Meraai loop in die straat met 'n baie stywe jean.
Gatiep: "Meraai, is djy nie bang vi Fauna & Flora nie?"
Meraai: "Never! Hoekom?"
Gatiep: "Omdat djy daai arme parratjie so wurg!"
'n Oom stop langs 'n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
"As jy inklim sal ek jou 'n suigstokkie gee."
Die dogtertjie hou net aan loop.
Die oom ry stadig agter haar aan.
Weer sê die oom "As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!"
Die dogtertjie draai om en sê: "Pa, ek het al hoeveel keer vir jou
gesê, ek ry nie in die flippen Ford nie!!"
Gatiep, Frankie en Mugammat verskyn in die hof, op verskillende aanklagte:
Judge: Frankie, hoekom het jy die brood gesteel?
Frankie: Want ek was honger djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Frankie: Nei, kwaai djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 5 jaar tronkstraf.
Judge: Mugammat, hoekom het jy die fiets gesteel?
Mugammat: Want ek was moeg geloop djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Mugammat: F*kken proud djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 10 jaar tronkstraf.
Judge: Gatiep, hoekom het jy die R1000.00 gesteel.
Gatiep: Sommer djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Gatiep: Soos 'n honeymoon bride djou honour.
Judge: Soos 'n honeymoon bride?
Gatiep: Dja djou honour, ek wiet djy gaan my naai,
maar ek wietie hoe hard nie!
'n Man met 'n houtbeen en 'n bles kry 'n uitnodiging na 'n "fancy
dress" partytjie.
Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe 'n
brief aan 'n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke
tipe probleme.
Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is. 'n Week of wat
later kry hy 'n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is 'n sakdoek,
seerowerpak en 'n nota. Die nota lees as volg: "Neem die sakdoek, bind dit
om
jou kop en trek die seerowerpak aan.
Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by 'n seerower-tema."
Hoogs ontsteld en uiters gebelgd stuur die man vir die maatskappy 'n
brief en vertel hulle in baie ferm taal hoe beledig hy voel oor die
voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van die houtbeen.
Nog 'n week later daag daar weer 'n pakkie op met 'n monnikspak en
nota. Die nota lees: "Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal
verdoesel.
Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by 'n
kloostertema."
Nou is die man eers kwaad. Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie
duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie.
Die volgende week kry hy weereens 'n pakkie van die maatskappy af
met 'n nota en 'n blik karamelstroop daarby. Die nota lees:
"Neem die blik karamelstroop en keer die volle inhoud daarvan oor u
bles uit. Neem dan u houtbeen, druk hom in jou gat op en gaan na die
geleentheid as 'n toffie-appel!"
'n Man man kom by die Vader van die Rooms katolieke kerk: "Meneer jy het jou
hemp verkeerd om aan!" tune hy die Vader: "Ek weet meneer, maar ek is 'n
vader, daarom dra ek dit so." Man: "Maar ek is ook 'n vader en ek dra dan my
hemp reg om." Vader: "Ja, maar ek is 'n vader van duisende." Man: "Wel, dan
moet jy liewers jou broek verkeerd om dra!!"