die onnodige boodskappe wat hulle ontvang en dat ons van die
Groepe afdwaal waarvoor ons die mense vra om by aan te sluit.
Almal op die Groepe wil nie pos ontvang oor Geloof, Politiek of
enigiets anders as Magte aangeleenthede nie.
Ek vra almal asseblief om by die Groepe te bly met die aangeleentheid
wat ons oor wil gesêls.
Indien nie sal ek ongelukkig vir `n paar dae die Groepe modereer en
die pos na die Toepaslike Groepe stuur.
Hier is al die Groepe waar ons kan aansluit.
Let wel dat ek die Geloofsgroep ook terugskuif na Topica sodat al ons
Groepe nou onder een server dien.
Pas asseblief julle e-pos adresse aan soos nodig. Ek hoop hierdie is
die laaste keer dat ek nou groepe skuif maar ons / ek het ook maar
geeksperimenteer om die beste te vind.
Beste Groete
Frikkie
DIS BAIE MAKLIK... STUUR SLEGS `n LEE BOODSKAP NA DIE VOLGENDE ADRES
EN SIEDAAR....
POLITIEK EN ANDER AANGELEENTHEDE OOR DIE LAND? WêRELD:
Politiek-...@topica.com
1: SA Magte Gesêlsgroep
Weermag-...@topica.com
SLEGS WEERMAG / POLISIE AANGELEENTHEDE. GEEN KORT KOMMENTAAR OF
SARKASME NIE ASB.
2: Geloofsbespreking
HIERDIE GROEP IS OOK NOU TERUG BY TOPICA SO YAHHO SAL NIE MEER
BOODSKAPPE DEURSTUUR NA GELOOF NIE. SLEGS GELOOFS AANGELEENTHEDE:
Geloof-s...@topica.com
3: Vryheid2000 Nuus:
Hierdie is `n Groep waar al Fred Rundle se artikels deurgestuur word
soos hy dit plaas. Op hierdie Groep kan daar nie teruggeskryf word nie
en ons is so by die 600 Lede sterk reg oor die Wêreld. Indien die
aanvraag daar is maak ek `n aperte Groep oop net vir waar ons oor
Politiek kan gesêls. POLITIEK IS REEDS OOPGEMAAK SOOS BO EN DAAR IS
NOG NIEMAND OP NIE, SO STUUR MAAR DIE LEE BOODSKAP OM AAN TE SLUIT:
Freedom200...@topica.com
Ek doen graag `n beroep op elkeen op die Groepe om asseblief ons lyste
onder jul vriende te adverteer en dat ons saam lekker oor alles kan
gesêls. Probeer selfs `n advertensie in die Plaaslike koerantjie daar
by julle te kry want daar is werklik mense in afgelee plekke wat slegs
d.m.v. e-pos kontak het met hul mense in ander dele.
Al die daer zeidt: "de reus die kom, de reus die kom"
Zij liegen daer om, zij liegen daer om,
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder, ze den pot op 't vier, den pot op 't vier,
de reus is hier.
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder snijdt een boterham, een boterham,
de reus is gram, Keere weerom, reusken
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder tap van 't beste bier, van 't beste bier,
de reus is hier
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja, moeder stop nu maer het vat, nu maer het vat,
de rues is zat.
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ngconde Balfour het sy bek vol oor die "Sharks" en kwota-spelers.
Hy opper bloot die beswaar om die aandag weg te kry van sy Vise-President en
die dreigende stamgeveg in die ANC.
Sien gisteraand op 'Carte Blanche' die majoor reken sy word geteiken
eerstens omdat sy 'n vrou in 'n manswêreld is en tweedens omdat sy oor die
kleurgrens gevry het. Jog, sy vat sommer so die twee gewildste verskonings
saam vir haar verweer vir dit wat sy gerieflikheidshalwe nie noem
nie.......haar probleme is omdat sy die gedragskode van offisiere oortree
het. Offisiere lê nie by onderoffisiere en manskappe nie. Nou reken sy
daar's mans in die weermag wat al dieselfde gedoen het en dis waar, MAAR die
gevalle wat ek onthou is waar offisiere so half lus kry vir 'n mooi troepie
en sy vir die offisier ook en dan sal die ou van sy bevelvoerder toestemming
kry dat hulle mag vry.....en so 'n paar reëls neerlê, onder andere dat die
twee nie aan mekaar moet hang in die openbaar nie en as hulle dit bed toe
wil vat, dan moet dit diskreet gedoen word sodat die weermag en sy
gedragskode nie in verleentheid gestel word nie.
Klink vir my die majoor het eers gekafoefel en toe sy gevang word, toe
huil sy. Toe sy vasgevat word, toe wil sy sommer die hele gesagstruktuur
aanvat. Daar lê vir haar donker dae voor. Wat my gooi is dat elke
offisier presies weet wat daai gedragskode is! Kan mens sê lus word?
Ek wonder vreeslik hoe hierdie snert ontvang word in Suid Afrika want klink
soos 'n gogga-maak-vir-baba-bang storie. Die skrywer het duidelik geen
ervaring van lewe in die buiteland. Sy statistieke is blykbaar vannaf die
"Economist Intelligence Unit (EIU)" verkry maar die intrepetasie daarvan
laat my wonder.
