Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Jan Smuts se " Holism and Evolution "

Do., 05 Augustus 2004 22:10

Ek kan nie weer die plek in 'n draad vind waar "Plato"
vir my gevra het of ek aan ewolusie glo nie. En waar hy
vir my vertel het dat hy wel dele van Jan Smuts se boek
gelees het. Nou begin ek maar 'n nuwe draad, deels om
"Plato" te antwoord.

Ek het die boek "Holism and Evolution" van Jan Smuts
hier by my, maar ek moet bieg (soos seker vele andere)
dat ek dit nog nie van hoek tot kant deurgelees het nie.
Want die boek is baie tegnies van aard. En het ook
bittermin te doen met wat vandag onder "holism" verstaan
word. (Die boek het in 1926 verskyn.) Die boek is,
volgens Smuts, aanvoorwerk vir 'n nuwe kyk op die
konsep van ewolusie. Sover ek kan sien, vind Smuts dat
die navolgers van Darwin met sy konsep op loop
gegaan het en dit dus verdraai het. "The great Darwinian
conception has been somewhat blurred by later
developments, in which attention has been concentrated
on the factor of Variation rather than on Natural Selection."
Hy sê verder: "The real secret is in the cell, in the germ-cell
or fertilized ovum rather than in the external situation....
That is the inner seat of Holism, which is the real source
of all variation and Evolution."

Of ek in "ewolusie " "glo", is 'n ander storie. Vir iemand
wat beinvloed word deur die baie gesofistikeerde denke
van die filosofieë wat die afgelope drie-duisend jaar of
meer op die Indiese subkontinent ontwikkel het, sal ek
eers baie kwalifikasies moet verduidelik, voordat ek sê
"dat ek aan ewolusie glo."

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Net Afrikaans...?

Do., 05 Augustus 2004 20:41

Naandsê mense,

Hoe vreemd! As 'n groentjie in die groep
is dit vir my ongewoon dat so baie Engels
hier toegelaat word, in vergelyking met
ander taalkletsgroepe. Wat is die reëls
hier? Is daar nie 'n keermeester vir die
groep nie?

Groetnis

--
le fermier bien fada

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Ons eerlike president (Amerikaanse politiek)

Do., 05 Augustus 2004 20:20

Sopas geluister na 'n toespraak wat Bush gelewer het kort na hy 'n
$US417 billion spending bill geteken het.
Lees mooi stadig, want kyk, die ou is eerlik. 'n Eerlike en opregte
Christen man.

" Our enemies are innovative and resourceful, and so are we. They
never stop thinking about new ways to harm our country and our
people, and neither do we."

Dankie president Bush. Ons het geweet ons kan op jou staatmaak.

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Friends

Do., 05 Augustus 2004 19:21

Vanaf Woensdagaand verlede week, was ek nog elke aand
in 'n vergadering, vanaand ingesluit. Sewe sessies na mekaar:-)
Eintlik komies, dink ek so by myself, in ag genome dat ek, tot ek
terwyl ek op kantoor was, botweg geweier het om 'n vergadering
by te woon, tensy ekself 'n insetsel moes lewer.

Vanaand, na twee ure se vergaderings en onderhoude met drie
aspirantintrekkers, kom kyk ek nuus, en as lekker ontspanning,
kom ek en 'n wit beker swart Nescafé kyk wat gaan aan op SCSAA.

En na al die Al-Quaida, Plaas, en Kaapstadstories, 'n hele rits
aanvalle en verdedigings sowel as ag voeitog ou Foeitog stories, en
emi/immigrasie sentimente, lag Dave Du Plessis so in sy mou, en dink
aan
Edna Buchanan se woorde:
'Friends are the family we choose for ourselves.'

Ook het sy gesê : True friends are those who realy know you
but love you anyway

Op 'n manier dink ek, het sy dalk van ons groep geweet.

DD

Don't hate the player,
hate the game.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Culture!? Don't make me laugh!

Do., 05 Augustus 2004 19:08

This newsgroup is supposed to be about Afrikaans culture. If what I see
here is representative of Afrikaans culture, heaven help us. You are
all so hung up about the fuckin' Apartheid era tha you can't see past
the ends of your noses. Stop the bitchin'and moanin' and smell the
coffee, man!

Yeah, so everything is not hunky dory. But what's new 'bout that? The
previous "regime" (I HATE that word!) was a lot of wankers, so is the
new one. So is the USA's Bush-government and no doubt so will the
forthcoming Kerry-government also be. Learn to live WITH and USE the
system in your favour: dog eat dog, every man for himself and fuck the
rest, is what I say.

