Ngconde Balfour het sy bek vol oor die "Sharks" en kwota-spelers.
Hy opper bloot die beswaar om die aandag weg te kry van sy Vise-President en
die dreigende stamgeveg in die ANC.
Sien gisteraand op 'Carte Blanche' die majoor reken sy word geteiken
eerstens omdat sy 'n vrou in 'n manswêreld is en tweedens omdat sy oor die
kleurgrens gevry het. Jog, sy vat sommer so die twee gewildste verskonings
saam vir haar verweer vir dit wat sy gerieflikheidshalwe nie noem
nie.......haar probleme is omdat sy die gedragskode van offisiere oortree
het. Offisiere lê nie by onderoffisiere en manskappe nie. Nou reken sy
daar's mans in die weermag wat al dieselfde gedoen het en dis waar, MAAR die
gevalle wat ek onthou is waar offisiere so half lus kry vir 'n mooi troepie
en sy vir die offisier ook en dan sal die ou van sy bevelvoerder toestemming
kry dat hulle mag vry.....en so 'n paar reëls neerlê, onder andere dat die
twee nie aan mekaar moet hang in die openbaar nie en as hulle dit bed toe
wil vat, dan moet dit diskreet gedoen word sodat die weermag en sy
gedragskode nie in verleentheid gestel word nie.
Klink vir my die majoor het eers gekafoefel en toe sy gevang word, toe
huil sy. Toe sy vasgevat word, toe wil sy sommer die hele gesagstruktuur
aanvat. Daar lê vir haar donker dae voor. Wat my gooi is dat elke
offisier presies weet wat daai gedragskode is! Kan mens sê lus word?
Ek wonder vreeslik hoe hierdie snert ontvang word in Suid Afrika want klink
soos 'n gogga-maak-vir-baba-bang storie. Die skrywer het duidelik geen
ervaring van lewe in die buiteland. Sy statistieke is blykbaar vannaf die
"Economist Intelligence Unit (EIU)" verkry maar die intrepetasie daarvan
laat my wonder.
Hy het die pryse van goedere in die buiteland geneem, dit omgeskakel na die
rand waarde en op grond daarvan maak hy gevolgtrekkings dat Suid Afrika nog
steeds goedkoper is as die buiteland. Die artikel skram doelbewus weg
vannaf die klein besonderhede soos verdienste potensiaal. Sekerlik sal items
geprys word vir die mark waar hulle verkoop moet word. Al moet 'n swaker
produk aangebied word om die vervaardigheids koste te beperk.
Kom ons kyk nou maar na klere, Ek hou van "Levi" denim broeke want dis
uiters goeie kwaliteit en as ek die koste teenoor my verdienste beskou dit
nie vreeslik duur nie. Daarom dra ek slegs Levi demin broeke en ek het 6
bloues, 4 swartes en 1 witte(cream) 'n totaal van sowat $330 se denim
broeke, direk omgesit omgeveer R2640. Dan het ek ook bykans 12 "Dockers"
langbroeke van dieselfde kwaliteit en vervaardiger. Maar dis nie reg om so
direk die waarde om te skakel nie aangesien een Levi broek nie R240 kos in
SA nie. Laas wat ek gekyk het was dit meer as R500 vir een van hierdie
broeke in SA. Dis hoekom jy maar die "Mr Price" weergawe kry wat duidelik
nie dieselfde kwaliteit is nie. In SA het ek die Mr Price weergawe gekoop
want my verdienste daar het dit nie moontlik gemaak on R500 te betaal vir
een denim broek nie. Laat ek byvoeg ek het ook 'n baie meer senior pos
beklee in my vorige maatskapy in Suid Afrika as wat ek hier het.
Hier in Amerika ry elke tweede huisvrou met 'n "Chrysler Voyager" en die
model voertuig het nie hoë aansien onder die mense hier nie, in SA is dis
uitsluitlik die baie ryk mense wat dit kan bekostig.
Die skrywer laat ook weet dat petrol goedkoper is in SA as in ander lande.
Direk ongeskakel seker ja, maar moenie vergeet nie ons verdien dollars!!! op
die einde van die dag maak my tenk petrol 'n heelwat kleiner gaatjie in my
sak hier in Amerika. Dan noem ek nie eers dat ek 'n heelwat groter voertuig
hier bestuur. Ek wonder of die persoon so ver gegaan het om die omskakeling
tussen liter en galon in ag te neem.
