Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sanlam... inligting...?

Wo., 30 Maart 2005 14:15

Ek lees die volgende opskrif in Finansies en Tegniek se webtuiste:
Lesse van die Sanlam-uitspraak
DIE onlangse uitspraak van die Pensioenfondsberegtiger teen die Sentrale
Uittreeannuïteitsfonds (SUAF) en Sanlam maak steeds opslae en gaan wyd
weerklank vind
Verder kan ek niks uitvind nie, want om die artikel te lees moet ek inteken
(teen byna R500) op die gedrukte weergawe.
Nou wonder ek net of iemand nie dalk die artikel gelees het en vir my kan
vertel waaroor dit gaan nie - of dalk kan iemand die hele artikel scan en
plaas?
Ek sal dit baie waardeer.
Dankie solank.
Henry in Pennsylvania

Ekonomie & geldsake | 7 kommentare

Is Dan Roodt dalk reg oor die geweld deur Afrikane?

Di., 29 Maart 2005 23:46

http://www.sky.com/skynews/article/0,,30000-13317117,00.html

FACE OF ESSEX RAPIST
Police investigating the rape of a young girl have released an artist's
impression of the attacker.

The girl, who has not been identified but is aged between five and 10,
was attacked in her bed while her mother and five other children were
asleep at her home in Basildon, Essex.

The attack happened on the Craylands estate between 9.30pm last
Wednesday and 8am the following morning.

Police are urging anyone who recognises the man to contact them
immediately.

The spokeswoman said: "The investigation team is keen to hear from
anyone who recognises the individual even if they are not completely
certain that they recognise him."

She said the attacker may not be local to the area but because the road
where the attack took place did not lead anywhere so it was unlikely
that he was just passing through.

Essex Police are treating the case as stranger rape as the girl did not
recognise her attacker and there was no sign of forced entry to the
house.

The girl was attacked as her mother, her three siblings and two other
children who were guests in the house, slept nearby.

The attacker is described as black, aged 18-20, with black hair, dirty
teeth except one distinct clean tooth.

He was said to be skinny and was wearing a grey top with dark writing,
loose fitting ripped trousers and a distinctive ring bearing the word
"boyz" or "boys".

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Haarsnyer erken vernedering

Di., 29 Maart 2005 22:56

Ja, en so word ons maar meegesleur. Mense besef duidelik nie dat net so
veel reg as wat die Kollapen boelie het om te dink sy hare moet by die
haarkapper gesny word, soveel reg het die haarkapper om te weier om dit
te doen. Te hel met die redes. Sekere mense in die samelewing van ons
eien hulle die oppergesag toe om ander se besluite vir hulle te maak.
Die ding gaan nog "backfire" in 'n groot manier. As iemand nie jou hare
wil sny nie is dit jou probleem. Soek iemand wat wil. Waarvoor moet jy
jouself gaan staan en opdwing?

------------------------------------------------

Haarsnyer erken vernedering
Liela Magnus

'n Manshaarkapper in Centurion het Dinsdag erken dat sy salon op grond
van ras gediskrimineer het teen mnr. Jody Kollapen, voorsitter van die
Menseregtekommissie (MRK), deur te weier om sy hare te sny omdat hy nie
wit is nie.

Luidens die skikkingsooreenkoms tussen mnr. Koos du Preez en Kollapen,
in sy persoonlike hoedanigheid, het Du Preez om verskoning gevra vir
Kollapen en nog drie mans wie se hare hy geweier het om te sny.

Hy het erken dat die salon se beleid vernederend was en die mans se
waardigheid aangetas het.

Kollapen het Du Preez verkla nadat hy in September 2003 die deur gewys
is toe hy sy hare in Du Preez se salon wou laat sny. Hy is glo
meegedeel dat die salon slegs wit mense se hare sny en is na 'n ander
haarkapper in die sentrum verwys.

Adv. Gideon Scheepers, Du Preez se regsverteenwoordiger, het aanvanklik
aangevoer dat Du Preez nie opgelei is om "etniese of inheemse" hare te
sny nie.

Hy het aangevoer dat hy mislei is deur te glo dat hy nie Asiate se hare
kan sny nie. Hy het eers onlangs besef die haarstruktuur van Asiate en
Westerlinge is dieselfde nadat sy regsverteenwoordigers met kundiges
gekonsulteer het. Du Preez het intussen sy salon se beleid verander en
sny nou ook mense van Asiatiese afkoms se hare.

Kollapen en Du Preez het nadat Kollapen getuig het, buite die hof 'n
ooreenkoms bereik wat 'n bevel van die hof gemaak is deur landdros
Sivas Padajachee. Luidens dié bevel moet Du Preez R10 000
skadevergoeding betaal. Dié geld sal na liefdadigheidsorganisasies van
die klaer se keuse gaan.

Du Preez en sy werknemers moet ook binne twee maande opleiding ontvang
om mense met "etniese of inheemse" hare te kan bedien. Du Preez moet
self vir die opleiding betaal wat sowat R1 000 per dag kos.

Kollapen het buite die hof gesê die doel van die klag was nooit om Du
Preez te verneder of om hom finansieel te ruïneer nie. "Party mense
werk gewillig saam aan die nuwe Suid-Afrika en ander moet saam gesleep
word.

