Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Staatshospitale... al weer
Staatshospitale... al weer [boodskap #102383] Vr, 08 April 2005 00:12 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.

My pa se spesialis stel hom gerus dat hy net vir die bloedoortappings gaan
en dan sal hy weer huis toe kom... nie so erg nie, mens het nie die wêreld
se beste hospitaal nodig daarvoor nie. Vier ure en R25 later en Pappie lê
met die drip is sy brose handjie... tussen 3 VIGS pasiente wat op hulle
laaste is.

Hy jaag my weg, en eers vanmiddag besluit ek om my pa se wense te ignoreer
en maar hospitaal toe te gaan.

Daar is net een suster in die saal aan diens, en die sit lekker in die
dienskamer en koffie drink.

En Pa is moerig. Sy dokter het gesê hy kan huis toe gaan nadat die bloed in
is, maar die staatsdokter sê hy kan hom nie ontslaan nie want hy's nie my pa
se dokter nie, en die privaat dokter sê hy mag nie, want hy't geen sê reg in
die staatshospitaal nie.

Pa is op 'n spesiale dieët... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
self regop sit nie. Sy kossies het maar daar in die bedkassie gebly. Hulle
het gesê hy kan eet wanneer hulle vir hom sy kos bring (3 keer 'n dag) of hy
kan maar honger ly. Pa het van gister af niks geëet nie. En hy moet eet...
presies soos die dokter voorgeskryf het. Pa het tog immers nie meer 'n maag
nie... hy's altyd honger. Dink net as hy vir twee dae nie geëet het nie, hoe
honger moet hy dan wees? Hulle het darem vanoggend vir hom een botteltjie
koeldrank gegee. Pa moet 8 liter vloeistowwe 'n dag inkry of hy ontwater.

Pa se potjie was te ver weg vir hom om by te kom, so hy kon homself nie
verlig nie. Die ou urine van gisteraand en vanoggend het nog steeds net so
gestaan.

Die ander 3 pasiënte se situasies was nie veel beter nie... die vrot urine
het die hele saal vol gestaan. Een van hulle het in 'n poel vrotsel van een
of ander aard gelê. Die kamer het so gevrot ek was skoon naar. Ek storm uit
vir 'n bietjie vars lug, en hier kom 'n arme skepsel, wat skaars kan loop
uit die toilet gesukkel, sy gesig en nek is oortrek van die sere. Dis
besoektyd en die gange is besig... die skepsel horrelpoot, horrelpoot teen
een treetjie 'n minuut die gang af "Toe, toe, toe" jaag Suster hom aan,
"ek's haastig." Haar koffie was seker besig om koud te word.

Die mens lyk of hy wil huil nadat Suster so lelik met hom was. My hart breek
amper so jammer kry ek hom en ek gaan haal vir hom 'n rolstoel, hy lyk
dankbaar - maar wil liewer self loop, sy kamer is net daar oorkant wys hy
vir my. So 20 tree weg... ek staan vir hom en kyk... tien minute later was
hy darem daar.

Toe ons 3-uur daar was toe lê Pa al van die oggend 10-uur af, met die leë
drip in sy hand.

Ons gaan vra vir Suster of ons Pa maar kan laat ontslaan, al die bloed is
in. Hy het niks anders in die hospitaal nodig nie, ek en Ma versorg hom self
by die huis. Ewe mislik vertel Suster vir ons as hy homself ontslaan kom hy
nie weer terug nie... hulle SAL hom NIE help NIE.

Pa is min gespin, hy reken hy verkoop liewer sy kar, maar hy gaat nie terug
na daai krot van 'n hospitaal toe nie. Ek maak Pa se goedjies bymekaar; sy
botteltjies koeldrank, die vloer en sy klere is nog vol bloed soos hy gister
gebloei het toe hulle die naald ingesit het. Ek gryp die bottel dettol, wat
Ma saamgebring het loop wasbak toe om die handdoekpapier nat te maak, maar
die krane is flenter. Ek gebruik maar die dettol net so en maak die vloere
en Pa se botteltjies self skoon.

Ons help Pa self uit die bed, kry die antieke rolstol en stoot hom die
hospitaal uit. Suster sit nog steeds in die dienskamer en koffie suip.

Pa moes net een aand in daai hospitaal lê. Mens sal mos nooit nie gesond
raak in so plek nie. Dink net as jy 'n week of twee weke daar moet wees?
Behalwe vir die kans op infeksie, is die atmosfeer nie reg vir siek mense
nie. Die bietjie staf wat daar is, skrou een en weer vir mekaar en niemand
wil tog twee dae lank in sy eie vrotsel lê nie.

Deur die hele 'ordeal' het een persoon ons gehelp. Die manlike 'orderly' het
vir ons gewys hoe om die rolstoel se briek af te haal.

Maar die hospitaal se gangvloere was darem redelik skoon, die badkamers het
so bietjie gestink, maar dit was darem nie VREESLIK vuil nie. Lyk of dit so
eergister skoongemaak is en hulle het hulle eie komberse gehad... ons maak
darem vordering. Mens kan seker ook nie bloed uit 'n klip tap nie. Ek kan
hulle kant ook insien... kan ok net soveel doen met wat hulle het. Maar dis
ook nou nie nodig om die pasiënte soos honde te behandel nie. Inteendeel, ek
dink my honde kry beter behandeling by die veearts as wat daai arme mense
kry.

Groete
Elaine
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102385 is 'n antwoord op boodskap #102383] Vr, 08 April 2005 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
... maar dan ook weer, my honde betaal baie meer by die veearts ...

