Ek is op soek na idees vir 'n "dag uitstappie" oor die naweek.
Iets in die lyn van n plek met 'n goeie uitsig of iets "anders" om te doen, stap/ry miskien daar rond, goeie kos vir 'n laat middag-ete sodat ek weer vroeg aand kan terug wees in Pretoria. Ek reken so 2ure vanaf Pta sal prakties nog in die haak wees.
Idees word verwelkom ;-)
J
--
I want to die in my sleep like my grandfather......not
screaming and yelling like the passengers in his car.
"Wat is jou vak? Waarvoor't jy jou bekwaam?
Ons soek geskooldes, Jy't tog iets geleer?"
Hy antwoord, sonder hoop maar onbeskaam,
terwyl hy trap, "Ek was grenswag, meneer."
Wie is Keohane en watse soort mens is dit die - wat R50,000-00 per maand
verdien en dan flou binnekring-stories "lek". Stories wat groot skade tot
gevolg het. Klaarblyklik is een van die ernstige "rassistiese" aantygings
teen die 'Bokke dat van hulle verkies het om die dienste van die blanke
fisio te gebruik. (Is daar nie iets soos vryheid van assosiasie in die
grondwet nie?) Is dit diskriminasie?
Weereens 'n voorbeeld van die gehalte mediamense in hierdie land?
Waarskynlik omdat ons teverede is met duimsuigstories en hierdie mense nie
daartoe instaat is om behoorlike inligting in te samel nie? http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=4& ;amp ;art_id=vn20030905101109
708C997125&set_id=6
Samuel:
Weer my dogtertjie... as julle wil foto's kyk, loer hier: http://www.leuce.com/temp_norah/. Heksie, ek sal beslis kom
kuier..., sodra ek in die Kaap is, wat waarskynlik Desember sal
wees vir die doop. Rogersmeisie, in die "sak" beteken "met die
helm". Skies, ek lees nie Usenet so gereeld nie (NNTP kom nie
deur ons werk se firewall nie).
Ok, dit is tyd om jou hand aan die wiel te sit en jou kamp te kies:
1. Is jy a Christen Afrikaner (jy sal weet as jy is) en bly jy nog in
Suid Afrika?
2. Is jy a psigiater wat nou in Kanada bly en hoekom?
3. Glo jy dat wat in 1994 gebeur het is verkeerd en dat daar tog a manier
was om ons Suid Afrika te red?
4. Dink jy dat Koos Dup se musiek ooit geewenaar kan word en deur wie?
5. Waar was jy die dag toe hy gesterf het?
6. Is jou rekenaar jou beste vrind en weet jy hoe om binere "postings" na
alt.binaries aan mekaar te vleg?
7. Dink jy dan om onder a skuilnaam te skryf is besonders bevrydend?
Hoekom gebruik so min mense skuilname in die tegniese nuus groepe en
hoekom het meeste mense a skuilnaam in die groep?
8. Is jy ouer as 45 en dink jy jou lewe is op die afdraend?
9. Dink jy eendrag maak mag?
10. Wat is jou hond se naam? (die beste wat ek al gehoor het is: Tokkels, D
for Dog, Woefter en Doepels)
11. En as a nadraai, wat is jou opinie van die NG kerk, die Hervormde kerk en
die Angikaanse kerk? Wat van Pastoor Ray?
Cheers Penkop B, hoof deur-oppaster by die afrikaner kamp
Jonas, jy kan my met persoonlike pos antwoord as jy wil,
maar ek wonder somtyds of jy nie ook onder 'n ander naam
skryf nie. So, jy hoef dit nie hier in die openbaar te erken nie:-)
Skryf jy somtyds onder die naam 'Ferdi'?
Nou sou ek wou geweet het:
"Wat is nou die verskil tussen 'n Afrikaner en 'n Boer?!"
Want die ganse wêreld het die persepsie dat behalwe die
Engelssprekendes in SA die Afrikaners en die Boere dieselfde mense is.
Maar dit skyn nie so te wees nie. Ek het soms die gevoel dat
Afrikaners en Boere mekaar soms nie kan lug nie. Nou, ek weet wel iets
oor die geskiedenis van Kaapse Afrikaners en die mense wat na die
binneland getrek het en daar was inderdaad wel 'n verskil in afkoms en
denkwyse maar hoe gaan dit nou vandag? Is daar eensgesindheid of is
daar tweedrag?