Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

PlaasVark?

Wo., 20 Augustus 2003 20:08

Waar is jy ou Otjie?
--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Steve se relaas ...

Wo., 20 Augustus 2003 17:27

Ek het Steve se relaas weer gelees.
Die boodskap is heel eenvoudig. Daar is mense, Afrikaners, wat gatvol raak
vir onnodige inmenging in sake wat hulle as eie en ietwat heilig beskou. (Of
jy nou dink Kruger het hoerhuise gewettig of nie.)
Toe was toe, en nou is nou. Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
bereid is om rondgestooit te word of nie.
Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Natuurbewaring, Steve en Gloudina

Wo., 20 Augustus 2003 07:01

Uit die lang relaas van strooi kwytraak deur die ou antie, moet ek net een
ding sê. Die Krugerwildtuin is nommer een nie 'n speelplek vir rykes nie.
Dis 'n plek waar die natuur in sy oorspronklike vorm bewaar kan word. Die
inkomste wat uit besoekers gemaak word, veroorsaak dat die wildtuin sonder
begrotingshulp van die regering kan bestaan. Miskien moet die antie ophou
om dinge te plooi om haar goedkoop politieke siening te pas? Het sy al
ooit in daai klein breintjie van haar gedink wat sou van die wildlewe in
Afrika geword het as iemand nie bereid was om briek aan te draai nie?
Verder lees die ou bok ook Steve se boodkap nie heeltemal lekker nie.
Hoekom moet die nuwe politieke vryheidsvarke die bestaande monumente afbreek
om dit te vervang met hul eie? Hul kan mos hul eie monumente bou? Of is
alle vryheidsvarke soos Gloudina? Hulle kan geld bymekaar maak deur 'n
Gloudina-poppie te maak. Jy druk 'n Rand in sy fondament in en dan praat
dit stront vir 3 minute!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

" Kruger " deur JAN F.E. CELLIERS

Di., 19 Augustus 2003 22:42

KRUGER
deur Jan F.E. Celliers

Soos 'n berg, ongebuk,
breed en bonkig van stuk,
dis hy!

Die gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
elke kerf, elke knou
harde noodlot se hou;
elke moet, elke merk
vryheidsvyand se werk,
dis hy!

Groot-simpel gerig
deur die Woord as sy lig.
Sonder traan, sonder lag,
stil en stoer in sy krag.
Maats-egaal in sy daad,
wysheidwigtig sy raad, -
suinig woord, raak en kort
soos 'n skot uit 'n fort.

Nie soos storm wat woel,
dog onkeerbaar en koel -
soos die Vaal se vloed gly,
dis hy!

Simonskragtig gepees
soos die korpus, die gees.
Wie die weg ons berei
wat tot vryheid sal lei,
dis hy!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Mandela kruip by Bush

Di., 19 Augustus 2003 17:14

Volgens die Pretoria News (19/08) het Mandela vir Bush die afgelope naweek
gebel en die verhoudinge probeer herstel.
Ten minste het Mandela die insig (of raadgewers) om te besef dat hy 'n fout
gemaak het deur Bush so blatant te beledig.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Steve se relaas - net vir Antie Gloudina

Di., 19 Augustus 2003 14:54

Antie

Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
kulture. Daarby bedoel Steve nie ons moet ander kulture vernietig nie, maar
ons moet saamstaan en ons kultuur ook laat geld. Ons is ook deel van
hierdie land. Dis 'n lang stuk, maar ek gaan dit net vir jou oortik. Dit
gaan ook ondermeer daaroor dat die regering al ons standbeelde wil verwyder
en al die dorpe se name wat so bly verander. Hy praat ook oor mense soos jy
Antie, wat nog steeds in die verlede leef en alles op apartheid blameer.
Lekker lees...

"Al my gevegte met die kerk, Anton Goosen en die politiek het presies
dieselfde tema. Dis om mense te bevry sodat hulle oukei sal wees.
Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
weggesteek.
'n Dekade is verby. Dis nou weer oukei om te erken jou oupa het saam met
H.F. Verwoerd visgevang in die Vaaldam.
Die doel is om nou weer jou eie kultuur te vier in die binneplaas van jou
buurman sodat hulle kan sien watter soort buurman jy is.
Die feit dat ons stilbly en bedagsame Afrikaners is, laat mense dink ons het
niks om te sê nie. Hulle dink ons het ons kultuur oorboord gegooi omdat ons
skaam is vir ons verlede. Hulle dink hulle sal nooit weer volkspele hoef te
verduur nie.
Ons is terug. Ons is nuwe Afrikaners. Ons is wit en swart. Ons is in jul
gesigte.
Ons sal nie laat inmeng met ons standbeelde nie. Sit my *** standbeeld
neer!
Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.
Hoekom wil jy nou 'n stuk geskiedenis ontken? Pretoria as 'n baken in die
geskiedenis staan saam met Parys, Londen, Moskou en New York. Ek het 'n
idee as jy Pretoria se naam verander na Tshwane, gaan Brenda Fassie nie by
haar konserte opdaag nie omdat sy nie weet waar de hel dit is nie.
My oorgrootjie was genl. Louis Botha. As hulle aan daai standbeel vat,
bliksem ek hulle. My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
Ossewa-Brandwas se Stormjaers. Ons het die bybel oor bommeplant geskryf.
Maar niemand moet nou kom sê ek is 'n rightwinger nie. Ek was onder die
top-tien op die regses se Chris Hani-doodslys. Ek en Joe Slovo was die
enigste wit mense op daai lys. My eie mense wou my skiet."