TJ

"Elaine" skryf in boodskap news:d34i95$hjc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
> sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
> vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
> bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.
>
> My pa se spesialis stel hom gerus dat hy net vir die bloedoortappings gaan
> en dan sal hy weer huis toe kom... nie so erg nie, mens het nie die wêreld
> se beste hospitaal nodig daarvoor nie. Vier ure en R25 later en Pappie lê
> met die drip is sy brose handjie... tussen 3 VIGS pasiente wat op hulle
> laaste is.
>
> Hy jaag my weg, en eers vanmiddag besluit ek om my pa se wense te ignoreer
> en maar hospitaal toe te gaan.
>
> Daar is net een suster in die saal aan diens, en die sit lekker in die
> dienskamer en koffie drink.
>
> En Pa is moerig. Sy dokter het gesê hy kan huis toe gaan nadat die bloed in
> is, maar die staatsdokter sê hy kan hom nie ontslaan nie want hy's nie my pa
> se dokter nie, en die privaat dokter sê hy mag nie, want hy't geen sê reg in
> die staatshospitaal nie.
>
> Pa is op 'n spesiale dieët... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
> het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
> eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
> self regop sit nie. Sy kossies het maar daar in die bedkassie gebly. Hulle
> het gesê hy kan eet wanneer hulle vir hom sy kos bring (3 keer 'n dag) of hy
> kan maar honger ly. Pa het van gister af niks geëet nie. En hy moet eet...
> presies soos die dokter voorgeskryf het. Pa het tog immers nie meer 'n maag
> nie... hy's altyd honger. Dink net as hy vir twee dae nie geëet het nie, hoe
> honger moet hy dan wees? Hulle het darem vanoggend vir hom een botteltjie
> koeldrank gegee. Pa moet 8 liter vloeistowwe 'n dag inkry of hy ontwater.
>
> Pa se potjie was te ver weg vir hom om by te kom, so hy kon homself nie
> verlig nie. Die ou urine van gisteraand en vanoggend het nog steeds net so
> gestaan.
>
> Die ander 3 pasiënte se situasies was nie veel beter nie... die vrot urine
> het die hele saal vol gestaan. Een van hulle het in 'n poel vrotsel van een
> of ander aard gelê. Die kamer het so gevrot ek was skoon naar. Ek storm uit
> vir 'n bietjie vars lug, en hier kom 'n arme skepsel, wat skaars kan loop
> uit die toilet gesukkel, sy gesig en nek is oortrek van die sere. Dis
> besoektyd en die gange is besig... die skepsel horrelpoot, horrelpoot teen
> een treetjie 'n minuut die gang af "Toe, toe, toe" jaag Suster hom aan,
> "ek's haastig." Haar koffie was seker besig om koud te word.
>
> Die mens lyk of hy wil huil nadat Suster so lelik met hom was. My hart breek
> amper so jammer kry ek hom en ek gaan haal vir hom 'n rolstoel, hy lyk
> dankbaar - maar wil liewer self loop, sy kamer is net daar oorkant wys hy
> vir my. So 20 tree weg... ek staan vir hom en kyk... tien minute later was
> hy darem daar.
>
> Toe ons 3-uur daar was toe lê Pa al van die oggend 10-uur af, met die leë
> drip in sy hand.
>
> Ons gaan vra vir Suster of ons Pa maar kan laat ontslaan, al die bloed is
> in. Hy het niks anders in die hospitaal nodig nie, ek en Ma versorg hom self
> by die huis. Ewe mislik vertel Suster vir ons as hy homself ontslaan kom hy
> nie weer terug nie... hulle SAL hom NIE help NIE.
>
> Pa is min gespin, hy reken hy verkoop liewer sy kar, maar hy gaat nie terug
> na daai krot van 'n hospitaal toe nie. Ek maak Pa se goedjies bymekaar; sy
> botteltjies koeldrank, die vloer en sy klere is nog vol bloed soos hy gister
> gebloei het toe hulle die naald ingesit het. Ek gryp die bottel dettol, wat
> Ma saamgebring het loop wasbak toe om die handdoekpapier nat te maak, maar
> die krane is flenter. Ek gebruik maar die dettol net so en maak die vloere
> en Pa se botteltjies self skoon.
>
> Ons help Pa self uit die bed, kry die antieke rolstol en stoot hom die
> hospitaal uit. Suster sit nog steeds in die dienskamer en koffie suip.
>
> Pa moes net een aand in daai hospitaal lê. Mens sal mos nooit nie gesond
> raak in so plek nie. Dink net as jy 'n week of twee weke daar moet wees?
> Behalwe vir die kans op infeksie, is die atmosfeer nie reg vir siek mense
> nie. Die bietjie staf wat daar is, skrou een en weer vir mekaar en niemand
> wil tog twee dae lank in sy eie vrotsel lê nie.
>
> Deur die hele 'ordeal' het een persoon ons gehelp. Die manlike 'orderly' het
> vir ons gewys hoe om die rolstoel se briek af te haal.
>
> Maar die hospitaal se gangvloere was darem redelik skoon, die badkamers het
> so bietjie gestink, maar dit was darem nie VREESLIK vuil nie. Lyk of dit so
> eergister skoongemaak is en hulle het hulle eie komberse gehad... ons maak
> darem vordering. Mens kan seker ook nie bloed uit 'n klip tap nie. Ek kan
> hulle kant ook insien... kan ok net soveel doen met wat hulle het. Maar dis
> ook nou nie nodig om die pasiënte soos honde te behandel nie. Inteendeel, ek
> dink my honde kry beter behandeling by die veearts as wat daai arme mense
> kry.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102386 is 'n antwoord op boodskap #102385] Vr, 08 April 2005 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Buster  is tans af-lyn  Buster
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Betaal jou honde belasting??

