Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Nuus uit die binneland" deur PETER BLUM

Vr., 05 September 2003 13:07

Peter Blum
Nuus uit die binneland

Vir Dirk Opperman

Soms in die winter as die reën sag stuif
op grasperke, dig en diep soos 'n tapyt -
as hy die rotsige bergreeks wegskuif
agter 'n misgordyn - as voor die ruit
popliere, eike en kastaiingbome
saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
terwyl ons oor 'n ou beskawing lees -
dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
van waters wat kalmeer, en in die gees
vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

Soms in 'n najaarsdag se skemerty
stap ons in 'n stil straatjie en gewaar
deur 'n ou bolig, kunstig uitgesny
in vlegtende patroon van druif en blaar,
die lig van verre dae: Ons word gesluk
soos deur 'n mond; die luiterse getik
van 'n ou horlosie vervang ons ontstoke
harte se ritme in die kamerhoek,
en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
in die vernislaag van 'n Delftse doek.

Maar as die bergwind so rukkerig waai
en tussen ons rondkrap soos 'n stok
in 'n miershoop - in die palms blaai
nes 'n barbaar in 'n keurige boek -
dan is ons rillend buite alle mure
wat ons opstapel in redelike ure
met doel en plan -
ruik ons droogte en brand, en gerug
van sprinkaan, aardbewing en oproer
op daardie skroeiende binnelandse lug
- dan, dan
weet ons op watter vasteland ons boer.

Prosa & poësie | 0 kommentare

ADSL

Vr., 05 September 2003 11:19

Finale aanbevelings word ingewag ...
Wie weet iets van SENTECH se kompeterende produk wat in November geloods
word - satelliet-kanaal, ens.

Rekenaars & selfone | 8 kommentare

Dankie tog !!!!!!

Vr., 05 September 2003 05:00

Hoor die skoolklere-mafia is so pas dood. Skool uniforms is nou blykbaar 'n
ding van die verlede. Wonder wat die mafia nou weer in die mou gaan
voer......

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die girl op die internet

Do., 04 September 2003 23:09

Toe ek nog a student was in Stellenbosch het ek eendag vir a girl in
Johanneburg begin skryf op die Internet (ja, dit was OP DIE INTERNET!).
Die ding was dat ek verlief was op a ander girl, of miskien was ek net
deurmekaar, julle ken studente... Maar toe loop ek die girl raak erns OP
DIE INTERNET.

Ek was weerbaar, sy was geskei met a kind, ek het baie gepraat, sy het
baie gepraat, ons altwee het geglo dat daar erns iemand is wat sal
verstaan.... Ek onthou dat ek een maand a selfoon rekening gekry het vir
R1000 en dit was werklik in die begin dae van selfone.

Anyhow, om a lang storie korter te maak, een dag besluit ek en Roche om
vir RR Ryger te gaan kuier met ons drie floppie diskette vol porngrafie
afgelaai van die internet af.
Ons het van sy boeke gehou (sterk aan te beveel vir enige iemand met a pap
koppie, die hol gevoel, beertjie en sy boytjies en die spoed van die lewe)
en die man was redakteur van Loslyf so nie net kon ons a bietjie besigheid
doen nie, maar ons kon ook die meester se hand skud (gmphf)

Ons het ons self ingeboek op die trein van Kaapstad Johburg toe en met ons
kitare en 6 halfjacks brandewyn saam met 4 ander suckers in a kompartement
begin party (hy ek onhou nou dat Valiant Swart en die Valk ook op die
trein was, heel toevallig). Ongelukkig het ons meer hormone as rekenaar
kennis gehad en Loslyf het nie veel belang gestel in a onlangs
geformateerde windows95 floppy nie.

Op Johannesburg aangekom wag ons aleen by die bus terminus in Hilbrow vir
die internet girl. Uiteindelik tel sy ons op en daar trek ons weg teen die
spoed van lig deur die verlate strate van Johannesburg in haar geroesde
Exa op pad xxx
toe om vir my pa hulle te gaan kuier.

Al wat ek vandag kan onhou is hoe baie die girl in my geglo het. Sy het
werklik geglo dat ek haar sal verlos van ...haar lewe. Dat ons saam in
Stellenbosch sou kom bly en ek/ons alles sou kon reg maak.

Die moral of the story: Pasop vir die mense op nuusgroepe want jy ken
hulle nie van koekie seep nie ;-)

B

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Willem-Jan, Dorks, & the English

Do., 04 September 2003 17:30

Willem-Jan Markerink wrote
> Not sure whether you won't take the Soutpiel remark personally
> though....;))

No, I am not a soutpiel, although some might believe I am because I speak
very correct English without any trace of the South African accent. Maar as
iemand my as 'n soutpiel wil bestempel, beduidelik ek eenvoudig vir die
mense dat daar g'n Englese bloed in my are vloei nie, en ek is verder ook
amptelik (in 1970) deur die Engelses ingelig dat ek nie vir Engelse
burgerskap of paspoort kwalifiseer nie.

Met ander woorde, my piel hang nie in die oseaan nie. Weens die feit dat ek
in Durban gebore is, in Johannesburg grootgeword het, and woon tans in die
Kaap, hang my piel erens in die middel van die Karroo.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Pretoria of tschwane

Do., 04 September 2003 14:29

Ek lees reelmatig oor naamsverandering
Is Pretoria nou Tschwane of kom dit later
Groete uit Vlaandere
Paul

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Reg Verkeerd?

Do., 04 September 2003 13:49

Volgens 'n regter hier kan 'n 9-jarige nie toestemming gee tot seks nie,
omdat volgens die reg dit onmoontlik is vir 'n kind van daardie ouderdom om
toestemming tot seks te gee.
Hy het egter bepaal dat 'n 13-jarige wel kan toestemming gee, al is die kind
'n onwaarskynlike leuen vertel om haar oor te haal.
Volgens wet is enige seks met 'n kind jonger as 16 onwettig.
So wanneer, volgens wet, is 'n kind nie meer te jonk om toestemming te gee
nie.?

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe goeters

Do., 04 September 2003 07:45

1) Die Boot is met 'n enkele sleepboot 'n verdere 2 grade geswaai. Ons hoop
dat dit teen die einde van die maand vort is.

2) Regter King, met twee onafhanklikes sal nou die graad van rassisme wat
toegepas word in rugbygeledere ondersoek.

3) Maria Ramos het bedank. Haar kontrak verstryk middel volgende jaar. Sy
gaan aangestel word as die hoof van Transnet.

4) Daar is 'n internasionale wynfees aan die gang by KIKS.

5) Daar is 'n groot blommeskou aan die gang by die Waterfront.

6) Hierdie naweek is die NG gemeente van Maitland 100 jaar oud.

7) Nuuskieriges en gaste beland gereeld in die water van die fontein/sloot
in die foyer van die Arabella Sheraton terwyl hulle hul verwonder aan die
kunswerke teen die mure en die dak.

8) Dis heerlike lente hier in die Kaap - nog geen kersliggies is opgesit in
die winkelvensters nie.

9) Om 'n kwotasie vir versekering hier te kry is nie maklik nie - Ek moet
vir 'n kliënt een kry vir sy kantoor se inhoud -
a) 'n Persoon is besig en sal my terugskakel binne 20 minute - nog niks na
'n uur.
b) Die persoon met wie ek moet praat is nie daar vandag nie, maar ek moet
solank 'n faks/email stuur van my versoek.
c) Toe ek 'n derde nommer gegee word om te skakel, maak ek beswaar. Die
persoon wat my kan help is siek vandag, maar ek moet solank 'n faks/email
stuur met die besonderhede.
d) Hulle doen nie versekering vir sulke klein bedrae nie, maar ek moet 'n
sekere nommer bel en met 'n sekere persoon praat. Die persoon is siek.
Tog te eienaardig dat daar net een persoon is by elkeen wat kan help

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rian Oberholzer moet waai

Do., 04 September 2003 07:39

Solidariteit eis Rian Oberholzer se kop na Cronje-debakel - Top / Bo

Die vakbondbeweging, Solidariteit, wat 'n groot aantal rugbybeamptes
as lede het, het geëis dat die Besturende Direkteur van SA Rugby
(Edms.) Bpk., mnr. Rian Oberholzer, uit sy pos verwyder moet word
weens die wyse waarop hy die valse aantygings van rassisme teen Geo
Cronje hanteer het. Oberholzer het Cronje uit die Sprinbokoefengroep
onttrek, waarna Cronje in die openbaar gekruisig is, nog voordat die
saak teen hom ondersoek is. Solidariteit meen dat Oberholzer, asook
diegene wat Cronje in die openbaar gekruisig het, Cronje 'n openbare
verskoning verskuldig is.

Volgens Kallie Kriel, woordvoerder van Solidariteit, is Oberholzer so
behep daarmee om in die goeie boekies van die Minister van Sport te
bly, dat hy selfs bereid is om spelers se loopbane en die integriteit
van Rugby in die proses op die spel te plaas. Oberholzer het Cronje en
Springbokrugby in die spervuur geplaas, sonder om vooraf seker te maak
van sy feite. Rugby en Cronje het onberekenbare skade opgedoen, ten
spyte daarvan dat Cronje nou onskuldig bewys is. Springbokrugby kan
dit juis nou, so kort voor die wêreldbeker, nie bekostig nie.

Kriel het daarop gewys dat dit staande praktyk is by bykans alle
maatskappye waar Solidariteit lede het, dat 'n werknemer wat van ‘n
oortreding verdink word, nie aan openbare kruisiging blootgestel sal
word voordat 'n voorlopige ondersoek gedoen is nie. Oberholzer het
egter in Cronje se geval van hierdie praktyk afgewyk ter wille van
politieke korrektheid en die guns van die regering.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Google in Afrikaans

Do., 04 September 2003 04:49

View Google in Afrikaans, Xhosa or Zulu
The search engine, Google.com, is used by 53% of the global Internet
population. Google has added an option under www.google.com/preferences to
change the default display language from English to one of 89 other
languages, including Afrikaans, Xhosa and Zulu. At the top of the selection
list is Afrikaans and at the bottom is Xhosa and Zulu!

--

Artslink.co.za ISP
www.artslink.co.za
082 230 CALL
082 230 2255

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Bladsye (1834): [ «    540  541  542  543  544  545  546  547  548  549  550  551  552  553  554  555    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 05:52:57 UTC 2026