Hierdie artikel is duidelik 'n poging om mense wat dit oorweeg om SA te
verlaat bang te praat, en ek kan maar net raai wie staan agter dit.
Verlede Vrydag het ek, nà ek 30 kilos gery het
om my huis se sleutel te kry waar ek dit miskien gelaat het,
weer by die huis aangekom, en skielik besluit om in die kattebak
te kyk. Die verligting dat die sleutels daarin was, het die feit
versag dat ek dit daarin gesit het. Maar wat daarna gebeur het
laat my wonder of net ek so verstrooid is:-)
Oudergewoonte het ek in trurat die motorhuis ingetrek en dus nie nodig
gehad om die ligte van die motorhuis aan te skakel nie, want my kar se
truligte is lekker helder.
Daarna het ek in die donker uitgeklim, en omdat dit stikdomker was in
die motorhuis, het ek voel voel oor die muur gesoek na die skakelaar,
om die ligte van die motorhuis af te skakel. Eers toe ek dit vind, en
voel dat dit in die af posisie is, het ek besef waarmee ek besig is.
Ek vergelyk dit met die dag wat ek my motor genader het met die
sleutels in my regterhand, met my linkerhand in my linkersak gesoek
het na die sleutel, en toe ek dit nie daar kry nie, die sleutel
oorgesit het in my linkerhand, en met my regterhand in my regtersak
verder gesoek. Omgedraai om te gaan soek waar ek was, en dit toe in
my hand gekry.
Of die dag wat ek, wat 'n bril gebruik om te lees, na die poskantoor
gestap het. My bril, 'n Multi-Focal, wat altyd in my hempsak is, kleur
lekker donker in die son. Toe ek oor die straat stap, haal ek dit uit
my hempsak, en sit dit oor my oë, want die son was skerp.
In die poskantoor het ek my bril begin soek, en toe terug gestap
na my kantoor, waar die bril seker op my lessenaar lê. Toe ek oor
dieselfde straat waar ek dit opgesit het stap, kry ek dit. Op my oë.
En dan troos ek myself, dat dit nie net ek is wat die botter in die
messelaai probeer kry nie. Is julle ook so?
DD
Om sommige snaakse aanmerkings in die kiem te smoor:
'n Graad twee sertifikaat het die onderwyseres se nota daarin
dat ek verstrooid is:-)))
Fyn gelees, word daar dikwels iets gesê
wat dié titel verdien. Menige van die
juwele word oor geglimlag en word
dan vergeet. Dingetjies wat skerp
genoeg gesê word om 'n onthou
te verdien.
Vanaand kom die eer sonder twyfel Glücklich toe, want:
Glücklich sê toe met 'n spottende grynslag vir bouwer:
Kom laat ek bietjie hoor van hoe Amin se masse moord op sy eie mense
Engeland se skuld was!!! of miskien kan jy iets inwerk om "apartheid'
die skuld te gee.
Een al wat ouder bericht, maar nog niet zo achterhaald als de racist
Mandela himself:
http://slate.msn.com/id/2078003/
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
Race and Rescue
Nelson Mandela's odious views on Iraq.
By Christopher Hitchens
Posted Saturday, February 1, 2003, at 12:28 PM PT
It's a strong field in which to compete, but the contest for the most
stupid remarks about the impending confrontation with Saddam Hussein has
apparently been won by Nelson Mandela. Not content with describing this
confrontation as a "holocaust" and attributing every administration motive
to the greed for oil, the first president of liberated South Africa said
that contempt had been shown for the United Nations because Kofi Annan was
black, and that such things never used to happen when U.N. general
secretaries were white. (This is the second time in six months that Mandela
has said this and the second time that Kofi Annan has had no comment on the
suggestion.)
Where to begin? And what to say when Nelson Mandela plays the race card? I
can remember when the secretary-general was Boutros-Ghali, an Egyptian
Coptic Christian married to an Egyptian Jew, and I can remember when he
said that the West cared about Bosnia only because Bosnians were white. I
didn't know how to begin on that occasion, either, because the fact was
that the West at that stage didn't give a damn for the Bosnians. But if it
had followed Boutros-Ghali's advice and let Bosnia slide, we would
certainly now be hearing that nobody cared for the Bosnians because they
were Muslim.