"TJ" skryf in boodskap news:N-idnXvx-aidicvfRVn-tw@is.co.za...
> ... maar dan ook weer, my honde betaal baie meer by die veearts ...
>
> TJ
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:d34i95$hjc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
>> sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
>> vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
>> bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.
>>
>> My pa se spesialis stel hom gerus dat hy net vir die bloedoortappings gaan
>> en dan sal hy weer huis toe kom... nie so erg nie, mens het nie die wêreld
>> se beste hospitaal nodig daarvoor nie. Vier ure en R25 later en Pappie lê
>> met die drip is sy brose handjie... tussen 3 VIGS pasiente wat op hulle
>> laaste is.
>>
>> Hy jaag my weg, en eers vanmiddag besluit ek om my pa se wense te ignoreer
>> en maar hospitaal toe te gaan.
>>
>> Daar is net een suster in die saal aan diens, en die sit lekker in die
>> dienskamer en koffie drink.
>>
>> En Pa is moerig. Sy dokter het gesê hy kan huis toe gaan nadat die bloed in
>> is, maar die staatsdokter sê hy kan hom nie ontslaan nie want hy's nie my pa
>> se dokter nie, en die privaat dokter sê hy mag nie, want hy't geen sê reg in
>> die staatshospitaal nie.
>>
>> Pa is op 'n spesiale dieët... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
>> het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
>> eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
>> self regop sit nie. Sy kossies het maar daar in die bedkassie gebly. Hulle
>> het gesê hy kan eet wanneer hulle vir hom sy kos bring (3 keer 'n dag) of hy
>> kan maar honger ly. Pa het van gister af niks geëet nie. En hy moet eet...
>> presies soos die dokter voorgeskryf het. Pa het tog immers nie meer 'n maag
>> nie... hy's altyd honger. Dink net as hy vir twee dae nie geëet het nie, hoe
>> honger moet hy dan wees? Hulle het darem vanoggend vir hom een botteltjie
>> koeldrank gegee. Pa moet 8 liter vloeistowwe 'n dag inkry of hy ontwater.
>>
>> Pa se potjie was te ver weg vir hom om by te kom, so hy kon homself nie
>> verlig nie. Die ou urine van gisteraand en vanoggend het nog steeds net so
>> gestaan.
>>
>> Die ander 3 pasiënte se situasies was nie veel beter nie... die vrot urine
>> het die hele saal vol gestaan. Een van hulle het in 'n poel vrotsel van een
>> of ander aard gelê. Die kamer het so gevrot ek was skoon naar. Ek storm uit
>> vir 'n bietjie vars lug, en hier kom 'n arme skepsel, wat skaars kan loop
>> uit die toilet gesukkel, sy gesig en nek is oortrek van die sere. Dis
>> besoektyd en die gange is besig... die skepsel horrelpoot, horrelpoot teen
>> een treetjie 'n minuut die gang af "Toe, toe, toe" jaag Suster hom aan,
>> "ek's haastig." Haar koffie was seker besig om koud te word.
>>
>> Die mens lyk of hy wil huil nadat Suster so lelik met hom was. My hart breek
>> amper so jammer kry ek hom en ek gaan haal vir hom 'n rolstoel, hy lyk
>> dankbaar - maar wil liewer self loop, sy kamer is net daar oorkant wys hy
>> vir my. So 20 tree weg... ek staan vir hom en kyk... tien minute later was
>> hy darem daar.
>>
>> Toe ons 3-uur daar was toe lê Pa al van die oggend 10-uur af, met die leë
>> drip in sy hand.
>>
>> Ons gaan vra vir Suster of ons Pa maar kan laat ontslaan, al die bloed is
>> in. Hy het niks anders in die hospitaal nodig nie, ek en Ma versorg hom self
>> by die huis. Ewe mislik vertel Suster vir ons as hy homself ontslaan kom hy
>> nie weer terug nie... hulle SAL hom NIE help NIE.
>>
>> Pa is min gespin, hy reken hy verkoop liewer sy kar, maar hy gaat nie terug
>> na daai krot van 'n hospitaal toe nie. Ek maak Pa se goedjies bymekaar; sy
>> botteltjies koeldrank, die vloer en sy klere is nog vol bloed soos hy gister
>> gebloei het toe hulle die naald ingesit het. Ek gryp die bottel dettol, wat
>> Ma saamgebring het loop wasbak toe om die handdoekpapier nat te maak, maar
>> die krane is flenter. Ek gebruik maar die dettol net so en maak die vloere
>> en Pa se botteltjies self skoon.
>>
>> Ons help Pa self uit die bed, kry die antieke rolstol en stoot hom die
>> hospitaal uit. Suster sit nog steeds in die dienskamer en koffie suip.
>>
>> Pa moes net een aand in daai hospitaal lê. Mens sal mos nooit nie gesond
>> raak in so plek nie. Dink net as jy 'n week of twee weke daar moet wees?
>> Behalwe vir die kans op infeksie, is die atmosfeer nie reg vir siek mense
>> nie. Die bietjie staf wat daar is, skrou een en weer vir mekaar en niemand
>> wil tog twee dae lank in sy eie vrotsel lê nie.
>>
>> Deur die hele 'ordeal' het een persoon ons gehelp. Die manlike 'orderly' het
>> vir ons gewys hoe om die rolstoel se briek af te haal.
>>
>> Maar die hospitaal se gangvloere was darem redelik skoon, die badkamers het
>> so bietjie gestink, maar dit was darem nie VREESLIK vuil nie. Lyk of dit so
>> eergister skoongemaak is en hulle het hulle eie komberse gehad... ons maak
>> darem vordering. Mens kan seker ook nie bloed uit 'n klip tap nie. Ek kan
>> hulle kant ook insien... kan ok net soveel doen met wat hulle het. Maar dis
>> ook nou nie nodig om die pasiënte soos honde te behandel nie. Inteendeel, ek
>> dink my honde kry beter behandeling by die veearts as wat daai arme mense
>> kry.
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102387 is 'n antwoord op boodskap #102386] Vr, 08 April 2005 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nie meer nie, want die liksens (bron van inkomste) is ge-"scrap" en nou het
ons ook meer brakke in die straat ...

