Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Poes

Vr., 17 Oktober 2003 17:28

Ek wou dit nog altyd hardop in die openbaar se: "POES." Miskien sal
ek dit eendag hardop in die kerk se, in die middel van die dominee se
preek. Suid-Afrika, en veral Afrikanerdom, is so neuroties omdat ons
nooit die vryheid gehad het om sonder skaamte "poes" te kon se nie.

Poes,

Poesman

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Groen

Vr., 17 Oktober 2003 12:55

Almal praat van groen bloed, in dit laat my kiewe saamtrek, ek kwyl en gee
sulke lang slukke.Siesa!!
Kon hulle maar gesê het dat almal nie net sê dat hulle groen bloed het nie,
en nogal blatant lieg in die proses - liewers fisies wys waar hul hart lê en
almal more met groen mondbeskermers rondloop nie?:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

PRAAG ontmoet Mkhwanazi oor Pretorianaamsverandering

Vr., 17 Oktober 2003 12:44

PRAAG het gister namens die inwoners van Pretoria en alle
belanghebbendes 'n lywige dokument met meer as 1 000 name van
elektroniese petisionarisse wat teen die naamsverandering gekant is,
aan mnr. Ata Mkhwanazi van die burgemeesterskantoor oorhandig. Tydens
die ontmoeting is die volgende aan mnr. Mkhwanazi oorgedra:

die inwoners van die historiese Pretoriagebied, asook die meerderheid
Afrikaners, is geheel en al gekant teen die beoogde naamsverandering;

dit gaan die huidige toestand van vervreemding onder Afrikaners
vererger;

dit gaan groot bedrae geld kos wat op ander sake soos veiligheid of
armoedeverligting bestee kon gewees het.

Beide mnr. Mkhwanazi en PRAAG het die gesprek, wat langer as twee ure
geduur het, van groot waarde gevind aangesien daar kennis geneem is
van mekaar se standpunte. PRAAG is verteenwoordig deur dr. Dan Roodt,
'n Afrikaanse skrywer en intellektueel, me. Lydia van Eeden, werknemer
van 'n parfuummaatskappy en mnr. Kobus Wolvaardt jnr., 'n
finalejaaringenieurstudent aan die Universiteit van Pretoria.

Mnr. Mkhwanazi het sy verbasing uitgespreek dat nòg die
opposisiepartye in die Pretoriase stadsraad, nòg ander Afrikaanse
organisasies tot dusver moeite gedoen het om die teenkanting teen die
naamsverandering uiteen te sit. Daarvoor het hy PRAAG bedank, en
beklemtoon dat 'n opvolggesprek noodsaaklik sou wees. Daar was 'n
wedersydse voorstel dat 'n openbare debat of konferensie oor die
naamsverandering gehou moet word.

In weerwil van die hoflike ontvangs en indringende gesprekvoering, is
dit vir PRAAG duidelik dat die naamsverandering nog geensins van die
baan is nie. Die standpunt van die stadsraad is dat alle inwoners van
die metropolitaanse gebied, ook dié buite Pretoria, inspraak moet hê
in die naamsverandering en die aanname is dat die meerderheid ten
gunste daarvan is. So 'n aanname is egter deur PRAAG betwis en daar is
voorgestel dat 'n referendum oor die naamsverandering gehou word
waaraan inwoners in die historiese Pretoriagebied behoort deel te
neem.

Die stadsraad gaan voort met wat genoem word 'n "konsultasieproses" om
inwoners van die groter Tshwanegebied wat tot in die Noordwesprovinsie
strek, in te lig oor die voorgenome naamsverandering en ook hul
menings in te win. Dit mag wees dat hierdie konsultasieproses geensins
op demokratiese beginsels berus nie, maar bloot bedoel is om die
wetlike vereistes sover dit naamsveranderings betref, na te kom.

Die algemene indruk van die PRAAG-verteenwoordigers is dat die aksies
wat tot dusver gevoer is, naamlik die optog na Kerkplein op 16
Augustus, asook die elektroniese petisie op www.praag.org en die
petisie op die Tukkie-kampus wat deur vierduisend studente onderteken
is, besig is om vrugte af te werp.

Dit moet egter beklemtoon word dat die stryd nog nie gewonne is nie.
Indien niks verder gedoen word nie, sal die naamsverandering
waarskynlik sonder slag of stoot deurgevoer word. Daarom is dit
allernoodsaaklik dat meer mense die elektroniese petisie op
www.praag.org moet teken en ook geldelik moet bydra om die kostes van
die aksie teen naamsverandering te dek. 16/09/2003 09:59

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Koeksister Hollands Maleis of Indonesisch???