In the same period an urgent fax was received at the United Nations HQ from
the French-Canadian commander in Rwanda, Gen. Romeo Dallaire. It warned
that plans for genocide were about to be made real and begged for a small
increase in the U.N. military presence in Kigali. The fax landed on Kofi
Annan's desk (he was then a deputy to Boutros-Ghali) and stayed there.
Madeleine Albright later vetoed any further action to forestall the mass
slaughter of Tutsi by Hutu. I can think of many reasons to condemn Annan's
culpable inaction, but I would hesitate to assert that he lifted no finger
to save fellow Africans because he was by birth a Ghanaian but married to a
Swede (who, incidentally, is a direct descendant of Raoul Wallenberg).
During the last round with Saddam Hussein, the secretary-general of the
U.N. was a listless Peruvian named Javier Perez de Cuellar. He also
conceived it as his job to ask for "more time" (without ever specifying
more time for what) and incurred much American criticism for doing so. Are
Peruvians white or black? Or neither? Does the epidermis count in such
matters?
The Burmese U Thant was a ditherer par excellence as secretary-general, but
he enjoyed wide respect for his philosophical bearing and manner. Kurt
Waldheim basked in support from all factions during his period of pointless
jet-setting but was then discovered to have been a raging Nazi and is now,
because of the brown-ness of his former shirt at least, forbidden even to
set foot in the United States. That's racism for you. The only secretary-
general to have been really hated by the leading Western powers was the
pale Scandinavian Dag Hammarskjold, and there are to this day those who
believe that his plane crash in Africa was no accident. He had devoted
himself to the saving of the post-independence Belgian Congo and to the
prevention of Katangese secession: an important cause that Nelson Mandela
as a young man would have followed closely.
In other words, there isn't even any metaphorical truth in what one of the
world's moral heroes has just said. And a pool of embarrassment has formed
around his remarks: Not even Cynthia McKinney is likely to want to push it
this far. I doubt that Jacques Chirac, whose fondness for Africans and for
abrupt interventions in Africa is sans pareil, will want to take advantage
of this rhetorical opportunity, either.
A further question arises. Does Mandela suppose that weapons of mass
destruction are no matter? South Africa is the country most often cited as
exemplary in its decision to destroy the nuclear devices that it built
under the foul old regime and to demonstrate (indeed, to volunteer) clear
and precise compliance with the Non-Proliferation Treaty. In the very week
that Iraq declines contemptuously to do the same, Mandela speaks as if the
U.N. were being insulted only by those who sponsored the disarmament
resolution. And to this he adds the accusation that those who disagree with
him are guilty of racism! There were those who said that South Africa
disarmed itself only so that nukes would not fall into the hands of blacks.
Does Mandela now think that they were right?
The grand old man has made crass remarks before. In a speech in Kenya a few
years ago he said that critics of then-President Moi were motivated by
colonialist nostalgia. The Kenyan voters recently and overwhelmingly
dismissed the candidate of the discredited Moi regime. Mandela also praised
Col. Qaddafi and Maximum Leader Fidel Castro for their help in assisting
the revolution in South Africa (which is true enough in the case of Cuba).
But he said this while defending his policy of uncritical friendship with
both leaders. A man of ordinary moral courage might have gone as far as
saying that he wished they had been elected, as he himself was (by a
probable majority if not plurality of "white" votes as well as black,
Indian, and "mixed" ones). What could he have been afraid of? But political
courage and moral and physical courage are not axiomatically linked, and
Mandela has a surplus only of the last two.
I have never in my life kept a photograph of myself with any politician or
celebrity except the one I have of my meeting with Mandela. I can remember
sitting and drinking several times with his successor Thabo Mbeki, in the
latter's student leftist days. Nothing can take anything away from the
imperishable movement that they and others led. But this latest garbage is
a very timely caution against our common tendency to make supermen and
stars and heroes out of fellow humans. Iraq is not Saddam any more than
Zimbabwe is Mugabe, and being on the right side of history once is no
guarantee that the subsequent fall will not be from a very great height.
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
I
Oorloë en gerugte van oorlog;
onsekerheid, middelmatigheid, vrees.
Om soos Popiel deur muise en miere
gevreet te word wag ook op mý vlees.
Jy verdwyn in mure en drome,
ek trek deure om my dig
en hoor net sirkels van slukkende gragte
hier buite. Geroeste skarniere
van tyd raak daagliks al meer wankelrig.
Dat aristokratiese koppe rol
in sulke tye, weet ons wel.
Tweede drome is die afsterf van herinnerings
aan my, aan jou, aan ons.
Te veel hande gryp, my valbrug is oor my keel.
Ek trek my terug in my kasteel.
II
In noordelike lande het ek kastele gesien
van marmer, graniet en klip.
Hier is alles termietkastele,
na die boonste deel van die kontinent gerig.
Aasvoëls, valke, giere, rawe
word deur my afgrond ingesluk.
Ek hoor hul krete oor my skanse hang,
donker teen die stropende wind van die aand.
Laatmiddae trek hadidas nog kakelend
verlate na neste in afgeleë heuwels.
Hier het ek jou vel en jou skedel gesoen.
(Geen nagtegaal hier wat begeleiding kon doen.)
Ek kyk af in 'n grag met swane
en dink hoeveel dieper weerkaatsings
as water is. 'n Visswiep
of draaktand verbreek die illusie.
Breek oop die kasteel na lewe ondergronds.
Daar is veraf trompette van buite my mure.
Eggo's moet ver en verder gehou word
saam met miere, mos en vretende ure.
Terug na opgegaarde skatte in my kamers:
skilderye, boeke, vrouens, musiek.
Soveel afleidings om my 'n lewe te verbeel;
ek trek my terug in my burg van fluweel.
III
Ek het deur talle nagte
waarin lig waterig terugkaats van agter
onbekende sterre, gekyk na 'n melkweg,
ruggraat van die nag, en geweet:
deur soveel lewens sal ek jou volg,
ek wat jou laaste liggaam geken het.
Hoe lank het dit jou geneem
om gewoond te raak aan my kasteel,
legendes oor vorige vrouens, asem
in mure wat uitruik en verwasem.
Jy is steeds hier, my vrou,
met warm, naderende donker in jou.
Hoe maklik breek die dinge, word alles breekbaar.
Deur kosmosblomme van die nag is al wat antwoord
gebuigde lig tussen planete en beperkte oë.
Jy het voluit geleef as jy die vermoë
het om altyd te kan onthou:
dít is die dag waarop jy gesterf het.
Die aarde breek uit sy baan, 'n vlieër
geswiep deur 'n dwarrelwind of komeet,
onbeheer deur water wat skepe verloor
bo en onder die grond.
Fondamente kraak en verdwyn, dakke
van ys skuif weer in oor ou vlakke.
Jy was reg: daar bly min oor vir ons hier.
Ek irek my terug in my burg van papier.
IV Liturgie van kristal
Elegie vir Marlene
As jy lank genoeg na mure kyk,
sien jy dalk 'n vonk, kristal of glas,
'n venster op dit wat is 'n dit wat was.
Voordat jy tussen sterre kan gaan lê,
is daar eers die mere van die slaap,
of dié van vrese, soos jy dit wil hê.
In jou langboot kyk jy nou na die noorde;
jou kop het altyd ooste toe gestaan.
Ek vou jou hande, sê die laaste woorde.
In Chinees kan 'n mens op honderd en dertig
maniere sê: jy het gesterf.
Jy verander in 'n kraanvoël en swerf
eenvoudig tussen planete,
wyer uitgedein as die vorige nag.
Jy vergeet van siektes en skete,
bedrieglik strelende vingers van water,
chemiese drome, sagte glip van 'n lem,
vertroostende staal teen jou lippe, later.
Jy vaar op die rug van 'n walvis
na 'n ander, geheime, suidelike land,
of staan in 'n wit boot, sterrekaart in jou hand.
('n Ligte boot van asem dryf
te vinnig na 'n eiland in die lug,
gestuur deur die loodsman van jou lyf.)
Teen hierdie tyd is al wat ons weet:
liefhê is te kort, dit duur soveel langer
om besonderhede te kan vergeet.
Ek het 'n hadida rustig sien klim
na verskuilde sterre agter die blou
van wolke in 'n westelike glim.
Voor die son wegraak, sak dit skielik vinnig.
Voorlopig dan, dié laaste reëls vir jou,
sagte een, met ons stigmata van liefhê, my vrou.