Solidariteit eis Rian Oberholzer se kop na Cronje-debakel - Top / Bo
Die vakbondbeweging, Solidariteit, wat 'n groot aantal rugbybeamptes
as lede het, het geëis dat die Besturende Direkteur van SA Rugby
(Edms.) Bpk., mnr. Rian Oberholzer, uit sy pos verwyder moet word
weens die wyse waarop hy die valse aantygings van rassisme teen Geo
Cronje hanteer het. Oberholzer het Cronje uit die Sprinbokoefengroep
onttrek, waarna Cronje in die openbaar gekruisig is, nog voordat die
saak teen hom ondersoek is. Solidariteit meen dat Oberholzer, asook
diegene wat Cronje in die openbaar gekruisig het, Cronje 'n openbare
verskoning verskuldig is.
Volgens Kallie Kriel, woordvoerder van Solidariteit, is Oberholzer so
behep daarmee om in die goeie boekies van die Minister van Sport te
bly, dat hy selfs bereid is om spelers se loopbane en die integriteit
van Rugby in die proses op die spel te plaas. Oberholzer het Cronje en
Springbokrugby in die spervuur geplaas, sonder om vooraf seker te maak
van sy feite. Rugby en Cronje het onberekenbare skade opgedoen, ten
spyte daarvan dat Cronje nou onskuldig bewys is. Springbokrugby kan
dit juis nou, so kort voor die wêreldbeker, nie bekostig nie.
Kriel het daarop gewys dat dit staande praktyk is by bykans alle
maatskappye waar Solidariteit lede het, dat 'n werknemer wat van Ân
oortreding verdink word, nie aan openbare kruisiging blootgestel sal
word voordat 'n voorlopige ondersoek gedoen is nie. Oberholzer het
egter in Cronje se geval van hierdie praktyk afgewyk ter wille van
politieke korrektheid en die guns van die regering.
View Google in Afrikaans, Xhosa or Zulu
The search engine, Google.com, is used by 53% of the global Internet
population. Google has added an option under www.google.com/preferences to
change the default display language from English to one of 89 other
languages, including Afrikaans, Xhosa and Zulu. At the top of the selection
list is Afrikaans and at the bottom is Xhosa and Zulu!
Ek sien vandag 'n ding op National Geographic (NG), dat daar mense in
Amerika en Sjina is wat met Dinosorus (regte Afrikaans?), bene handel dryf.
Nou ek self het nie 'n probleem daarmee nie, en dis blykbaar nie onwettig in
Amerika nie - so lank jy net nie die fossiele gesteel het nie, kan jy maak
daarmee wat jy wil. Die museums moan want hulle glo die fossiele moet
museum toe gaan, en wil alle handel in fossiele probeer beheer en heeltemal
stopsit. Nou sit ek maar net en wonder - hoeveel bene wil die museums nog
hê? As dit 'n nuwe spesie is waarvan niemand nog ooit gehoor het nie fine -
dan kan die museum dit by die handelaar koop, want baie van hulle gaan loop
grawe self die fossiele op, maar hulle (die museums) kan nie verwag die
mense moet dit sommer so verniet oorhandig nie. Dit het hom tog geld en tyd
gekos om die goed op te grawe. Maar sê nou maar die handelaars grawe maar
net nog 'n T-Rex op. Hoekom wil die museums nog T-Rex bene hê? Wat's tog
die verskil? Behalwe miskien as daar iets vreeslik unieks is aan die
spesifieke bene kan ek regtig nie sien hoekom die museum AL die fossiele en
goed moet kry nie.
En so terwyl ek die storie op NG sit en kyk wonder ek hoekom museums hulself
altyd die reg wil toeien op ALLES. As hulle klaar een het, hoekom wil hulle
nog een hê? Of hulle betaal of nie, as ek toevallig op iets unieks en "oud"
afkom, sal ek dit beslis nie aan die naaste museum gaan skenk nie. As ek
geld daaruit kan maak sal ek dit verkoop. Noem my maar 'n kapitalis :))
So nou wonder ek maar net hoe voel ander mense daaroor. Voel julle handel
in "artifacts" moet stopgesit word en alles moet na museums toe gaan? Of
dink julle handeldryf met "antieke goed" op die privaatmark kan maar
voortgesit word?
Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.
Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
Boere taal, want ek wil die taal leren.
Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
mee.
In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.
Ek kry vanoggend 'n "spam" mail met spesiale aanbiedinge van die KLM
lugredery vir vakansies na Suid Afrika. Groot was my skok om te sien dat
selfs na 23% afslag, 'n luukse enkelkamer in die Mount Nelson, Kaapstad,
nogsteeds Euro 286 kos. 'n Enkelkamer in die Westcliff, Johannesburg, gaan
vir Euro 159 en dit is na 40% afslag! Om die cherry op die koek te sit, kos
'n 6-dag besoek aan die Orient Express Safari-kamp, Botswana, Euro 3350 vir
'n enkelpersoon!!! En hierdie pryse sluit nie die vlug in nie.
En ek dog al die tyd dat dit goedkoop is vir Europese besoekers om in Suid
Afrika te gaan vakansie hou...
André Letoit (Koos Kombuis)
the rise and fall of the afrikaans empire
"You reached for the secret too soon -
You cried to the moon" Pink Floyd
Langs die ou grondpad
Het 'n doringboompie gestaan.
Ossewaens en Model T's
Het elke week verby gegaan -
Families het later
Piekniek gehou in sy skadu,
By die water
Van die stroom
Met hampers en kiste bier.
So is die Afrikanervolk gebore;
Babalaas en loom,
'n Burp wat eggo
Verby doringdraad, blokhuis
En die verveelde doringboom.
Geen Engelse wa het hom vertrap nie -
Hy het homself ingeperk, verdors, verknel,
Toe, op 'n dag,
Die bouers in hul blikhuisies kom werk
Aan 'n nuwe hoofweg; glad en snel
Vir môre se toeriste
In hulle fur-en-chroom-ses-silinder-
doodskiste.
Vandag weet niemand van die doringboom
En slegs 'n skelet
Is sigbaar in die nag
En, as jy naby genoeg stap
Tussen die kliperts en die kriekies
Hoor jy nog die gelag van kinders
Waar families vleis gebraai het -
Die doringboom is dood
En gister se geskater
Met blikkoppies by die water
Is versteen vir 'n nuwe nageslag
In muf swart bladsye
En geel kiekies.
'n Stukkende stofpad
Bak nog agtermiddags in die son
Met disselbos en klitsgras geplavei
As afgeleefde monument
Vir reisigers uit die ou tyd
Maar 'n eeu moes end
En inkeer op homself, going, going, gone .
Stil, herders van die volk, leiers van die
warboel-trekkery
Want die era van die doringboom is klaar
verby.
'Groot man met klein hart g'n rassis'
03/09/2003 00:20 - (SA)
LIEZE DU PREEZ
LICHTENBURG. - Geo Cronjé het nie 'n rassistiese haar op sy hele lyf
nie.
Só sê skoolvriende, onderwysers en vorige rugby-afrigters wat hom
beskryf as " 'n Goliat met 'n klein hartjie".
Cronjé het as skoolseun selfs in 'n minibussie saam met 'n groep swart
mense heelpad van Pretoria na Noordwes gery om by die Hoërskool
Lichtenburg uit te kom omdat hy só graag op die platteland wou rugby
speel.
"Geo het op 'n rugbyweek in Nelspruit hegte bande met ons
eerstespanspelers gesluit. Met die eerste oefening ná die vakansie het
hy skielik sy opwagting langs ons rugbyveld gemaak. Die spelers het
dadelik vir my beduie die 'groot seun' wat hulle op die rugbyweek
ontmoet het, staan langs die veld," het mnr. Hendrik Odendaal,
voormalige onderwyser en rugby-afrigter van Lichtenburg, gister
vertel.
"Ek het hom gevra wat hy hier maak en hoe hy hierheen gekom het. Hy't
gesê hy het duimgegooi en toe daar niemand was wat hom wou oplaai nie,
het hy in 'n minibuistaxi geklim," het Odendaal gesê.
Volgens hom het Cronjé - toe nog 'n leerling aan die Hoër Tegniese
Skool John Vorster in Pretoria - gesê hy wil bitter graag hier kom
speel.
"Hy is 'n natuurlike speler wat in sy twee jaar as lid van die eerste
span nooit van die veld afgestuur is, nooit baklei of nooit tugstappe
teen hom gehad het nie," het Odendaal gesê.
Volgens mnr. Wollie Wolmarans, ook 'n voormalige afrigter by die skool
van die Noordwes Platteland se Cravenweekspan, het Cronjé van 'n vroeë
ouderdom af hom nooit aan rassisme skuldig gemaak nie.
"Hy was in 1997 en 1998 lid van die Cravenweekspan en in dié tyd is
die kwotaspelers pas ingebring. Geo was die spanmaat duisend. Hy het
hom nooit aan rassisme skuldig gemaak nie. Hy is 'n leier uit eie reg.
Nou is hy 'n groot oneer aangedoen," het Wolmarans gesê.
Mnr. Henry van der Ryst, rugby-organiseerder van die hoërskool, het
gesê net so groot soos wat hy is - só sag is sy hart. "Hy was nooit 'n
ou wat ander afgeknou het nie, maar het uit eie reg gesag afgedwing.
Dis 'n seun wat op rugbytoere altyd van die afrigters se kinders op sy
skouers sou ronddra. Hy is nie die soort mens wat nou sal begin met
hofsake nie."
Massive Attack in Bristol
Te veel bier en
op die sidewalk is daar Granta
met prentjies van Suid Afrika
en skielik besef ek
ek haat die queen meer as PW
(PW was classic, nie a klassis nie)
Afrikana
wat eerlike dog godsdienstig is
wat stadig maar seker identiteit verloor
maar saam met die baba
word die drinkwater uitgegooi
soos PJ Nienhaber
en die ou in die vrystaat wie se kinners
sulke kort broeke dra
Ons almal praat afrikaans
maar ons is nie almal afrikaners nie
as a matter of fact
die laaste afrikaner is seker dood gebore
erns in die winter op die groot trek
Is ET nog in die tronk?
Wat het van Anton en Conrad geword?
Is Ryk Hatting al terug?
My kop is tog so seer
my vrou wil my galblaas laat uithaal
Wie kan mij een overzicht geven van de veranderingen en hervormingen in de
spelling van het (Zuid-)Afrikaans? Grappig is de onderstaande tekst. De
woorden die ik herken als vroeger-Afrikaans hebben een sterretje:
Wie kan my 'n oorsig gee van die veranderings en hervormings in die spelling
van (Suid-)Afrikaans? Grappig is die onderstaande teks. Die woorde wat ek
herken as vroeër-Afrikaans, het 'n sterretjie.
Oom Jan was 'n *oue *foortrekker *fan *di Vrystaat. Hy had 'n *oue
Esel-*Merrie *fer 'n *rypêrd. Bloemfontein was toen nog 'n *klyne *Dorpi.
*Een *morre sê ou tant *Saartji, *di *frou *fan oom Jan, *an hom: - "Ou
skat, ons *koffi is op. Jy moet gaan *koffi koop."
"*Kiwiit, loop haal gou *fer ou Pop." (*di ou Esel).
Net gou was ou Pop daar en opgesaal en oom Jan bo in Pop haar kambene met 40
*hoenner-yers om die (spelfout? moet zijn: di) *koffi te ruil, en so gaan
*di ou nou *an. Ente jaag hy dat die(?) sto so trek.
*Toen oom Jan in *di dorp kom, net *foor *di Winkel *fan ou Richardt, kom
daar 'n kwaaijong met 'n stok agter ou Pop *ferby. Oom Jan sê *fer hom:
"Slaan tog *di ou esel;