Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dan Roodt in Business Day

So., 06 Februarie 2005 19:24

Dan Roodt: Interessant is dit weer 'n Afrikaner wat politiek korrek
probeer wees:
____________________________________________________________ __________________
Roodt exposes himself again

06 February 2005

AN INTERESTING spin-off of life in democratic South Africa has been
the
unmasking of certain high-profile academics who had paraded in a haze
of
pseudo-liberalism during the apartheid years, but who have since shown
us who they really are — institutionalised brains unable to cope with
the country's social evolution.

Of these, Dr Dan Roodt is perhaps the prime exponent (although he is
constantly challenged to the throne by the likes of Professor Hermann
Giliomee). I find his particular brand of deranged intellectual
narcissism sad but also extremely amusing, "Whites needed no help"
(June
30).

It is very telling that Roodt should attempt to question Professor
Makgoba's ability to build a sustained argument when his own eulogy to
colonialism and Afrikaner nationalism is riddled with "flawed logic
and
simplistic argument".

Afrikaners may have pulled themselves from widespread poverty amid
"hostility and discrimination from English-speaking whites" but it
would
be highly disingenuous to claim historical victimhood considering we
trampled on 80% of the population to reach the top.

Roodt's claim that European settlers "stumbled upon Stone Age cultures
…
without any assets and with no orderly system of land ownership" reads
like a quote from a 1950s history textbook.

Perhaps he borrowed a few lines from the father of "negrology",
Stephen
Smith.

Both gentlemen seem to share a taste for generalisation and an
astounding ignorance of life on this continent, yet dare to comment in
public on what they perceive as "blacks' narcissism and obsession with
their African identity".

It is indeed one of the ironies of this world that a PhD in philosophy
does not guarantee insight.

If it did, Roodt would not be a bigot regurgitating colonial myths
about
Africa and making a fool of himself yet again. — Wynand Prinsloo [who
obviously thinks he can score some points by kissing ass]
Johannesburg
____________________________________________________________ _________________
Mr. Wynand Prinsloo describes me as an "academic" (Sunday Times 6
February), yet I am far too level-headed and critical of
twentieth-century communism and fascism ever to be offered a post at a
university. I have never even been invited to address an academic
gathering in this country. He accuses me of "being a bigot
regurgitating colonial myths about Africa" and that I rely on Stephen
Smith's 2003 book Negrologie (which we have incidentally just
translated into Afrikaans, to be published soon).

I would like to ask Mr. Prinsloo if he believes the political and
economic collapse of Zimbabwe to be a "colonial myth"? Are the civil
wars in the Congo, the Ivory Coast, as well as the Rwandan, Ethiopian
and Sudanese genocides equally due to "colonial misinformation" about
Africa which is otherwise a model of so-called "good governance"?

Of course not. African failure since independence, despite massive
amounts of external aid as documented by Smith, Robert Guest and
others, is an uncomfortable fact. So is the utter lack of scientific
or technological thought in Africa prior to contact with the West.

I am afraid "the noble savage" is another very Western idea, first
formulated by Rousseau. Mr. Morewane Maisela believes that "both
Afrikaners and the English found ethnic groups living in tranquillity
and harmony", yet in the 1830s the Voortrekkers found the interior
devastated by the Mfecane in which a million people are estimated to
have died. Contemporary Africa is indeed a paradise, but a "paradise
of cruelty" as Stephen Smith calls it. Similarly, the lost idyll of
pre-colonial life was "tranquil" because of ambient death resulting
from tribal wars.

Afrikaners did not "trample on 80% of the population", otherwise there
would not have been so many hospitals, schools and universities built
during the apartheid era and which we can still observe around us with
our very eyes, despite so much government propaganda holding that
South Africa rose miraculously out of a Proustian teacup when the ANC
dipped its Madeleine in it ten years ago.

