Pilchards: Vir Annette
Di., 06 Januarie 2004 06:16
Wat is die visvangtoestande in die Kaap? Laasjaar het julle 'n oormaat van
pilchards [sardiens] gehad en hier by ons was een moerse tekort. Die
Namibiese vissers moes soebat dat dit vrek sodat hulle toegelaat kon word om
in SA waters te vang net om hulle fabrieke en bote aan't lewe te hou.
Hulle was amper vrek, toe hulle so 'n kwota'tjie gekry het via diplomatieke
invloed.
Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, maar dit klink vir my of die spul
pilchards hierdie jaar noord neig en nou sit Namibië met die groot gros en
is daar 'n tekort in SA waters? Nou wonder ek net of ons in ons
Seevisserye iemand met humorsin het......of dalk 'n bietjie wreed gaan wees
en die spul SA bote gaan verban ook tot op die laaste moontlike oomblikke?
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
" Bruilofslied " deur DONALD RIEKERT
Ma., 05 Januarie 2004 17:33
Donald W. Riekert
Bruilofslied
Op Swartklip roep die
bruilofsgaste Gryp klippe
laat ons die son afgooi
bo die swartrant Kom laat
ons die rooi turksvy slag
Dat ons die dans dans
Onthou dis turksvytyd
Trap en swaai op die plat
klip Skop die bokmis stof
Soen die bruid Maar pasop dat
die dorinkies nie die soet
te lank vasknoop op jou tong
Môreoggend knipoog jy net
lê die son rooi turksvy op
jou karos en die voorbok trek
voorslag voor die skaaptrop uit
Prosa & poësie |
0 kommentare
Plastiekgeld
Ma., 05 Januarie 2004 17:14
Ek lees in 'n studie oor die plaasaanvalle in Suid-Afrika dat dikwels
plaasaanvalle gebeur op Vrydag. Vrydag is 'n dag waarop baie boere
dikwel groot bedrae geld in hulle besit het om hulle werkers te
betaal..
Nou, dan vra ek me eie af hoekom dit is nog nodig om die mense te
betaal met baar geld? Dis tog heeltemal onveilig? As nou elkeen 'n
girorekening het waarop die werkgewer die lone kan stort dan is die
risiko vor hom tog baie minder dat hy besoek kry van diewe? Waar niks
is kan niks gesteel word nie! Kan mense in Suid-Afrika dan nie betaal
met 'n credit card nie? Ek weet daar is baie mense wat nie hou van
credit cards nie. Dis dan te moeilik of hulle dink dis die bank wat
dan hulle geld steel. Of daar is mans wat geen girorekening wil hê nie
omdat hulle vrou dan kan sien dat hulle feitlik meer verdien het as
dat hulle maandeliks aan hulle vrou gee vir die huisbestuur. En dan is
daar ook die ou mense wat heeltemal nie kan of wil werk met credit
cards nie.
Hier in België is dit haas nie meer moontlik om nog jou geld
regstreeks in banknote van jou werkgewer te kry nie. Die laaste mense
wat nog betaal word met banknote is gepensioeneerdes wat maandeliks
nog hulle pensioen kry van die posbode. Maar nou gaan ook daar die
betalingswyse verander wat net daardeur is die posbodes dikwels ook
hier nog slagoffer van oorval.
Of miskien help 'n berig aan die voordeur: "Diewe moenie binnekom nie,
hier is alles al gesteel!"
Groete uit Vlaandere,
Norbert
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Re: Procedimento (knip)
Ma., 05 Januarie 2004 16:12
Baie interessant - en wat nou as ons die Italiaans
nie beheers nie? - seker 'n beriggie van die onbekende
pizza frisbee eh?
p
onsinnige teks knip knip -
In article , Tizio
wrote:
> PROCEDIMENTO PER OTTENERE NUOVE RISORSE ALIMENTARI
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Huil Huil deur K.Vosloo
Ma., 05 Januarie 2004 09:32
Huil Huil deur K. Vosloo - 1902
O!
OOo!
OoOoOo!!
O, maar my hart is seer vir die:
..berge
..wind
..see
..taal
..oupa
..ouma
..stoep
..plaas
..veld
..osse
..boere
..boere-wors
..velskoen
..kaalvoet
..ens, ens.
O!
Prosa & poësie |
1 kommentaar
Wat is die nut
Ma., 05 Januarie 2004 06:34
Van beperkingsbevele?
Vandag oor die nuus weereens 'n man wat sy vrou in 'n winkel, ten aanskoue
van klante, vermoor het.
Hulle is geskei, en sy het het 'b bevel by die hof verkry om hom te verhoed
om haar weer aan te rand.
Dit is nou 'n nuttelose wetsproses as daar ooit een was, want dit is al oor
en oor bewys dat die aanvallers hul min steur aan sulke stukkies papier.
Daar moet meer direk opgetree word as so 'n klag teen hul ingebring word.
Ek wonder hoeveel mans bring so 'n klag in teen 'n vrou om hom te ( probeer)
beskerm.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare