Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Britse sperma is nie meer goed nie!

Tue, 06 January 2004 12:54

Vandag gelees in my Vlaamse koerant: Engelse vorsers het uitgesoek die
sperma van manlike persone in de U.K. is nie meer goed nie. Die
kwaliteit daarvan is die laaste 10 jare met bykans 30% benede toe
gegaan. Ook in Vlaandere gaan die kwaliteit van die manlike sperma
agteruit. Hier is 'n studie wat uitgewys het dat 40 tot 45 % van die
manne 'n ontoereikende spermaproduksie hê en 1 uit 10 manne is
onvrugbaar.
Waar die manne in die U.K. tien jare gelede nog 87 miljoen
spermatosoïdes in hulle spera had is dit nou gedaal tot 62 miljoen.
Dis 'n vermindering van 30%. Die studie wys uit dat meer en meer
Britse manne vrugbaarheidprobleme hê. Daardie tendens sien ons ook in
België. Hier is 15% van die getroude pare wat daar nie in slaag om op
natuurlike wyse kinders te kry.
Ons nasionale androloog het gesê vyf en twintig jare gelede was daar
slegs 5% van die manne wat toe 'n probleem gehad hê maar nou is daar
reeds 40 tot 45 persent! Dis bykans tien keer meer! Die algemene
onvrugbaarheid het toe gestaan op 1,5 % maar is nou reeds 8-9%. Die
Vlaamse manne het nie minder saadselle nie maar die kwaliteit daarvan
is sorgelik. Daardie saadselle is nie meer so beweeglik en hulle kruip
nie meer so ver nie.
Wat is die rede? Ons ongesonde lewenswyse, milieuvervuiling, skadelike
stowwe in die grond, water en lug en die bio-industrie maak
"hormoonverstoorders" wat maak dat ons minder manlike hormone
produseer. Ook twak, alkohol, vetsug, stress, minder beweging,
spannende klere... Manne kan nog 'n bietjie troost hierin vind: daar
is pilletjies met anti-oestrogeen wat maak dat ons beter sperma kry.
Tog sal daar ná  behandeling daarmee tog nog 'n deel oorbly wat 'n
invitrofertilisatie moet toepas.
Hm.., ek voel me eie vandag so swak en kragteloos! Ek weet nie hoekom!

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Stellenbosch kruip

Tue, 06 January 2004 12:18

Stellenbosch ken 'n eredoktorsgraad toe aan Mbeki. (?)
Maar miskien moet jy maar eers kruip voor jy kan loop?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Pilchards: Vir Annette

Tue, 06 January 2004 06:16

Wat is die visvangtoestande in die Kaap? Laasjaar het julle 'n oormaat van
pilchards [sardiens] gehad en hier by ons was een moerse tekort. Die
Namibiese vissers moes soebat dat dit vrek sodat hulle toegelaat kon word om
in SA waters te vang net om hulle fabrieke en bote aan't lewe te hou.
Hulle was amper vrek, toe hulle so 'n kwota'tjie gekry het via diplomatieke
invloed.
Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, maar dit klink vir my of die spul
pilchards hierdie jaar noord neig en nou sit Namibië met die groot gros en
is daar 'n tekort in SA waters? Nou wonder ek net of ons in ons
Seevisserye iemand met humorsin het......of dalk 'n bietjie wreed gaan wees
en die spul SA bote gaan verban ook tot op die laaste moontlike oomblikke?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Flinkdink

Mon, 05 January 2004 19:08

Nuwe reeks begin 06/01/2004

Kyk gerus uit vir 'n bekende gesig.....

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

" Bruilofslied " deur DONALD RIEKERT

Mon, 05 January 2004 17:33

Donald W. Riekert

Bruilofslied

Op Swartklip roep die
bruilofsgaste Gryp klippe
laat ons die son afgooi
bo die swartrant Kom laat
ons die rooi turksvy slag
Dat ons die dans dans
Onthou dis turksvytyd
Trap en swaai op die plat
klip Skop die bokmis stof
Soen die bruid Maar pasop dat
die dorinkies nie die soet
te lank vasknoop op jou tong
Môreoggend knipoog jy net
lê die son rooi turksvy op
jou karos en die voorbok trek
voorslag voor die skaaptrop uit

Prosa & poësie | 0 kommentare

Plastiekgeld

Mon, 05 January 2004 17:14

Ek lees in 'n studie oor die plaasaanvalle in Suid-Afrika dat dikwels
plaasaanvalle gebeur op Vrydag. Vrydag is 'n dag waarop baie boere
dikwel groot bedrae geld in hulle besit het om hulle werkers te
betaal..
Nou, dan vra ek me eie af hoekom dit is nog nodig om die mense te
betaal met baar geld? Dis tog heeltemal onveilig? As nou elkeen 'n
girorekening het waarop die werkgewer die lone kan stort dan is die
risiko vor hom tog baie minder dat hy besoek kry van diewe? Waar niks
is kan niks gesteel word nie! Kan mense in Suid-Afrika dan nie betaal
met 'n credit card nie? Ek weet daar is baie mense wat nie hou van
credit cards nie. Dis dan te moeilik of hulle dink dis die bank wat
dan hulle geld steel. Of daar is mans wat geen girorekening wil hê nie
omdat hulle vrou dan kan sien dat hulle feitlik meer verdien het as
dat hulle maandeliks aan hulle vrou gee vir die huisbestuur. En dan is
daar ook die ou mense wat heeltemal nie kan of wil werk met credit
cards nie.
Hier in België is dit haas nie meer moontlik om nog jou geld
regstreeks in banknote van jou werkgewer te kry nie. Die laaste mense
wat nog betaal word met banknote is gepensioeneerdes wat maandeliks
nog hulle pensioen kry van die posbode. Maar nou gaan ook daar die
betalingswyse verander wat net daardeur is die posbodes dikwels ook
hier nog slagoffer van oorval.
Of miskien help 'n berig aan die voordeur: "Diewe moenie binnekom nie,
hier is alles al gesteel!"

Groete uit Vlaandere,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Procedimento (knip)

Mon, 05 January 2004 16:12

Baie interessant - en wat nou as ons die Italiaans
nie beheers nie? - seker 'n beriggie van die onbekende
pizza frisbee eh?
p

onsinnige teks knip knip -

In article , Tizio
wrote:
> PROCEDIMENTO PER OTTENERE NUOVE RISORSE ALIMENTARI

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Huil Huil deur K.Vosloo

Mon, 05 January 2004 09:32

Huil Huil deur K. Vosloo - 1902

O!
OOo!
OoOoOo!!
O, maar my hart is seer vir die:
..berge
..wind
..see
..taal
..oupa
..ouma
..stoep
..plaas
..veld
..osse
..boere
..boere-wors
..velskoen
..kaalvoet
..ens, ens.
O!

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Nuwe Pad

Mon, 05 January 2004 07:01

Gister oor die nus word gepraat van die En- Ie tussen Kaapstad en
Johanesburg.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Olimpiese Spele

Mon, 05 January 2004 06:35

Janee- dis al weer daardie jaar - nou wonder ek of ons Olimpiese swemspan
weer leliewit gaan wees.
:))
--
Annette

Sport & ontspanning | 9 kommentare

Bladsye (1838): [ «    465  466  467  468  469  470  471  472  473  474  475  476  477  478  479  480    »]
Tyd nou: Thu Jan 16 04:54:14 UTC 2025