I have no problem with Mr. Maisela applying ruthless affirmative
action to create a world in which there would be no white managers,
teachers or sportsmen. This was after all what apartheid sought to
achieve, a complete separation of the races. Logically, there is no
difference between apartheid and black consciousness or negrology. It
is a pity that both Verwoerd and Steve Biko got killed before they
were able to talk to one another and devise a system acceptable to
black and white alike. The current system satisfies neither side, as
it will always have to discriminate against whites, yet will never
meet black demands for money and power.

Dan Roodt
Skrywer, uitgewer, en direkteur, PRAAG
epos dan#praag.org
Posbus 3103
Dainfern
2055 Suid-Afrika
____________________________________________________________ _______________
Last but not least some Black racism and myth-making in the same
paper:

____________________________________________________________ _____________
Colonists had evil intentions

06 February 2005

Print friendly Send to a friend

DAN Roodt's retaliation against Makgoba's essay has a derogatory,
racist
and "Afro-pessimistic" aura.

History informs us that the Europeans did not have civil and organised
intentions when they invaded Africa — rather slavery, torture, murder
and oppression.

Both Afrikaners and the English found ethnic groups living in
tranquillity and harmony.

At least there were no genocides, which have subsequently occurred as
a
result of borders imposed by white colonialists.

"The orderly system of land ownership" praised by Roodt is one of the
factors that encouraged the Anglo-Boer War.

Affirmative action should be executed without fear or apology to serve
the interests of most black South Africans, especially women who
succumbed to brutal situations created by whites who think like Roodt.

You should have left before 1994 with your pessimistic family. —
Morewane Maisela, Pretoria
____________________________________________________________ ______________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mikro Primary School Standoff

Vr., 04 Februarie 2005 22:28

Hello,

I am interested in reactions from both English and Afrikaans-speaking
South Africans about the decision by the governing board of the Mikro
Primary School in Kuilsriver to go to court to prevent English-speaking
pupils from enrolling in the school. More broadly, I would like to hear
your views on the future of Afrikaans-only schools (including the
historically Afrikaans universities) in the post-apartheid South
Africa.

Thank you for sharing your opinion.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Onwettig om te bedel

Vr., 04 Februarie 2005 14:40

Dit volgens die polisiesegspersoon - nadat etlike straatbedelaars in Gauteng
aangekeer en aangekla is.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaans

Vr., 04 Februarie 2005 01:19

Ek weet ek's maar min hier deesdae, maar moes net hierdie ene met julle
deel.

Elaine

--------------------------

'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid,
die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!

Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste
rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories
bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie. Hy betuig verder
sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool
teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.

Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar
Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle
ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir alle kinders wat
nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee. Omdat hierdie nogal 'n
noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die skool gekom
om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half eenkant - weg van die
onderwysers af. Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op
na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee
Gideon mense se kant toe en se:

"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"

Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd
vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens
uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry
nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor
verskuif.

N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Ons het die woord al
te veel verniel in Afrikaans.

Humor & grappe | 3 kommentare

Die Pous

Do., 03 Februarie 2005 12:03

Ek hoop die Pous raak gou gesond, maar hy kan mos nou die pakket vat en gaan
af koel op 'n tropiese eiland. Hy is dan nou net soos flippen Robert
Mugabe, hulle weet fokkol van aftree of uittree nie....Miskien het hulle 'n
bet aangegaan om te sien wie kan die lankste aan karring.

Geloof & kerksake | 2 kommentare

Gezocht: Ria van der Merwe (De Vries)

Do., 03 Februarie 2005 09:21

Help, met spoed gezocht. Pretoria? Ouder dan 60.
Wie kent haar?
(Nieuwenhoven-Vogelzang)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ai Krieket

Do., 03 Februarie 2005 05:59

Daar vang ons toe weer vir ons-self uit. Die aangeneemde Pommie Kevin
Pietersen werk so op my gat, hy is nogal uitgesproke en baie opgemaak met sy
nuwe land asof Suid Afrika uit die hond se gat kom....Wens Nel kan hom boul
laat hy sterre sien.....

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Wie onthou nog?

