Nog Rugby
Di., 14 Oktober 2003 07:35
Anders as met sokker, begin mens te wonder wat nou eintlik die doel met die
rugby WB is.
Krieket tel nie, omdat "onbekende" spanne wel die halfeindronde kan haal
weens tegniese berekeninge en die weer.
Maar met rugby is dit 'n ander storie. Sedert die WB begin het, ek dink dit
was 1987, was daar nog nooit geen kans van enige van die mindere spanne om
ooit die halfeindronde te haal nie.
Hoekom al die onkoste maak en nie sommer maar net die 8 spanne wat elk geval
die halfeindronde sal haal in elk geval net laat speel nie.
Watse "ondervinding" is daar vir die mindere spanne om keer op keer met
naastenby dieselfde telling teen die beter spanne verneder te word? Is dit
groei?
Watse "wedstrydoefening" is daar vir die sterker spanne om die mindere
teenstanders te verpletter en in die proses miskien 'n goeie speler te
verloor weens 'n besering?
Miskien moet die mindere spanne meer internasionale blootstelling kry deur
op gereelde basis byvoorbeeld teen die sterker lande se klubspanne of
provinsiale spanne te speel.
Dit is nie lekker om na 'n wedstryd te kyk waar mens voor die tyd weet 'n
eensydige spulletjie gaan wees nie.
Annette
Sport & ontspanning |
6 kommentare
Rugby WB
Di., 14 Oktober 2003 07:13
Dit was nogal opmerklik hoe min toeskouers daar was met die SA wedstryd in
teenstelling met die Engeland wedtsryd by dieselfde stadion. Miskien het dit
iets te doen met die wisselkoers.
Annette
Sport & ontspanning |
20 kommentare
CYT814EC
Ma., 13 Oktober 2003 14:47
Prentjie in Argus vandag. Kombi met bg registrasienommer. Sitplekke van die
Kombi bo-op die dak vas met toue. Seker so 10 boerbokke agter in. Twee mense
met 'n hond voor in.
Net in SA?:))
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Re: SA-Truth Newslist
Ma., 13 Oktober 2003 12:58
hayesstw...@yahoo.com (Steve Hayes) skryf in boodskap news:...
> On Sun, 12 Oct 2003 09:39:10 +0200, Frikkie wrote:
>
>> You are invited to join the SA-Truth Newslist with articles about The
>> True situation in South Africa which the left liberal newspapers
>> suppress to publish:
>
> O Boeremag! O Boeremag!
> Jou het ek lief bo alles!
So Steve, you are actually a Boeremag-Supporter. Did You already post
something on: http://www.rebellie.org/ ???
Which article is it?
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Volkslied
Ma., 13 Oktober 2003 09:51
Ek hou van die "Remix" van die volkslied wat hulle sing by die rugby....en
aan almal wat dink SA is 'n groot kak wie het nie trots gevoel toe hulle die
stem sing nie en jy al die nuwe vlae sien nie...dis nou behalwe daai doos
met die ou vlag by die Skotland game!
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Ons spring voor:))
Ma., 13 Oktober 2003 06:50
Ek sien nadat ons die Mev Ds en haar toring bespreek het, het hulle
gistermiddag in Sê Wie daaroor gepraat.
Loer daardie snare wat ons hier doen?
Nietemin - nogal heel interessant, veral die drie wat beweer het Mev Ds het
'n punt beet:))
Eintlik het die toringafbreekvoorstanders bietjie meer skade vir hul saak
gedoen as om dit te bevorder.
Die kerkraad het toe besluit dat hulle nie aan Mev Ds se wens gaan voldoen
nie.
Niemand van die kerkraad het nog aangebied dat sy miskien 'n sielkundige
moet besoek nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Praat Saam?
Ma., 13 Oktober 2003 06:48
Dit is die naam van die nuwe inbelprogram soggens tussen 8 & 9.
Moet julle nie laat mislei deur die naam nie.
Dit moes eintlik Stem Saam genoem gewees het, want die programleier praat
summier elkeen dood en sny die persoon af wat nie saamstem met wat die
onderhoudvoerder wil hoor of wat die persoon waarmee die onderhoud gevoer
word sou teenspreek nie.
Gister het daar per ongeluk een deurgeglip wat 'n baie redelike vraag aan
die kenner gevra het, wat toe nie behoorlik beantwoord was nie.
Vanoggend toe Pietertjie Duik praat, kon net die mense wat sy nuwe
rugbyondersteunersklub steun, hul mening lug.
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Idols
Ma., 13 Oktober 2003 06:12
Ek is nie eintlik 'n groot 'fan' van hierdie tipe van ding nie, maar na die
naweek se groot sportoes, was ek bereid om enigiets anders te kyk. Toe kyk
ek meeste van die top 3 van Idols. My indruk is dat al drie deelnemers
baie goed is, maar toe vertel die ou vrou [Mara Louw?] vir die
Anke-meisiekind dat sy nie haarself is nie en dat sy minder direkte
interpretasies moet maak van oorspronklike liedjies. Net daarna sing
Poseletso [as ek dit reg het] 'n Dido-slaapliedjie wat sy presies probeer
namaak en ant Mara is in vervoering! My vraag is: Wie en wat is die
antie nou eintlik? Een van ons groep vertel toe dat met die vorige Idols
was daar 'n groot herrie oor Heinz Winkler dit gewen het, terwyl daar mense
was wat gereken het dat die beste deelnemer het nie gewen nie en dat dit die
wit stem van DStv was wat hom laat wen het. Vir my het dit gisteraand
gelyk of antie Mara nou nie eintlik eers probeer het om haar voorkeur vir
Poseletso te verbloem nie. Is hierdie dalk 'n poging om die swart
deelnemer voorkant toe te druk?
Eintlik het ek nie rêrig 'n probleem daarmee nie, want ek glo soort soek
soort, maar as ons die situasie omdraai en een van die blanke beoordeellaers
pluk die messe blatant uit vir die swart deelnemer? Komaan Annette, jy's
die sanger hier onder ons. Wie van daai drie is die beste?
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare