Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Laaste Rus

Do., 01 Januarie 2004 14:20

Daar was glo vandag 'n verwoestende storm op Eersterus.
Geen rus vir hulle op die eerste nie.
Tyd dat hulle die plek se naam verander:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1)

Do., 01 Januarie 2004 13:18

Vir elkeen in Suid-Afrika wie se hart op die regte plek sit: my
hartlikste nuwejaarswense. Dat 2004 'n voorspoedige jaar mag wees.
Want ons het dit wel 'n bietjie nodig na al die miserie wat 2003 gegee
het (oorlog, aardbewinge, ekonomiese verswakking, siektes).

Hier in Vlaandere het dit weerom begin sneeu. Nuwejaarsdag is weerom
eens wit, wat nie steeds so is nie. Sien hier 'n paar prentjies wat ek
vanmôre gemaak het toe dit nog volop gesneeu het buite. Op die eerste
een sien julle hoe die grond en die bome wit geword het en op die
ander een sien julle hoe die sneeu teen die venster van my slaapkamer
plak. (Hierdie prentjies is nie baie groot nie). Dit vries nou
ligtjies buite (-0,2 °C) dus die sneeu sal wel 'n paar dae oorbly. Ek
sien in die strate al 'n trekker rondry met 'n saaimasjien wat geen
saad uitsaai nie maar sout om die sneeu te doen smelt. Anders ry
vannag miskien mense reeds hulle motor in die grag! Die saadbakkie vir
die voëls in my tuin is nou 'n druk besogte plek want daardie voëls
vind nêrens anders nog kos nie. Môre sal die kinders in die straat wel
terug 'n sneeuman maak of mekaar vooruittrek oor die sneeu met 'n
sleetjie. Dis alles nog steeds soos in die tyd dat die voorouers van
die huidige Afrikaners Europa verlaat het.

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: Boers and Planks

Do., 01 Januarie 2004 07:37

Verkeerd ou swaar, ons is afsonderlik met wie en vir wie ons werk.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ffba244.0@news1.mweb.co.za...
> En jy is die dom duiker....of DD en jy onthou ook maar sleg. Ek het nog
> nooit gespog nie.....jy dink jy's kaas omdat jy 'n werk in die buiteland
> het. Ek het slegte nuus vir jou, my ou. Daar's duisende van julle.
> Onbenullige mannetjies wat SA haat omdat julle nie hier kon werk kry nie.
> Foei tog.....ek huil sommer vir jou. Snik! Snik!
> "Max" wrote in message
> news:3ffa9393$0$330$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Damn, ek het alweer vergeet jy bestuur ses besighede. Dom van my.
>>
>> Max____________________________
>>
>> "Suidwester"
>>
>>> Miskien moet jy ook eers vasstel van en met wie jy praat
>>> voor jy spog van prestasies, hm?
>>
>

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Re: Thanks it's very interesting

Do., 01 Januarie 2004 07:27

Tut-Tut!

"Hein Eybers" skryf in boodskap news:btf5r0$2eq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lyk my hierdie bliksem het nie werk om te doen nie....
> Kan seker nie ...want hy spandeer te veel tyd om stront uit te dink.
> En te bang om sy naam te gee... kruip seker weg agter 'n moffie pêl of
> iets...
>
>
> "Nude Raider" wrote in message
> news:WC2263MA37992.7920486111@anonymous.poster...
>> Thanks Mr Sterrenkijker, I guess that this puts everything into
>> perspective!
>>
>> I think it's all about responsible posting - I have standards
>> too, which include no swearing or foul language (others don't
>> believe in this rule by the looks of things). Also I won't post
>> under someone else's name - it's easy to do, but not in the
>> spirit of the forum. Lastly, I like to raise issues that
>> stimulate debate, and encourage others to do the same, even if
>> this involves controversial issues. I am happy to raise issues
>> that question English philosophies, as well as those of the
>> Afrikaans community. I can give it and also take it.
>>
>> In fact I have noticed a great deal of enthusiasm with
>> contributors debating issues that may have been stuck in the
>> cupboard too long and are in dire need of an airing. Some for me
>> and some against me - but that's OK, I respect any opinion that
>> you may have and certainly don't believe in the "kill file
>> syndrome" of censorship which some people apply to themselves. I
>> also don't mind what language you choose to communicate in - as
>> long as we understand each other and there remains mutual
>> respect among contributors.
>>
>> In closing I would like to say to all the people here, if I am
>> not wanted as a contributor of this NG, then please indicate
>> this and I will happily leave via the back door.
>>
>> Nude Raider
>>
>> --
>> Questo messaggio e' stato inoltrato automaticamente
>> da un paio di anonymous remailer. Il mittente originale
>> e' sconosciuto e non identificabile. Datevi pace.
>>
>

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: SA's Poor IT Infrastructure

Do., 01 Januarie 2004 07:09

..nee, dis afrikanns.

"Jonas" skryf in boodskap news:btg8fp$io2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jammer - maar ek verstaan nie frans nie - of is dit engels?
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Krismiskaartjie " deur ADAM SMALL

Do., 01 Januarie 2004 00:05

Krismiskaartjie
Adam Small

Daa moet vrede wies
op élke plek,
so stuur ma die kaartjie
moerie sneeu
al brand die son oek
lat dit vrek.

Prosa & poësie | 2 kommentare

" Clean-up " deur ADAM SMALL

Wo., 31 Desember 2003 20:57

Clean-up
Adam Small

Die big days is verby,
kom, ons moet die Nativity opbriek;

gan gie trug die dummyvrou
wat daai halfbankrot
winkel ons galien het
vi die Moeder van God -

en wie se poppentjie is dié
wat ons gabruik het vir die Here Jesus,
kom haal dit asseblief
wie-ever s'n dit is;

daai woodwool kan djulle ma verbrand
dan kommie plek goueer annie kant;
die planke?
(oppas virrie spykers daa!)
nai, hou die planke vir annerdjaar -
hulle kan oek nog baie useful wies
virrie stôltjies vannie bazaar.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Happy New Year - DINGUS

Wo., 31 Desember 2003 08:52

Dear Dingus and other happy posters to this newsgroup - a very
happy and prosperous New Year.

Trusting that 2004 will be filled with joy.

My best...

Nude Raider
++++++++++
Dgo, reincarnated

- Vir daardie mense wat die lelike engelse taal verstaan -
voorspoedige nuwe jaar aan julle almal (behalwe die vertraagte
tannie in kanada)..

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

mure vol miere

Wo., 31 Desember 2003 07:35

Het julle ook probleme met die miere? (Gauteng hier).

Dis so klein bruin outjie (nie die swart mier wat altyd die suikerpot
getakel het nie).

Een van my muur se sementpale het amper omgeval vanoggend - mier en sy maats
het omtrent 'n gat gevreet en die fondament weggedra. Amper 30cm diep en
wyd. My plaveisel sak ook in (ongeveer 2cm) a.g.v. mier se trawante onder
die stoep. Ek vrees dat wanneer reen kom en die grond erg nat word die huis
sal sak.

Stap jy buite in die straat is die teerpad en sypaadjies vol van die
grondhopies en die grasperke slaan uit in kolle (eers gedog dit was die
droogte). Ek het nog nooit in my lewe so baie mier-aksie gesien nie.
Veroorsaak die weer dit en sal ons terugkeer na minder miere na groot reens?
Insek spuitstof (ek het een goeie produk gekry na vele toetse) is duur! Ek
meng nou sommer in die gieter en "soak" die aarde - help nie om net 'n mis
te sproei nie.

Let Wel: Ek het geen probleem met miere in die huis nie en al die Krismis
lekkergoed is veilig - die outjies eet sand en sement (nie eens dooie motte
nie) - wie weet meer van die skepseltjies en hul organisasie/s?

Ek het nog niks gelees of in 'n koerant gesien oor die "nuwe" plaag nie.

:-(

TJ

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gerookte syfers sonder wiskunde

Wo., 31 Desember 2003 05:52

Kom ons neem 'n klas van 10 studente aan die begin van die jaar.

6 studente skryf in vir eksamens, neem deel en almal slaag goed.

Slaagsyfer is 6/6 = 100%, MAAR wat van die ander 4?

Slaagsyfer behoort te wees 6/10 = 60%!

Word daar gekonkel? Wie en waarom?

:-(

TJ

Onderwys & opvoeding | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    469  470  471  472  473  474  475  476  477  478  479  480  481  482  483  484    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 02:58:20 UTC 2025