Do., 03 Februarie 2005 04:46

Dinsdagmiddae net ná ses was dit Haas Das. Dit onthou ek.
En Donderdae was dit World at War. En Saterdae Columbo. En
Sondagaande was die kerk leeg, want dan het ons saam met Jacques
Cousteau die wêreld onder die see verken.
Ek praat van die beginjare van TV in die land: die middel sewentigs.
Stevie Ferreira-hulle was die eerste mense op ons dorp wat 'n TV-stel
gekry het - 'n Barlowvision, met 'n 77 cm-skerm. Pal Colour. Al ons
laaities was die middag by toe Beares se bakkie hom by hul huis kom
aflaai het. En toe Stevie se pa hom aanskakel, het ons stil geraak en
na daardie veelkleurige toetspatroon op die skerm gestaar asof dit 'n
soort Kleed van Turyn is.
Ons het daardie middag maklik 'n uur lank toetspatroon gekyk. Stevie
se ma, 'n tannie met tamaai, goue oorbelle, het later in die deur kom
staan, en gesê: "Julle outjies moet kom koekies kry."
"Netnou, antie," het ons gemompel. "Netnou." En bly sit.
'n Maand of wat later het Beares se bakkie vir ons ook 'n TV gebring.
En van toe af was niks meer dieselfde nie: my ma het ons eetkamer
in 'n TV-kamer omgeskep en saans het ons op ons nuwe TV-trays voor
die TV geeet. Ons het nie meer Scrabble gespeel, of na die aandstorie
oor die radio geluister, of soms tot laat op die grasperk gelê en kyk
hoeveel satelliete ons kan sien nie.
Ons het ook nie juis meer by die bure gekom nie. Of hulle by ons nie.
En tussen alles deur het ek my pa se ou reënjas begin dra en uit die
hoek van my mond begin praat, nes my held, Columbo. Die vroue het hul
hare Purdey-styl laat sny en almal het hul nuwe honde Petrocelli of
Boomer gedoop. Taki het sy kafee se naam van die Acropolis na die
Dallas Hamburger Hut verander en Falconetti van Rich Man, Poor Man
was 'n gemerkte man in ons dorp.
En op 'n dag, in 1976, toe ons die TV aanskakel, toe marsjeer daar
kinders deur Soweto se strate en steek geboue en motors aan die
brand.
Nou die dag kom ek toevallig af op 'n koerant van 1976 - 15 Junie
1976: die dag voor die Soweto-opstande uitgebreek het. En raai wat is
op die voorblad? Nie 'n foto van padblokkades, doringdraad en
woedende townshipkinders nie. Op die voorblad pryk David Carradine,
held van Shane, die cowboyreeks op Woensdae. Onder 'n vet opskrif wat
lui: GAAN HY HAAR VANAAND SOEN?
Die stil, sterk Shane se gesloer om die heldin te soen, het daardie
jaar swaar op ons gemoed gelê.
Shane is later opgevolg deur Bonanza, met Lorne Green as Horse
Cartwright. Soweto is opgevolg deur Sebokeng en Boipatong. Bobby
Ewing is een Dinsdagaand doodgeskiet en ses maande later het hy
opgestaan uit die dode in 'n stort in Southfork. Trompie het 'n
sakeman geword. PW het in 1989 sy vinger 'n laaste keer in ons
rigting geswaai op Agenda, en 'n jaar of twee later, toe stap Madiba
een Sondagmiddag uit die tronk, terwyl ons saam met Clarens Keyter
warm kry. En toe verander Cliff Saunders in Snuki Zikalala, Sarel
Seemonster in Zet, en Kolie van Coller in Felicia Mabuza-Suttle.

Dana Snyman het dit op 21/04/03 In Beeld geskryf, mooi nê?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

" Kontinentale Drywing " deur CHARLES DURAND

Wo., 02 Februarie 2005 13:53

KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand

Warrelwind

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Stilte

Wo., 02 Februarie 2005 10:44

Toe was daar stilte in die NG............

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «    327  328  329  330  331  332  333  334  335  336  337  338  339  340  341  342    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 23:49:04 UTC 2026