Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Meel

Ma., 23 Augustus 2004 13:41

Wat is manlik en vroulik van meel?
Mieliemeel en koekmeel.

Wat gebeur as hulle viagra inkry?
Dan word hulle stuifmeel en bruismeel.

Humor & grappe | 0 kommentare

Goed, erg, erger

Sa., 21 Augustus 2004 13:46

Goed: Jou vrou praat nie.
Erg: Sy wil skei.
Erger: Sy's 'n prokureur.

Humor & grappe | 0 kommentare

Grapie

Do., 19 Augustus 2004 09:06

'n Oom stop langs 'n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
"As jy inklim sal ek jou 'n suigstokkie gee."
Die dogtertjie hou net aan loop.
Die oom ry stadig agter haar aan.
Weer sê die oom "As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!"
Die dogtertjie draai om en sê: "Pa, ek het al hoeveel keer vir jou
gesê, ek ry nie in die flippen Ford nie!!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Jannie en sy maatjie

Do., 29 Julie 2004 10:01

Jannie en sy maatjie, Bienkie, (albei 6 jaar oud) speel op die plaas in

die Kalahari. Toe hulle naby die grensdraad kom, sien hulle 'n groot Merc

stop 'n ent weg aan die ander kant van die grensdraad onder 'n groot boom.

Jannie en Bienkie hou die Merc dop, maar niemand klim uit nie. Na tien

minute se Jannie vir Bienkie: "Ek het nog nooit 'n Merc gesien nie. "Kom

ons sluip nader en gaan kyk hoe dit lyk." Versigtig klim hulle deur die

grensdraad en sluip nader. Toe hulle naby kom, sien hulle dat hulle albei

te klein is om by die venster in te loer. Jannie se vir Bienkie: "Buk af

dan staan ek op jou rug, dan sal ek mooi kan sien wat binne aangaan."

Bienkie stem in, buk af en Jannie klim op haar rug. Toe hy binne-in kyk,

rek sy oe groot en hy spring af. Bienkie vra hom: "Wat is dit nou ?"

Jannie se vir haar:

"Ja wragtag, dis NES my pa gesê het.

Hulle is kaalgat, maar 'n Merc moet hulle ry !!!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Die Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie.....

Wo., 28 Julie 2004 09:29

Die Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie, gaan koop 'n perd by 'n boer

wat nie juis Engels kan praat nie.

"I want a good-looking horse" se die Engelsman terwyl hulle na die

perdestalle stap.

Die boer wys na die eerste een: "This one looks good".

"No. that one over there looks much better to me," se die Engelsman.

Die boer se: "That one does not look so good. This one looks better."

"No, that one looks better", hou die Engelsman vol.

Hy koop die een waarvan hy hou. Twee dae later is hy woedend terug.

"The horse you sold me is blind."

En die boer antwoord selfversekerd: "But I told you that one does not look

so good."

Humor & grappe | 0 kommentare

Honeymoon Bride

Di., 27 Julie 2004 06:49

Gatiep, Frankie en Mugammat verskyn in die hof, op verskillende aanklagte:

Judge: Frankie, hoekom het jy die brood gesteel?
Frankie: Want ek was honger djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Frankie: Nei, kwaai djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 5 jaar tronkstraf.

Judge: Mugammat, hoekom het jy die fiets gesteel?
Mugammat: Want ek was moeg geloop djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Mugammat: F*kken proud djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 10 jaar tronkstraf.

Judge: Gatiep, hoekom het jy die R1000.00 gesteel.
Gatiep: Sommer djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Gatiep: Soos 'n honeymoon bride djou honour.
Judge: Soos 'n honeymoon bride?
Gatiep: Dja djou honour, ek wiet djy gaan my naai,
maar ek wietie hoe hard nie!

Humor & grappe | 0 kommentare

Gatieppie alweer

Vr., 23 Julie 2004 12:28

Gatiep se vrou vang hom met 'n cherie, gooi hom van die vierde verdieping af
en skreeu: "Jou fokken insek, as jy kan steek, kan jy vlieg ook!"

Humor & grappe | 0 kommentare

'Fancy dress' partyjie

Vr., 04 Junie 2004 20:02

'n Man met 'n houtbeen en 'n bles kry 'n uitnodiging na 'n "fancy
dress" partytjie.
Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe 'n
brief aan 'n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke
tipe probleme.

Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is. 'n Week of wat
later kry hy 'n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is 'n sakdoek,
seerowerpak en 'n nota. Die nota lees as volg: "Neem die sakdoek, bind dit
om
jou kop en trek die seerowerpak aan.
Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by 'n seerower-tema."