Vr., 17 Oktober 2003 10:51

Zuid-Afrikanen in de clinch om koeksister

JOHANNESBURG - In Zuid-Afrika betwisten bevolkingsgroepen elkaar om
de nationale lekkernij koeksister. Afstammelingen van de Hollanders,
Maleisiërs en Indonesiërs claimen elk voor zich dat zij de echte uitvinders
van het gevlochten gebak zijn.

Aanleiding voor de rel is het eerste monument voor de koeksister ter
wereld. In het boerendorp Orania, waar de apartheid nog haar aanhangers
heeft, lieten negen vrouwen een twee meter hoge kopie van "hun" zoetigheid
uit glasvezel plaatsen.

Zevenhonderd kilometer verderop in Kaapstad ergeren de Zuid-Afrikaanse
afstammelingen van Maleisische en Indonesische immigranten zich over zoveel
arrogantie. Zij beweren dat hun grootouders het recept en de kruiden uit
Zuidoost-Azië meebrachten. "Een koeksister is pas een echte koeksister als
er kaneel, gember en kokosnoot in zit", claimt een vrouw in de krant The
Star.

Een prominente schrijfster van kookboeken, Lannice Snyman, kon ondanks
jarenlang onderzoek geen duidelijkheid over de oorsprong van de delicatesse
verschaffen. Koeksister blijkt op veel plaatsen in Zuid-Afrika anders van
samenstelling.

Wel stuitte zij op een legende die mogelijk de naam van de lekkernij
verklaart. Koeksister zou komen van twee excentrieke Hollandse zusters, die
op een dag hun koekdeeg begonnen te vlechten. En tegen het einde van de 18e
eeuw zou de waarde van een echtgenote hebben afgehangen van de kwaliteit van
haar koeksister.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Humor

Vr., 17 Oktober 2003 08:27

Mans is soos rooi wyn. Hoe ouer hoe beter. Vroue is soos melk. Eers
word hulle suur en dan dik!

Wat het jy as jou skoonma tot by haar skouers in sement staan? Te min
f........ sement!

Van 20-30 is 'n vrou se borste soos perskes....mooi rond en sag.
Van 30-40 soos vye, te sag en bietjie misvorm.
Van 40-50 soos uie, as jy daarna kyk wil jy huil!

Wat van 'n wonderlike dieet? Val verskriklik af. Die brandewyn dieet.
Val van die bed af. Val van die stoep af, val van die trap af!

'n Snaakse ding gebeur Sondag in die kerk. Die ou langs my steek skielik
'n sigaret op en ek skrik so groot ek laat val amper my bier!

Koos tel 'n Engelse girl op by 'n bar en vra: "Jou plek of myne?"
Sy sê: "I'm sorry. I'm on my menstrual cycle."
Hy reken: "Dis f......, ons laai hom sommer op my bakkie."

Parkinsons is beter as Alzeimers. Ek bewe hom liewer in as om te vergeet
hoekom hy styf is!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

O faks

Vr., 17 Oktober 2003 06:25

Artslink.co.za IDV bied aan: Faks via die Internet teen slegs R30/maand.

Moeg vir die faksmasjien? Artslink.co.za IDV kan nou vir jou 'n unieke
faksnommer aanbied en dan ontvang jy al jou faksberigte gratis via e-pos en
stuur fakse vanaf jou e-pos vir so min as 75c stuk. Dit maak ook nie saak as
jy trek nie - die nommer trek saam.

Lekker wat tegnologie kan doen om die lewe 'n bietjie makliker te maak?
Danksy lugversorging (Jonas en kie) is dit 'n koel ("cool") faks-idee.

:-)

TJ

Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

" Die Vrystaat " deur S. Ign. MOCKE

Do., 16 Oktober 2003 23:11

S. Ign. Mocke

Die Vrystaat

En wasig beef die hitte oor die veld,
Waar steekgrassaad witgolwend heen galop,
Vér teen die Suide, waar die songloed smelt,
Steek yl vlieswolkies teen die stoflig op.
En soos 'n luislang, onbeweeglik stil,
Streep oor die veld 'n bruinrug heuwelry,
Waar sonlig op die skurwe rotse tril,
Een enkel skaap in blou karreebos wei.
Vlak bo die hooggebulte westerlyn
Wieg boomplantasies in die songloed rond.
Ver agter skemer dof 'n berg se kruin,
Hier voor my strek die swartgebarste grond
En eindloos wyd strek doods en kaal
Verskroeide vlaktes waar die stofson straal.

Druk gedig

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die kleur van rassisme?

