Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toestromingsbeheer

Di., 29 Junie 2004 07:24

Daar kom tye wat mens nie weet of jy moet lag en of jy moet huil nie. Die
algemene bestuur van die land en sy bronne wat moet voortgaan, onafgesien
van die beleid van die politieke meesters. Ons land is geweldig droog en
drinkwater is een massiewe probleem op beide die kort- en die langtermyn.
Die ingenieurs van Waterwese sit al vir die afgelope 100 jaar met die
probleem dat die bevolking al groter word en vir hulle water voorsien sal
moet word. So het die ou Duitse regering hiermee gespook en later die
verteenwoordigende SA regering ook. Feit van die saak was, dat Namibië net
drie standhoudende riviere het, en al drie is op sy landsgrense. Twee
noord en een suid.
Dis toe dat die amptenary betrokke [LW nog nie die politici nie!]
besluit het dat desentralisering van besighede die antwoord moet wees want
hulle moet toestroming van werklose jong mense na die stad Windhoek, stuit.
Deur besigheidsgeleenthede te stimuleer in die 'tuislande', sou meer werk
ontstaan in die platteland en sou dit die druk op Windhoek se waterbronne
verlig het.
MAAR, die opposisie politici het dit nie so gesien nie en hulle het die
idee gepropageer dat dit die Boere was wat bloot apartheid wou bedryf en die
stad wou weghou van die swart meerderheid af. Kom nuwe regering en hulle
skep geen werk nie en die swart stroom van werklose jong mense uit die
noorde van die land [waar water is!] neem by die dag toe en waar Windhoek op
die langtermyn omtrent net so 120 -150 000 mense kan water gee, hardloop
getalle nou al na oor die 200 000 toe en word by die dag meer. NOU kom
Swapo se minister van waterwese en hy sê dat hulle aan toestromingsbeheer
dink as 'n manier om die druk op watervoorsiening te verlig! Die blaam is
natuurlik steeds op die 'apartheidvarke' wat nie voorheen toestromingsbehher
toegepas het nie!!!!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Algemene Verkiesing in Kanada

Ma., 28 Junie 2004 22:35

Vandag is daar 'n algemene verkiesing vir die federale regering
in Kanada. Dit gaan 'n naelbyter wees. 'n Jaar gelede sou mens
aangeneem het dat die sittende Liberals weer maklik 'n
meerderheidsregering sou kon bereik. Vandag wag almal om
te sien wat aangaan. Hulle verwag óf 'n Liberale óf 'n Konserwatiewe
minderheids-regering.
Wat verander het in die jaar en so die politieke landskap:
(1) Paul Martin, eertydse baie suksesvolle Minister van
Finansies, het op 'n amper onderduimse manier vir
Jean Chretien onder druk geplaas om hom te onttrek
van die Liberale Party se leierskap, en het in die proses
baie Liberals self vervreem, wat vandag heelwaarskynlik
vir die linkse NDP ( New Democratic Party) gaan stem,
of in Quebec vir die Bloc Quebecois. Of vir die Green
Party.
(2) 'n Skandaal, the Sponsorship Scandal, het 'n groot
swart kol op die Liberals se rekord begin word. Die
Sponsorship scandal was die volgende: voor die
vorige verkiesing is miljoene en miljoene dollars
aan verskeie Liberal-geallieerde maatskappye en
aan verskeie kroonmaatskappye gegee om advertensies
te plaas en konserte en saamtrekke te reël in Quebec,
om die mense van Quebec oor te haal om liewer
federaal te stem en nie vir die Parti Quebecois nie.
Al die name in die skandaal is Franse name. Sekere
mense word nou deur die RCMP ondersoek. Maar
hierdie skandaal het mense in Quebec in die arms van
die Bloc ingejaag, nadat mense verwag het dat die
Bloc Quebecois ( die federale lede van die afskeidings-
neigende Parti Quebecois) nie veel meer om die lyf
het nie. So 'n hele klomp setels wat voorheen Liberal
was in Quebec, gaan heelwaarskynlik vandag Bloc
word.
(3) Die ou Tory Conservative Party het omtrent tien jaar
gelede opgesplits in verskeie kleinere partye: die
Bloc in Quebec, die Reform Party in die Weste en
dan die oorblywende Conservatives, wat nooit 'n
groot meerderheid in die federale regering kon behaal
nie. In die laaste paar maande het die opvolger van
die Reform Party en sekere lede van die Conservatives
saamgesmelt, en hoeveel mense vir hierdie nuwe
party gaan stem is wat vandag die deurslag gaan gee.
Nie alle Conservatives hou van hierdie nuwe party
nie. Sommige werk vir die Liberals van Paul Martin
liewer as vir die Conservative Party van Stephen
Harper. Oor 'n paar uur sal ons begin sien hoe die
wind waai, en wie die nuwe eerste minister van
Kanada gaan word: Paul Martin of Stephen Harper.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Tameletjie

