Die afgelope maande draal 'n saak waar van die plaaswerkers en die boer in
'n dispuut is en uiteindelik die werkers afgedank is en hulle van die plaas
afgesit is. Die probleem het blykbaar begin deurdat 'n boerbok van die een
van die werkers aanmekaar in die plaas se groentetuin gaan kuier en hulle
gewaarsku is oor die bok en die sondes. Uiteindelik het die boer se pa 'n
geweer gevat en die bok vrekgeskiet in die tuin. Uit wraak [so blyk dit]
het een van die vrouens in wie se sorg ganskuikens was, die een kuiken se
kop vermorsel. Toe is die jam in die fên....
Gister het die arbeidshof uitspraak gelewer en gesê dat die boer nie die
arbeidswet tot die letter gevolg het nie en dat hy daarom hulle weer moet
aanstel en kompensasie moet betaal vir die tyd wat hulle nie 'n inkomste
gehad het nie. Niemand weet nog wat van die werkers gaan word wat die boer
in hul plek aangestel het nie [hy lewer onder andere uitvoerblomme aan die
oorsese mark en dis arbeidsintensief]. Wat wel 'n feit is, is dat alhoewel
die afgedankte werkers vir die oomblik gewen het, hulle maar swaar gaan trek
vorentoe. Hulle gaan hul baar lone ontvang en al die byvoordele wat
normaalweg aan 'n plaas gekoppel word en as 'normaal' aanvaar word, gaan
soos mis voor die son verdwyn. Verder gaan hulle verseker al die swaarste
handearbeid kry en uiteindelik gaan hulleself padgee.
Ek moet nog hoor van 'n enkele geval waar 'n werker sy saak teen sy
werkgewer wen en dan werklik wen.
Is dit 'n reklamefoefie om vir Barbie ander mans te verkoop (en vroue vir
Ken)? Ek dink die grootmense moet hulle probleme vir hulleself hou en nie
die kinders daarby betrek nie.
Na aanleiding van die mense wat by Mekka dood is, het 'n Moslem dame geskryf
dat sy nie meer in 'n God kan glo wat jaar na jaar by Mekka vir soveel
lyding sorg nie.
Dit het natuurlik 'n hewige reaksie uitgelok, nie net van Moslems nie.
'n Gereelde bydraer het die dame ondersteun in haar siening, en nou het die
visier van haar na hom verskuif.
Wat net opvallend is, is dat die vrae wat deur die dame gevra en Denis
herhaal word, net nooit beantwoord word nie.
Een skrywer sê reguit hy weet nie hoekom dit so is nie, maar dis die liefde
en vreugde wat hy elke dag aanskou wat van hom 'n gelowige maak.
Nou - ek is seker daar is enkele gevalle - maar by die oorgrote meerderheid
by dood weet ek net van mense wat huil en treur. Van lag en handeklap van
vreugde by die dood het ek self nog nooit ervaar nie.
--
Annette
> To Annette and all other readers - if you don't feed this TROLL then he's
> sure to die.
>
Ag, moenie worrie nie, Fred. Daardie Nude Raider is mos self 'n
Afrikaner!
Norbert (uit Vlaandere)
(As dreigemente nie help nie, nou, besig dan komplimente! :-) )
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storie-verteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
om hy alleen is.
Ek hoor vanoggend op Dieremaniere dat as mens wit dra, dan kalmeer dit bye,
en jy sal dan nie gesteek word nie.
Dit is hoekom byeboere wit oorpakke dra as hulle met die korwe werk.
Nou wonder ek net, hoekom dra bruide wit?:)