Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

NSAT(New SA tv)

Di., 06 Julie 2004 00:06

Ek weet wat hulle dink.

Hulle dink (weet) dat die afrikaaner is 'n groot poepholl.
Die dom afrikaander dink hulle gatte stink nie.
Die dom afrikaander is lui - wag vir die Pekkies om die werk toe doen.

Maar die Engelse spreekende wit mense is OK - normaal.

Ja mense - die dae van die boeretjies is al lankal verby. Hulle is regtig
'n klomp doese, die heele lot van hulle, elk een behalwe niemand.
Niemand wil hulle he in eenige land nie. Maar die doners kruip in ooral, en
hulle nonsens begin. Maar die mense van hierdie lande skop hulle gatte
sodra hulle daie vuil afrikaans hoer, en maak vir hulle die regte taal
praat, of anders skop hulle die vuil bliksems uit hulle lande uit - weg jou
vuil bliksems - UIT!

Ja my klein poepholltjies, waar is die groot baase nou? - he?

Nee wat, is is jammer, vegeet dit boeda, dank die hemmel dat daie bliksems
is nou amper uitgesmeer is, hulle taal, die lot.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vrotties

Ma., 05 Julie 2004 20:48

NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------

Ons hoer hier in Ysland dat die nuwe nik-naam vir afrikaanders is
'vrotties'.
Hulle se dit kom uit 'afrikaander Vrot Banana' uit.
Is dit waar?

Dankie PL.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Brandaan se reis

Ma., 05 Julie 2004 18:14

Ek lees - worstel is miskien meer gepas! - op die oomblik 'n Afrkaanse
boek oor die reis van die heilige Brandaan. Die eerste deel van die
boek is 'n ellelange dermuitryg van die Middeleeuse teks, tesame met 'n
vergelyking met DJ Opperman se Brandaan-siklus. Op bladsy 43 lui 'n
frase 'n klokkie by my. Daar staan: "Rykheer (1961:74) merk hiervan op:
"In 'Brandaan' verskuif die toneel...". Rykheer? Blaai ek gou agtertoe
en sien daar in die bibliografielys: "Rykheer, Gloudina M. 1961. Die
stryd om digterskap in die poësie van D. J. Opperman. P.D.-proefskrif.
Pietermaritzburg: Universiteit van Natal".

Nè! Gloudina in haar prille jeug, dink ek. Sy is mos 'n nooi Rykheer,
dan nie? So as sy oor gedigte, en veral DJ Opperman, praat, moet ons
seker maar aanvaar dis evangelie?

Wat is 'n P.D.-proefskrif?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Nederlanders

Ma., 05 Julie 2004 14:19

Ek sien op die net iewers dat die Nederlanders nou die langste nasie in die
wereld is. Jare gelede was dit die Amerikaners. Die Swede is glo tweede.
Een Nederlander se dit is omdat hulle baie suiwelprodukte gebruik, en hulle
mediese skemas is beter as ander lande, m.a.w. almal het toegang tot gratis
mediese dienste. Die gemiddelde Amerikaanse man is glo 5' 9" (jammer ek
weet nie wat die metrieke maat is nie), en die gemiddelde Am. vrou is 5 '4",
dus stofpoepertjies :-) Gemiddelde Nederlandse man is 6' 1"en vrou 5' 7".

Nogal interessant. Wonder wat die gemiddelde S.Afrikaner is? Ek is 5'8",
maar so met die ouderdom dink ek ek krimp effens ;-)

E

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

NSAT (New SA tv)

Ma., 05 Julie 2004 13:56

As enige van julle jorse in UK of IRL woon, en SKY sateliete het,
daar's 'n nuwe TV Kanaal vir SAffers:

http://www.nsat.tv/

Volgens hulle web is daar 1.5 miljoen Saffers in London
alleen.....jeez

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wimbledon

Ma., 05 Julie 2004 07:17

Die skoonheid vs die ondier...........en die skoonheid wen!

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Diefstal by supermark

Ma., 05 Julie 2004 07:13

By die Swakopmund'se Vat en Betaal-winkel koop ek Saterdag kruideniersware
en soos gewoonlik stoot jy die karretjie na die kassier en begin uitpak.
Hulle lui dit op deur die items by die 'scanner' verby te sleep, gee die
totaal, ek gee die kontant en ghoebaai! Tot die dag wat jy die strokie
bekyk uit verveeldheid terwyl jy sit en wag in die kar en items sien wat jy
nie gekoop het nie. In my geval, het ek so 'n 3,6% geskenk vir
'regstellende aksie'!!!!! Teruggaan na die winkel se bestuurder sal nie
help nie, want al wat hy vir jou sal vertel is dat jy na die skerm moet kyk
en sien dat die regte goed deurgaan. Sekerlik is hy reg, behalwe dat jy
vir meeste van die tyd hol in die lug staan terwyl jy die karretjie uitpak.
So, hoe doen hulle dit? Ek besluit toe om te gaan rondstap en dop te
hou vir so 'n klompie minute. Probeer om soos die krimineel te
dink......en wat sou ek waarneem? Die werkers het rakke onder die toonbank
en daar steek hulle items weg wat hulle vroeër uit die rakke gehaal het en
as die kliënt nie kyk nie [veral die groter kopende kliënt] dan glip hulle
'n item verby die 'scanner' en sit hom terug onder die rak om later huistoe
te vat? Ek het ook 'n dame gesien wat 'n barcode plakker onder aan haar
oorjas se mou geplak het en dan as die tyd reg is, dit deursit.
Volgende keer by die supermark....as jy jou geldjies waardeer: Kyk!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Mooi deur H.L. Ackermann

Ma., 05 Julie 2004 01:13

Mooi - deur H.L. Ackermann Okt. 1899

Dis mooi soo, dis soo mooi,
so lelik is die veld, die veld so lelik.
Ja dis mooi, dis so mooi,
Al nog die veld is lelik.

Nog, nig, nag - Ja ja ja!
Al is die mense in the veld
so mooi ek kan verstaan
Daar in die lelik veld.

Daar kom die uil van ver af,
hy kom staan in die veld
so mooi is die uil,
so lelik die veld.

Uit die boeke van digsters, 1902.

Prosa & poësie | 3 kommentare

" Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP

Sa., 03 Julie 2004 21:50

VERKNOEIDE MIRAKEL
Vir Nataniël le Roux
Hennie Aucamp (Teen latenstyd, 1987)

Die son wat jy beloof het,
het nooit die dag geskyn nie;
die drank wat jy geskink het,
was water en geen wyn nie.

Jou haardos wat geblink het,
het hennarooi besiel,
maar toe ek dit vertroetel,
was jou lokke van akriel.

Jou borste wat beloof het
'n koninklike buit,
was onbestand teen passie:
sinteties ingespuit.

Jou rokke wat geval het
soos water van 'n krans,
het om jou spits bly karring:
en kyk, ons was twee mans.

Die son wat jy beloof het,
is uitgedoof tot nag;
en na ek jou vermoor het,
het ek jou weer verkrag.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hallo

Sa., 03 Julie 2004 18:43

Dit is die (sowat) vierde keer
wat ek hier deur julle sitkamervenster loer.
Julle stel teleur vandag. Die ander kere
het julle mekaar in die hare gevlieg sonder
werklike provokasie, en vandag, lyk almal
half verskonend. Ek was besig om op
televisie 'n louwarm debat dop te hou,
en dink toe dat ek hier by julle groep
meer agressie as daar gesien het.
Het julle nou kalmeerpille gedrink?

Kawa

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    392  393  394  395  396  397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 09:59:07 UTC 2026