Iemand meld in een van die koerante gister dat Onse Prez sedert Januarie nog
nie sy voet landuit gesit het nie.
Waar hy voorheen goedsmoeds vir elke krisis wêreldwyd op sy vliegtuig geklim
het om te gaan help, moes die hulpsoekendes die afgelope 2 maande SA toe kom
vir oplossings. Selfs Zuma moes in sy plek na die lyk van die pous gaan kyk
het.
Die skrywer vra of daar iets verkeerd is met sy vliegtuig.
Riaan skryf:
So paar maande gelede het ek gesê, ek wonder hoe lank die NG nog gaan
bestaan aangesien dit op daai staduim gemiddeld 5 plasings per dag gehad
het, en nou ewe skielik is hier 'n klomp nuwe mense (of is dit 'n klomp oues
met nuwe name)
Groete
Riaan
............................................................ ............................................................ ........................
Ek het verdwyn vir 'n jaar. Eergister het ek besluit om gou weer te loer.
Toe vloek ek vir klaar weer vir Max. Ek verwyt niemand hier nie, maar die ng
werk vreeslik negatief in op my. Ek's nie hiervoor gebou nie. Ek weet nie
hoe Dave, Gloudina, Ferdi, Max, Annette en nog ander so ure kan deurbring op
die groep nie. Waar kry julle die tyd en die krag?
My lewe het verander vandat ek van die vervlakste rekenaar afgeklim het. Ek
kom selfs voor 22:00 in die kooi.
Vanaand huil ons net met een oog:))
Die Bulle en Stormers moet maar vliegtuie vol ondersteuners saamvat as hulle
daar oorkant gaan speel.
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
Ek is lid van die Henning-familiebond en ontvan elke maand 'n nuusbrief
waarin die prestasies van die Hennings en hulle talentvolle kinders van tyd
tot tyd besing word.
Ek sal egter graag 'n studie wil maak van die lede van hierdie familie wat
met die gereg gebots het (van hulle hoor 'n mens mos nooit nie).
Is dit moontlik om sulke name en die aard van hulle misdade van iewers af te
kry? Iets soos 'n sentrale misdaadregister? Weet iemand?
My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.
My pa se spesialis stel hom gerus dat hy net vir die bloedoortappings gaan
en dan sal hy weer huis toe kom... nie so erg nie, mens het nie die wêreld
se beste hospitaal nodig daarvoor nie. Vier ure en R25 later en Pappie lê
met die drip is sy brose handjie... tussen 3 VIGS pasiente wat op hulle
laaste is.
Hy jaag my weg, en eers vanmiddag besluit ek om my pa se wense te ignoreer
en maar hospitaal toe te gaan.
Daar is net een suster in die saal aan diens, en die sit lekker in die
dienskamer en koffie drink.
En Pa is moerig. Sy dokter het gesê hy kan huis toe gaan nadat die bloed in
is, maar die staatsdokter sê hy kan hom nie ontslaan nie want hy's nie my pa
se dokter nie, en die privaat dokter sê hy mag nie, want hy't geen sê reg in
die staatshospitaal nie.
Pa is op 'n spesiale dieët... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
self regop sit nie. Sy kossies het maar daar in die bedkassie gebly. Hulle
het gesê hy kan eet wanneer hulle vir hom sy kos bring (3 keer 'n dag) of hy
kan maar honger ly. Pa het van gister af niks geëet nie. En hy moet eet...
presies soos die dokter voorgeskryf het. Pa het tog immers nie meer 'n maag
nie... hy's altyd honger. Dink net as hy vir twee dae nie geëet het nie, hoe
honger moet hy dan wees? Hulle het darem vanoggend vir hom een botteltjie
koeldrank gegee. Pa moet 8 liter vloeistowwe 'n dag inkry of hy ontwater.
Pa se potjie was te ver weg vir hom om by te kom, so hy kon homself nie
verlig nie. Die ou urine van gisteraand en vanoggend het nog steeds net so
gestaan.
Die ander 3 pasiënte se situasies was nie veel beter nie... die vrot urine
het die hele saal vol gestaan. Een van hulle het in 'n poel vrotsel van een
of ander aard gelê. Die kamer het so gevrot ek was skoon naar. Ek storm uit
vir 'n bietjie vars lug, en hier kom 'n arme skepsel, wat skaars kan loop
uit die toilet gesukkel, sy gesig en nek is oortrek van die sere. Dis
besoektyd en die gange is besig... die skepsel horrelpoot, horrelpoot teen
een treetjie 'n minuut die gang af "Toe, toe, toe" jaag Suster hom aan,
"ek's haastig." Haar koffie was seker besig om koud te word.
Die mens lyk of hy wil huil nadat Suster so lelik met hom was. My hart breek
amper so jammer kry ek hom en ek gaan haal vir hom 'n rolstoel, hy lyk
dankbaar - maar wil liewer self loop, sy kamer is net daar oorkant wys hy
vir my. So 20 tree weg... ek staan vir hom en kyk... tien minute later was
hy darem daar.
Toe ons 3-uur daar was toe lê Pa al van die oggend 10-uur af, met die leë
drip in sy hand.
Ons gaan vra vir Suster of ons Pa maar kan laat ontslaan, al die bloed is
in. Hy het niks anders in die hospitaal nodig nie, ek en Ma versorg hom self
by die huis. Ewe mislik vertel Suster vir ons as hy homself ontslaan kom hy
nie weer terug nie... hulle SAL hom NIE help NIE.
Pa is min gespin, hy reken hy verkoop liewer sy kar, maar hy gaat nie terug
na daai krot van 'n hospitaal toe nie. Ek maak Pa se goedjies bymekaar; sy
botteltjies koeldrank, die vloer en sy klere is nog vol bloed soos hy gister
gebloei het toe hulle die naald ingesit het. Ek gryp die bottel dettol, wat
Ma saamgebring het loop wasbak toe om die handdoekpapier nat te maak, maar
die krane is flenter. Ek gebruik maar die dettol net so en maak die vloere
en Pa se botteltjies self skoon.
Ons help Pa self uit die bed, kry die antieke rolstol en stoot hom die
hospitaal uit. Suster sit nog steeds in die dienskamer en koffie suip.
Pa moes net een aand in daai hospitaal lê. Mens sal mos nooit nie gesond
raak in so plek nie. Dink net as jy 'n week of twee weke daar moet wees?
Behalwe vir die kans op infeksie, is die atmosfeer nie reg vir siek mense
nie. Die bietjie staf wat daar is, skrou een en weer vir mekaar en niemand
wil tog twee dae lank in sy eie vrotsel lê nie.
Deur die hele 'ordeal' het een persoon ons gehelp. Die manlike 'orderly' het
vir ons gewys hoe om die rolstoel se briek af te haal.
Maar die hospitaal se gangvloere was darem redelik skoon, die badkamers het
so bietjie gestink, maar dit was darem nie VREESLIK vuil nie. Lyk of dit so
eergister skoongemaak is en hulle het hulle eie komberse gehad... ons maak
darem vordering. Mens kan seker ook nie bloed uit 'n klip tap nie. Ek kan
hulle kant ook insien... kan ok net soveel doen met wat hulle het. Maar dis
ook nou nie nodig om die pasiënte soos honde te behandel nie. Inteendeel, ek
dink my honde kry beter behandeling by die veearts as wat daai arme mense
kry.