Hy het die pryse van goedere in die buiteland geneem, dit omgeskakel na die
rand waarde en op grond daarvan maak hy gevolgtrekkings dat Suid Afrika nog
steeds goedkoper is as die buiteland. Die artikel skram doelbewus weg
vannaf die klein besonderhede soos verdienste potensiaal. Sekerlik sal items
geprys word vir die mark waar hulle verkoop moet word. Al moet 'n swaker
produk aangebied word om die vervaardigheids koste te beperk.
Kom ons kyk nou maar na klere, Ek hou van "Levi" denim broeke want dis
uiters goeie kwaliteit en as ek die koste teenoor my verdienste beskou dit
nie vreeslik duur nie. Daarom dra ek slegs Levi demin broeke en ek het 6
bloues, 4 swartes en 1 witte(cream) 'n totaal van sowat $330 se denim
broeke, direk omgesit omgeveer R2640. Dan het ek ook bykans 12 "Dockers"
langbroeke van dieselfde kwaliteit en vervaardiger. Maar dis nie reg om so
direk die waarde om te skakel nie aangesien een Levi broek nie R240 kos in
SA nie. Laas wat ek gekyk het was dit meer as R500 vir een van hierdie
broeke in SA. Dis hoekom jy maar die "Mr Price" weergawe kry wat duidelik
nie dieselfde kwaliteit is nie. In SA het ek die Mr Price weergawe gekoop
want my verdienste daar het dit nie moontlik gemaak on R500 te betaal vir
een denim broek nie. Laat ek byvoeg ek het ook 'n baie meer senior pos
beklee in my vorige maatskapy in Suid Afrika as wat ek hier het.
Hier in Amerika ry elke tweede huisvrou met 'n "Chrysler Voyager" en die
model voertuig het nie hoë aansien onder die mense hier nie, in SA is dis
uitsluitlik die baie ryk mense wat dit kan bekostig.
Die skrywer laat ook weet dat petrol goedkoper is in SA as in ander lande.
Direk ongeskakel seker ja, maar moenie vergeet nie ons verdien dollars!!! op
die einde van die dag maak my tenk petrol 'n heelwat kleiner gaatjie in my
sak hier in Amerika. Dan noem ek nie eers dat ek 'n heelwat groter voertuig
hier bestuur. Ek wonder of die persoon so ver gegaan het om die omskakeling
tussen liter en galon in ag te neem.
Hierdie artikel is duidelik 'n poging om mense wat dit oorweeg om SA te
verlaat bang te praat, en ek kan maar net raai wie staan agter dit.
Verlede Vrydag het ek, nà ek 30 kilos gery het
om my huis se sleutel te kry waar ek dit miskien gelaat het,
weer by die huis aangekom, en skielik besluit om in die kattebak
te kyk. Die verligting dat die sleutels daarin was, het die feit
versag dat ek dit daarin gesit het. Maar wat daarna gebeur het
laat my wonder of net ek so verstrooid is:-)
Oudergewoonte het ek in trurat die motorhuis ingetrek en dus nie nodig
gehad om die ligte van die motorhuis aan te skakel nie, want my kar se
truligte is lekker helder.
Daarna het ek in die donker uitgeklim, en omdat dit stikdomker was in
die motorhuis, het ek voel voel oor die muur gesoek na die skakelaar,
om die ligte van die motorhuis af te skakel. Eers toe ek dit vind, en
voel dat dit in die af posisie is, het ek besef waarmee ek besig is.
Ek vergelyk dit met die dag wat ek my motor genader het met die
sleutels in my regterhand, met my linkerhand in my linkersak gesoek
het na die sleutel, en toe ek dit nie daar kry nie, die sleutel
oorgesit het in my linkerhand, en met my regterhand in my regtersak
verder gesoek. Omgedraai om te gaan soek waar ek was, en dit toe in
my hand gekry.
Of die dag wat ek, wat 'n bril gebruik om te lees, na die poskantoor
gestap het. My bril, 'n Multi-Focal, wat altyd in my hempsak is, kleur
lekker donker in die son. Toe ek oor die straat stap, haal ek dit uit
my hempsak, en sit dit oor my oë, want die son was skerp.
In die poskantoor het ek my bril begin soek, en toe terug gestap
na my kantoor, waar die bril seker op my lessenaar lê. Toe ek oor
dieselfde straat waar ek dit opgesit het stap, kry ek dit. Op my oë.
En dan troos ek myself, dat dit nie net ek is wat die botter in die
messelaai probeer kry nie. Is julle ook so?
DD
Om sommige snaakse aanmerkings in die kiem te smoor:
'n Graad twee sertifikaat het die onderwyseres se nota daarin
dat ek verstrooid is:-)))
Fyn gelees, word daar dikwels iets gesê
wat dié titel verdien. Menige van die
juwele word oor geglimlag en word
dan vergeet. Dingetjies wat skerp
genoeg gesê word om 'n onthou
te verdien.
Vanaand kom die eer sonder twyfel Glücklich toe, want:
Glücklich sê toe met 'n spottende grynslag vir bouwer:
Kom laat ek bietjie hoor van hoe Amin se masse moord op sy eie mense
Engeland se skuld was!!! of miskien kan jy iets inwerk om "apartheid'
die skuld te gee.