Al het hul belasting betaal, vra die (privaat) veearts nog altyd 'n stewige
fooi en daar was/is nie 'n staats diens nie.

Moet seker maar 'n versekeringspolis uitneem vir die troeteldiere se
uitgawes en dis net so goed soos 'n belasting.

TJ

"Buster" skryf in boodskap news:d355t3$naj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Betaal jou honde belasting??
>
> "TJ" wrote in message
> news:N-idnXvx-aidicvfRVn-tw@is.co.za...
>> ... maar dan ook weer, my honde betaal baie meer by die veearts ...
>>
>> TJ
>>
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:d34i95$hjc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
>>> sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
>>> vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
>>> bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.
>>>
>>> My pa se spesialis stel hom gerus dat hy net vir die bloedoortappings gaan
>>> en dan sal hy weer huis toe kom... nie so erg nie, mens het nie die wêreld
>>> se beste hospitaal nodig daarvoor nie. Vier ure en R25 later en Pappie lê
>>> met die drip is sy brose handjie... tussen 3 VIGS pasiente wat op hulle
>>> laaste is.
>>>
>>> Hy jaag my weg, en eers vanmiddag besluit ek om my pa se wense te ignoreer
>>> en maar hospitaal toe te gaan.
>>>
>>> Daar is net een suster in die saal aan diens, en die sit lekker in die
>>> dienskamer en koffie drink.
>>>
>>> En Pa is moerig. Sy dokter het gesê hy kan huis toe gaan nadat die bloed in
>>> is, maar die staatsdokter sê hy kan hom nie ontslaan nie want hy's nie my pa
>>> se dokter nie, en die privaat dokter sê hy mag nie, want hy't geen sê reg in
>>> die staatshospitaal nie.
>>>
>>> Pa is op 'n spesiale dieet... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
>>> het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
>>> eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
>>> self regop sit nie. Sy kossies het maar daar in die bedkassie gebly. Hulle
>>> het gesê hy kan eet wanneer hulle vir hom sy kos bring (3 keer 'n dag) of hy
>>> kan maar honger ly. Pa het van gister af niks geëet nie. En hy moet eet...
>>> presies soos die dokter voorgeskryf het. Pa het tog immers nie meer 'n maag
>>> nie... hy's altyd honger. Dink net as hy vir twee dae nie geëet het nie, hoe
>>> honger moet hy dan wees? Hulle het darem vanoggend vir hom een botteltjie
>>> koeldrank gegee. Pa moet 8 liter vloeistowwe 'n dag inkry of hy ontwater.
>>>
>>> Pa se potjie was te ver weg vir hom om by te kom, so hy kon homself nie
>>> verlig nie. Die ou urine van gisteraand en vanoggend het nog steeds net so
>>> gestaan.
>>>
>>> Die ander 3 pasiënte se situasies was nie veel beter nie... die vrot urine
>>> het die hele saal vol gestaan. Een van hulle het in 'n poel vrotsel van een
>>> of ander aard gelê. Die kamer het so gevrot ek was skoon naar. Ek storm uit
>>> vir 'n bietjie vars lug, en hier kom 'n arme skepsel, wat skaars kan loop
>>> uit die toilet gesukkel, sy gesig en nek is oortrek van die sere. Dis
>>> besoektyd en die gange is besig... die skepsel horrelpoot, horrelpoot teen
>>> een treetjie 'n minuut die gang af "Toe, toe, toe" jaag Suster hom aan,
>>> "ek's haastig." Haar koffie was seker besig om koud te word.
>>>
>>> Die mens lyk of hy wil huil nadat Suster so lelik met hom was. My hart breek
>>> amper so jammer kry ek hom en ek gaan haal vir hom 'n rolstoel, hy lyk
>>> dankbaar - maar wil liewer self loop, sy kamer is net daar oorkant wys hy
>>> vir my. So 20 tree weg... ek staan vir hom en kyk... tien minute later was
>>> hy darem daar.
>>>
>>> Toe ons 3-uur daar was toe lê Pa al van die oggend 10-uur af, met die leë
>>> drip in sy hand.
>>>
>>> Ons gaan vra vir Suster of ons Pa maar kan laat ontslaan, al die bloed is
>>> in. Hy het niks anders in die hospitaal nodig nie, ek en Ma versorg hom self
>>> by die huis. Ewe mislik vertel Suster vir ons as hy homself ontslaan kom hy
>>> nie weer terug nie... hulle SAL hom NIE help NIE.
>>>
>>> Pa is min gespin, hy reken hy verkoop liewer sy kar, maar hy gaat nie terug
>>> na daai krot van 'n hospitaal toe nie. Ek maak Pa se goedjies bymekaar; sy
>>> botteltjies koeldrank, die vloer en sy klere is nog vol bloed soos hy gister
>>> gebloei het toe hulle die naald ingesit het. Ek gryp die bottel dettol, wat
>>> Ma saamgebring het loop wasbak toe om die handdoekpapier nat te maak, maar
>>> die krane is flenter. Ek gebruik maar die dettol net so en maak die vloere
>>> en Pa se botteltjies self skoon.
>>>
>>> Ons help Pa self uit die bed, kry die antieke rolstol en stoot hom die
>>> hospitaal uit. Suster sit nog steeds in die dienskamer en koffie suip.
>>>
>>> Pa moes net een aand in daai hospitaal lê. Mens sal mos nooit nie gesond
>>> raak in so plek nie. Dink net as jy 'n week of twee weke daar moet wees?
>>> Behalwe vir die kans op infeksie, is die atmosfeer nie reg vir siek mense
>>> nie. Die bietjie staf wat daar is, skrou een en weer vir mekaar en niemand
>>> wil tog twee dae lank in sy eie vrotsel lê nie.
>>>
>>> Deur die hele 'ordeal' het een persoon ons gehelp. Die manlike 'orderly' het
>>> vir ons gewys hoe om die rolstoel se briek af te haal.
>>>
>>> Maar die hospitaal se gangvloere was darem redelik skoon, die badkamers het
>>> so bietjie gestink, maar dit was darem nie VREESLIK vuil nie. Lyk of dit so
>>> eergister skoongemaak is en hulle het hulle eie komberse gehad... ons maak
>>> darem vordering. Mens kan seker ook nie bloed uit 'n klip tap nie. Ek kan
>>> hulle kant ook insien... kan ok net soveel doen met wat hulle het. Maar dis
>>> ook nou nie nodig om die pasiënte soos honde te behandel nie. Inteendeel, ek
>>> dink my honde kry beter behandeling by die veearts as wat daai arme mense
>>> kry.
>>>
>>> Groete
>>> Elaine
>>>
>>
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102391 is 'n antwoord op boodskap #102383] Vr, 08 April 2005 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is ook hartseer dat private hospitale sulke astronomiese bedrae geld
verlang, so kan 'n mens ook dan sien die verskil wat geld maak.....