Steve sê sy benadering is een van verdraagsaamheid.

"Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
beteken vir my so min soos Saartjie Baartman. Tog is dit vir my genoeg om
te besef hulle beteken iets vir iemand anders.
Die idee is nie om standbeelde of te breek nie, maar om standbeelde te bou.
My teorie is dat verandering dinge insluit, nie uitsluit ie.
Tien jaar is vir my genoeg tyd om op die hou om apartheid vir jou onvermoëns
te blameer. Na vyftien jaar gaan jy darem maar vrotsig lyk as jy steeds
daardie verskoning gebruik.
Ek verteenwoordig net myself, my ma en pa, 'n paar Pretoriusse, 'n Kruger of
twee en alle Suid-Afrikaners uit wie se basse jy die Afrikaansheid nie met
twee ton LifeBuoy-seep kan skrop nie."

Ek sluit Steve se relaas af met:

"'n Mens is altyd die somtotaal van al jou chromosone en nie net die goeies
nie. So is jy ook die somtotaal van jou hele erfenis, nie net die goeie
dele nie. Die dag as jy dit erken, is jy besig om geestelik vry te word.
Die mense wil terughê. Hulle wil nie emigreer nie. Hulle wil weer deel
wees."

Groete
Elaine

Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.

Koeitjies & kalfies | 151 kommentare

idols is `n comic strip

Di., 19 Augustus 2003 14:40

dis nou `n grap hierdie idols wat nou aan die gang is. eers is daar
groot hoe ha oor die feit dat daar nie genoeg anderskleuriges deur kom
nie. toe sit die idiote wat in beheer is en kom met die plan
voorendag: kom ons doen die wildcard ding. dan kan ons ten minste 4
anderskleuriges deur kry sonder om face te verloor (3 op die einde van
die dag). oo hel maar wat as die publiek nie vir hulle stem nie? aaa
kom ons laat die judges deelneem aan die finale keuring. hel as `n
blanke wen na al die kan niemand se dat ons nie probeer het nie. dis
`n bloody joke.

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Die weer ...

Di., 19 Augustus 2003 14:21

Sneeu op Tafelberg .. reen, hael, sonskyn, alles in een dag, in die Kaap ..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS

Ma., 18 Augustus 2003 23:17

Elizabeth Eybers
Die vrou

Somer en herfs en winter trek in wye
onafgebroke wisseling deur die land,
maar sy bly draer van die lente want
liefde het haar verhef bo die getye.

Haat en verwoesting plant hul lamfervlae
in honderd stede en oral sink die nag;
vir háár op wie ook bloed en worsteling wag
klink nog die lied van vrede en welbehae.

Die uitgeteerde ruiter neig sy sens
en aarselend voor die klaarheid van haar blik
erken selfs hy sy heerskappy se grens:

in haar wat die onsterflikheid bewaak
ontkiem die toekoms in die flou getik
van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.

Prosa & poësie | 4 kommentare

Re: Zuid-Afrikaans de Taal van de Demon ?

Ma., 18 Augustus 2003 22:41

slechtk...@icqmail.com (Slecht Karakter) wrote in
news:24586f7f.03...@posting.google.com:

> Sorry, maar ik zal even in een andere taal de vraag stellen:
>
> "Welk probleem heerst er in Zuid-Afrika toch met het Zuid-Afrikaans ?"
>
> Alles moet er blijkbaar in het Engels en iedereen aanvaardt het
> klakkeloos.
>
> Alhoewel het begrip "concentratiekamp" er welteverstaan 'dankzij' de
> Engelsen onstaan is.

Nope, hebben de Spanjaarden lang daarvoor ergens in midden-Amerika
uitgevonden, ik meen op Cuba.
Maar als genocide op alleen vrouwen en kinderen, als chantage jegens de
Boeren, waren de Engelsen het eerst volgens mij.
Zelfs de Duitsers gebruikten het niet als oorlogs-/chantage-middel.

> Concentratiekamp, opsluiting, overheersing, dominantie,
> cultuurdoding..
> De Engelsen.
> En hun British Empire.
>
> Toch hebben de Hollandse Boeren het hem gedaan en wil iedereen kost
> wat kost Engels spreken in Zuid-Afrika.
>
> Hoe zou dat fenomeen te verklaren zijn ?
> Enkel door de twintigjarige opsluiting van Mandela (ondanks het feit
> dat zijn oertaal blijkbaar ook het Zuid-Afrikaans is)?
>
> Of is zich vragen stellen compleet uit den boze in die regio ?

Zuid-Afrikaans is de jongste en meest efficiente/simpele taal ter wereld,
efficienter dan Esperanto.

Overigens, ook leuk: het Kruger-park dat opeens van haar standbeeld af wil
(de beste man heeft amper een vlieg kwaad gedaan, en had zelfs de overgrote
meerderheid van afrikanen aan zijn zijde tegenover de Engelsen!) in een
verbijsterende vlaag van political-correctionisme, presteert het zonder met
de ogen te knipperen om toeristen te discrimineren tov inwoners, door ze
een tienvoudige toegangsprijs voor het park te laten betalen.

PS: soc.culture.south-africa(.afrikaans) is een grotere nieuwsgroup dan
za.politics....

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 81 kommentare

Bladsye (1834): [ «    547  548  549  550  551  552  553  554  555  556  557  558  559  560  561  562    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 20:11:54 UTC 2026