"Dit was nie 'n aangeleentheid oor hare nie, maar oor gelykheid. Ek
hoop dit stuur 'n boodskap uit aan die res van die land," het hy gesê.

lma...@beeld.com

© 2002 NEWS 24 - Kopiereg voorbehou

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Sangoma gee ander man se huis weg.

Di., 29 Maart 2005 22:50

Ja, Ferdi, Gloudina en kie, ons ou landjie gaan beslis vooruit. Kop
eerste by die voorruit uit!

-----------------------------------------------------------

Sangoma gee gesin se huis weg
Virginia Keppler

'n Gesin van Meyerspark in Pretoria kon hul ore nie glo nie toe hulle
van vakansie af terugkom en hoor 'n sangoma het hul huis aan 'n
vreemdeling gegee.

Mnr. Marius Lombard (41, gesigfoto) sê toe hy en sy gesin
Maandagmiddag by hul huis aankom, was die elektriese hekke met slotte
gesluit. Lombard, sy vrou, Waldette, en hul vyf kinders was die naweek
aan die KwaZulu-Natalse Suidkus vir 'n kort vakansie.

"Ek het eers gedink iemand het by ons huis ingebreek en dat die
veiligheidsmaatskappy die hekke gesluit het, maar hulle het van niks
geweet nie."

Lombard het toe sy buurman, mnr. Norbet Allgeier, gevra of hy die hekke
gesluit het, maar hy het ook van niks geweet nie.

"Ek het die plek heeltyd dopgehou en nooit iets gesien nie," het
Allgeier Dinsdag gesê.

Lombard en Allgeier het toe besluit om die slotte oop te knip.

"Terwyl ons die eerste slot oopgeknip het, het 'n man daar aangekom. Hy
vra my toe wie my die reg gegee het om sy slotte oop te knip, want hy
het sleutels daarvoor.

"Hy het die sleutels vir my gegee en tot my verbasing het dit die ander
slot oopgesluit."

Volgens Lombard het die man toe al 'n hele paar dae op sy erf gewoon.
Hy het ook 'n sak met klere daar gehad.

"Die man het vertel dat 'n sangoma vir hom gesê het hy moet 'n huis
gaan uitkies en die hekke sluit, want dan word dit syne.

"Toe ek sê ek gaan die polisie bel, het hy gesê dis reg so, want dan
kan hy die polisie self vertel dit is sy huis."

Die polisie het die man uiteindelik verwyder. Lombard het geen klag
teen hom aanhangig gemaak nie.

"Hy het niks beskadig of gesteel nie en hy het nie in die huis gebly
nie" het Lombard Dinsdag gesê.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nederlands

Di., 29 Maart 2005 22:18

Is hier bekend of er een nieuwsgroep bestaat die alle talen die afgeleid
zijn van het Nederlands (Nederlands, Vlaams, Afrikaans, Surinaams,
Antilliaans)? Alvast bedankt.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Ferdi "Bubbles" Greyling

Di., 29 Maart 2005 22:16

Hi Ferdi,

Net so terloops. Gaan jy Plato se vragie antwoord of nie? Dink jy
werklik SA sou tot die vlak waar hy nou is ontwikkel het as dit nie vir
die wit mense hier was nie?

Kom Bubbles. Antwoord bietjie of gaan jy hoender op jouself pluk op die
een ook?

Groetnis tjom!
En ja ek kyk steeds vir jou...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hierdie ou forumpie is te liberaal!

Di., 29 Maart 2005 21:19

Die ou forumpie is by verre te liberaal. Ek dink ons moet bietjie plan
maak om mense soos Gloudina 'n paar van die waarhede in die ou lewe te
leer. Julle kom met vêr te veel onsin weg op die ou forumpie.

Kom ons kyk of julle die waarheid kan hanteer.

Groetnis
En ek kyk vir jou!

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: boer gedig

Di., 29 Maart 2005 21:17

Mnr Briggs,

Ons sal moet sien oor die een. Gee dit maar so paar jaar dan praat ek
en jy weer.

Groete
En onthou, ek kyk vir jou!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Doemprofete oor niks

Di., 29 Maart 2005 06:54

Ons hoor 'n ewige geteem dat Afrikaans glo besig is om uit te sterf.
Se voet.
Behalwe vir die Engelse fees te Grahamstad, is daar etlike en aaneen
Afrikaanse kultuurfeeste, en ek weet nie van 'n enkele fees vir enige van
die ander etniese tale nie.
Hulle is tog onder dieselfde gevaar om deur Engels oorheers en oorgeneem te
word.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Wapenamnestie 'n mislukking?

Ma., 28 Maart 2005 12:08

Ek lees dat SA se vuurwapenamnestie sleg misluk het weens die feit dat 70%
van die vuurwapens wat ingehandig was, mense was wat of 'n geërfde vuurwapen
was wat hulle nie wil registreer nie want hulle wil dit nie gebruik nue, of
mense wat nie kans sien vir die verhoogde koste en probleme van die nuwe
lisensiestelsel nie. Van onwettige, gesteelde vuurwapens is weinig
gesien......

Veiligheid & wapens | 80 kommentare

Bladsye (1834): [ «    314  315  316  317  318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 15:35:43 UTC 2026