"Elaine" skryf in boodskap news:d34i95$hjc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
> sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
> vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
> bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.
>
> My pa se spesialis stel hom gerus dat hy net vir die bloedoortappings gaan
> en dan sal hy weer huis toe kom... nie so erg nie, mens het nie die wêreld
> se beste hospitaal nodig daarvoor nie. Vier ure en R25 later en Pappie lê
> met die drip is sy brose handjie... tussen 3 VIGS pasiente wat op hulle
> laaste is.
>
> Hy jaag my weg, en eers vanmiddag besluit ek om my pa se wense te ignoreer
> en maar hospitaal toe te gaan.
>
> Daar is net een suster in die saal aan diens, en die sit lekker in die
> dienskamer en koffie drink.
>
> En Pa is moerig. Sy dokter het gesê hy kan huis toe gaan nadat die bloed in
> is, maar die staatsdokter sê hy kan hom nie ontslaan nie want hy's nie my pa
> se dokter nie, en die privaat dokter sê hy mag nie, want hy't geen sê reg in
> die staatshospitaal nie.
>
> Pa is op 'n spesiale dieet... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
> het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
> eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
> self regop sit nie. Sy kossies het maar daar in die bedkassie gebly. Hulle
> het gesê hy kan eet wanneer hulle vir hom sy kos bring (3 keer 'n dag) of hy
> kan maar honger ly. Pa het van gister af niks geëet nie. En hy moet eet...
> presies soos die dokter voorgeskryf het. Pa het tog immers nie meer 'n maag
> nie... hy's altyd honger. Dink net as hy vir twee dae nie geëet het nie, hoe
> honger moet hy dan wees? Hulle het darem vanoggend vir hom een botteltjie
> koeldrank gegee. Pa moet 8 liter vloeistowwe 'n dag inkry of hy ontwater.
>
> Pa se potjie was te ver weg vir hom om by te kom, so hy kon homself nie
> verlig nie. Die ou urine van gisteraand en vanoggend het nog steeds net so
> gestaan.
>
> Die ander 3 pasiënte se situasies was nie veel beter nie... die vrot urine
> het die hele saal vol gestaan. Een van hulle het in 'n poel vrotsel van een
> of ander aard gelê. Die kamer het so gevrot ek was skoon naar. Ek storm uit
> vir 'n bietjie vars lug, en hier kom 'n arme skepsel, wat skaars kan loop
> uit die toilet gesukkel, sy gesig en nek is oortrek van die sere. Dis
> besoektyd en die gange is besig... die skepsel horrelpoot, horrelpoot teen
> een treetjie 'n minuut die gang af "Toe, toe, toe" jaag Suster hom aan,
> "ek's haastig." Haar koffie was seker besig om koud te word.
>
> Die mens lyk of hy wil huil nadat Suster so lelik met hom was. My hart breek
> amper so jammer kry ek hom en ek gaan haal vir hom 'n rolstoel, hy lyk
> dankbaar - maar wil liewer self loop, sy kamer is net daar oorkant wys hy
> vir my. So 20 tree weg... ek staan vir hom en kyk... tien minute later was
> hy darem daar.
>
> Toe ons 3-uur daar was toe lê Pa al van die oggend 10-uur af, met die leë
> drip in sy hand.
>
> Ons gaan vra vir Suster of ons Pa maar kan laat ontslaan, al die bloed is
> in. Hy het niks anders in die hospitaal nodig nie, ek en Ma versorg hom self
> by die huis. Ewe mislik vertel Suster vir ons as hy homself ontslaan kom hy
> nie weer terug nie... hulle SAL hom NIE help NIE.
>
> Pa is min gespin, hy reken hy verkoop liewer sy kar, maar hy gaat nie terug
> na daai krot van 'n hospitaal toe nie. Ek maak Pa se goedjies bymekaar; sy
> botteltjies koeldrank, die vloer en sy klere is nog vol bloed soos hy gister
> gebloei het toe hulle die naald ingesit het. Ek gryp die bottel dettol, wat
> Ma saamgebring het loop wasbak toe om die handdoekpapier nat te maak, maar
> die krane is flenter. Ek gebruik maar die dettol net so en maak die vloere
> en Pa se botteltjies self skoon.
>
> Ons help Pa self uit die bed, kry die antieke rolstol en stoot hom die
> hospitaal uit. Suster sit nog steeds in die dienskamer en koffie suip.
>
> Pa moes net een aand in daai hospitaal lê. Mens sal mos nooit nie gesond
> raak in so plek nie. Dink net as jy 'n week of twee weke daar moet wees?
> Behalwe vir die kans op infeksie, is die atmosfeer nie reg vir siek mense
> nie. Die bietjie staf wat daar is, skrou een en weer vir mekaar en niemand
> wil tog twee dae lank in sy eie vrotsel lê nie.
>
> Deur die hele 'ordeal' het een persoon ons gehelp. Die manlike 'orderly' het
> vir ons gewys hoe om die rolstoel se briek af te haal.
>
> Maar die hospitaal se gangvloere was darem redelik skoon, die badkamers het
> so bietjie gestink, maar dit was darem nie VREESLIK vuil nie. Lyk of dit so
> eergister skoongemaak is en hulle het hulle eie komberse gehad... ons maak
> darem vordering. Mens kan seker ook nie bloed uit 'n klip tap nie. Ek kan
> hulle kant ook insien... kan ok net soveel doen met wat hulle het. Maar dis
> ook nou nie nodig om die pasiënte soos honde te behandel nie. Inteendeel, ek
> dink my honde kry beter behandeling by die veearts as wat daai arme mense
> kry.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102407 is 'n antwoord op boodskap #102383] Vr, 08 April 2005 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Pa is op 'n spesiale dieet... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet. Ma
> het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om te
> eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
> self regop sit nie.

