Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Geseënde Kersfees uit Vlaandere

Wo., 24 Desember 2003 15:20

Baie geseënde kersfees aan julle almal. Aan my vriende op alle
nuusgroepe én aan elke mede geselser hier.

--
Michel.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geseënde Kersfees van hierdie kant ook:-)

Wo., 24 Desember 2003 04:28

Aan almal op hierdie groep, hetsy op my killfile of nie,
mag dié Kersfees wonderlik wees,
en mag die Nuwe Jaar
Nuwe (en ou:-) Drome bewaarheid

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Geseende Kersfees en vrede op die ng

Wo., 24 Desember 2003 03:52

Geseende Kersfees aan almal op die ng. Vrede en goeie gesondheid.
En as daar kinders more naby jou is, maak dit 'n onvergeetlike dag vir
hulle.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mens is nooit te oud nie!

Di., 23 Desember 2003 09:38

Ek gaan nie stry nie dat ek 'n chauvenis is nie en ek is heel gelukkig
daarmee, maar ek het so pas 'n skokkie op my sisteem gehad wat ek moet
erken, 'n man sal nie maklik kan beter nie. Sy's klein, blond en mooi en
'n siviele ingenieur. Ons het 'n lang gesprek gehad so 'n paar dae gelede
toe sy my vertel het dat die mans nie 'n probleem het om haar in die
padkonstruksie te aanvaar as 'n ingenieur nie.....sodra hulle eers vasgetel
het sy weet wat sy doen. Haar grootste probleem is dat sy daagliks met
nuwe kontakte, haarself eers moet bewys aan die spul mans. Ken hulle haar,
dan weet hulle sy's goed en het sy geen drama nie.
OK, so sy's jonk en mooi en slim....hoe gelukkig kan een mens dan nou
ook wees? Vanoggend kom wys sy vir my 'n koedoevel wat sy met 'n penvlam
gebrandskilder het van twee Arabiere [perde] en ek moet sê dis die beste
leerbrandwerk wat ek nog ooit gesien het. Hoeveel talent kan een mens dan
nou hê?
Ek's heel gelukkig om te erken ek weet ten minste van een vrou wat 99%
van alle mans se meerdere is..........

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Annette.....

Di., 23 Desember 2003 08:12

Hoe is die seisoen daar by julle? Lewendig? Ek sien in die Rapport kla
mense oor woeste pryse, maar alles lyk darem net aan die bopunt van die
skaal vrek duur te wees en sulke mense kan mos die geld gooi? Hier by ons
storm dit, die weer is pragtig en as alles goed gaan gaan die manne darem
binne 'n dag of twee 'n vis vang ook! Ons werk net dat dit vrek, maar dis
die prys van bly op 'n vakansiekus?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onthou mense....

Di., 23 Desember 2003 08:03

... dat 'n Dingus is 'n wonderliKKe ding!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vervolging heksen in Zuid-Afrika neemt toe

Di., 23 Desember 2003 07:49

JOHANNESBURG - Oudere vrouwen in de Zuid-Afrikaanse zwarte
gemeenschappen zijn steeds vaker doelwit van aanvallen omdat ze heksen
zouden zijn. Dat heeft een Zuid-Afrikaans/Nederlands onderzoeksteam
maandag in een rapport gemeld.
Onder slechte sociale omstandigheden nemen mensen het recht in eigen
hand en doden of verjagen vrouwen die zij als heksen beschouwen.
Roddel en jaloezie zijn vaak de oorzaak van dergelijke
beschuldigingen, aldus de onderzoekers. De belagers van 'heksen'
wijzen veelal uit onwetendheid een zondebok aan voor de ziekten en
rampen die de gemeenschap treffen

bron: De Telegraaf

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sang van Jaluka

Ma., 22 Desember 2003 21:45

Ek is op soek na n midi sang van Jaluka
nameliks... "Impi '
Sal een van julle musikante dit vir my stuur of vir my se vaar ek dit kan
kry

Dankie vooruit

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat maak julle vir Kersfees/dag?

Ma., 22 Desember 2003 12:42

Gisteraand baie vriende oorgehad vir die tradisionele vleisbraai en kersboom
(met 'n vuurligvertoning - vuurwerke sonder knal) in die tuin gehou.

Ons maak geskenke oop die aand van die 24ste. Daar is al heelwat onder die
boom - groot en klein - hard en sag - en 'n paar vreemde vorms.

Hier is dit net pa, ma en dogter by die huis op Kersdag - rustige familiedag
(res van die familie is in die Weskaap en Amerika) - ma sal seker iets
njammies maak vir Kersmiddagete - ons eet al "mince pies" vir 'n paar dae -
maar die Kersmiddagmaal sluit altyd af met Kerspoeding en vla. Ons sal vir
Oupa en Ouma in Worcester bel en wag vir die volgende nag om met Phoenix,
Arizona te praat via die Internet.

Pa pas heeldag/nag rekenaars op - ander mense stuur e-pos en doen snaakse
dinge op die Internet vir Kersdag. (Het julle ook so min regte kaartjies
gekry via die Poskantoor? - Tye verander, maar 'n SMS is nie 'n kaartjie nie
alhoewel die e-pos tipe nogal heel oulik kan wees). Pa en dogter sal ook
saam tyd deurbring om al die nuwe "toys" (hoop dis wat dit is onder die
boom) uit te toets terwyl ma nog sloof in die kombuis.

Weerburo voorspel son en 26 grade C vir Gauteng - so ons sal seker ook 'n
tydjie (voor ete en heelwat later na middagete) by die swembad kan
deurbring.

'n Geseende Kersfees aan almal wat hier uithang (en goete laat uithang).

Dis al. Wat maak julle?

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

aktiviste groep

Ma., 22 Desember 2003 09:46

Die MIV/VIGS aktiviste groep, die Treatment Action Campaign, se hy
beplan om more 'n massa-betoging in Khayelitsha in die Wes-Kaap te hou
na die moord op een van sy lede. Lorna Mlosa is blykbaar deur vyf mans
doodgeslaan nadat sy haar MIV-status bekend gemaak het, terwyl sy in
die teenwoordigheid van 'n vriendin deur 'n groep mans verkrag is. Die
vriendin word in die hospitaal behandel nadat sy ook na bewering deur
die mans aangeval is.

RSG

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    473  474  475  476  477  478  479  480  481  482  483  484  485  486  487  488    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 10:34:14 UTC 2026