Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

What's happening at za.humour? Is it a dying species?

Wed, 23 January 2002 09:17

'n Mirriljarige antie spring eendag op en af op haar bed, verskriklik moerse
happy oor een of ander iets. Haar man kom in die kamer in en tune:
"Het jy enige idie hoe flippen belaglik jy lyk? Wat gaan aan met djou?",
waarop sy vrou antwoord: "Ek kom nou net van die dokter af en hy se dat ek
die tiete van 'n 18 jarige meisie het!" Die man dink so rukkie en se toe:
"En wat se hy van djou 41-jarige doos?", waarop sy vrou vinnig antwoord;
"Nee, djou naam is nie eers gemention nie."
Ben
http://shortcut.to/have-a-smile

Humor & grappe | 0 kommentare

Jokes page updated

Thu, 22 November 2001 07:21

Daar is nou ook 'n Afrikaanse blad. Gee kans, hy sal groei.

http://members.freemail.absa.co.za/benkeyser/jokes_pages.htm

Ek soek al die matriekulante van die Hoërskool Jeugland van 1981!!!

Groete
Ben Keyser

Humor & grappe | 0 kommentare

groot moeilikheid

Sun, 16 September 2001 19:18

Die AWB is besig om met paragliders teen die uniegebou vas te vlieg.

wrote in message news:10507-3BA12FE0-108@storefull-213.iap.bryant.webtv.net.. .
> http://community.webtv.net/snakebiteoo7/THEMOSTDANGEROUS
>

Humor & grappe | 0 kommentare

Rekenaars

Mon, 23 July 2001 01:30

Is dit waar???? Wat sê julle?? Alweer 'n aanslag op die arme mansgeslag!
pj

MALE OR FEMALE

A language instructor was explaining to her class that in French,
nouns, unlike their English counterparts are grammatically designated
as masculine or feminine.

"House," in French is feminine - "la maison."
"Pencil," in French is masculine - "le crayon."

One puzzled student asked, "What gender is computer?" The teacher did
not know, and the word wasn't in her French dictionary. So, for fun she
split
the class into two groups appropriately enough, by gender, and asked them
to decide whether "computer" should be a masculine or feminine noun.
Both groups were required to give four reasons for their recommendation.

The men's group decided that computers should definitely be of the
feminine gender ("la computer"), because:

1. No one but their creator understands their internal logic.
2. The native language they use to communicate with other computers is
incomprehensible to everyone else.
3. Even the smallest mistakes are stored in long-term memory for
possible later retrieval.
4. As soon as you make a commitment to one, you find yourself spending
half your pay check on accessories for it.

The women's group, however, concluded that computers should be masculine
gender ("le computer"), because:

1. In order to get their attention, you have to turn them on.
2. They have a lot of data but they are still clueless.
3. They are supposed to help you solve problems, but half the time they
ARE the problem.
4. As soon as you commit to one, you realize that if you'd waited a
little longer, you could have gotten a better model.

The women won!!

--

Humor & grappe | 1 kommentaar

National anthem

Sat, 07 July 2001 11:06

Koosie soek 'n lê-plek in Afrika.
One man, one plot.
Phone the PAC for details
Castro

Humor & grappe | 0 kommentare

Wat nou ?

Fri, 22 June 2001 11:53

Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie ?
Ek dag dis `n humour group hierdie ?

Humor & grappe | 0 kommentare

GEDENKDIENS: WYLE SUID AFRIKA

Fri, 22 June 2001 07:07

BLANKE MASSA OPTREDE EN WEGBLY AKSIES

Daar word op 16 Desember 2001 'n massa optrede met
'n gepaardgaande roudiens in die Mamelodi Stadium
gehou ter ere van die heengaan van ons land. U kan
hierdie diens bywoon deur bloot van die werk af te bly.

Tradisionele wapens soos R1's, R4's, 303's, Jaggewere,
Pistole, Rewolwers, Handgranate, Sambokke en Ketties
sal toegelaat word.

PROGRAM:

09:00 Oproerige jeugdiges steek verskeie huise in
Mamelodi aan die brand.
(Sien nota hieronder oor jeugdiges)

09:30 A.W.B. magte begin wild en wakker skiet.

10:00 Biertuin maak oop.

10:30 Toi-toi vertoning begin.

11:00 Nabye winkels word gestroop en aan die brand
gesteek.

12:00 Politieke opsweep toesprake begin.