Elaine, ek het regtig simpatie met jou. Dit moet nie maklik wees
om jou ouer so op die laaste fase van 'n siekte te sien nie. ( Ek
neem aan hy ly aan maagkanker?) Ek het onlangs my ouer
suster aan kanker verloor. Vir jare is sy baie suksesvol daarvoor
behandel. Selfs in die laaste weke voor haar dood was sy nog
op en wakker en het na uitstallings en konserte gegaan. Maar
toe, eindelik, het die liggaam seker net ingegee van al die
behandelings. En blykbaar wou die hospitaal nog op die
laaste "probleme oplos" en het haar dus nie soveel morfine
gegee as wat sy nodig gehad het om haar laaste oomblikke
pynloos te maak nie. Sy het glo blykbaar vir die laaste
paar dae, voordat hulle besef het dat die einde gekom het,
baie pyn verduur terwyl die hospitaal vir haar lewe geveg
het. Dit het my net laat besef hoe nodig dit is dat mens
'n "living will " maak en duidelik uitstip dat hulle nie vir
mens moet probeer red wanneer die liggaam homself
begin aftakel nie.

Gloudina
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102410 is 'n antwoord op boodskap #102407] Vr, 08 April 2005 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
anti, ek hoor wat jy sê, en stem vir 'n verandering saam. Ek stem ook vir 'n
'living will'. My Pa is oorle agv. prostaatkanker, en dit was vir my erg om
te sien hoe hy emosioneel en ligaamlik agteruit gegaan het. Dit voel vir my
asof sy trots en 'menswees' benadeel was deur 'probeer-aan-die-lewe-hou'.

DanielJan. Met 'n traan in sy oog terwyl hy tik.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:ZZSdnaIDpfJHEMvfRVn-jw@rogers.com...
>
> "Elaine" skryf
>
>> Pa is op 'n spesiale die�t... hy moet elke 2 uur 'n handjievol kos eet.
>> Ma
>> het al die kos gevat wat hy nodig het, maar hulle het hom nie gehelp om
>> te
>> eet nie. Pappie kan nie meer loop nie, hy weeg net 40 kg. Hy kan nie eers
>> self regop sit nie.
>
> Elaine, ek het regtig simpatie met jou. Dit moet nie maklik wees
> om jou ouer so op die laaste fase van 'n siekte te sien nie. ( Ek
> neem aan hy ly aan maagkanker?) Ek het onlangs my ouer
> suster aan kanker verloor. Vir jare is sy baie suksesvol daarvoor
> behandel. Selfs in die laaste weke voor haar dood was sy nog
> op en wakker en het na uitstallings en konserte gegaan. Maar
> toe, eindelik, het die liggaam seker net ingegee van al die
> behandelings. En blykbaar wou die hospitaal nog op die
> laaste "probleme oplos" en het haar dus nie soveel morfine
> gegee as wat sy nodig gehad het om haar laaste oomblikke
> pynloos te maak nie. Sy het glo blykbaar vir die laaste
> paar dae, voordat hulle besef het dat die einde gekom het,
> baie pyn verduur terwyl die hospitaal vir haar lewe geveg
> het. Dit het my net laat besef hoe nodig dit is dat mens
> 'n "living will " maak en duidelik uitstip dat hulle nie vir
> mens moet probeer red wanneer die liggaam homself
> begin aftakel nie.
>
> Gloudina
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102414 is 'n antwoord op boodskap #102383] Vr, 08 April 2005 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar?! Daar's niemand daar nie!!! Sê my by wie gaan moan ek? Toe ons waag om
met Suster (sy's wit btw) te praat, sê sy "Vat dit of los dit!"

Elaine

"Jonas" skryf in boodskap news:d36b1i$u6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - het jy êrens gaan kapsie maak teen die powere diens waaroor jy
> kla?
> (Indien nie het ek nie veel simpatie met jou se saak nie ....)
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102415 is 'n antwoord op boodskap #102385] Vr, 08 April 2005 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Regtig? Ek het nou die dag net R250 betaal vir 'n sterilisasie... weetie na
watter veearts toe jy gaan nie :)

"TJ" wrote:
> ... maar dan ook weer, my honde betaal baie meer by die veearts ...
>
> TJ
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102416 is 'n antwoord op boodskap #102407] Vr, 08 April 2005 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie... maar jy moet nie simpatie met my hê nie :). Eerder vir my arme
ma... Sy werk hard op die oomblik... en dis maagkanker ja, ook maar erg,
want die persoon gaan letterlik dood van die honger. Hy't gelukkig nie veel
pyn nie, en weier ook pyn medikasie. Veral morfien, wat die hart sterk maak
en die lyding kan uitrek. Hy het 'n wonderlike spesialis... dieselfde een
wat hom 10 jaar terug behandel het toe hy die tweede keer kanker gekry het.
Hy ken die familie, en is geheg aan ons, hy wil ook maar net help, hy werk
so te sê gratis, ons betaal net vir medikasie (wat oor die R6000 per maand
beloop, en my ouers het nie 'n medies nie).

Hy wil ook nou nie meer eet nie, en ek's moeg vir die dokter wat hom aan die
lewe probeer hou ten alle koste... Ek weet dit klink vreeslik wreed, maar hy
het gesê hy wil nie meer so aangaan nie. Los hom dan maar dat hy rustig die
hiernamaals ingaan, dis sy wens. Ek stem heeltemal saam met daai 'living
will' idee...

Groete
Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> Elaine, ek het regtig simpatie met jou. Dit moet nie maklik wees
> om jou ouer so op die laaste fase van 'n siekte te sien nie. ( Ek
> neem aan hy ly aan maagkanker?) Ek het onlangs my ouer
> suster aan kanker verloor. Vir jare is sy baie suksesvol daarvoor
> behandel. Selfs in die laaste weke voor haar dood was sy nog
> op en wakker en het na uitstallings en konserte gegaan. Maar
> toe, eindelik, het die liggaam seker net ingegee van al die
> behandelings. En blykbaar wou die hospitaal nog op die
> laaste "probleme oplos" en het haar dus nie soveel morfine
> gegee as wat sy nodig gehad het om haar laaste oomblikke
> pynloos te maak nie. Sy het glo blykbaar vir die laaste
> paar dae, voordat hulle besef het dat die einde gekom het,
> baie pyn verduur terwyl die hospitaal vir haar lewe geveg
> het. Dit het my net laat besef hoe nodig dit is dat mens
> 'n "living will " maak en duidelik uitstip dat hulle nie vir
> mens moet probeer red wanneer die liggaam homself
> begin aftakel nie.
>
> Gloudina
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102422 is 'n antwoord op boodskap #102391] Vr, 08 April 2005 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Apr 2005 08:51:10 +0200, "Deneile"
wrote:

> Is ook hartseer dat private hospitale sulke astronomiese bedrae geld
> verlang, so kan 'n mens ook dan sien die verskil wat geld maak.....
>
>

na aanleiding van Elaine se vertelling oor die swak toestande van die
staatshospitale en jou reaksie daarop:

Ek was enkele jare gelede in 'n goeie hospitaal vir 'n operasie
(Krugersdorp Privaat). 'n Hospitaal waar daar betaal word. In die
bed skuins oor my, was 'n swart gevangene (met enkel boeie en 'n
permanente blanke wag langs sy bed).

Kort voor ek wou gaan bad, is die swarte badkamer toe. Minute later,
(ek het die plek tyd gegee om uit te vars) het ek badkamer toe gestap.

Ek oordryf nie, wanneer ek sê dat ek met die intreeslag, in 'n
waterpoel getrap het. En toe vind dat die badkamer 'n dam is.
Een grote dam.

Ek het voor sy bed gaan staan, en die polisiemannetjie het my
woordeloos aangestaar terwyl ek die swarte in kras taal
vertel het dat dit nie die lokasie is waar hy vandaan is nie, maar
'n beskaafde plek. Ook hy het geen woord gesê nie.

Die hospitaalpersoneel het gaan skoon maak en my om verskoning kom
vra. 'n Jaar of twee later is ek vir 'n skildklieroperasie weer na 'n
hospitaal, en daardie keer het ek na Bellstr. hospitaal in Krugersdorp
gegaan, waar die diens perfek was.

Albei is hospitale waar jy van 'n spyskaart af bestel, maar tog was
daar in die eerste geval 'n verskil in dié opsig dat 'n mediese fonds
nie nodig was vir die (hand en voetboei) gevangene nie. Die
belastingbetaler het gesorg dat hy na 'n gegede hospitaal gaan.

Hierdie lang brief net om daarop te wys dat misdadigers na
die beter hospitale gaan wanneer nodig.

DD

Lekker grappie in Bellstr. was dat my bed reg voor die lessenaar was
van die (stafsuster? matrone?) wat in beheer was van die verpleegsters
daar. 'n Verpleegstertjie kom toe met 'n koorspennetjie en 'n paar
pilletjies en bietjie medisyne. Miskien met 'n inspuitingnaald ook.

Toe sy die gordyn om die bed toetrek, skree ek sekondes later:
"verpleegster, hier's nie plek vir ons albei op die enkelbed nie!"
Rooi het sy saamgelag, hulle het my geken.

Een ding waar die diens nie was wat ek wou gehad het nie is
by die bord agter die bed, waar my ete bestelling geskryf was.
Die dubbelwhiskey wat ek daarop geskryf het, is nooit
afgelewer nie.
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102423 is 'n antwoord op boodskap #102383] Vr, 08 April 2005 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, dis 'n bitter ervaring. Ek het self my skoonma in so 'n hospitaal sien
krepeer. Toe vind ek uit van 'n ander opsie.