Or is it that your "culture" revolves around bitchin' and moanin'?

Can't you see the old hag from Canada is just stringin' you all along?
Everything she accuses you lot of, she does and much more, sometimes in
the very post that she harangues you with.

Sheesh, you ARE a lot of dumb motherfuckin' rockspiders!

--
Zaphod Beeblebrox IV
President of the Universe

Wake up and smell the Pangalactic Gargleblaster!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Al-Quaida teiken die RSA

Do., 05 Augustus 2004 13:57

Waarom?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaapse weer

Do., 05 Augustus 2004 11:11

Annette, sit jou huisie darem nog vas aan die berg?

Ek lees dit spoel so hard daar en nog water kom.

Mense moes selfs per boot gered word.

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wenk van die week

Do., 05 Augustus 2004 08:41

Indien jy dink dat niemand omgee of jy lewe en of jy dood is nie, probeer
bietjie om 'n paar huisverband paaiemente oor te slaan.

Humor & grappe | 0 kommentare

Kunstekaap beperk ontwrigtings ná brand

Do., 05 Augustus 2004 07:25

Kunstekaap beperk ontwrigtings ná brand

Kunstekaap kon daarin slaag om ontwrigtings tot die minimum te beperk ná die
onlangse Teaterbrand op Maandag, 26 Julie. Sommige opvoering moes herskik of
geskuif, of gekanselleer word. Alle ander opvoerings in die ander drie
teaters - die Operahuis, Arena en On the Side - gaan voort soos beplan.

Die openingseremonie van die Kaapse Women of the World (WOW) Fees is na die
Holiday Inn, Strandstraat verskuif. Meeste van die ander feesvertonings sal
by Kunstekaap voortgaan (besonderhede hieronder). Die Russiese kamerballet,
Moskva, se drie vertonings van Vrydag en Saterdag is verander tot een
vertoning op Maandagaand, 16 Augustus in die Operahuis. Die Jazzart
Dansteater en CAFDA Dans se Celebration Ten + 50 is na Sondag, 19 September
2004 in die Kunstekaap-Teater geskuif.

Vertonings van die alom-gewilde kinderopvoering, Vlooi en die Reus / Kipper
and the Giant, is na die 700-sitplek Ouditorium by die Durbanville Hoërskool
verskuif. Met die skuif is 'n verdere 5 200 kaartjies beskikbaar gestel. Dit
kan by Cathy Beckman van Kunstekaap bespreek word by telefoon 021 410 9805.
Meer as 16 000 kaartjies is reeds verkoop.

Die jaarlikse Skole Kunstefees is ook gekanselleer.

Kunstekaapnuus sal voortgaan om lesers op die hoogte van sake te bring oor
alle nuwe verwikkelinge by die Kunstekaap Skouburg.

Boogie Nights - 28 Julie tot 15 Augustus

Die beste disko-treffers van die sewentigs gaan gehore in hierdie dolverhaal
oor daardie dekade in vervoering bring. Hierdie aanbieding se koorsagtige
energie vra vir meer in die Kunstekaap Operahuis! Kaartjies kos van R106 tot
R190 en is beskikbaar van Computicket http://www.computicket.com of
Kunstekaap Bel-'n-Sitplek, Tel: 021 421 7695. Om meer media-inligting,
skakel gerus Berniece Friedmann by Tel: 021 434 4951 of sellulêr: 082 892
5877.

Kaapse WOW Fees - 4 tot 8 Augustus

In die aanloop tot Nasionale Vrouedag op Maandag, 9 Augustus is die
Kunstekaap-Skouburg in beroering met uitvoerende kunste, lesings,
uitstallings en werksessies. Op Saterdag, 7 Augustus 2004 is toegang na alle
vertoning gratis

Vinger-Alleen op Vrydag en Saterdag 6 en 7 Augustus in die Kunstekaap On the
Side is 'n komedie deur Lindie Stander en Gaerin Hauptfleisch wat met die
daaglikse geklikhede van Suid-Afrika die spot dryf. Pasop. Niemand is veilig
nie!. Kaartjies kos R10.

Nongqawuse speel op 5 Augustus in die Kunstekaap Arena. Lede van die
Community Arts Project (CAP) gebruik teater, beelde, sang en dans om hierdie
deel van die Xhosa-geskiedenis op die planke te bring. Kaartjies kos R10.

Fragile Crossings is 'n dubbelaanbieding in die Kunstekaap-Arena, op 4 en 6
7 Augustus. Crossings gaan oor die tog van 'n vlugtelingvrou van Burundi na
Kaapstad. Fragile is 'n enkelstuk van 'n vrou wat uitvind dat haar metgesel
MIV-positief is. Die kaartjies kos R10.

Feelings and Feet in Kunstekaap On the Side op 4 en 5 Augustus is 'n
multimedia-aanbieding deur Mavis Smalberg wat haar poësie van die afgelope
dekade belig. Die kaartjies kos R10.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket http://www.computicket.com of
Kunstekaap Bel-'n-Sitplek, Tel: 021 421 7695. Om meer media-inligting,
skakel Merle Falken by Tel: 021 448 7948.

1975 - 11 tot 28 Augustus

Die bekroonde aktrises, Jana Cilliers en Antoinette Kellermann, lewer 'n
nostalgiese en genuanseerde terugblik op die 'goeie ou dae' toe Elvis
Presley en Maria Callas nog daar was, Sonja Heroldt beroemd geword het, en
miskien lui die name BJ Vorster en die Broederbond vir mense nog 'n klokkie?
Die stuk staan onder regie van Marthinus Basson en is geskryf deur Saartjie
Botha. Kaartjies kos van R50 tot R65 en is beskikbaar by Computicket
http://www.computicket.com of Kunstekaap Bel-'n-Sitplek Tel: 021 421 7695.
Om meer media inligting, skakel Saartjie Botha op sellulêr 082 853 1484.

Moskva, Russese Kamerballet - 16 Augustus

Die drie opvoering van die Moskva, Russiese Kamerballet op Vrydag en
Saterdag, 13 en 14 Augustus is verander na een vertoning op Maandag, 16
Augustus in die Kunstekaap Operahuis. Die geselskap is in 1991 gestig en
bestaan uit 'n klassieke geselskap, 'n eietydse dansgroep en 'n grafiese
balletafdeling. Kaartjies kos van R130 tot R170 en is beskikbaar by
Kunstekaap-Bel-'n-Sitplek Tel: 021 421 7695 of Computicket
http://www.computicket.com. Teatergangers kan hulle kaartjies by die
Kunstekaaplokket of enige Computicket omruil. Om meer media inligting,
skakel Linette de Kock by Tel: 021 410 9812.

Vlooi en die Reus / Kipper and the Giant Man - 18 Augustus tot 4 September

Die minlike Vlooi / Kipper karakter uit die Oxford University Press se reeks
skuif na die Ouditorium by die Durbanville Hoërskool. Vanjaar het die
karakters 'n menigte uitdagings wanneer hulle deur die reus, Chester,
gekonfronteer word. Daar is weeksdae twee opvoerings en een opvoering op
Saterdag, 4 September 2004. Kaartjies kos R20 op weekdae en R30 op Saterdag.
Dit kan bespreek word by Cathy Beckman van Kunstekaap by Tel: 021 410 9805.
Om meer media inligting, skakel Margit Meyer-R�denbeck by sellulêr: 083 303
3430.

Teatersport - deurlopend

Hierdie interaktiewe improvisasie-komedie is die aanbieding by Kunstekaap
wat die langste aan die gang is. Dit herinner aan die geslaagde TV-reeks
Whose line is it anyway? Elke opvoering is anders en waarborg 'n lagbui per
minuut. Die aanbiedings is om 20:30 (8.30 nm) op Dinsdag- en Donderdag-aande
by Kunstekaap On the Side. Uiterste Teatersport op die eerste Dinsdagaand
van die maand is ekstra lewendig, want alle reëls word oorboord gegooi.
Kaartjies kos R30 (R25 vir studente) en is by die deur te kry. Om meer
inligting, en besprekings, skakel Megan Choritz by Tel: 021 465 6691 of
sellulêr: 083 440 3961.

Volgende aan die beurt

Ballet Gala, 'Occasion' - 21 en 22 Augustus in die Kunstekaap Operahuis
Anna Karenina - 24 tot 28 Augustus in die Kunstekaap Operahuis
Serenade-kompetisie - 23 August in die Kunstekaap Operahuis

NAMENS KUNSTEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM
Medianavrae:
Linette de Kock, Kunstekaap, Tel: 021 410 9812
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263
www.artscape.co.za

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Al-Quaida teiken die RSA

Do., 05 Augustus 2004 05:33

Omdat hier so 'n lewendige Moslemgemeenskap is?
--
Groetnis
Annette
> Waarom?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    379  380  381  382  383  384  385  386  387  388  389  390  391  392  393  394    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 09:45:02 UTC 2026