Hoogs ontsteld en uiters gebelgd stuur die man vir die maatskappy 'n
brief en vertel hulle in baie ferm taal hoe beledig hy voel oor die
voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van die houtbeen.

Nog 'n week later daag daar weer 'n pakkie op met 'n monnikspak en
nota. Die nota lees: "Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal
verdoesel.
Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by 'n
kloostertema."

Nou is die man eers kwaad. Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie
duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie.

Die volgende week kry hy weereens 'n pakkie van die maatskappy af
met 'n nota en 'n blik karamelstroop daarby. Die nota lees:
"Neem die blik karamelstroop en keer die volle inhoud daarvan oor u
bles uit. Neem dan u houtbeen, druk hom in jou gat op en gaan na die
geleentheid as 'n toffie-appel!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Rooms katolieke kerk

Wo., 02 Junie 2004 20:41

'n Man man kom by die Vader van die Rooms katolieke kerk: "Meneer jy het jou
hemp verkeerd om aan!" tune hy die Vader: "Ek weet meneer, maar ek is 'n
vader, daarom dra ek dit so." Man: "Maar ek is ook 'n vader en ek dra dan my
hemp reg om." Vader: "Ja, maar ek is 'n vader van duisende." Man: "Wel, dan
moet jy liewers jou broek verkeerd om dra!!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Fw: Koning Leeu

Ma., 13 Oktober 2003 17:20

'n Ongelooflike depressie oorval koning leeu. Hy glo naderhand dat sy
onderdane hom nie meer as koning ag nie. Met die ingedagte stap hy na
die naaste PEP stores en koop vir hom 'n Nike keps, 'n kam en 'n RayBan
bril.

Swaarmoedig stap hy in die veldpaadjie en sien Zebra eenkant staan en
wei. Met 'n moedelose stem vra hy vir Zebra:"Ou Strepe, ou Strepe ek se,
wie is die coolste ou hier in die jungle?" Zebra kan sien hier is
moeilikheid en antwoord baie vinnig: "Natuurlik is dit jy koning Leeu".
Koning Leeu voel effe beter, vat die kam en kam sy maanhaar dat dit mooi
regop staan en stap verder.
Volgende sien hy Kameelperd waar hy aan 'n doringboom staan en kou.
Koning Leeu sluipstap tot naby Kameelperd en vra met effense
selfvertroue:"ou Kolle,ou Kolle ek se, wie is die coolste ou hier in die
jungle?" Kameelperd hik soos hy skrik en se: "Maar natuurlik is dit jy
koning Leeu."

Koning Leeu begin nou erg goed te voel, sit die Nike keps agterstevoor
op sy kop en stap verder. Hier kort by die paadjie kry koning Leeu vir
Ystervark snuffel langs die pad. Koning Leeu skud sy lyf en vra met
selfvertroue vir Ystervark:"Ou Penne, ou Penne ek se, wie is die coolste
ou hier in die jungle?" Ystervark sien hy is nie regtig in 'n posisie om
met koning Leeu te onderhandel nie en antwoord:"Dit is ongetwyfeld jy
koning Leeu."
Koning Leeu voel nou so goed dat hy die RayBan bril oor sy oe laat sak
en met groot gebaar agter sy ore haak. Hy stap so een en 'n halwe voet bo
die grond - so goed voel hy. So 'n ent van die watergat sien hy hoe
Olifant staan en water drink en bad. Met baie selfvertroue en 'n groot
stem vra koning Leeu van ver af:"Ou Dikkes, ou Dikkes ek se, wie is die
coolste ou hier in die jungle?" Geen reaksie van die olifant nie.

Koning Leeu stap nader, stamp Olifant met sy boude teen Olifant se
voorbeen en brul:"Ou Dikkes, ou Dikkes net ingeval jy nie gehoor het
nie, wie is die coolste ou hier in die jungle?" Die volgende oomblik
klap Olifant vir Leeu met sy slurp dat jy net sien Leeu, bril, kam en
Nike keps trek. Toe Koning Leeu uiteindelik tot stilstand kom skud hy
die stof af en se:"As jy nie die antwoord ken nie hoef jy nie agressief
te raak nie!"

--

QUIPd 1.02: (214 of 660)
-> " Why do they say 'till death do you part' Why not something
-> simple and faster like murder"
##2245 #'Mandrake Linux.'

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    43  44  45  46  47  48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 27 17:18:40 UTC 2026