Vir almal wat staatshospitale toe moet gaan (ten minste in Gauteng) oor kostes
of waar mediese fondse hulle verplig, kyk uit vir afdelings met die naam
FOLATENG en kyk of julle daar kan inkom. Mens betaal meer as in 'n standaard
staatshospitaal maar *baie* minder as in meeste privaathospitale. Hierdie
eenhede is in die meeste gevalle vergelykbaar met die beste privaathospitale se
geriewe. Hulle personeel is baie professioneel en alles is spiksplinterskoon.

Dit kos R600-R700 per dag, alle kos en medikasie ingesluit. Meeste van hulle
laat toe dat jou eie dokter jou daar mag behandel, maar uit die aard van die
saak betaal jy hom sý tariewe. Ek weet in Johannesburg Algemene en in
Pretoria-Wes hospitaal is daar 'n Folateng. Daar is ander ook, maar ek weet nie
in watter stede nie. Sover ek weet is almal egter in Gauteng, so ek is nie
seker of dit onder die provinsiale administrasie of die sentrale regering val
nie. Moontlik het die ander provinsies iets soortsgelyk.

Elaine het geskryf:
> My pappie moes gister na 'n staatshospitaal vir 3 eenhede bloed. Gewoonlik
> sal ek daarop aandring dat hy na 'n privaat hospitaal toe gaan, maar hulle
> vra R9000 vir die 3 eenhede en nie een van ons kan daai tipe van geld
> bymekaar maak op so kort kennisgewing nie.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102426 is 'n antwoord op boodskap #102423] Vr, 08 April 2005 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nog nooit daarvan gehoor nie, maar ek sal beslis hier by ons uitvind, baie
dankie. My ouers bly in die Vrystaat... ek bly oorkant die rivier in Gauteng
:)). Ek sal bietjie uitvind by die hospitale hier rond of hulle so iets het.

Elaine

"knersus" wrote :
> Elaine, dis 'n bitter ervaring. Ek het self my skoonma in so 'n hospitaal
> sien krepeer. Toe vind ek uit van 'n ander opsie.
>
> Vir almal wat staatshospitale toe moet gaan (ten minste in Gauteng) oor
> kostes of waar mediese fondse hulle verplig, kyk uit vir afdelings met die
> naam FOLATENG en kyk of julle daar kan inkom. Mens betaal meer as in 'n
> standaard staatshospitaal maar *baie* minder as in meeste
> privaathospitale. Hierdie eenhede is in die meeste gevalle vergelykbaar
> met die beste privaathospitale se geriewe. Hulle personeel is baie
> professioneel en alles is spiksplinterskoon..
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102431 is 'n antwoord op boodskap #102391] Sa, 09 April 2005 01:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - het jy êrens gaan kapsie maak teen die powere diens waaroor jy kla?
(Indien nie het ek nie veel simpatie met jou se saak nie ....)
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102493 is 'n antwoord op boodskap #102415] Ma, 11 April 2005 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie geweet jy's klaar met kinders nie! LOL

"Elaine"
> Regtig? Ek het nou die dag net R250 betaal vir 'n sterilisasie... weetie na
> watter veearts toe jy gaan nie :)
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102494 is 'n antwoord op boodskap #102422] Ma, 11 April 2005 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
> Ek oordryf nie, wanneer ek sê dat ek met die intreeslag, in 'n
> waterpoel getrap het. En toe vind dat die badkamer 'n dam is.
> Een grote dam.

Het jý al met enkelboeie in en uit 'n bad probeer klim? :-)
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102496 is 'n antwoord op boodskap #102494] Ma, 11 April 2005 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Aan die verduideliking, klink dit asof die beampte die gevangene sommer
afgespuit het terwyl hy op die vloer gestaan het.
--
Groetnis
ann...@ctnet.co.za

"Max" skryf in boodskap news:425a325b$0$149$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "DD"
>> Ek oordryf nie, wanneer ek sê dat ek met die intreeslag, in 'n
>> waterpoel getrap het. En toe vind dat die badkamer 'n dam is.
>> Een grote dam.
>
> Het jý al met enkelboeie in en uit 'n bad probeer klim? :-)
>
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102528 is 'n antwoord op boodskap #102494] Ma, 11 April 2005 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Apr 2005 10:11:56 +0200, "Max" wrote:

>
> "DD"
>> Ek oordryf nie, wanneer ek sê dat ek met die intreeslag, in 'n
>> waterpoel getrap het. En toe vind dat die badkamer 'n dam is.
>> Een grote dam.
>
> Het jý al met enkelboeie in en uit 'n bad probeer klim? :-)
>

LOL.... skerp Max.. dit was die skaterlag van die aand:-)))

DD
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102529 is 'n antwoord op boodskap #102496] Ma, 11 April 2005 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Apr 2005 10:35:30 +0200, "Annette" wrote:

> Aan die verduideliking, klink dit asof die beampte die gevangene sommer
> afgespuit het terwyl hy op die vloer gestaan het.

> Max
> Het jý al met enkelboeie in en uit 'n bad probeer klim? :-)

Annette, ek lag steeds vir Max se stelling:-) Ek het nooit eens so
daaroor gedink nie, maal heelwat grappe het ware oorsprong:-)

DD
Re: Staatshospitale... al weer [boodskap #102539 is 'n antwoord op boodskap #102493] Di, 12 April 2005 02:08 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja jong... niks kinders is genoeg vir my :))

"Max" skryf in boodskap news:425a3125$0$139$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek het nie geweet jy's klaar met kinders nie! LOL
>
> "Elaine"
>> Regtig? Ek het nou die dag net R250 betaal vir 'n sterilisasie... weetie na
>> watter veearts toe jy gaan nie :)
>
Vorige onderwerp: 'Failed' docters at work in South Africa
Volgende onderwerp: Stem Saam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 11:22:36 MGT 2024