Ma., 28 Junie 2004 17:37

Ons weet tog almal hoe maklik jy jou in en om die huis kan beseer. Daar was
nou 'n saak by die CCMA wat deur 'n huisbediende gewen is. Die huiseienaar
het aangedring dat sy 'n vigs-toets ondergaan. Toe die uitslag positief
terugkom, is sy afgedank.
Omdat die regering ( dept van arbeid) nie, soos hulle moet, riglyne vir die
werkgewer neerlê nie, is die gevolg natuurlik dat geen huiseienaar 'n werker
in diens gaan neem sonder 'n naslaanbare gesondheidsertifikaat nie. Meer
mense wat werk nodig het, sonder werk.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ongewapende sekuriteit

Ma., 28 Junie 2004 11:09

Wanneer die nuwe wapenwet in werking gestel word op 1/7/2004, maak dit in
effek die meeste sekuriteitsfirmas en sekuriteit by firmas onwettig om
wapens te gebruik want alle gebruikers van vuurwapens in die
sekuriteitsbedryf moet 'n bevoegheids-sertifikaat toon. Hierdie sertifikaat
kan slegs verkry word by ge-akkrediteerde toetsers.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Internasionale uitbreiding

Ma., 28 Junie 2004 11:04

Ons RowerMoordenaars brei uit.
'n Lid van Michael Flatley se Lord of the Dance-groep is in Johannesburg
vermoor. Sy skootrekenaar is geroof. Optredes in Johannesburg is opgeskort,
maar die vertonings in die ander sentra sal voortgaan.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoekom altyd Jan?

So., 27 Junie 2004 08:42

Eers by alt.languages.afrikaans gepos, maar lyk my hulle is almal rugby toe.

---

Jan Alleman
Jan Fiskaal
Jan Groentjie
Jan Pierewiet
Jan Taks
Jan ... altyd Jan ...

en Koos onder die bed?

:-)

TJ

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

" My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH

So., 27 Junie 2004 02:25

MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou

Prosa & poësie | 4 kommentare

Rugby Vandag.

Sa., 26 Junie 2004 16:06

NZ, Oz en die BokProts was net baie gelukig vandag:))
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Haatspraak op Internet

Sa., 26 Junie 2004 05:29

"I refuse to idly stand by and watch my culture become destroyed for the
benefit of inferior peoples
".
Overgesetsynde in Afrikaans 'n tipiese uitspraak van ET en die aanhangers
van die Boeremag.
Bg is egter die kernboodskap van Stormfront.org - een van die haatwebblaaie.
Hierdie webblad is die oudste haatblad op die internet, wat al van 1995 af
bestaan. Die eienaar is Don Black, 'n vorige KKK "Grand Dragon".
Die blad het ook 'n vroublad, wat gerig is op " Aryan women" en 'n
kinderblad, wat hanteer word deur Black se 14-jarige seun, en kinders oa
vertel hoe om ander te betrek in rassistiese besprekings.
Dit sal interessant wees om te weet tot hoe 'n mate die BoereMagleiers hul
oortuigings berus op die leerstellings en skrywes van die KKK en ander
haatorganisasies wat lank voor hulle bestaan het.
Die nuutste TBI se artikel oor tegnologie gaan oor haatwebblaaie.
Die ander twee blaaie wat pertinent genoem word is: God Hates Fags - wat
hanteer word deur Rev Fred Phelps van die Westboro Baptist Church (
ledematetal 100) - wat 'n duidelike ooreenkoms sien tussen seksuele
voorkeure en "sodomiete". Hy haal selfs Deut 23:1, Mat 7:6, Fil 3:2, Pet 2:
7,8,12,22 en Openb 22:15 aan ter ondersteuning van sy redenasie.
an NOI. Org ( Nation of Islam) wie se kerngedagte is: " White people aren't
human yet - they need more time to evolve
" Die bekendste voorstander van
hierdie organisasie is Louis Farrakhan. NOI word gekoppel aan verskeie
politieke moorde, oa van aktivis Malcolm X, 'n vorige NOI lid.

--
Groetnis
Annette

Rekenaars & selfone | 29 kommentare

Wees bedag

Sa., 26 Junie 2004 05:03

Ek weet dat mens graag geld gee vir organisasies wat fondse insamel vir
welsyn. Hierdie organisasies is veronderstel om in NPO nommer te toon.
Ongelukkig is dit nie 'n versekering dat dit 'n wettige organisasie is, of
dat die geld nie gaan vir die welsyn van die kollekteerders nie. Maak dus
seker dat die geld gekollekteer word vir 'n sekere welsyn, en nie vir 'n
organisasie wat beweer dat hulle fondse insamel vir 'n sekere
welsynsorganisasie nie.
Ek het die inligting gekry van 'n ondersoekartikel in TBI

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    394  395  396  397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407  408  409    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 07:04:50 UTC 2026