Do., 16 Oktober 2003 19:36

Aanhaling uit die lokale koerant van verlede week:

Carletonville Herald -- 10 Oktober 2003

UIT MY LEUNSTOEL - Hans Du Plessis

'As jy nie Engels praat nie, sal die ambulans haar nie kom haal nie.'
Net so het de vrou van die ambulansdiens gesê. En sy was beslis nie
vriendelik nie.
Jy sien, dit was halfeen in die nag, en soos dit maar gaan met
babatjies, kan niemand kies wanneer dié wonderwerkies hul verskyning
maak nie. Babas het mos hul eie tyd. Vra nie.
En op die plase gaan dit mos maar so:
Klop die plaasbaas op - dis ook al jare lank so. En die boer hoor mos,
want dis sy eie mense wat in die moeilikheid is. Dan help 'n mens -
dit was nog altyd so. Die werkers se babatjies is ook de boer se
verantwoordelikheid want menslikheid was nog altyd deel van die boer -
plaaswerker - verhouding. Niemand het daaroor nog ooit gevra nie - dis
deel van die boer.
Maar deesdae kom boere mos net in die koerant as hulle op plase
vermoor word of as die kwessie van minimumlone ter sprake kom en een
of ander koerantmens berigte kan skryf oor die onmenslikheid van
boere.
Ek weet nie van jou nie, maar my plaasfamilie en hul plaasmense het
hoeka al goed klaargekom. Menslike verhoudings gehad lank voor daar 'n
wet was. Natuurlik nie almal nie, maar is alle staatamptenare nou
korrup omdat een perd die staat besteel?
Ewenwel: sy het geweier om 'n ambulans uit te stuur as hy dit nie
op Engels vra nie.
'n Saak kan absurd ook raak. Onthou jy nog die dae toe Nieu-Seeland
die Suid-Afrikaanse renperd toegang tot die land geweier het?
Apartheidsperde kon nie aan wedrenne deelneem nie.
Afrikaans het 'n apartheidsperd geword.
Hy vra toe maar 'n Engelse ambulans ter wille van die vrou wat in
die middel van 'n Sondagnag in kraam is.
Self kan g'n Christenmens dit op die grondpaaie dorp toe waag nie.
Jy sien in die heldere dag skaars die beeste se ore bokant die
slaggate uitsteek.
Netnou ry jy oor 'n koei in 'n nasionale slaggat.
Toe kom die Engelse ambulans uiteindelik. Die barende moedertjie se
ma wil saam om te help. Sy moet agter haar kind kyk wat moeilikheid
het met die geboorte.
Die ambulansassistent boender ma en dogter agter in. "Jy kan agter
jou eie kind en die baby kyk."
Tot naby die hospitaal, dan klim die assistent agter in sodat hulle
kan dink sy was heeltyd maar agter besig om te assisteer.
As die ma opgeneem is, moet ouma loop, sy kan nie heelnag in die
hospitaal se stoel sit nie.
"Ek het nie geld om ander plek te gaan bly nie, ons kom ver van die
plaas af."
"Dis jou probleem."
"Kan ek dan net bel, asseblief?"
"Bel self, julle het mos almal deesdae selfone. Ons bel nie.
Policy."
Twee dae later word die jong ma ontslaan, sewe-uur die oggend al.
Toe die plaasmense middag se kant bel om te hoor, toe sê hulle, ja,
maar die vrou is vanoggend al ontslaan ...
Die hospitaal bel nie meer nie - policy, sien. En dit omdat die
eerste vraag in Afrikaans was?
Of is dit maar die hedendaagse mediese dienste?
Die dorp? Potchefstroom.
O ja, en die hospitaal?
Potchefstroom se staatshospitaal.
Natuurlik sal hulle stry.
Oor mediese sorg kan ons deesdae regtig nie kla nie, want daar is
nie sorg nie.
Rassisme in hierdie land het ook nie meer 'n kleur nie ...

**********************
(Professor Du Plessis doen weekliks 'n bydrae)
**********************

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Koffielose Koffiewinkel.

Do., 16 Oktober 2003 17:10

Die New York Coffee and Sugar Exchange in Adderleystraat kon vir 3 dae geen
dorstige koffie bedien nie, want diewe het Maandagnag die waterpype van die
gebou gesteel:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die weer ?

Do., 16 Oktober 2003 15:39

www.weathersa.co.za/medfcast/gpa2.html virrie hele week

Gauteng vinnig virrie naweek:
18 9/18 Cloudy at times with a 60% chance of thunderstorms
Wind: fresh north-easterly
19 7/17 Cloudy with a 80% chance of thunderstorms
Wind: fresh north-easterly

WP ook:
www.weathersa.co.za/medfcast/wca.html virrie hele week

Klein Karoo vannag:
16de 12min/16maks "Showers", sneeu op die berge vannag (50%).
Wind: Matig suidwes

Dis nou 16de Oktober!

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    515  516  517  518  519  520  521  522  523  524  525  526  527  528  529  530    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 04:16:12 UTC 2025