> Hierdie grappie moet met 'n swaar southern accent gelees word. Dis dus nie
> Rastas en Liesa nie, maar Ręęęstus en Laaiza.
So jy vertel nou vir my dat die "southern accent" waarvan
jy praat, die aksent is wat meestal deur swart mense
gebruik word? Dus is jou Amerikaanse aksent dus die
swart Amerikaanse aksent van die sogenaamde "suide."
Die "southern accent" wat meeste van die VSA se
mense egter as sodanig beskou, is eintlik die aksent
in die monde van die nakomelinge van die wit
slawe-besitters, en is volgens outoriteite die taal
wat daardie eerste slawe-eienaars oorgebring het
van hulle Europese plekke van oorsprong, meestal
van plekke in die Britse grondgebied. Die geskiedenis
van country and western musiek word ook gewoonlik
teruggeneem na daardie wortels.
Dit is natuurlik ook waar dat binne die suide van
die VSA daar ook 'n menigte sogenaamde "suidelike
aksente" is. Onder andere die Cajun aksent, wat
natuurlik oorspronklik ontwikkel het in die monde
van mense wat uit Kanada suidwaarts gegaan het
en in Louisiana gaan setel het ( op 'n tyd toe Louisiana
nog nie deel van die VSA was nie, maar in Franse
hande was.)
Miskien moet Ellie vir ons leer van Amerikaanse
aksente, veral "southern accents."
Op de radio hoorde ik van een wetsvoorstel dat in onderzoek is in ZA
......om traditionele leiders in te passen in de democratie..
In verschillende andere Afrikaanse landen zou het reeds een succes zijn.. ik
dacht maar weet dit niet zeker zou dat o.a.Botswana en Zambia zijn.
Die berugte Randse reeksverkragter, wat die afgelope week paniek
gesaai het aan die Oos-Rand, het nou 'n naam.
Ná intensiewe ondersoeke het die polisie 'n hoofverdagte in die saak
geïdentifiseer.
Die man se naam is bekend aan Beeld, maar word weerhou op versoek van
die polisie.
Hoewel dir. Faizel Kader, die polisie se Gautengse kommunikasiehoof,
nie Woensdag wou ontken of erken dat die polisie 'n verdagte
geïdentifiseer het nie, het Beeld betroubaar verneem die polisie is op
die man se spoor.
Kader het gesê die ondersoek is in 'n "baie sensitiewe" stadium.
Volgens 'n ingeligte bron is sy naam en ID-nommer reeds aan die
grensposte uitgegee en 'n intensiewe polisiesoektog is begin. Die
reeksverkragter het die afgelope paar maande minstens drie
skoolmeisies van Benoni verkrag.
Die ma van een van die slagoffers is diep bekommerd nadat dit aan die
lig gekom het haar jonger dogter is dalk óók in gevaar.
Volgens die ma, wie se naam weerhou word om die slagoffer te beskerm,
het die man die 14-jarige meisie gewaarsku dat hy gaan terugkom vir
haar jonger sussie. Sy is 13 jaar oud en het ook blonde hare.
Die departement van maatskaplike dienste het vroeër dié kinders in 'n
plek van veiligheid geplaas.
"Hy weet presies waar hulle bly en dit is duidelik dat hy hulle
dophou," het die ma, 'n inwoner van Brakpan, gesê.
Die ma meen haar kinders moet óf in haar sorg óf in 'n ander plek van
veiligheid geplaas word. "Hulle kan nie daar bly nie. Hul lewe is in
gevaar."
Die 14-jarige meisie was die verkragter se derde slagoffer.
Sy is op 19 September in Northmead, Benoni, ontvoer terwyl sy op pad
was skool toe.
Die man het haar op die Bredell-kleinhoewes na 'n verlate kamer geneem
waar hy haar bedwelm en verkrag het. Foto's van verminkte, dooie en
bebloede meisies was op die mure van die vertrek.
Voordat hy haar die volgende dag weer in Northmead afgelaai het, het
hy gesê hy sal haar doodmaak as sy vir iemand van die verkragting
vertel. Hy het glo gepraat van haar sussie, was bewus van hul
lewensomstandighede en het geweet waar hulle bly, het die ma gesê.
"Hy het gesê dit sal nie die laaste keer wees nie."
Intussen sit die polisie sy soektog na die verkragter onverpoos voort.
Ek wonder watse hoge IK en duisend ander kwalifikasies mens moet hê om as
geslagsfasiliteerder by die Uniegebou te werk.
Volgens Noseweek is daar so 'n pos.
Ek loop toe vandag die winskopie der winskopies raak by DF malan se
boekeuitverkoping.
Die nuutste FAK-Sangbundel kan ek daar koop vir R10!!.
Njannies.
Dus, almal wat vermoeid, belas of lus vir sing is, ek sal vir jou die R10
FAK bundel gaan kry ( 6de druk 2003) - en al wat jy hoef te doen is my te
vergoed is vir die boek, verpakking en posgeld.
My brandstofgeld en tyd is jou krismisboks.
Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?
Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south aksent
in een van die hoof rolle.
Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).
Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)
Ag tog.
Sug.
Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.
Nie sleg nie.
Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om darem
te praat. (Mummy 3 miskien?)
Sien vandag by 'n Pizza plek in Oranjezicht - terwyl mens daar sit en eet en
WB kyk, dan sal hulle vir mens 'n glas gratis bier gee elke keer as die
bokke punte aanteken:)))