13:00 Braaivleis vure word aangesteek.

16:00 Volkspele en toi-toi.

17:00 Verdaag en neem 'n minibus huistoe.

NB: HIERDIE IS 'N VREEDSAME ROUDIENS!!
MOENIE VERGEET OM LEDE VAN DIE PERS
TE INTIMIDEER NIE.

PS: As u vervoer nodig het, bel 911. Caspers en Ratels
sal beskikbaar wees. Klippe sal teen 50 sent per
sakkie by die stadium te koop wees. Bring asseblief
u eie petrol, bottels en vuurhoutjies.

ONTHOU OM SAAM TE SKIET TYDENS DIE 21 SKOOT
SALUUT.

PPS: Jeugdiges word geag tussen 0 en 60 jaar oud.

Bring die hele gesin vir 'n dag se vermaak! Dit gaan pret
wees en onthou - dit is 'n vreedsame diens - so moenie u
wapens vergeet nie!

Humor & grappe | 0 kommentare

op soek na

Sun, 07 January 2001 15:52

Enige een wat kan help,

Ek is op soek na ongesensorde kassette of wat okal van Leon Schuster se
Vrypostige mikrofoon radioprogramme en Waar of Wolhaar

Kontak my asb by vil...@mweb.co.za

Wimpie Nel

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Die Liefde

Mon, 06 November 2000 00:00

WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU?

Vier-en-tagtig, want dan hoef 'n mens nie meer te werk nie, en kan julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer. (Judy,8)

Sodra ek klaar is met kleuterskool, gaan ek vir
my 'n vrou soek. (Tom, 5)

WAT DOEN MENS OP 'N AFSPRAAK?

Op die eerste afspraak, vertel hulle net vir
mekaar leuens. Dan is hulle gewoonlik so
geïnteresseerd, dat hulle maklik op 'n tweede
afspraak gaan. (Mike, 10)

WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE
SOEN?

'n Mens moet nooit 'n meisie soen, tensy jy
genoeg geld het om vir haar 'n groot ring en 'n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd video's van die troue hê. (Jim, 10)
Moet nooit voor ander mense soen nie. 'n
Mens kry vreeslik skaam as iemand jou sien, maar as niemand jou sien nie, sal ek dit met 'n aantreklike seun probeer, maar net vir 'n paar uur. (Kally, 9)

DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM
ENKEL TE WEES, OF GETROUD?

Dit is beter vir meisies om enkel te wees, maar
nie vir seuns nie. Seuns het iemand nodig om agter hulle skoon te maak. (Lynette, 9)

Dit gee my 'n kopseer om net aan sulke dinge
te dink. Ek is net 'n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny, 7)

WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR
MEKAAR?

Niemand is seker waarom dit gebeur nie,
maar ek het gehoor dit het iets met hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom parfuum en deodorant so gewild is. (Jan, 9)

Ek dink jy is veronderstel om met 'n pyl
geskiet te word, maar die res daarvan is nie
veronderstel om so seer te wees nie. (Harlan,
8)

HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK?

Soos 'n sneeustorting, waar jy moet hardloop
vir jou lewe. (Roger, 9)

As dit enigsins is soos om te leer hoe om te
spel, wil ek dit nie doen nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo, 7)

IS AANTREKLIKHEID BELANGRIK IN
LIEFDE?

As jy wil hê iemand wat nog nie in jou familie
is nie, moet jou liefhê, sal dit help as jy aantreklik is. (Jeanne, 8)

Dit gaan nie altyd oor hoe jy lyk nie. Kyk na
my. Ek is so aantreklik soos enigiets en ek
het nog steeds nie iemand wat met my wil trou nie. (Gary, 7)

Skoonheid is veldiep. Rykdom is belangriker.
(Christine, 9)

HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR
MEKAAR, HANDE VAS?

Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie,
want hulle het baie daarvoor betaal. (Dave, 8)

OPINIES OOR DIE LIEFDE

Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net
nie gebeur terwyl "The Simpsons" op televisie is nie. (Anita, 6)

Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor
wegkruip. Ek probeer al daarvoor wegkruip
vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry.
(Bobby, 8)

Ek is nie haastig om verlief te raak nie.
Graad vier is moeilik genoeg. (Regina, 10)

WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS
NODIG OM 'N GOEIE MINNAAR TE WEES

Een van julle moet weet hoe om 'n tjek uit
te skryf. Want al het julle tonne liefde,
gaan daar nog steeds hope rekeninge wees.
(Ava, 8)

MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT
VERLIEF RAAK

Vertel hom dat jy 'n hele klomp
lekkergoedwinkels besit. (Del, 6)

Moenie dinge soos stinkende groen tekkies
hê nie. Jy mag aandag kry, maar aandag is nie dieselfde ding as liefde nie. (Alonzo, 9)

Een manier is om die meisie uit te vat vir ete.
Maak seker dit is iets waarvan sy hou.
Skyfies werk gewoonlik vir my. (Bart, 9)

HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET,
IS VERLIEF?

Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet
jy hy is verlief. (John, 9)

Mense wat verlief is, sal die hele tyd net in
mekaar se oë kyk, en hulle kos laat koud
word. Ander mense stel meer belang in die kos. (Brad, 8)

Dit is beslis liefde as hulle een van daardie
poedings wat aan die brand is, bestel.
Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe
hulle harte voel ? aan die brand. (Christine, 9)

WAT DINK MENSE AS HULLE Sê "EK IS LIEF VIR JOU" ?

Die persoon dink: Ja, ek is regtig lief vir hom.
Maar ek hoop hy stort darem een maal op 'n dag. (Michelle, 9)

HOE LEER 'N MENS SOEN?

Dit kan help om die hele dag sepies te kyk.
(Carin, 9)

WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE
SOEN?

Dit is nooit reg om 'n seun te soen nie. Hulle
spoeg alewig die hele wêreld vol. Dit is
waarom ek opgehou het om dit te doen. (Jean, 10)

HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE
SAL HOU?

Spandeer meeste van jou tyd aan jou liefie,
in plaas daarvan om werk toe te gaan. (Tom,
7)

Moenie jou vrou se naam vergeet nie ? Dit sal
die liefdesstorie heeltemal opmors. (Roger, 8)

[En daar het jy die wysheid van die kind]

Humor & grappe | 0 kommentare

Die verhaal van...

Mon, 06 November 2000 00:00

Eendag, lank, lank gelede het CAPTAIN MORGAN met sy THREE SHIPS vanaf CAPE
VELVET na CAPE TO RIO gevaar. Hy kon nie met sy WHITE HORSE ry nie want
hy het kwaai aan DRUMBUIE gely.

JOHNNIE WALKER het op die skip MAINSTAY met onder-kaptein RICHELIEU se
dogter, BERNINI (wie 'n lekker OLD BROWN SHERRY was) se PUSHKIN gespeel.
RICHELIEU het vir JOHNNIE WALKER behoorlik met 'n BLOU SAMBUKA bygekom,
hom aan die BOLS beetgekry en geMARTELL tot die dood.

Die bemanning VAT 69 dae deur KLIPDRIFT oor SWARTLAND, verby WINDHOEK, al
langs SIMONSVLEI landgoed tot by CHIVAS REGAL se CASTLE, waar CHIKOTO, die
leeutemmer en KAHLUA, die diensmeisie, JOHNNIE WALKER se lyk vir die
sewentien LIONS gevoer het. Na die skokkende gebeurtenis was die
OUDEMEESTER SQUADRON lelik die MAMPOER in, en was die WIT BLITZ los.

Hulle blaas toe op hulle 100 PIPERS en net voor die BELLS lui, stort
JEREPICO se mure inmekaar. Vanaf die CASTLE, stuur PRINS CHARLIE 'n
boodskap met 'n FISH EAGLE oor DRAKENSIG na Koos Wye Voete (KWV) wat in
5TH AVENUE, JOHANNESBERGER bly.

Intussen sien FISH EAGLE 'n GOLD DUCK, kry 'n bonsende RED HEART en land
onmiddelik om haar DIMPLE TEQUILA. Met die noodlanding, breek hy
ongelukkig sy een HANEPOOT en beskadig sy SAKKIES.

Die fortuinsoeker, ene HEINEKEN, gaan die bouvalle van JEREPICO binne,
opsoek na HUNTERS GOLD en SPICE GOLD en kom sy AMAROELA tee. Meneer OHLSON
wat 'n BLACK LABEL van afkoms is, hou hom HANSA slim (maar eintlik is hy
net 'n DOM PEDRO), SCHNAPPS nie SMIRNOFF en J&B se storie nie en skree
VIVA BERNINI.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    43  44  45  46  47  48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58    »]
Tyd nou: Sun Feb 02 11:08:22 UTC 2025