As mens by braaivleis pap eet, dan maak jy so 'n worsie in die hand, en druk
dit in die sous. Niks gebord en gelepelry nie .
Vanaand eet ek snoek en patat - die Kaapse weergawe van pap en wors;))
.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f44dc44$0$235@hades.is.co.za...
> Maar dit is nou Antie - dit kom seker maar oorspronklik van die Franse af,
> maar ons is nou net so goed daarmee, indien nie beter nie, as die Franse.
> Ek sien maar min ingevoerde wyne hier, want ons kan dit alles self maak! En
> dit proe beter. Pap en wors is ook nou deel van ons kultuur. Ons het dit
> dalk oorgeneem van die swartes, maar ons eet ons pap met 'n lepel, soms met
> 'n vurk en ons meng dit met botter en suiker of melk en suiker. My bediende
> wil haarself doodgril vir my wat botter/melk en suiker in my pap sit. Sy
> maak altyd vir haar 'n vleissousie by haar pap en sy eet dit met die hand.
> Ons maak dit ook anders as hulle, haar pap is vir my vreeslik sleg al gooi
> ek 10 lepels suiker in, dis te waterig. Sy hou weer nie van my pap nie - sy
> sê dis te droog. Maar ek het by my ma geleer hoe om dit te maak en ek eet
> dit nog my lewe lank so. Sien? Daar is tog 'n verskil.
> Jy sien geen "een" ding in 'n kultuur is oorspronklik of nuut nie.
> Aangesien daar wyn in Jesus se tyd was, kan die Franse ook nie krediet vir
> wynmaak vat nie, maar tog word dit deesdae aanvaar dat wynmaak deel van
> hulle kultuur is.
> Dis hoe ons die verskillende ou goed vat en kombineer of verander wat ons
> verskillende kulture uniek maak. Dis tog nie so moeilik om te verstaan nie?
>
> E
Solank as wat die mens
sy gewaarwordinge in taal bly formuleer
Here, laat my taal leef
en dat U hom nooit van die liggaam
van Afrika sal amputeer nie -
en waar U moet terugsnoei, Heer,
laat ons u hand herken en rustig weet
U sal uit die vurige sap
wat U nou tot besinning kasty
iets wat helder en edel is eindelik distilleer.
Suid Afrikaanse kykers het die laaste paar jaar die geleentheid gehad om
meer substansiele programme op TV te sien, maar desondanks het ons nog
steeds drek op ons TV's ook.
Amerikaanse boot sit dwars vas in 'n sandbank by Sunset Beach, Milnerton.
Hulle gaan nou die olie probeer uitpomp - hulle sal moet wikkel, want daar
is nog 'n storm op pad Saterdag.
Intussen sink die boot al hoe dieper in die sand weg, met sy vrag van 1037
behoueringskratte.
Dis nogal snaaks om ewe met die pad af te ry, en skielik is hier 'n helse
groot boot net agter die duin.
Etlike ongelukke, gefrusteerde verkeersmanne, en verkeersopeenhopings is
skielik aan die orde van die dag op 'n stukkie pad wat gewoonlik sonder
probleme gery word.
Ons is 'n nasie van nuuskieriges.
Ek dink nie Willowmore is groot genoeg vir meer as een hotel nie.
Nou lees ek nou die dag die hotel in Willowmore word genoem Die Laaste
Watergat.
Wonder wat van die Royal Hotel daar geword het.
Ek het een wonderlike Oujaarsaand daar deurgebring.
Verteenwoordigers van beswaarde grondeienaars kry op 25 en 26 Augustus die
laaste geleentheid om hul besware te lug teen die beoogde wetgewing, wat
grondonteiening sonder 'n hofbevel moontlik sal maak.
Die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake hou dan
openbare verhore oor die wysigings wat ernstige besware uit landbougeledere
ontlok het. Die wetsontwerp sal daarna vir finale goedkeuring na die
parlement verwys word.
Die konsep is vroeër op 'n indaba van die Departement van Grondsake bespreek
waarna voorstelle aan mnr. Dirk du Toit, Adjunkminister van Landbou en
Grondsake voorgelê is. Enkele veranderings is aangebring. Mnr. Tozi Gwanya,
hoofgrondeisekommissaris, sê dit is net geringe veranderings wat deur die
staat se regsadviseurs as oorbodig beskou is.
Die Kabinet se regsadviseurs het die finale konsepwet goedgekeur en mnr.
Gwanya sê dit sal gebruik word om boere te dwing om oor grond te
onderhandel. (Sien artikel op bl. 92.)
Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê grondonteiening is
die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
uitgeput is.
"Grondeienaars sal regverdige vergoeding, gegrond op markwaarde, ontvang.
Mense wat nie tevrede is nie, kan altyd hul toevlug tot die hof neem,"het hy
gesê.
Mnr. Andries Botha van die Demokratiese Alliansie (DA), het gevra hoekom die
minister die reg moet kry om grond te onteien as daar 'n surplus van grond
en 'n tekort aan geld is. Mnr. Bheki Radebe van die ANC het gesê grond is
beskikbaar, maar nie altyd waar die vraag daarna is nie. "Mense wil 'n
bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het en waar
hul familie begrawe is."
Dr. Kraai van Niekerk (DA) het opgemerk dat dit lyk asof dié
wysigingswetsontwerp 'n poging is om die oppergesag van die reg ondergeskik
te maak aan dié van die staat.
Intussen het TLU Suid-Afrika gesê die wysigingswet, met sy veranderings, is
steeds drakonies en sal beveg word. Mnr. Gert Ehlers, voorsitter, sê die TLU
SA sal voortgaan om druk uit te oefen teen die beoogde wysigings.
"Die wringkrag moet verstewig word. Regsmenings dui duidelik daarop dat die
implikasies van die wysigings selfs meer ongunstig sal wees as dít wat met
die eerste publikasie van die wetsontwerp op 9 Mei ter sprake was."
Agri Suid-Afrika het aangedui dat hy beslis 'n voorlegging aan die
portefeuljekomitee sal doen om ander maniere van arbitrasie voor te stel wat
beter resultate sal lewer.
Is dit nie snaaks dat nou, 14 jaar na onafhanklikheid in Namibië, die
verskillende volke begin stem dikmaak op soeke na 'n eie gebied met 'n eie
soort van regering nie? Eers was dit laas week die Herero's wat via hulle
opperhoof geëis het dat hulle beheer oor hulle eie land in 'n federale
stelsel wil hê en gister was dit die Basters van die Rehoboth-area wat
besluit het om die regering aan te vat en aansoek te doen om hul eie gebied
te beheer. Beide voel dat die sentrale regering wat beheer word deur die
massa Owambo-stem nie in staat is om hulle onderlinge bevolkingsbehoeftes
reg te hanteer nie.
Dis natuurlik vrek interessant want 'n federale stelsel is presies dit
wat die ou SA regering in gedagte gehad het met die skepping van tuislande
vir minderhede wat dit tot nog toe nie 'n afgebakende gehad het nie. Dis
toe dat onder die Odendaalplan grond van blanke boere uitgekoop is om dit
aan swart boere van die betrokke stam van daardie gebied oor te gee. Daar
is gevoel dat 'n swart boer slegs by uitsondering in staat sou wees om 'n
plaas van die grond af op te bou en suksesvol te maak. Daarvoor sou hy
massiewe staatshulp nodig hê en soort van beskerm word in 'n gebied waar sy
produkte nie direk in kompetisie kom met die reeds suksesvolle produseerders
van die land nie.
Om die volkere gelyke verteenwoordiging in die sentrale regering te gee,
sou elke stam of groep mense in sy eie stamgebied kon stem, sowel as in die
algemene landbestek. Dit beteken dat jy 'n regverdige verteenwoordiging
van die volkere het, sowel as die meerderheidskeuse van die land as geheel.
Dis egter in vlamme afgeskiet as 'n poging van die witman om die swartman
onder sy duim te hou en is 'n politieke party vandag aan beheer met 'n
meerderheidstem waarvan die stemme 80% in die noorde van die land
[Owamboland] geleë is en meeste van die nuwe ontwikkeling in die land vind
daar plaas. Mens moet toegee dat Swapo die perfekte doen deur sy stemmers
tevrede te hou, maar wat word van die ander mense van die land? Blanke
oorheersing het nou net Owambo oorheersing geword en apartheid loop nog
sterk in Namibië!
AJ is tans die beste losvoorspeler in die land. Hy is nou vir 6 weke
geskors. Dit los nou Rudolph se probleem maklik op - hy wou mos 'n rede
gehad het om AJ weg te laat. Venter was 'n verleentheid vir hom - die
tweethies het klaarblyklik 'n meningsverskil.
Rudolph is seker spyt dat Craig Davidson nie ook iemand bygekom het nie -
dan het hy nou ook in daardie geval 'n verstaanbare rede gehad.